Gala – son, see, berg en meer!

Die BTK se alombekende gala-toer en see-vakansie is om die draai! Ons stap vanjaar van Bettysbaai na Pearly Beach. Dis ‘n roete wat jy nie wil mis nie. Ons kombineer al die lekker van die Overberg binne een week se avontuur, pret en plesier. Die toer sluit in: ‘n dag in die Kogelberg Biosfeer Reservaat (‘n UNESCO Wêrelderfenisgebied), oornag op Wortelgat en aktiwiteite op die Kleinriviermond en natuurlik die mooiste spierwit strande van die Kaap! Dis die ideale tyd om jou vel die nodige son te gee na ‘n lang jaar as ‘n Matie en seker te maak jou somervakansie begin op die regte noot. Kom maak nuwe vriende, sien ‘n stuk van ons kuslyn wat jy nie aldag sal stap nie en wees reg vir die hoogtepunt van die jaar!

Die belangrike inligting

Datum: 22 tot 28 November 2012

Inskrywings vanaf:

  • 22 Oktober 2012 om 13:00 in die BTK kantoor vir lede
  • 23 Oktober 2012 om 13:00 vir nie-lede

Toerlys sal op 28 Oktober uitgestuur word.

Toerprys: sal bekendgemaak word so gou moontlik (±R1400 alles ingesluit)

Aantal plekke: 120 (wat beteken jy en jou héle vriendekring is welkom!)

 

Gala 2012 – sun, sea, mountain and more!

The BTK’s well-known gala tour and seaside holiday is just around the corner! This year we are hiking from Betty’s Bay to Pearly Beach. It’s a route you don’t want to miss. We are combining all the highlights of the Overberg in one week’s adventure, fun and pleasure. The tour includes: a day in the Kogelberg Biosphere Reserve (a UNESCO World Heritage Site), overnight at Wortelgat and activities on the Kleinriver estuary and of course the prettiest white beaches of the Cape. It’s the ideal time to give your skin the necessary sun after a long year as a Matie and to make sure your summer holiday starts off on the right tune. Come and make new friends, see a piece of our coastline that you won’t hike every day and be prepared for the highlight of the year!

The important information

Date: 22 to 28 November 2012

Entries from:     

  • 22 October 2012 at 13:00 at the BTK office for members
  • 23 October 2012 at 13:00 for non-members

The tour list will be sent out on 28 October.

Tour cost: will be made available as soon as possible. (±R1400 all inclusive)

Number of spots: 120 (which means you and all your friends are welcome!)