Gala 2013

1460191_427283180734419_921186414_n

deur Anchen van Dyk

22 November 2013

Dis die einde van ‘n lang eksamen (vir meeeste van ons) en die opwinding van die beste BTK Gala het nog nie heeltemal ingesink nie. ‘n Uitgeputte Saskia Thomas sleep haar sakke oor die gruis, maar gelukkig kom die ma-wa onverwags tot haar redding. By die neelsie staan daar reeds ‘n paar eager beavers gereed vir vakansie, maar parkeer area is maar busloos.

Karen van der Linde trek getrou name dood soos wat meer mense vergader, terwyl die busse gelaai word. Toer leier Leroi de Wet roep almal nader om ‘n kring “etjie” van 100 mense te maak. Ons bid vir ‘n veilige reis vir die langpad na Grootbrak toe. ‘n Paar agterosse kom gelukkig ook in die kraal. Ons is voltallig. Die ma-wa met Anchen van Dyk, Lindie Coetzee Karen en Michelle “saftetybelt” Gous help vir Karen om klaar te ontruim sodat ons vakansie ook kan begin.

Die opwinding is tasbaar soos die busse vol vrolike stemme wegtrek. Toe die bus breek word dit beste gemaak van n slegte situasie en word daar touchies gespeel. Middagbroodjies word gemaak in die parkeer area by Riverdal met die hulp van oggendbroodjie werkers Delena Malan, Andrea Steyn, Suandri van Jaarsveld, Jani van Deventer, Natalie Hannekom en Ronel le Roux en nog ‘n paar mense word opgelaai.

Die ma-wa daag in Grootbrak teen 14:30 op en ons suiker strand toe.  Gala voel nog nie werklik nie aangesien ons net 4 is en daar nog 96 mense opad is.

Toe die busse uiteindelik aankom, so ‘n paar ure agter skedule, (way chilled). Om en by 17:00 se kant word die swaarste begasie aangery terwyl ou en nuwe BTKan’ers hulle sakke nader dra. Die tentopslaners is OPPIT onder die leiding van Daniel Skoonwinkel en Michail Brynard en hulle slaan die tente blitssnel op ten spyte van die busvertraging. Japie Venter, Michal Visser, Johannes Scribante, Thinus Appel, Ryan Reed, Barry West, Joahn Blignaut, Dian Pretorious, Christiaan Blignaut en Flippie van Dyk is nie bang vir hard werk nie. Wraak-Kaptein, Hugo Minaar, begin sommer dadelik met die uitkyk proses, aangeisen daar 55 eerstetoeriste is uit die 100 mense. Die rus tydjie word ook gebruik om te gaan swem in die swembad, aangesien Julian van Zyl  aanvoer dat sy vel as gevolg van die giftige rivierwater afgesmelt het. Nogtans, durf Melanie Pretorius en Sunel Jacobs die rivier aan.

Etiket-praatjies word gehou waar Toermoeder, Tannie Corla die meisie inlig van goeie BTK gebruike en toervader, Oom Hein die manne vertel. ‘n Heen en weer gelagery wat al harder en harder word, word afgelsuit met ‘n “Dekonning” met klomp verwarde eerstetoeris gesigte daarby.

Die ewe trotse stokers Reinhart Venter, Gerhard “Gerki” Rossouw, Ernst “ek is so bly ek is ‘n stoker” Kleynhans, Rainer Graefe, Charl Ellis en Daniele Toros, met die net so belangrikke groete skillers Pauline van der Nest, Lize Draaijer, Corli Ras, Sunel, Natalia Buhrman en Annette Raath, en kokke Wilmarie Gerickem Engela van Schalkwyk, Marnelia Scribante, Michelle, Lindie “slee slaap” Coetzee en Katrien en Madilien begin die kos voorberei. Die wat tente moes opslaan vat die kansie om ook die swembad te gaan gebruik en die wat nou net geswem het gesels lekker onder die bome, party durf selfs ‘n drafie aan. Die geur van lekker kos dryf deur die lug.

Dis effens laat toe ons eet, net effens, maar almal staan nader met hulle borde. Daar word gedank en gesing vir die kos, onder leiding van Leroi en Christelle Leuvennink kry almal die woorde en wysie mooi reg van die “nuwe” liedjie. Reinhart, Charl, en Ernst deel die sticky rice uit.

Kort voor lank is almal gemaklik en werk flink in hulle spanne, veral die blikwassers onder die leiding van Francios “vertaler” Retief word die blikke heeltemal skoon gewas deur Michelle Loubser, Anina Viljoen, Lionel Hutton, Jamie Fensham, Hekkie Breytenbach en Rikus Fourie maar hulle almal wens hulle was aan chilled Carissa Hamel se span saam Melandie, Carli Swanepoel, Albert Basson, Charl Reynke, Pedre Viljoen en Japie Cronje. Na die lang dag se rit is almal te bly om te bondelslee. Leroi prober eers verduidlik wat hekels is met ‘n voorbeeld terwyl Francois die Afrikaans vertaal vir ons buitelanders Chris Meatloaf Tamoney en Jonas Wera maar wanneer Leroi wel voel dat hy nou iets in Engels moet se is Francois steeds getrou aan sy werk as tolk en maak hy doodseker dat ons Afrikaners ook verstaan.

Julian en Lindie verduidelik wat skiet is en na ‘n paar probeerslae kry hulle die vra-en-hardloop-prosess reg. Leroi verduidlik wat hekels is en so begin die items. Dit is eers San Major Francois Retief met sy troepe Gustav jr Wiid, Julian, Francois “lekker man” du Plessis, Reinhart en Ernst wie ‘n ongelukkige Sanmarie Kleynhans agterlaaat om sy verpligtinge na te kom. Sersant Gerrie le Roux is die draer van slegte tydings en na amper al die troepe se ma’s oorlede is, is die lang ai-tim verby. Daarna volg liefie Julian wie vir sy woepsie wapsie Lindie se postoasties legkaart moet wegpak.

Die eerste skiet verduidliking is blykbaar  nie goed genoeg nie en Francois “duppie” voel hy moet Jonathan van die Oosrand se tegniek gebruik om sleedates te kry. Hy beveel ’n flatcap aan, maar spesifiseer dat die punt tussen die oog/oor moet wees om haar op te line. Jy moet ook sorg dat jy ‘n lekker wifey aanhet om daardie sexy vlerkies te wys en natuurlik everyday is upperbody day behalwe rest day. Don’t skip leg day!

Seevoels, Anchen en Julian vergeet van hulle vlerke… ai-tim-kykers is verbouereerd toe DIE t-rex gedaantes hulle verskyning maak. Volgende is ninja, Anchen en Samurai, Katrien in ‘n stryd gewikkel. We see who dies todaai and not yesterdaai.

Flamink en gasheer, Daniel Skoonwinkel verwelkom sy gaste by sy partytjie. 3 onweerstaanbare ninja turtles: Ryan, Leroi en Reinhart met hulle passende Meshells,( Michelle Gous, Michelle Kok, en Michelle Loubser) daag.  Ai-tims klaar. Hekels oop.

Madilien wil graag by Oom Hein weet wat Michelle bedoel toe sy se sy le bo-op Julian vanaand. Julian wil graag weet by Gerkie wat hy bedoel het toe hy vir Julian gese het: “jy moet met jou prooi speel.” Pauline wil graag weet wat Daniele Toros bedoel het toe hy vir Michelle se: “ Moenie jou tas op my sit nie, dis ‘n seuntjie tas.” Julian wil weet hoekom Katelyn op Saskia se “gesig gaan slaap”. Johannes Leuveniek wil by Esme weet wat sy bedoel met: “wie le op wie? Jy le gewonlik op my.”

Hieride is ook die eerste aand wat die woord “hugly” gebruik woord deur Silja toe sy Johan doop Johan “hugly” Wiid.

Dag 2: Grootbrak tot Hartenbos(djas)

Na ‘n lekker nagrus word ons wakker gesing deur steeds slapende stemme. ‘n Motreentjie het die taai buite-slapers  beetgekry, maar almal ontwaak heel vrolik. ‘n Paar flukses vang ‘n draffie en swempie voor ons ontbyt eet. Dis maar ‘n ossewa-oggend, maar met die tente afgelsaan en alles word op die busse gelaai deur Janneman Gericke, Jaco del Port, Charl Cille, Johannes Leuvennink, Calvin Ullrich, Chris, Jonas, Marcos Jordaan, Rickus Cronje en Josua Roux, en is ons op pad. Om met jou voor en agterkant te praat is nie maklik nie, selfs vir voorsitter Leroi wie ‘n vluitjie aanskaf om totale chaos te probeer bekamp. Uiteindelik is alles gedoen en ons vergader onder die bome waar die gees hoog loop. Michail kanniedeeaaalie en toe hy sy waterbottel mis vang is Gerki se kniee opnuut afgeskryf, maar gelukkig is sy hande nog reg om “old pine” te tokkel.

Die vluitjie word geblaas,” tril tril, tril tril” en ons beweeg buswaarts. Almal is effens uit die veld geslaan toe Julian vir Daniele kies om sy sleutel te wees in die sleutel slot verhouding, maar nou weet ons dat  almal net moet net rustig raak, want “hulle het al baie saam geslaap” Hulle ontsluit die beste in mekaar se lewens, verstaan?  Die son brand warm en gesigte word pligsgetrou gesmeer, maar die ekstase laat die sensitiewe areas agterwee bly. Rou wife beater vlerkies en been waaie is ons voorland.

Rikus “gadget” Fourie sorg vir ons “feit vir die dag” dat ‘n 100 mense teen 4km/h kan beweeg en dat dit “nogals vining” is.  Met DIE vinnige pas is ons reeds halfpad en word daar gamebreak gehou, sonder game, en swem ons lekker in die gety poel. Party het meer hulp as ander nodig om die koue water te trotseer. Jaco vertel vir Lindie die water is so vlak “ons swem nie ons leopard crawl.”

Tril! tril! fluit Lifesaver Leroi en ons stap voort.

Josua en Rickus van National Geograpic vertel ons meer oor “The Great Migration”.

Ons kom by die grootbrak rivier en lifesaver Leroi stap vooruit en kyk vir krokkodille, haaie en jellyvisse. Die trop BTKers plonks deur die water. Michelle, wie vroeer haar toonael verloor het kies om oor die brug te loop en die galante beseerde Gerki vergesel haar. Die BTK wildebeeste cross over to the other side en na die great migration is daar die great rejuvenation by die middag broodjie station.

Ons kom lekker vroeg in Hartendjas aan en gaan ry waterwurm. Daar word ‘n treintjie gemaak. Karen word vinnig in die tonnel afgeskiet deur Anchen. ‘n Besorgde Oom wil ‘n drenkeling red maar eintlik is Karen net ‘n beskaafde jong dame wie net haar bikini wil reg trek voor sy uit die water uitklim. #decency. By die vryval word daar gekompeteer tussen Reinhart Venter, Jaco del Port, Gerkie en Janneman wie nou die hoogste kan opkom by die einde van die glyplank. Jaco wen. Kenner Gerki deel sy wysheid oor wat die vinnigste manier is omonder te kom: ”hakke af, heupe op, en hande bo jou kop.”

Madilien besef dat baie van haar kokke en stokers ingesluk is deur Hartendjas se waterwurm en die kosmaak proses word vertraag. Die eerste toeris EN eerstetoeris convenor, Francios, wie ook op die BTK bestuur dien probeer sy eerstetoeris-kuikens opspoor. Uiteindelik word die kos gemaak en na baie kritiek van Francios duppie oor Lindie se witsous, kan ons eet.

Johan Wiid, Michelle, Kosma Madilien Roos en Silija “Suid-Afrikaanse DUITSER” vertel ons van hulle spekulasies oor die spek wat gegaps word en hoe mense geen respek het vir ander mense se kos nie en die kos maak prosess wat ‘n spektakel is. Hierdie gesprek kort ‘n inspekteur. Tussen al die chaos word daar “Skiet is oop!” gegil. Leroi moes maar ‘n luidspreker kry aangesien meeste nie kan hoor wat gese word nie en die ander 55, na 2 verduidelikings, steeds albaster-ogie na mekaar staar.

Na ‘n lekker bord kos klim almal in die slees en items word oop gemaak.

Dis eerste: Juffrou Wilmarie Gerieke met haar klas van oulike kindertjies know-it-all Katrien en beste vriendin Anchen, instigator Michelle en emo kid Emse en go go gadget Rikus wie almal Janneman klippies in die watergooi.

Volgende is daar ‘n ondertoon smaak van bilton en kaas op Francois duppie se groot toon. Die deelneemers: Anri Otto, Calvin, Dian en Natialie word gelei deur Jolandi Jolli van Niekerk en het elkeen verskye reaskies en komentaar van die bruin en geel kontras op die toon en aksies van badkamer toe hardloop en selfs tonge aan die gras afvee.

Die volgende ai-tim word aangebied deur ‘n onskuldige voetganger wie 200 oe baie goed hanteer. Hy gee ons ‘n salute en stap vinnig weg. Topklas. Volgende aan die beurt is: Jaco, Dian en Flippie wie iets doen met rolstoele. Moving on.

Michelle instigator en Wilmarie Ai-timstegator is nog nie reg om optehou ai-tim nie maar dis tyd vir hekels.

Oom Hein word bombaardeer met hekels vanaand. Eerste wil ek Anchen by Retief weet wat ‘n Afrikaanse vluitjie is. Gerkie wil weet wat Michelle bedoel toe sy hom inlig dat sy nek op ‘n vreemde plek sit. Julian wil weet wat Saskia bedoel met “I like to keep my mouth busy.” Karen wil weet wat Ernst bedoel toe hy vir Reinhart se “dit het net halfpad gebreek” en wat Calvin bedoel toe hy se “I’m regurgitating.” Francois wil weet hoekom Josua nie weer aan Rikus se “gesig moet eet nie”. Wit Rikus wil ook graag weet wat Annette bedoel het toe sy vra of hy ‘n “stoute outjie op skool was”. Christelle wil weet wat Karen bedoel toe sy se sy wil “partykeer net haar arms afruk en langs haar neerle waneer sy gaan slaap”. Johannes wil weet wat Charl Reynecke bedoel toe hy vir Odette Snyman se: “Tomorrow I’ll let you get into me”. Engela wil weet wat Lize Janse van Vuuren bedoel toe sy vir Charl vra “gaan jy onder of gaan jy bo?” Wilmarie hekel uiteindelik die ding wat almal nog heeltyd wou weet: “Wat het Daniele bedoel toe hy se dat hy en Julian al baie saam geslaap het?” Op die noot van ‘n dieper blik in ons sleutel en slot se verhouding, SLUIT ons die hekels.

Nag dames.

Dag 3: Niks kan ons stop in wraak aand nie (hartenbos tot vleesbaai- danabaai tot vleesbaai)

Tril! Tril! vluit Leroi se ‘n Afrikaanse vluitjie en daar word gesing. Dis nou as jy nie al lankal wakker le en rys soos ‘n broodjie in jou oond van ‘n tent nie. Die krewe kruip uit hulle wegkruiplekke uit. Jonthan se draf program word gevolg of ‘n swempie word gevang word voor ontbyt. Francois en Wilmarie lei die sang en Lindie lees vir ons uit 2 Korintiers 11: 10 en herinner ons dat ons mag trots wees dat Jesus in ons leef en dat niks dit kan verander nie, ten spyte van waar ons kom of waarheen ons op pad is.

En ons is op pad.

Dit smaak my die diesel loop viniger uit by die bus as in. Ons sterk maar om die spiere warm te hou en werk in ‘n paar burpees in voordat ons weer op die bus klim. Niks kan die BTK stop nie en ons free lekker af by die bult met ons bumper kar bus. Ernst het duidelik nog nie genoeg gestap nie en se hy stap terug Stellenbosch toe voor hy weer op die bus klim. Die Here hou die BTK veilig in sy hand. Enige vroeer paniek is vergete waneer jou voete die sagte sand raak.

Vir vermaak omskep Madilien, Daniel, Milinda Loubser en Anchen ‘n avontuur om vir Ryan ‘n pansy skulpie te wys en stap die roete omtrent 4 keer aangesien Ryan heel agter stap en hulle heel voor.

Wenke vir ‘n lekker gala: Johan se: “moenie aan die tent-span wees nie.”

Net voor Bogomsbaai word middagete gehou. Daar is nog so ‘n paar eerstetoeriste om uit te kyk voor die wraak vannaand. Skiet is oop (vir die ouer garde) en die eerstetoeriste word enlighten: Francois duppie stywe-arm vir Anchen grond toe, terwyl Lindie, die sassy seester, deur die branders duik met Janneman agterna en Wilmarie wat al op die duin sit en fluit van verveling sodat Jaco del Port haar net kan vang.

Toe ons uiteindelik aankom in Vleesbaai moet “links en regs” lewensredder Leroi op sy stukke wees met so baie van ons in die branders. Dis nogal ‘n ernstige klim tot by die kamp vir die krewe. Ou toeriste kan lekker uitspan terwyl die eerstetoeriste hulle liedjies ‘n laaste keer oefen voor die soetheid van die wraaaaaaak.

Kosma is baie opgewonde oor haar ma wie kom help potjiekos maak en die groenteskillers is hard aan die werk, asook Katelyn Mullon se helping hands.

BTKaners kan nog speel. Gee ons net ‘n lighter, ‘n lee wynbottle en ‘n besem. Party van ons kry dit reg om die lighter te gryp met ons monde, insluitend Koos-onderstende-Anika Pretorius en Hugo “wraakkaptein”. Almal vat die besem vir ‘n spin en in ons dronkenskap hop ons oor stokke en gryp die ligter, soos pro, Gerrie le Roux, met sy antibiotika lyf wie amper in dameskamp beland met al sy entoesiasme.

Na die lekker boeresport en lag klim ons almal in die slees en wag.

Raait ou bul. ‘n Bus vol eerstetoeriste kom ruk-ruk tot stilstand met Jamie Fensham agter die stuur. Lifesaver Leroi (Francois) tril tril op sy vluitjie vir almal diekant- of daaikant met wilde Allan Donald roterende swaai-beweggins.

Rickus en Josua vermaak ons verder met BTK radio WAPS oor die belangrikheid van gala-etiket. Dit behels: tough slaap- buite slaap. ALTYD.
-Wa-laai- Hoe swaarder hoe beter
-Die “k” woord. Kreef wees. Sunscreen is frowned upon. Raait out bul.
-Lekker slee = lekker sleesous. #amarula
-Man is man, vir vrou vang kort jy ‘n stuiwe arm as dit moet tot in die grond in.
-‘n Stukkie musiek: volg Enrique se voorbeeld “I will slee with you forever, only you can take my sleesous away
-En moenie van Cecil John Roads se slagspreuk vergeet nie: “Lyk goed, voel goed, ryk goed, voel goed.”

Calvin Attenburg maak ons bewus van die natuur om ons. From whales to doves to Jacomien Hauman the Hadida but we are intrigued by hungry American Chris, “Ma, where’s the meatloaf? Blondie Emme Buhrmann en minaar Japie kyk toe hoe Thinus, Anikia, Natalia Buhrmann, en Claudie Blignaut gras uitrol en Emme het groot geld drome. 1/8 en ¼ note Anika probeer die treuruge spul eerstetoeriste die Magaliesberg-aandlied aanleer. ‘n blaaskans word geclaim deu Rickus en Josua toe hulle weier om belasting te betaal en Michelle se tafel word natgely daaronder.

Die aand word verryk deur ons eie Eagel-eyed Cherry treffer onder die sterre met die talent van: Bianca Boshoff, Emme, Michal, Marinelle (what-de-hell) Hurter, Melandie, Natalie Hanekom en Barry.

Francois, Japie en Ryan wil by Bianca weet hoe ‘n 3-been hoender smaak maar lyk my ons sal nooit weet nie.Tenske Smuts probeer net help mik op die wipplank-effek in Baas Christiaan se kamer te elimineer en smoke-writer Chris teken vir ons ‘n walvis en ‘n zerbra. Johan en Christiaan vertel vir Michelle en Odette van die pseude-wonderwerk toe die vrou hard op haar gesig neer don…val.

Die maagpiere en stembande is lekker opgewarm en alle skaam is vergete sodat die eerstetoeriste vir ons kan sing. De Koning word herhaal ad infinitum. Senuweeagtige kyke word gewissel soos die eerstetoeriste hulle tekke gaan aantrek. Vinnig, vinnig is die Wraak verby en Oom Hein beklemtoon die geheimsinnigheid rondom die Wraak. Ons almal geniet die soetheid saam. Welkom by die BTK.

Almal weer in die slees en nou is dit Kaptein Duppie, kajuitknaap Gerrie, kok Francois kanoneer Johan en kraaines Gerkie wat nie kan ophou kraai van die lag nie, versuim sy look-out plig getrou. .Duppie word kaptein kreef met sy rooi baadjie en dan uiteindelik moet kaneneer ek bedoel kok…of kajuitknaap Gerrie die bruinbroek bring.

Julian, Gustav en Melandie vry in die donker. Terwyl Ernst en Reinhart as Jacomien en Margriet, ag ek bedoel Hans en Maans en Jacomien x3 misteriues rondsluip op opium.

Gerrie en Tenske probeer inligting kry oor die liggie in hulle yskas.

Boer Gerrie met sy ploeg en Leroi het hulle hande vol in die groentetuin met Michelle die aardse aartappel, Albert die plat pattat, Francois die vars vralinggilis, Marinelle die woeligge wortels, Anika en Melandie die praterige piesanges en Bianca die simpel spinasie.

Daar is a paar hekels en Johannes wil weet wat Esme bedoel het toe sy se sys al haar arm dislokeer om bo te bly. Michelle wil weet wat Anchen bedoel het toe sy gese het “ek is mos nie irreternd nie.” En Julian wil by Michelle hoekom moet Madilien naby hom wees as sy blaas hom in die steek laat. En so word hekel ook gesluit.

So kom nog ‘n wraakaand tot ‘n einde. Die Magaliesberg-aandlied klink soveel mooier nou dat al 100 stemme kan saam sing en dit voel asof die hele Vleesbaai stilraak om na ons te luister.

Nag dames.

Dag 4: Kaptein kry die Kannon (vleesbaai tot gourtizmond)

Die sonnetjie is maar skaam agter die mis vanmore en ons kan nie dit geniet soos ander oggende nie, maar toe die mis wegtrek word broos, pienk velletjies weer gepiets. Daar word Godsdiens gehou. Wilmarie speel die kitaar en Anchen deel ‘n stukkie uit 2 Kor 12:8-10, terwyl Johan aan almal nog soetheid probeer verkoop. This results in banana-splits, roomys broodjies, roomys koffie, roomyspap en dan ook net roomys (ne Karen?).

Een laaste pitstop by die bekwame Tone-beheerder, Alta-Marie Beker, en ons maak soos beesmis.

Dit is immers tekke-terrein en ons moet kranse en rotse trotseer soos wat ons voete flink deur die klein padjies vleg.

Hierdie nou paadjies veroorsaak ongemak vir Anch en Madilien se foto-bom ekspidisie.

‘n Vinige stap verander in ‘n tan sessie toe ons slot en sleutel die pad byster raak, ‘n Rescue party word uitgestuur en die verlore skapies word weer teruggerbring na die kudde.

Ons hervat die pad en k-k-k-kom tot op k-k-k-kannon. Middagbroodjies word bedien, ‘n mak voeltjie kom kap ‘n “s” vir ‘n paar krummels. Dis ‘n kort stappie tot by die busse wat ons vervoer na Gourits kampterrein. By die kampterrien kry die tent opslaners ‘n welverdiende rus. Die wind is ‘n bietjie onplesierig en meeste vind ‘n skuilplekkie om ‘n uitljie te knip.

Ons raak twee maters ryker: Die kwaliteit Misha Testa en Gert Brink is in ons midde.Hulle word verwelkom met ‘n volle BTK koor van hier sit die manne. Johannes verlang na sy suster wie teminste orde kan skep by die sang. Alhoewel daar niemand is wie orde kan skep by die kosmaak nie. Daar is net meel en spinasie orals met te veel kokke en stokers wie meng en meet.

Die kos kom gelukkig alles in die potte en ons kan kom skep. ‘n Taktiese skiet is oop sodat die wie laaste in die ry is, eerste kan wees. Vanaand slee Canadian Anchen, en twee Americans Melinda Loubser en Chris saam.

Ai-tim!!

Uiteindelik is Lindie wakker genoeg om ons te vermaak as Pauline met Ernst polly die papaegaai wat damn halstarrig is. Cherry Pauline is ernstig met polly. In die gehoor wil Chris net weet hoekom die kalkoen nog nie uit die vrieskas gehaal is vir thanksgiving nie. The American sled. Waar is translater Retief as jy hom kort? In sy verwarring wonder die Amerikaner of een turkey genoeg is vir al die winkel besoekers, Katrien, Leroi, en Francois en of die happende Ernst sal kan deel.

Volgende aan die beurt is Melinda, Claudie, Anchen, Chris, Flippie en Hekkie Frekkie om iets van ploeg en plant uit te beeld. It goes wrong. Die plaas lyk my is nie ‘n sukses nie en grondyse verander dit in ‘n fabriek, met ‘n kwaai bass Mina marniela en die mal glooilamp Katrien wie vir Anchen in die donker agterlaat. Shame

Anchen skyn ‘n bietjie lig op die volgende situasie toe sy vir bimbo blondie Lindie inlig dat sy nie ‘n bigmac kan bestel in ‘n bibloteek nie.

Katelyn en Saskia found my twin steel Francois vertaler se spotlight toe hulle ons vertel van hulle frontpullers en heavey johns wat motherless is. Francois en Leroi voel die frontpullers moet uitgebeeld word en help die tweeling uit.

Die platbekpaadjie Wilmarie is braaf en gaan praat met die …en die leeu Anri Otto wie gehoor het by Jonthan van die oosraad dat platbekpaadjies die nuwe ultimate diet kos is vir leeus en dat ryers soos Anchen dit nie nodig het nie.

Ka-tjoe: Die wapens is uit terwyl hugo Ka-shoot en ka-tinktink Francois en Barry nie ‘n kans staan teen Leroi se ka-tanktank nie.

Die skepe moet lank wag voor ligtorring Blanche-mari Staal kan aangesteek word aangesien Jackie Julian eers supplies moet gaan soek om vir Ernst, Leroi, Hugo en Gustav te verras. Terwyl hulle nog die ligtoring soek, word hulle aangeval deur ai-tim annekseerders en kannibale Hugo en Charl wie vir die arme Jackie Julian in ‘n kanoo in wil kook. Surprise die kanoo gaan lek. Uiteindelik vind hulle die twee knoppies vir die ligtoring en brand sy mooi rooi.

Rickus en Josua Oosrand gee ons wenke oor visvang, pffft jy kan nie ingooi sonder glase nie?

Op ‘n leedop word hekels oop gemaak.

Kobie van Schalkwyk wil sommer dadelik by Oom Hein weet wat Francois bedoel het toe hy vir Emme gese, “het hoe donkerder hoe beter.”Michelle wil by Gerkie weet wat hy bedoel het toe hy sommer vir almal vra of hy moeite moet doen met sy en Lindie se slee of of sy net gaan slaap. Hugo wil weet wat Charl bedoel het toe hy vir Leroi vra: “moet ek nie tril nie?”Lionel wil by Michelle weet wat sy bedoel het toe sy gese het:” in vergelyking met ander mense is ek baie maklik.  Charl Cilliers is verslae toe Esme se: “ ek dra nie klere op my bene nie.” Anri wil weet wat Charl geinsinueer het toe hy vir Hugo se: “In die son, bladsy 3.Rickus wil wonder wat Sanmarie beodel het toe sy vir Ernst se “hou asseblief jou broek aan.”Janneman wil weet wat Gerkie bedoel het toe hy se: “ek is nou so taai so ‘n fizzer wat in die son gele het.” Dit is altans seker die beste vergelyking wat ek al gehoor het en met dit is Hekels gesluit.

Die magliesbergaandlied word gesing met ons nuwe toermaatjies.

Nag Dames.

Dag5:  (gouritz tot stillbaai)

Morning has broken word deur stemme gekraai en ons slaap word gebreek. Dis ‘n lekker oggend na ‘n baie lekker aand. Met al die eerstetoeriste nou gewraak kan almal nou ontspan en die ontbyt lekker saam geniet.

Ons val vining in die pad en daddellik in die dubbeltjie duiwel dorrings in. Gelukkig stap niemand kaalvoet nie maar daar is aknee op die onderkant van ons plakke en tekke, raait. Ons stop vinig by huisie en na al die dubbeltjies verwyder is lyk sommiges van ons ‘n duim korter.

Dis warm. Klara Vilje en haar donkey het duidlik nog nie ‘n draai hier kom maak nie. Die duin is steil en toutrek span, Lindie, Josua en Rickus val in style terwyl paparatszie Hugo die aksie op kamera neerle. Hulle is verseker nie skaam oor hulle toutrek vermoens nie en almal moet daarvan te hore kom. Bo is die perfekte uitsig vir ‘n groeps foto. Weet nie hoe ons ‘n foto gaan neem met almal se oe oop nie maar ons prober. ‘n 100 van ons op die duin is ‘n knap storie maar gelukkig mag pretoriose “aan mekaar hap”, volgens Anika toe sy en Dian sy aan sy staan.

Om erosie te verkom is daar ‘n pragtige trappie gebou om tot onder te kom. Maar die non-tree huggers wie nie BWE geswot het nie verstaan nie die ekologies impak van hulle skoene op die duin nie. Leroi moenie te kwaai wees nie sonder hulle sou ek nie werk kry nie. Na nog ‘n paar foto’s is almal onder die duin wat ‘n ton sand verloor het.

Moet ons stop? Ja. Almal is al lankal in die water. Die dumper branders word net aangevat deur die dapperste van dapperste….Karen, wie die strand wil huis toe dra in haar hare. Lindie en Rickus, of altans die sassy seester en die wit dolfyntjie is nie so gelukkig toe die see hulle teen hulle wil hulle neersit op die sand nie. Waar bly jy? Sandhaai. Die vereiste swemkriteria vir hierdie strand is om deel te neem aan deur branders gerol te word.

Dis pilchers vir middagete en die brawe middagbroodjies spanne span saam en later is Hanneke Potgieter, Anja Revelas, Geone Kramer, Anneri Maritz, Ruth Allderman en Jodie Trethewey baie gemaklik met die kerrievis reuk, Anri Otto sit die een uit. Baie trek hulle neuse op maar met ‘n bietjie stroop is hy lekker. En natuurlik verlei sensuele saskie vir Francois met ‘n “wil jy marmite?”

Die kuslyn is indrukwekend met rotsformasies en sandsteen. Jy kan nie help te glimlag oor jou eer as een van die min wat die voorreg het nie. Die kranse is hoog en laat ‘n mens dink aan sandkasteel met toringkies wat gedrip drip word deur God se vingerpunte, ingestel op detail vir sy kinders om te aanskou. Om elke draai word jou asem net meer weggeslaan.

Die son (nie die bladsy 3 ene nie) verlaat ons en die wolke raak dreigend swaar en pers oor ons koppe. Die reen vang ons so 3km buite stilbaai en volstruis Hugo en gypsy Anri probeer ‘n duimgooiplan maak wat epically fail en hulle is net nog langer in die reen. #daarisnikssoos’nkortpadnie.

Die motreentjie hou op en die tente staan. Mymaties feature vandag met mense wie laaste punte kry en daar is ‘n hele paar graadvanger wie se oe vonkel. Dit word gevier met slaptjips en hot chocolate sommer so voor ete.

Kosma madilien is baie oulik met ‘n plan maak vir kos aangesien daar nie snoek gebraai kan word in die reen nie. Die kos tent verander in manskamp terwyl, mal-ding Ernst sommer: “manskamp in dameskamp!!” verander. Dinge raak al te lekker hierso.

Die reen sal nie ons gees demp nie en indian war signs word geinisieer. #makethecirclebigger. Die game kom nooit aan die gang nie want elke rondte kom iemand by dus slegs oefen rondtes. Gelukkig bring Lindie ‘n sangbundel en kan die game geruil word vir kampvuur liedjies.

Daar word nie vanaand amptelik geslee nie agv die onplesierige reentjie en kuier almal liewers saam in die manskamop kos tent en in die lifeguard huisies op die strand. Dis nogsteeds lekker geselig en nie meer leer ken mekaar sessies nie maar liewers die versterk van nuwe vriendskappe.

En dit reen… nag dames

Dag 6: BTK sondag

Die uitverkorenis wat die vloed oorleef het raak wakker en is bevrees dat hulle dalk die wegraping gemis het aangesien diegene langs hulle verdwyn het. Gelukkig was slegs ‘n poging om “higher grounds” te vind om die vloedwaters te vermy. Die baremhartige samaritaan, Anri, het die druipstert Anika geklee met die sweetpakbroek aan haar lyf.

Darem net 24uur se reen en nie 40dae en 40 nagte nie, trek die hemel oop en is dit ‘n pragtige maar bloedige warm oggend, potensiele kreefvoet vibes vir Dian. Oom Hein deel die boodskap: “wie is jy”? en lewer kommentaar oor hoe divers ons BTK groep is asook hoe elkeen hulle plekkie gevind het en hoe diepgeworteled vriendeskappe hier kan groei. Hy vertel van die Here wie voorsien en bewaar met die reis van die beetle, met slegs ‘n handbreik deur spitsverkeer in Johannesburg. Hy verwys na Psalm 23 en Romeine 11:33. Calvin deel ook ‘n stukkie en se dat ons nie ons waarde aan die wereld se standard moet meet nie.

Teen spyte van die hitte is die wereld nog nat en na ontbyt soek almal net ‘n droee plekkie om hulle boude te plonks. In die kos tent vind Lindie wel so ‘n plekkie, of altans sy neem aan sy het so ‘n plekkie gevind. SO word die hekel koningin gebore, met wille-claims soos die sassy seester, sinvolle gesprekke vandat sy haar graad gevang het en dat sy claim sy is nogal ‘n solid spoegter vir die pit spoeg kompetisie.

Daddellik word daar gegryp na prep gel vir die rooilyfies voor daar see toe gegaan word. Surfmaster Anchen leer vir young padawan Hugo en Anika the art of surfing. Hugo kry dit nogal daddellik reg en outwit vir Anchen. Verder word daar touchies gespeel en ultimate Frisbee, baie gaan koop ‘n lekker vanilla romys, wat se kleur gelykstande is aan die vanilla lyfies op die strand. Die stokers en kokke moet ongelukkig vroeer terugkeer om Elsa te gaan voorberei. Gelukkig het hulle vir Leon Schocter om hulle te vermaak.

Die laaste strandloopers, swemmers, sonbakers en krewe word geroep vir middagete. Ons word verwelkom deur hier kom die bokke. Anri begin sing, hier kom die krewe. Die hitte tas ons aan.

Die veteraan eet spaarsamig want  hulle weet die wie eerste is sal laaste wees…Voor Elsa geniet kan word, moet daar eers ‘n paar BTK tradiesies geskied. Eersten is dit die oorhandigen van die kosma en kosdogter rompe. Karen en Jacomien vertel vir ons hoe die rokke aan Pocahontas en haar sister Annebell behoort het toe hulle in hulle kayake geroei het. Al manieer wat hulle die witwaters van die rowwe St. Lawrence rivier kon hanteer was met die hout spane wat vandag gebruik word om Elsa te skep. Die rokke is geruil vir katte van egipte af sodat Cleoptra vir Antonie kon verlei in die roei en wit gespikelde romp. Eendag toe raak haar donkiemelk op toe moes sy in Nyl gaan bad het toe gryp ‘n krokedil die romp, hy swem toe tot in die Indiese Oseaan waar King Trident die rompe vir sy dogter Ariel vat sodat sy haar nuwe bene kna toe maak. Toe sy met prins Erik trou word sy die konningin van Engeland en so kom die romp tot by Diana, wie die rompe so baie like dat sy dit sommer onder haar trourok dra. Diana stuur toe die rompe saam met haar chopper Vasco sodat sy boerenooi iets het om te dra na die skoffelstuur. So kry Vasco se dogter, Sarie Marias ook die romp wie dit uiteindlelik aan Miems en Elsa die rompe kry in die laan langs die eersteriver, net toe die rompe oorhandig word kom die kom ‘n student op ‘n tube met die houtspanne in byde hande. Die oppertunis MIems skelmboog die student in die gesig en gryp altwee spanne. En so woord die rompe afgegee deur generasies van kosma’s en dogters soos Rensa Pronk en Magriet Muller tot vandag vir kosma Madelien en Katrien. Hier kom die rooirok bokkies wie met Francios en Daniele ‘n draai vat.

Volgende kom die einste Julian van Zyl en vertel ons van…die leerbroekie. Die leerbroek kom van die eerste boesman, OOIT.

Jan v. Rebiek het die broek toe gesien by sy aankoms in die Kaap en het die volgende gese: “Ek laaik daai broekie! Bring dit vir my.” Met sy laaste asem het hy toe aan sy tjomma Vasco da Gama gegee. Vasco dra toe die broekie al die pad op na Membasa en gee dit aan een van die portegese bevelvoerders by Fort Jesus. Die bevelvoerder raak toe verlief op ‘n ou boere girl en trek toe terug na Moeressburg om te boer…

Op ‘n warmdag besluit hy om te gaan swem en hy spring van ‘n rots af in ‘n damtjie in, en die broekie val toe af. Hy swem en soek daarvoor maar na ure se swem gaan sit hy van pure motherlessness op ‘n rots in sy rooi en wit onderbroekie…en huil. Hy stap toe terug en ween oor dat hy afskeid moes neem van sy gunstelling leer broekie.

‘n 100 of so jaar later stap die ene Koos Dryer in die veld opsoek na sy rooi en wit kolitjie nekdoekie toe hy op die leerborekie afkom. Hy raak toe so opgewonde da thy sommer Johannesburg toe draf en terug om vir almal te wys.

Koos stgi toe die BTk in 1928 en van daai dag het elke BTK voorsitter die broekie gedra. Dis nou Leroi De Wet de beurt. Die broekie sit knap maar hys aan.

Die tyd het aangebreek vir die Elsa aanhangers, dit is nou die wie net kom gala sleg vir die poeding. Reinhart, Chalr en Ernst berei ons voor met lyf en mond strek oefening asook defense mechanism om Elsa rawe aftekeer. Die wysemanne skep eerste en daar is groot teleurstelling onder die voorbariges. Selfs Koos se main konny, Anika, kan nie eers 2 bakkies van Elsa hanteer nie.

Dit is tyd vir die spits spoeg, ek bedoel, pit spoed…man die pit spoeg kompetisie. Francois stel ‘n nuwe record op van 20m maar hy word gediskwalifiseer oor hy 10m van dit nog die pit in my mond gehad het en Calvin word as wenner van die mans afdeeling aangewys. Lize wen die vroue afdeling en aanbieder Charl word met pitte bespoeg.

Voor ons gaan dans woord daar middagslaapies gevang en geswem in die lagoon waar ‘n handstaan kompetisie plaasvind.

Die BTK kannie stoppie! 3 ankers is die beloofde land. En die mooiste sonsondergaan belowe ‘n lekker aand. DJ Skip, vermaak ons psycdelic trance waarop die agteruitverfkwas gedoen is deur en daar gewurm is terwyl Leroi deel sy vermoe om alle musiek in sokkie treffers te verander met ons. This results in 40/45 meisies wie ‘n kans het om met Leroi te dans. Toe die musiek dood stol sien oom Hein en Tannie Corla hoe getto BTKaners raak wanneer jy hulle stoute stukkie sokkie wegvat. Verder het die aand glad verloop en is dit lekker geselig, ou bull. Ons keer terug kamp toe.

Nag Dames.

Dag 7: Stillbaai tot jongensfontein

Die stemme raak al hoe meer hees, maar ons begin stap na ons laaste bestemming toe, Jongesfontein. Die 10km se veelsydige landskap is asemrowend. Daar word geswem elke hier en daar en ons is lekker vroeg in Jongesfontein na kort stappie.

Die legendariese draairomyse is deur die geharde stillbaaiers aanbeveel en kort voor lank is die roomys winkel ryker as die macdonalds in Stellenbosch 4h die oggend. Die eerste 5 word met ‘n willy wonka kaartjie met gratis roomys verras. Met die vure aangesteek, word snoek gebraai met lekker patats, en knoffelbrood. Die stokers en kokke en Karen is vol geeet voor die kos reg is.

Voor kosma Madelien die groenlig gee vir die kosskep is daar iets anders wat gedoen moet word. Damesskiet is oop! Toe word die honger en uitgeteerde manne oorrompel.

Daar is baie visse in die see en ons kan sommer twee keer eet. Magies vol en oogies…oop vir Ai-tims…wag eers graadvang!!!

Met ‘n pot op die kop dub oom Hein vir Anchen, Julian, Lindie, Daniel, Annette, Michiel en Wilmarie reg vir grootmens wereld waarin ons kan spring. #jyhetnie’ngraadnie/9

Koppe verkoop saam met Reinhart wie vir Wilmarie wol-kop Jamie, Emse, Tenske en nog nooit gebruikte Michal wil verkoop. Sy winkel is met Japie en japie die skapie en Anchen die skapwagter besig. Terwyl SARS werker Ernst, Reinhart se koppe gaan laat rol as hy nie belasting betaal nie.

Skoonpa Leroi wil weet watter boudjie Ernst by Sanmarie soek toe hulle die wiel wou omruil. Ernst en Sanmarie besoek Mina se romantiese honeymoon hotel en Sanmarie raak ‘n bietjie deurmekaar met wie se ma nou eintlik moet kom warm hou.

Private eye Julian van der Merwe word uitgebeeld deur Daniele en Calvin wil weet what Francois is sinking about. Teen Karen se wense vertel sy, Madilien, Anchen, Wilmarie en Lindie hoe rugged die meisies van die BTK is. Christiaan, Johan, Emse en Tenske het pronk voete. Julian vertel vir dogter Karen hoekom rokkies en lamppale nie saam werk nie.

Ernst vra vir Gerkie, Rickus, Reinhart en Gustav wie hulle sal volg na Timbuktu?

Casanova stoker Charl oefen sy pickup lines en hy en Hugo soek die bacon tree maar word ge hambush deur Gerkie. In die rivier langs die hambush roei Janneman en Reinhart heen-en-weer to pull maria together. En so kom die laaste aand van ai-tims tot ‘n einde. Nog net so ‘n paar hekels.

Oom Hein se wyseheid is benodig want Julian wil weet wat Sakia bedoel het toe sy se: “you make me feel like a prostitute.” Anchen vra wat Lindie bedoel to sy se “Ek is soos die ontgymste mens ooit.”

Cobie wil weet wat Leroi bedoel het to hy se: “ek gaan nou diep in my slee le vanaand.’Anri wil weet wat Leroi bedoel met: “ek kan nie met my voor en agterkant praat nie.” Wit Rickus wil weet wat Ernst bedoel met, “Reinhart Venter is maar ‘n kannibaal.” Josua wil weet hoekom Rickus Brazilianers kwaai laaikDie gelukkige man saam met wie esme geslee het wil weet wat sy bedoel met “koop vir my ‘n pakkie chocolate jellytots en dan het jy ‘n lekker aand asook: ek kan jou uit jou klere uit massage.”

Rickus wil weet wat Josua bedoel met :” dit voel asof daar ‘n baba binne my mond gelek het. Pauline wil weet wat Ernst bedoel toe hy se “ Ekt so baie olie aan my hand eek voel soos ‘n FHM model.”

Tannie Corla wil weet wat Lindie bedoel toe sy se: “ Daar is lekker ouens in Majuba.”

En so eindig ons hekels met Oom Hein wat ‘n nuwe woord by kry. Hugly. Ons sing almal saam vir die laastekeer die Magaliesberg-aandlied onder die sterre.

Nag dames.

Dag 8: SPUR

Dis die laaste dag en die laaste keer wat ons die wonderlike BTK stokerkoor hoor wie ons so getrou elke oggend wakker gesing het. Alhoewel dit nie vandag nodig is nie aangesien meeste vroeg op is om die sonopkoms te geniet. Die son is soos ‘n belofte van God, ‘n nuwe, helder begin. Die strale wat ons warm bak en lig wat ons verblind laat ons Sy teenwoordigheid tasbaar ervaar.

Oppak tyd en onderhoude, natuurlik. ‘n Teenwoordiger van elke span word ondervra en Charl, kosma, Madilien en Katrien word in ‘n battle royale oor wie nou die belangrikste posisie beklee, kok of stoker? Selfs wraakkaptein, Hugo, laat ons sidder… Voorsitter Leroi raak ook ‘n paar dinge kwyt voorda hy roep: “Kan die WALAAIERS asseblief hiernatoe kom” party mense raak absoluut hiateries en rol op die gras rond…Die laaste van die swaar tente word ingelaai en ons bemester ‘n ronde kring om die ou bulle maan toe te stuur. We send Apollo Chris to the moon, along with THE FORGEINEr tone Alta-Marie groet ons en Gerkie met sy oorbinnte maanbus kaartjie. Julian groet ons ook met ‘n ongelooflike boodskap wat ons harte met ontsag gevul het. Hy deel sy ervaring van diep vriendskapsbande wat hier op die BTK gesmee is. Asook sy belewenis van die natuur waarmee ons almal beslis kan saamstem. Hy herinner ons dat daar is tyd van BTK en na BTK maar dat hierdie BTK vriendskappe veraltyd in jou hart sal voortleef. Met ‘n traan en drumroll groet ons die maanwandelaars Gelukkig kom die melkwegbus gereeld af aarde toe.So te praat van busse.

Die en meeste van ons vermy die mostertgeel gordyntjie bus. Ons wonder hoekom? Die dapperste van ons kan wel nou uitspan oor 7 sitplekke. Ons gerieflike rit is eintlik onreverdig lekker.

Die ertjiegroen bussiters klim heel gesweet uit hulle bus, terwyl ons mostert mensies asof ons nog net ‘n rooi tapyt kort. Dis tyd vir ons laaste die finale BTK-tradisie moet nog vereer word: Burger challenge my nou. Chritiaan is die wenner wie sy burger af sluk in minder as 2min. Hoe ‘n mens hierdie beskou as wen weet ek nie want die res van ons geniet ons spur burgers in mens tyd.

Na almal versadig is groet ons mekaar met ‘n finale de konning. Ons voete brand op die teer maar ten spyte van ons afgesmelte voetsole sing uit vollebors. Daar is net genoeg plek in die pad en ons veroorsaak ‘n bietjie van ‘n verkeersknoop. Nog ‘n toer is verstreke en ons groet maters wat nie saam terugkeer Stellenbosch toe nie. Die busrit terug gaan eintlik te vining soos wat almal klets. Voor on sons oe kon uitvee is ons by die neelsie. Varwel toermaaters ons tyd is verby.

Mag elkeen van julle is geseende Kerstyd he saam vriende en familie met ‘n wondelrike nuwejaar.

#yolo #thisisthelife #bestetyevanonslewe #foreveryoung #genoeggehashtag. ##

Raait ou bul. Wat van ‘n rugsaktoer?