Ons Huisie in die Berge: Oopnaweek 7-9 Feb

berghut

Het jy ‘n vakansie nodig na JOOL, of MAD² soos die nuwe generasie studente dit noem? Is jy lus om moontlik jou droom man of vrou te ontmoet, en definitief vriende vir ‘n leeftyd? Die BTK stel bekend: Berghut Oopnaweek. Dit is ‘n naweek waar jy en jou vriende as ‘n groep kan gaan rustigheid vind in die berge saam met ander groepe vriende. Dit is die ideale saamkuier geleentheid! En nee, hierdie naweek is nie net vir studente nie, dit is ook ‘n geleentheid vir die werkendes om weg te kom van die ‘rat race’ en stories uit die ou dae te kom deel. Oor hierdie naweek word ‘n minimum permit fooi van R10 per persoon per nag (lede) gevra en is elkeen self verantwoordelik vir kos en vervoer (die BTK sal saamrygeleenthede probeer vind indien nodig). Daar is geen formele program nie en elkeen kan doen waarvoor hulle die dag lus kry.

Waarvoor wag jy??? Skryf NOU in!

Daar is net 30 plekke, en inskrywings word eers op volle betaling geaktiveer. Vir verdere inligting, reëls en regulasies sien die Berghut blad onder ‘Hoe om te Bespreek’.