Maskamberge September Toer

[singlepic id=1028 w=600 h=400 float=center]

(For English, see below)

As jy moeg is vir die lewe in die dorp, volg jy die BTK se wandelpad!

Net so voor Vanrhynsdrop lê daar ‘n aardige stukkie berg – ons speelplek vir die Septembervakansie.

Die toer begin met ‘n stewige klim tot die plato, waarvandaan jy die uitgestrekte vlaktes van die Knersvlakte kan besigtig. Bo-op die plato tref mens allerhande interessante plantegroei aan, en merk jy selfs hier-en-daar ‘n rooiboslandery op. Met die rooi-bruin klip wat pryk teen die groen, maak jy jou oë onder die sterrehemel toe en weet: Nou is ek met vakanise. Hier kan ek rus. Hier gaan ek ‘n ongelooflike tyd hê!

Die 2de dag stap ons al op die plato langs tot verby kranse, waar ons dan die aand in ‘n kampterrein slaap. Dis ‘n rustige dag se stap – net genoeg om jou litte los te kry en jou voor te berei vir ‘n effense langer 3de dag. Soos jy jou oë onder die sterrehemel toe maak, bedref die gedruis van ‘n stroom jou ore. Jou hele wese ontspan, en jy weet: vanaand slap ek soos ‘n vet babatjie.

Die 4de dag stap ons af in die kloof, verby pragtige watervalle. Ons kuier vir oulaas saam onder die sterrehemel in die berge, voor ons die roete af sluit deur nog ‘n wyle in die klowe te baljaar. Teen vroegaand is ons terug in Stellenbosch.

As jy lus is vir ‘n lekker vakansie in die berge, weg van die gedruis van die dorp; waar jy in die aande onder die sterrehemel slaap, en soggens die son oor die berge sien verreis; waar jy vir ‘n paar dae van jou akademie kan vergeet, en goeie geselskap kan geniet… Dan is jy lus vir ‘n vakansie saam met die BTK in die Maskamberge!

Wanneer…

  • 7- 11 September

Prys…

  • Lede: R880
  • Nie-Lede: R980

Inskrywings…

  • Maandag, 19 Augustus (lede) en Dinsdag, 20 Augustus (nie-lede)
  • By die BTK kantoor (4de vloer Neelsie), tussen 13:00-13:50
    • As jy opgaan met die trappe langs Café Go tot heelbo, dan is ons die eerste kantoor aan jou linkerkant.
  •  Slegs 60 plekke beskikbaar
  • Inskrywings oop tot Vrydag, 23 Augustus

Die toerlys sal Maandag, 26 Augustus bekend gemaak word!

Maak seker jy skryf betyds in om teleurstelling te vermy!

Vir meer inligting, kontak:
ANNA-MARIE MÜLLER
072 906 2906 of annamarie@sun.ac.za
OF
MD GREYLING
078 622 7141 of across.afreecan.hearts@gmail.com

Maskam Mountains September Backpack Tour

In the mood for a good old fashion getaway to the mountains, then read this email!

Just before Vanrhynsdorp sits a funny-looking mountain. This is our playground for the September holiday.

Our trail starts with a stiff climb up a valley to the plateau, where we have a beautiful view of the stretched out plains of the ‘Knersvlakte’ below us. On top of the plateau an interesting variety of vegetation awaits us, even a rooibos field or two. With the reddish-brown rocks contrasting nicely against the green, you close your eyes under the star filled sky and know: Now I am on holiday. I can rest here. I will have an amazing time here!

The 2nd day we hike all along the plateau past cliffs, where we will spend the night in a camping ground. It is a relaxed day of hiking, just enough to loosen your muscles for a slightly longer 3rd day. As you close your eyes beneath a blanket of stars, the sound of the cobbling stream brings music to your ears. Your entire being relaxes and you know that tonight you are going to sleep like a baby.

On the 4th day we descend through a valley, past beautiful waterfalls. It is our last night together in these mountains, and you wish that the night will never end, for the next day we will spend some more time in the gorges, before heading back to Stellenbosch, back to life.

If you are in the mood for a good old fashion holiday in the mountains, away from the noise of the city; where every night you sleep beneath a blanket of stars, and see the sun rise over the mountains in the mornings; where you can forget about your academics for a few days, and enjoy good company… Then you are in the mood for a holiday with the BTK in the Maskam mountains!

When…

  • 7- 11 September

Price… 

  • Members: R880
  • Non-members: R980

Entries…

  • Monday, 19 August (members) en Tuesday, 20 August (non-members)
  • At the BTK office (4th floor Neelsie), between 13:00-13:50
    • If you go up with the stairs next to Café Go to the top, then we are the first office on your left-hand side.
  • Only 60 places available!
  • Entries open to Friday, 23 August

The tour list will be announced on Monday, 26 August.

Make sure you enter on time to avoid dissappointment

For more information, please contact
ANNA-MARIE MÜLLER
072 906 2906 or annamarie@sun.ac.za
Or
MD GREYLING
078 622 7141 or across.afreecan.hearts@gmail.com