Oranjerivier Roei April 2015

11169525_10206572846259392_7072583798358150990_o‘n Skets van gebeure deur Chantè Jansen van Vuuren

 Maandag, 6 April 2015

Dag 1: “Welkom in die Karoo. Hier boer ons met klippe.” – A.N.

04h00 op ‘n Maandag kom ons by die Neelsie bymekaar. Ten spyte van min (geen) slaap is ons ‘n geesdriftige groep en die busse is vinnig gelaai, toer lyste uitgedeel en name afgemerk deur Marnelia Scribante. Natuurlik kan alles nie perfek afloop so vroeg nie, en Leentjie Visser sowel as Californian Will Edman keer albei dringend terug koshuise toe vir die belangrikste item op ‘n Namibiese reis – PASPOORTE.

Nadat Leroi uit dankbaarheid voorspoed toebid vir die toer, is ons almal, paspoorte en al, oppad — meeste op die bus terwyl sommige in die luuksheid van Oom Barry en Tannie Jeanette de Wet se lugversorgde Kombi die reis aandurf.

Soos die son oor die Karoo-landskap opkom, begin meeste van ons die slaap uit ons oë vee. ‘n Vriendelike rondte 30 Seconds ontstaan tussen Johannes Rabie, Dalene van Staden, Katrien Smuts, Flippie van Dyk, Johannes Leuvennink en Daniël Schoonwinkel. Wyshede van Johannes R soos “Hy sing ballades en sy naam klink soos borrels” (Michael Bublé) en “Ek hou van random bene” as Katrien gemaklik raak langs hom, gryp aandag en die wat wakker is neem vinnig deel.

Ongeveer 70 honger BTKners sak op die plattelandse dorpie van Springbok toe. Die Wimpy het maklik hulle jaarlikse inkomste in ‘n halfuur gemaak. KFC en Nando’s was deur party van ons as beter brunch opsie beskou, terwyl Loubser Steyn die sleesous winkel eerste opspoor.

Magies vol, ogies wawyd oop, beskou ons die landskap wat verby vlieg. Alex “Eyebrows the Internet” Nel verduidelik hoe die Suid-Namibiese duinbok aangepas het by die dor, bar, droeë landskap tussen donkies, eerstewereld kragdrade, marinos en dorpers. Klippe groei blykbaar natuurlik hier, danksê eeue se hitte, wind en kompressie.

Teen die tyd wat ons die Vioolsdrift grenspos bereik, is ons reisdokumente voltooi en ken Leroi die bus se nommerplaat beter as Oom Barry se selfoonnommer. Legendariese sketsskrywer en onlangse ou-BTKner Anchen van Dyk verras ons by die grens waar sy oppad terug SA toe is. Alex kry kans om die vorige aand se “pret” af te draf nadat die bus amper sonder hom vertrek.

Amanzi Trails is ‘n oase van groen grasperke, koel rivierwater en verfrissende verversings fasiliteite. Voordat die busse eers uitgepak is, span Josua Blom al sy slackline en duik manne in die rivier. Ons ontmoet die energieke skaaphond Mad Sam en verstaan onmidellik waar hy sy naam kry.

Ordentliksheidpraatjie tyd. Dames eenkant by Tannie Jeanette, met die mans by Oom Barry waar hulle sommer vinnig die waarde van bedagsaamheid bespreek, die reëlings aanvaar en begin lag. Danksê eerstetoeris-konvenor Ilaria Horn se Idees Vol Vrees-tipe grappies, skaterlag die dames in antwoord en ons Koning en gryp hoede daar op die grasgroen kampterrein.

Na ‘n heerlike aandete voorberei deur Pukke se Sunel Jacobs, Kosma Katrien en haar span kokke en stokers, is daar na die sleekring toe beweeg vir bondelslee. Marnelia en Charl Cillie is eerste aan die woord om skiet en die sirkel-tegniek te verduidelik en Deel 1 van blouyskas verwar selfs van die outoeriste. Op daardie noot word ‘n lang dag vroeg afgesluit met die Magaliesburgse Aandlied.

Nag dames.

Nag Oom Barry.

 

Dinsdag, 7 April 2015

Dag 2: Kom ons ROEI!

Sonbrandroom gesmeer en foto’s geneem, emmers waterdig en geseël, reddingsbaadjies styf vas, en gids Darren se veiligheidspraatjie agter die rug, is ons uiteindelik gereed vir die roei avontuur van n leeftyd. Vol gees, maak die toergroep ‘n vlot en saam row row row ons ons boot gently down the Oranjerivier.

Kort-kort kom die bevel “Enkekgelut! Lifejackets!” van Jean Swart net voor ons. Die vlot disintegreer en ons eerste rapid lê voor. Dit is nie lank nie voordat Pierre Jacobs en Michaela Ross sien hoe die gidse ons as bakens gebruik om aan te dui waar die klippe lê: Alta van Schalkwyk en duitser Johnathan Wo se boot dui aan as ‘n bloedrooi onderstebo baken waarheen ons níé moet roei nie. Roeimaats Natalia Buhrmann en Tommy Jonker sowel as Megan Higgo en Jannes Reddig voeg nog punte by die Tipping Tally nadat Caru Coetzee en kie verby hulle stoom op die rapids.

Na die oggend se sports kan middagbroodjies nie vroeër kom nie. Alex “Eyebrows” word Alex “Doringbos Boude” nadat hy nie mooi kyk waar hy gaan sit nie. Groepie Sewe se meesterkok Natalia Buhrmann bewonder hoe Nicola Hanekom smul aan haar einaardige liquorice en roomkaas kombinasie.

Die betekenis van “Nappy Ride” word letterlik beleef: voete eerste klim ons in ons reddingsbaadjies in en geniet hoe ons stroomaf dryf, tone wat voor ons uitsteek in wat gids Basie noem die “cocktail” posisie. BTK meisies gaan mos altyd die ekstra myl, en Bijanca Hutton, Silja Kiessling en Charne Ferreira is geen uitsondering nie. Gelukkig was Mutuko en sy boot reg hiervoor en Charne was dankbaar vir haar persoonlike lewensredder, gids Anthony.

Vanaand kamp ons aan die Suid-Afrikanse oewer onder die helderste sterre. Johannes R maak film 105 en Johannes Leuvennink en kie ontwerp hulle sand slee in styl. De Machtige Koning is ‘n hoogtepunt, en Tian Podges se larger than life bewegings is ‘n wenner by die outoeriste — toekomstige eerstetoeriste kan baie hier leer! Die eerstetoeriste vermaak ons met Karl Bolmgren se tradisionele Swedse danse by Ilaria se partytjie. Kirstie Wurz bring haar Oupa Helgaard se heerlike boere-wurz braai toe, met Casper “Kassie die Skaap” van Zyl agterna. Reghardt “Two-Stroke” Pretorius die grassnyer stry met blêrende Kassie, terwyl Dalene van Staden en Ilaria die grasperk bespiegel. Will in sy netjiese strikdas en sy nooi Nikki Smit oorweeg dit om punch te skink. In tipiese BTK styl, is daar gerieflik geen punch line — by die partytjie of vir die grap — nie.

Hekels word vanaand aan Oom Barry gerig. Flippie wil weet wat Gerben Draaijer bedoel het toe hy sê “Gras is soos kannibale”. Silja Kiessling verstaan nie hoekom Maria Smith eers haar “slee date in ‘n sakkie gaan sit” nie. Johannes L wil by Chantè weet wat sy bedoel het toe sy sê “Bernard se maag en my kop het ‘n goeie verhouding.” Reghardt wil weet hoekom Liesel “graag eendag wil bottelslee.”

Vanaand slaap ons diep, veilig onder die Here se sterre-kunswerk.

Nag dames.

Woensdag, 8 April 2015 

Dag 3: Wifey Woensdag, Sjambok en skerpioene in sanderige slees!

Twee vars Oranjerivier vissies is (amper) Inus se ontbyt. Charl en Kyle Phillips se kitaar lei ons praise and worship en Leroi deel met ons uit die Woord. Soos ‘n wildsbok wat smag na water, so smag ons siele ook na die Here. Leroi brei uit op die simbool van ons omgewing — naby die magtige Oranjerivier groei die bome sterk, die riete dig en die gras groen. Net so entjie verder, oorleef niks in die dorre Namibwoestyn nie. Om naby aan God te lewe is om werklik in oorvloed te lewe.

Vandag vat ons die beroemde Sjambok rapids aan. Ons klim ‘n piek en kyk uit oor die witwater van Sjambok wat vir ons voorlê. Groen kalsium fluoried klippies word versamel en groepie gelfies geneem (dis nou GoPro selfies) en ander groepies s’n gephotobomb.

Dit blyk waar Duitsers betrokke is sink daar net skepe… Johno die German en arme Liesel Schaefer vind hulle self kop onderstebo in die witwater met hulle cooler wat beter as hulle stroomaf vaar. Josua sien hierdie dilemma en met ‘n vreemde “ROEI Nicola!” (hy is mos die bootjie waar die dame nie mag roei nie) is hy in die rivier agter Johno en Liesel aan. Min mense kan spog hulle het Sjambok solo agteruit oorwin — Nicola sal nooit hierdie traumatiese ervaring vergeet nie!

Sjambok het duidelik sy eie Murphy’s Law. Bernard Leuvennink en Jessica Botes vier hulle Sjambok oorwinning — “Niks kan ons nou omkeer nie!” — en tip net daar in die stil water.

Kkkkerrievis vir middagbroodjies en tone is in aanvraag! Mabru Uys, altyd reg met ‘n speld en ‘n pleister, verlig Marnelia, Rachél Prinsloo en Delene Bezuidenhout van die woestyn se dorings. Nicola word aanhoudend deur Charl geterg met krieke, krappe en ander “goggamatiele” (soos Kirstie sou sê).

Vanmiddag se roei is nie vir sussies nie. Ten spyte van ‘n sterk wind van voor af, besluit Maria sy het nie meer haar enjin nodig nie en Inus is in die water. “Lone Ranger” Rudolf Boshoff roei doelgerig teen die wind met sy kurkproppe wat langs sy kop rondspring, en Charl seil laggend verby Will en Chantè wat vassit in die riete. Vir party van ons (Josua en Reghardt) is daar niks beter na ‘n uitdagende roei sessie as ‘n Hot Yoga “Happy Puppy Pose” in die water nie.

By die kampterrein spark Kyle en Tian ‘n migrasie SA toe. Ilaria, Tommy Jonker, David Smith, Chante, Loubser Steyn en Delene B swem terug Vaderland toe, ten spyte van Darren se waterkobra verhaal. Chris van der Westhuizen ontspan op sy geel bootjie onder die kenmerkende geel sambreel en geniet ‘n stoute sundowner… Soos Caru en Inus sê: “Rivierwater en whiskey — lekker lekker!”

Miniatuur sambreeltjies vir die sleesous — dis mos hoe die mans van die BTK dit doen, nê Johannes R! Caru herinner ons, heel rustig, om skoene aan te trek in die slee area. Darren se UV lig wys ons waarom… Tania Scribante is ongelooflik getraumatiseer deur die hoeveelheid skerpioene in ons omgewing en Ilaria bou haar bed bo op coolers.

Die groen klippies is kalsium fluoried kristale, verduidelik Darren. In die pikdonker gooi ons hulle op die vuurwarm kole. Hulle gloei groen, ontplof en die oohs en aahs wat volg dui aan ons fasinasie.

Aaaiiiii-tem! Natuurlik as Daniël Schoonwinkel toer moet klippies in die water gegooi word. Van Anton Kraemer na Daniël, wie gaan hierdie noodsaaklike rol in die BTK oorneem? Loubser en Hendrik Schutte neem saam deel, voor Madilien Roos en Katrien teen mekaar Ninja. Chante, Madilien en Katrien werk in die tandepasta fabriek totdat Madilien glo sy is ‘n gloeilamp.

Leentjie Visser en Kyle dra ‘n item op aan almal wat teen Pirate is… “But I’ll let them whisker it to you.” Alex verkoop Tian “Blackie” die perd aan David vir R1000; Bernard Schlagbauer, Tommy en Flippie blouyskas vir Gerben uit die bloute; en Leroi veroorsaak probleme in die kroeg vir Bernard L wat NIE Piet is nie.

Wolfgang Erb vertel hoe, in die lewe, ons altyd twee keuses het, en Caru se Rowan Atkinson classic “Welcome to Hell” is, soos altyd, puik. Blackie die perd en Piet Lourens besluit om te swem in die rivier terwyl Oom Barry gebombardeer word met hekels vanaand.

Johan Wiid wil weet hoekom Johannes L se boot die “Pink Panther” gedoop is. Daniël wil weet wat Flippie bedoel het toe hy vir Daniël sê: “As jy vir my ‘n fizzer gee, maak jy dit vir my die moeite werd!” al het Daniël hom nie eers geskiet nie! Charl soek verduideliking vir Johannes L se “Dis hoe ek my peanuts eet” terwyl Reghardt dit oor sy maag strooi. Charl is op ‘n missie en wil weet wat Nicola bedoel met “Is almal klaar opgegooi?” na aandete en die kristale vuurwerke. Johannes L gebruik die geleentheid om ook by Nicola te hoor wat “Ek ken my slaap posisies” beteken. Charl spring dadelik terug in die hekels en wil by Johannes weet wat sy “Terwyl ons besig is met Nicola” stelling beteken. Mabru wil weet wat Reghardt bedoel met sy “Nou is dit tyd vir my Happy Puppy posisie.” Johannes R wonder oor Tania se “Dis nogal awkward as jy jou mond so groot moet oopmaak” met betrekking tot soeshi as ‘n date maaltyd, en David vind uit hoekom Kirstie sê: “Ek hou daarvan as jy op my duik.”

Nag dames.

Seker ons slaapsakke het nie ‘n skerpioen of twee of drie in nie, sê ons nag Oom Barry…

Maar die aand is ver van verby. Bernard S beleef ‘n nagmerrie: Johannes R se middernag visvang ekspedisie ontaard in iets uit ‘n River Monsters episode. Na ‘n uitputtende stryd word Johannes beloon met ‘n koning van ‘n barber van die grond tot by sy skouers.

Donderdag, 9 April 2015

Dag 4

Opstaan opstaan, dis ‘n heerlike dag! Die son verrys met helder glans oor Heks Se Hoed en die spierwit “R” op die oorkantse oewer dui die Richtersveld Transfrontier Park aan. Charl steur almal wat vaak sit en BTK koffie sluk opsoek na sy emmer. Megan Higgo se sonbril is nogsteeds missing in action. Groepie 2 is uiteindelik beskuldig as die emmer dief.

‘n Groepvlot word onmiddellik gevorm en die klowe weergalm met ons uitroepe van “BTK (K K K…)”. Nou wat is ‘n toer sonder ‘n Gentleman’s Challenge? Na ‘n gestamp en ‘n gesplash is dit duidelik wie ernstig oor wen is en wie nie. Inus Coetzee vat die goud met Josua tweede, al weet ons almal dit gaan mos nie oor wen nie. Leroi roep uit “Pirate!” en al die dames spring onmiddellik in die water. Almal, behalwe Prinses Silja, natuurlik. Sy en Johan “Grylls” Wiid se luukse toerusting is iets om te beleef: Lancewood roomkaas, waterfilter, profesionele kamera, cot en die smaaklikste kos. Ons neem jou nie kwalik nie, Silja!

Die dag se roei is rustig, met net ‘n paar geleenthede om te roep “Enkelgelut! Lifejackets!” –  iets wat Natalia glo is ironies die moeilikste opdrag vir ‘n groep universiteitstudente. Ten spyte van die ontspanne omstandighede, kry Megan en Gerben dit reg om spontaan te tip. Dit begin ‘n masse watergeveg met Pierre en David wat gids en oud-Simonsberger Anthony se boot roof.

Groepie 5 se spek en ham worsies word verbeter deur Kosma Katrien se Ina Paarman’s speserye, terwyl die meer desperaat van ons op stroop moet staatmaak. Party swem stroomaf verby die plaaslike mense wat visvang, terwyl ‘n massage garage vlamvat op die oewer. ‘n Rondte van Klap en Vang met die rugbybal gelei deur Jeanie de Wet lok Cecil, Casper, Gerben en Johno, wat baie vinnig Afrikaans gesnap het, en na twee dae se gesoek vind Megan haar sonbril in ‘n kous.

Ons weef deur ‘n rietewoud op die rivier en Alex kry Okavango Delta flashbacks. Hendrik kaptein die Bachelor-boot en hoor hoe Phia Kleynhans haar roeipartners omkoop met koue bier… Hendrik sal moet fokus om môre nie alleen te roei nie!

Ons Steak NOU! Na ‘n reënspel in die woestyn en ‘n paar mattrassies wat wegwaai, smul ons aan ‘n vyfster BTK aandete — dit maak beslis op vir die spek, ham en stroop kombinasies van middagbroodjies.

Aiii-tem! Johannes R, Katrien, Reghardt en Alex vertolk ‘n skreeusnaakse weergawe van “Whose Line is it Anyway”. “Het jy daardie barber gesien?” “Waar kom die Ali Baba?” Volgens Katrien is nê mos ‘n vraag… “Mooi berge nê?” “Mooi wenkbroue, nê?” En Alex sê CUT!

Tyd vir ‘n blouyskas. Flippie en Charl vang vis iewers op ‘n rivier in Italia terwyl stukkies van Maria en ‘n blouyskas (eintlik Jeanie, Cecil en Marguerite de Wet onder ‘n blou kombers) verby dryf. Leroi, Leentjie, Cecil en Jeanie wishy washy Johannes R se stinkende skoen, David se Liefde Wen pet en Anthony se blou swembroek totdat dit “good and clean and fresh tra la la la” is. Maar Alex se buff (“Whooo!”) kan nee eers met biodegradable citronella seep skoon kom nie: “It’s good it’s clean it’s… Peeeee yooouuu!”

Johan Wiid vereis ‘n verduideliking van Troep Jonker wat sy neus so belangrik maak dat dit onderstreep moet word. Rachél besoek ‘n malhuis waar sy Tian “wêreldkampioen roeier”, Alex “Sister Wenkelbroue”, Will “kampioen poolspeler” en Johannes R met sy “stickiest booger ever!” ontmoet. Ons word bederf met ‘n Wild West en Harley Davidson weergawe van die Joe Item met Johan as Papa, Johannes S as Big, Johannes R as Average en Alex as Little Joe.

Johannes R, Rudolf en Daniël vermaak ons met a drie-man Rowan Atkinson duologue. Leroi en Cecil toon hulle broer-suster liefde deur Blommetjie Blommetjie en Hendrik sluit items vir ons af met die verhaal van Hennie van Telkom.

Josua ervaar vanaand die intensiteit van ‘n hekel hinderlaag. Onder andere, soek Reghardt verduideliking vir Josua se “My broek is weg” terwyl hulle swem. Nicola wil by Charl hoor oor sy “Speel my nog nog!” Flippie wil weet wat Liesel se “Jy moes my gisteraand gehad het” bedoel.

Nag dames.

Die sterre kruip agter wolke weg en Katrien, Chantè en Megan sien dit as ‘n goeie aand vir rivierswem. Inus kry meer as wat hy verwag het van sy visvang en hoek vir Megan en ‘n paar riete.

Vrydag, 10 April 2015

Dag 5: “Vanaand slaap ek soos ‘n klip in plaas van om op klippe te slaap.” – A.N.

Groepie 7 verwelkom soggens hulle nuwe groepslede (naamlik Tommy, Leentjie en Delene B) wie se kuiers toevallig ooreenstem met die beskikbaarheid van Inus se perculator.

Ons kom aan die gang met ‘n paar Aking en Heuwels treffers, terwyl ander avontuurlustiges die naaste piek uitklim. Ons praise en worship saam met Delene en Charl en begin die finale dag van roei met Charl se herinnering om alles wat ons doen tot Sy ere te doen.

Op die spieëlgladde Oranjerivier, ontaard ons groepfoto in ‘n splash-geveg. Vr die laaste keer, kom laat ons roei. Riviertennis is groot sports veral met Johannes “Speel My Coach, Ek’s Mal Fiks!” Rabie en Leroi se boot met hulle watergun. Piet die gondolier en Mabru die mashoof vorder rustig stroomaf en Fritz Buhrmann herken ‘n stertlose likkewaan op die Namibiese oewer. Caru neurie die Jetson’s temalied en Jaime Gray kyk blykbaar nogsteeds uit vir die Wimpy waarvan Reuben ons vertel het.

Die weer draai en donderweer brom soos ons gemoed sak. Ons dra spane, emmers, reddingsbaadjies en coolers bus toe. Sodra die eerste swaar druppels val, ontvang ons elkeen ‘n koeldrank om op die bus te geniet. Ai… Dat hierdie avontuur nou tot ‘n einde toe moes kom.

90km en vier dae se roei agter die rug, is ons binne ‘n uur terug by Amanzi Basecamp. Die luuksheid van stort word ten volle benut en Alex se “Wishy washy wishy washy, I’m good I’m clean I’m fresh” kan van ver af gehoor word.

Beertjie poeding en biltong is vergete in vergelyking met die kookkos en nagereg waarmee Amanzi ons vanaand bederf. Eerstens bedank ons vir Darren en sy span vir hulle uitstaande leierskap en die avontuur van ‘n leeftyd.

Magies vol, koffies kokend en geen tekort aan goeie geselskap nie is ons reg om die aand deur te bring tot ons 02h00 oppak. Met 5 card bash, Whose Line is it Anyway en toertjies deur Jannes Reddig lyk ons goed om die lang pad huis toe môre aan te durf.

Saterdag, 11 April 2015

Dag 6

03h00 in die oggend funksioneer die meerderheid van ons op autopilot. Die grenspos is maar ‘n droom, en 06h00 vind ons ‘n oase in die woestyn — ‘n vulstasie met ‘n paar appels, koffie en Cokes te koop.

Tyd vir Terrash! Piketberg se Spur bring trane van blydskap na party van ons se oë. Johannes Scribante is die Burger Challenge kampioen in ‘n tyd van _________________.

Wat is ‘n toer sonder ‘n verjaarsdag maatjie of 3!? In Spur se parkeerarea sing ons vir vabonde Inus en Tommy en gooi vir pragtige Lize Scribante hoog in die lug.

Maar die hartseer stoot onmiddellik in ons kele op. Met ‘n swaar gemoed stap Daniël Schoonwinkel en Johannes Rabie vorentoe om maan toe te gaan. Na 4 en half toere, bedank Johannes die BTK vir die lewenslange herinneringe en kosbare bande wat gebou is. Hy moedig ons elkeen aan om die gees van die BTK te behou en lojaal aan mekaar te bly. Met 10 toere agter die rug, luister ons aandagtig na Daniël wat ons, die nuwe BTK generasie, aanraai om aan te hou toer, betrokke te bly en die BTK vorentoe te vat. Ons hoor van ou legendes wat hom inspireer het, en weet dat hy nou daardie rang ook bereik het.

Ons sluit die toer amptelik af in die Neelsie parkeerterrein, bedank die Here vir sy goedheid, vir Leroi se leierskap en vir ons toerouers Oom Barry en Tannie Jeanette. Ons Koning vir die laaste keer en neem afsluiting van nog ‘n geseënde toer se nuwe vriendskappe, groot gees, saam groei, nat splash, omtip en feesvier.

Vaarwel toermaters, vaarwel.

Raaaaait – wie’s lus vir ‘n rugsaktoer?