Tsitsikamma 2016

Foto: Hein Gericke

‘n Skets van gebeure deur Marianne Breytenbach

Dag 1, 19 Maart 2016

Op ʼn Saterdagoggend vieruur is die normale  Stellenbosch student besig om die stres van ingenieursweek en ander toetse af te slaap, maar die BTKners is besig om die bus te laai. Vandag maak ons defnitief geskiedenis, want die bus vertrek twintig minute vroeër as beplan. Ons maak wel op vir die tyd wat ons gewen het, want ons stop in elke dorp om al die verlore skapies op te tel.

Ons eet middagbroodjies by Natures Valley. Dis skaars sakke op, toe daag ons klaar by die Kalanderhut op. By die hut word daar geswem, Frisbee gespeel en duidelik was die 3km nie ver genoeg nie aangesien ʼn paar mense dadelik ʼn berg klim.

In die Uitkykkring is Janneman besig om ʼn grassie baie ernstig te kou toe Kobus dit uit sy mond uit steel. Die Uitkykkring kon hul lag nie onderdruk nie, maar Patsy wys regtig dat as jy lag is jy sag.

Die aand verduidelik Mabru en Reuben slee. Die vlugvoetige Mabru het skoon vir Gustav deur die gesig geskop soos sy weghardloop vanaf Reuben.

Aaitems

David en Gustav open Aaitems met Mario en Luigy. Elandré word ingespan as ʼn lewensreddersbaadjie en Gustav vang ʼn groot vis, anders bekend as Janneman. Dit is chaos soos die legendariese blou yskas uit ʼn vliegtuig gegooi word en tussenin sê David ʼn paar keer: “Baie, baie dankie vir daardie bruin klavier”.

Kobus dra sy oorlede vrou se tande en vra ook later dat dogter Petro asseblief dogter Esmé se koek sal eet aangesien sy dat kan bekostig.

Hekels

Magdaleen verduidelik Hekels terwyl Elandré haar bystaan met gebare taal.

Edelagbare oom Hein, ek wil graag weet wat Elandré bedoel het toe sy gesê het dat sy David se gesig wil optjop en in pasta sit. Elandré verduidelik dat David se gelaatskleur presies soos die pasta gelyk het.

Petro wil by Nicola hoor hoekom sy soos ʼn stort voel en Jannes is nie daar om te verduidelik hoekom hy gesê het: “Losing your soul hurts.” Ons sal  more aand hoor hoe hy sy siel verloor het.

Nag dames

Dag 2, 20 Maart 2016

Die sakke is vroeg gepak en ons stap af strand toe om te Koning. In die ordentlikheidpraatjie lê die dames soos hulle lag vir tannie Corla se ingenieursgrappie. Ons begin negeuur sommer met ʼn groot bult, gelukkig word ons bo beloon met ʼn pragtige see uitsig. Ons eet middagbroodjies by ʼn waterval waar ʼn paar ook lekker swem. In die Uitkykkring vra Kobus baie ernstig met ʼn pot op sy kop vir ʼn eerstetoeris: “Why are you laughing? Is it because I’m a pothead?” Ek dink nie dis eers nodig van my om te sê dat die Uitkykkting weereens uitgebars het van die lag nie.

Na middagbroodjies is daar net so 4km oor en soos ons by die Blauwkranshut opdaag word ons asems weggeslaan met die prentjiemooi uitsig. ʼn Paar van die dames stort koud terwyl die res eerder in die rivier gaan was. Lang Pieter en Kobus vermaak almal met ʼn sjampoo advertensie.

Mabru daag vir lang Pieter uit in ʼn plank kompetisie. Om vir lang Pieter die verleentheid te spaar kondig hulle eerder nie ʼn wenner aan nie. Mabru het vandag miere in haar broek, want na haar oorwinning vat sy tone tot op ʼn volgende vlak soos wat sy Robin se rug masseur.

Vir aandete geniet ons ʼn SMASHing ete en kort daarna bou al die ou toeriste slee onder die lapa. Die eerste toeriste spring weg met de Magtige Koning op My Sarie Marais se wysie. Gelukkig is die ou toeriste daar om hulle in goeie gees reg te help – dis nou toe hulle klaar gelag het.

In die WRAAKkonsert chat ons ʼn bietjie bol met Reghardt as Jonathan van die Oosrand. Sy eerste spreker is Lizelle wat vir almal wys hoe ʼn Reuben bry reggedoen word. Sy stel ons ook bekend aan haar nuwe oefenprogram: Leef groot, wees groot. Frans Kleinepas praat sy beste Afrikaans om buffelsfontein baardolie te adverteer. Santi, Cilie kokketiele en Riis die aap stel vir Kobus bekend aan die gedroggie – defnitief ʼn aaitem wat ons weer wil sien. Laaste het ons Magrietjie Swaaiboude al die pad van George af met Patsy as Patric Starfish. Na die konsert geniet ons die soetheid van die WRAAK! Dit is baie lekker om nog 8 tot die BTK te verwelkom.

Aaitems

Janneman frustreer vir majoor Kobus in broekies.

Marianne Spaarwiel Breytenbach sukkel om ʼn legkaart te bou. Manlief Fritz herinner haar dat 3-4 jaar nie die tyd is wat dit moet neem om die legkaart te bou nie.

Chinaman Kobus voer met hulp No lights op. Jannes Oppit Reddig verras ons almal met sy ongelooflike rap sessie.

Hekels

Jannes Oppit Reddig verduidelik dat die soul wat hy verloor het, nie sy siel was nie, maar eerder ʼn soort vis.

Fritz wil by Esmé weet wat sy bedoel het toe sy sê: “Ek soek Janco se lyf” en toe 2 minute later: “Ek het Janco se lyf gekry”. Esmé verduidelik dat sy haar stoker nodig gehad het.

David is vanaand onder kruisverhoor. Hy moet eerste aan Delene WRAAkkaptein Bezuidenhout verduidelik hoekom Mari-Alet nie so rof mag slee nie. Net daarna moet hy aan Petro verduidelik wat hy bedoel het toe hy sê: “Julle het my nou uit ʼn baie lekker slee kom haal.”

Lang Pieter sê dat Kobus die onverwagte blokkie chocolate in ʼn boks chocolates is. Laaste moet Marianne spaarwiel Breytenbach haar naam probeer red deur te verduidelik wat sy bedoel het toe sy ʼn groepie mense gevra het om saam met haar te kom bad.

Nag dames

Dag 3, 21 Maart

Ons begin die reënerige oggend sommer vroeg deur vir Frans Kleinepas te sing. Ons “verjaarsdagmaatjie” sê dat hy nie sal omgee om elke dag te verjaar as hy soveel soene kry nie. Petro vertel ons dat almal bang is vir haar, oor sy baie intimiderend is. Ons neem groepsfoto’s en begin die pad aandurf. Ons het skaars begin stap voor dit sous. Teen middagbroodjies is die meerderheid van die groep baie mismoedig en al wat die reën draagbaar maak, is Magdaleen se stem.

By die hut is Jannes Oppit Reddig ʼn hele paar mense se held. Vir die ouens steek hy ʼn vuur aan en vir die dames kook hy warm water vir die storte. Almal probeer droog word en in die proses smelt Kalvyn en Scott hulle skoene by die vuur.

Petro, Mabru, Esmé, Reuben, Nicola en Janneman het besuit om ʼn nuwe-ou-gerespekteerde tradisie te implimenteer, gelei deur Lazerus. Die groep het besluit om die nuwe voorsitter uit te kyk. Na sy naam deur die kringetjie uitgeroep is, is daar lank kat-en-muis gespeel voordat hy in die kringetjie toegelaat is. Die uitkyk was maar ʼn gesukkel om ʼn straight face te hou. Die koeël is egter deur die kerk toe Kobus vanaf Reuben na Petro aangestuur is en Reuben toe sy kop teen Petro se kop kap. Daarna het die kringetjie uitmekaar gespat soos hulle lag.

Ons nuwe voorsitter veroorsaak net moleste waar hy gaan. Op ʼn stadium trek hy sy broek af met volle vertrou in sy long john. Ongelukkig het hy vergeet van die gat in sy long john op sy boud.

Groepie 4 bederf die cuddle puddle met hulle heerlike Nutella pannekoek. Jannes Oppit Reddig se steel van sy tandeborsel het afgebreek. Gelukkig het die Duitser sy bynaam vir ʼn rede. Hy het toe maar sy tandeborsel aan sy vinger vas geducktape. Wat ons nie als vir ons sleedates sal doen nie.

Aaitems

Gustav, Janneman, Reuben, Flippie en Kobus tree troepe op. In die aaitem word game of life tot ʼn volgende vlak gevat. David vang vol selfvertroue vir Kobus uit: Jy het 10 gesê, ek ook.” Die manne moes maar sak vir hulle 9 plus 1 pushups. Samajoor Janneman skroei Lazerus se hare en daarna sing hulle hul temalied: supertrooper.

In Ligtoring kondig Kobus aan dat hy soos Simba voel, want hy het sy bril verloor. Laaste voer Kobus, Esmé, Elandré en Mabru, Kobus se nuutuitgedinkte zebra grappie op.

Hekels

Ons almal is baie dankbaar dat Reuben nie tone is nie, aangesien amputasies sy ding is.

Edelagbare oom Hein, ek wil graag weet wat Reuben bedoel het toe hy sê: “As ons die toiletpapier vergeet, sal ons net die baba se wetwipes gebruik.” Reuben het nie woorde om homself te verdedig nie.

Lang Pieter vertel lang stories van ʼn prostaatbeen. Mabru dink dit is nodig dat iemand vir hom moet sê dat dit eintlik ʼn prostese been is.

Esmé vra of iemand haar kyt wil suig nadat wiskey daaroor uitgeloop het.

Marianne wil by Santi Gedroggie Turner hoor wat sy bedoel het toe sy sê: “André het blykbaar lekker sweeties en dit lyk of hy lekker kan cuddle.”

Laaste verduidelik Jannes Oppit Reddig wat hy bedoel het toe hy sê: “These are not puppies, they are german shephards.” Blykbaar kom sy arms ook met ʼn byt.

Nag dames

Dag 4, 22 Maart 2016

Dit is ʼn groot verligting toe ons wakker word en sien dat daar nie ʼn wolkie in die lug is nie. Sakke word gepak, ons sing lofsange aan die Here en oom Hein open die dag met ʼn Psalm. Santi is duidelik baie goeie geselskap, aangesien sy vir die tweede keer op die toer sleutel is.

By die eerste rivieroorkruising val Marianne stadig agteroor. Gelukkig red Loubser haar voordat sy gedoop word.

Vir game break stop ons ekstra lank en baljaar in die rivier. Gustav en lang Pieter het die laaste bult vooruit gehardloop, net sodat hulle kan terug hardloop vir ons toerouers se rugsakke. Ons eet by die hut middagbroodjies, geniet ʼn heerlike swem/badsessie in die rivier en lê die res van die middag lui rond.

Aaitems

Magdaleen en Elandré wys vir ons die oorsprong van die bruin klavier. Ons wil net weer sê: Baie, baie dankie vir daardie bruin klavier.

Mari-Alet, Marianne, Mabru, Lizelle en Toto wys dat hulle nog nooit perd gery het in Big Jill – Little Jill nie.

David en Gustav voer Mario take 2 op. Hulle het ons amper in die aaitem verloor soos hulle mekaar begin slaan het.

ʼn Paar eerste toeriste kry die voorreg om aan Flippie se toon te lek. Frans Kleinepas sak in ʼn hopie ineen toe hy Flippie se toon sien. Hy het daarna sy mond met branewyn gaan uitspoel. Ek weet nie of dit juis ʼn verligting was toe hy uitvind dat dit Fritz se vinger was nie.

Petro en Esmé kry dit reg om na ʼn lang gewag ʼn paar manne te blou yskas in kaptein. David en Reuben voer eendjie op. David het sy rol ter harte geneem en ʼn geel ponshu aangetrek met ʼn stuk bas as sy bek.

En wat sal ʼn toer dan wees sonder dat Gustav en Anerosa blommetjie en by’tjie opvoer?

Hekels

Edelagbare oom Hein, wat het Riis bedoel toe hy sê: “I was looking at Jannes, he was mighty impressive.”

Na ʼn lang verduideliking stem almal saam met Elandré dat dit interessant sal wees om piekniek te hou in Kobus se brein.

Wat het Santi bedoel toe sy sê dat Loubser se spiere glinster in die son?

Mari-Alet wil by Marianne Spaarwiel Breytenbach hoor hoekom sy sê dat Janco ʼn lekker lyfie het. Om verdere hekels te vermy, het sy eerder nie geantwoord nie.

Voor Nag dames, glip Mari-Alet en David weg sodat David haar kan vra om sy meisie te wees. Daar sal nooit ʼn matchmaker soos die BTK wees nie.

Nag dames

Dag 5, 23 Maart 2016

Vandag staan die stokers al half 5 op en sing die dames wakker met shosholoza. Ons moet vandag al voor 1 by die bus wees, sodat Kobus ʼn bet met Reuben kan wen.

Voor sakke op sing al die stappers in ʼn kringetjie om ons nuwe paartjie “Can you feel the love tonight.” Ons sal nooit weet wie meer bly was oor die paartjie nie, Reuben of die twee self.

Vandag is die enigste tyd vir foto’s neem bo op die tweede bult. Verder word daar net gestap. Silja is baie ryk, na al die grond wat sy gekoop het. Ons stop 12uur vir ʼn 10 minute middagbroodjies. Daar kry Petro en Kobus elkeen ʼn klip in hul sak wat David daar vir hulle gelos het. Ons kos is skaars gesluk, toe is dit al weer sakke op. Talitha dink dit is nodig dat ons die BTK se naam moet verander na die Stap- en Draf Klub

Kobus is vreeslik in sy noppies, aangesien al die stappers by die bus was teen 1uur. Almal kry ʼn kans om skoner klere aan te trek en daarna durf ons die lang pad terug na Stellenbosch aan.

Ons groet ons toerouers in Plettenbergbaai, baie dankie vir al die liefde, omgee en wysheid op die toer. In George stop ons by die Spur vir terrash. Te danke aan Nicola kan elkeen ʼn burger en ʼn bier/milkshake geniet. Pieter wen terrash met 1 minuut en 54 sekondes. Ons arriveer die aand 10uur veilig in Stellenbosch, dus wen Kobus die bet.

Baie dankie maters vir ʼn ongelooflike toer. Mag die kwartaal geseën wees vol grappies soos Kobus s’n, liefde soos Gustav en Anerosa s’n en vriende soos die BTK. Lank lewe die BTK!