Gala 2016

Foto: Dané Eloff

Gala: 18 November tot 24 November

’n Skets van gebeure deur Dané Eloff.

Dag 1 (Busrit van Stellenbosch tot Gouritzmond):

Dit is dag een en duidelik dat ons die vakansie voel, jy weet, die manne dra kiste aan en sit net hand hier en daar by (dra tog vir ou Koos met respek). En die meisies bondel en ontmoet en kort-kort skiet plesierkrete in die lug op, eie aan ’n meisiemens, oor ’n Tygerberger en Stellenbosser mekaar weer sien.

’n Uur en twintig minute later is die bus aan die vertrek en toe is dit regtig asof die eksamen finaal agter ons gelos, of gegooi, word.

Ons stop vir roosterkoeke, kort voor Gouritsmond. Jannes het alreeds opgewarm aan sy puns, want hy hou sy roosterkoek bo sy kop en vertel ons dat hy onder die breadline is.

Tannie Pat wonder hardop of sy nou reg aan een van die uitruilstudente verduidelik het- dit is mos nog net ’n halfuur weg, né? Ons lag toe maar, want met die BTK en sy eenhede weet mens gewoonlik nie. ’n 45minute halfuur, besluit sy toe.

Ons kom in Gouritz se kampterrein aan en die kostrokkie se drie lede – ’n kosma, haar kosdogter en die skets – klim nat uit.

Die manne, al 9 uit die 70 van ons, word benodig vir tente opslaan en ander hulp, en die meisies begin al met die rustyd, reguit oppad see toe.

Veel later, terwyl ons vir ete wag, is dit o.a. Janneman en Hannes wat die kitare begin opwarm het.

Uitkyk begin toe in sy volle glorie en die eerste toeriste besef dat daar ’n paar vreemde dinge op die onskuldige stappie langs die see gaan plaasvind.

Dit was ook die gedagtes toe aaitims daardie aand afskop met Pieter, Suzaan en Dané wat die hele saak  van ‘skiet’ met erns probeer verduidelik.

Daarna kom speel Gatiep en Verenzo (Pieter en Janneman) die immergewilde “I Spy”. Kort op hulle hakkie, al die pad van Italië, kom Mario en Luigi (Jannes en Janneman) ingeroei en interessant genoeg is Maria se regtervinger kort na verdwyning weer op haar hand te vinde.

Toe kom die geliefde vliegtuig met sy blou yskas (Lisa) en eienaar (Dané). Trump (Duan) en ’n rugbyspeler (Schalk) wil graag saamvlieg en Karel en sy blou tuimeldroeër (Margot) klim ook in. Cathanja, die uitermatig gekalmeerde siel, vlieg toe maar ook saam.

Hekels word verduidelik en ’n enkele een volg: Hanja wil doodonskuldig by Carla hoor wat sy bedoel het toe sy oor haar ouers as vrugbaar praat. Carla moes mooi verduidelik.

Die Magaliesbergse aandlied klink maar flou in die aandlug en die ouer toeriste dink met soete denke aan hoe die 60 eerste toeriste wel na ’n paar aande saam sal kan sing.

 

Dag 2 (19 November):

Die oggend begin met die Tygerbergers wat ’n foto neem, nuwes en oues almal, en Marizaan wonder hardop of dit ’n tipe verwelkoming is, terwyl almal Irmilee se deurskynende trailrunnig  hoed bestudeer.

Ons klim weer bus, en Carla (jy weet, die een wat drama doen) herinner ons sommer gou aan die 2000’s se goue treffers.

Ons begin op ’n baie spesifieke punt, net links van die grondpad by daai bossie en stukkie veld, en ’n paar het besluit dat dit eerder plakkie-wêreld is, die stapskoene vergete.

Ons stop by ’n huisie iewers waar daar nie karre kom nie en Suzaan wil eensklaps weet hoe laat dit is en – hoe toevallig – is dit 09:50 en Christiaan is die gelukkige wenner wat moet sak vir 20.

Sonroom word blink gesmeer en dies wat slim genoeg was om vanoggend piesangs te vat, pluk nou die vrug van goeie keuse. Heel onskuldig vra Suzaan of sy tog van daardie spesifieke waterbottel – wie s’n dit ookal is – ’n slukkie kan kry. Wel, so het Duan gedog, want hy antwoord doodeerlik dat dit SYNE is en dat sy gerus moet kry. Die lag van oral oor laat hom besef hy het ’n tragiese fout begaan en sy arms moes heel moedswillig gewees het om weer te sak – aangesien hy skaars drie minute terug ook in daardie posisie was.

’n Goeie 50/50-toneel vind skielik voor ons in die bosse plaas en ’n paar van ons kry ’n unlucky mol innig jammer toe ’n slang hom onverwags beetpak.

Oor ’n randjie neem ons gou ’n groepfoto en die see se uitnodiging vir swem word aanvaar.

Verder loop ons kaalvoet oor die sand en kyk hoe lank ons dit oor die klippe kan uithou. ’n Uitgespoelde haai maak sy verskyning en agter merk Jannes, die obserwerende slot, droogweg op, “let’s hope they didn’t FIN-nish the lunch already.”

Middagbroodjies is gou klaar, met Peanutbutter as die nommer een kandidaat en Melrose op tweede plek. Jy weet dit was lekker as daar nog hopies om die middagbroodjie-matjies gestaan word, om die leë bottels nog leër te maak.

Die son kom haal ons en ons stap en stap en Stilbaai-wat-daar-anderkant-lê kom ook nie nader nie. Maar eindelik is ons daar en die kampterrrein se paar boompies bied koelte en die wat nie gaan swem of roomys koop nie, bly pap in hulle skadu lê.

Seeswem, roomys, son en lekker mense. Wat ’n goeie kombinasie!

Asof dit nie beter kan nie, word die kitare later uitgehaal, met Haydn, Hannes en Janneman wat bietjie die hartsnare roer, en vure word aangesteek vir snoekbraai. Dirkie, Nicola, Suzaan, Boyd, Dewald en Jeanette staan en kyk of die kole reg is, en lyk heel asof hulle weet hoe dit moet lyk. Die kosma en -dogter dra die verwagte voorskote, hare in die wind en gedagtes gefokus op vanaand se kos.

En Cathanja en Jennimi word goe geleer hoe ’n mens nou eintlik ’n rugbybal pass. Dit is glo alles in die heupaksie.

Aaitims

Pieter doen Ballade vir ’n sterwende bok, opgedra aan Fritz.

Duan en Schalk beduie vir die gehoor hoe ’n mens die hele ding met veltie-vang moet aanpak, en dit lyk nogals baie na ’n rollercoaster vertoning.

Dan is daar ook die Kopwinkel met sy interssante pryse, gemeet in BTK-eenhede, met Marizaan, Felix, Cecile, Tanja, Marietjie, Johan, Carla. Die gehoor word ook verras toe daar ’n blou tuimeldroeër (Pieter) uit die lug val en Tanja beetkry.

Haydn, Matthew, Pieter en Jaco loop en dra vir Dirkie rond, en tot die gehoor se vermaak begin hulle sing, “Don’t drop that durka Dirk…”

Die susters, Maatje en Jacomien, maak hul verskyning met All that jazz en kry ’n groot applous.

Kort op hulle hakke, die tweede gesinspaar, kraai Janneman en Wilmarie dit uit met Hans en Mans.

Hulle twee verander toe ook van hoenders na wyse ou mense met raad oor familiegeheime vir die jong paartjie, Pieter en Petro.

Daarna is dit weer Janneman en Pieter, Carel, Jaco, Haydn en gaskunstenaars Leroi en DC met die immergewilde canoe! en Jannes maak gebruik van die geleentheid vir ’n goeie blou yskas. Schalk die skaaptjoppie, kom maak ook ’n draai in die verhaal.

Tanja en Wilmarie skop die volgende een af met hulle karate-skills in yesterday. 

Laaste aan die beurt wys Cathanja hoe blond haar hare eintlik is, toe sy haar manlief, Pieter, moes bel om te kom help met haar Kellogg’s legkaart.

Hekels

Schalk wil by Nicola hoor wat sy bedoel het, toe sy vir Hannes gevra het om sy boude te laat sak. Nicola het geslaap en Hannes kom tot haar redding met ’n verduideliking.

Renske vra aan Roné wat op aarde die hele saak was met “die vissie moet pfff gaan”. Nee, kom dit vies van Roné, sy het uitgevind daar is nie ’n woord vir as ’n vis wat moet opblaas nie.

Laastens vra Cecile vir Carla waarom sy gesê het “die goggas klim in my liggaam in”. Carla, die slapende, antwoord vaagweg van grotgoggas en Roné sê wat meeste moes gedink het: “Haar antwoord maak minder sin as die hekel self.”

Nag, dames. En ons gaan slaap met ’n goeie gemoed, môre sing die manne eers 8uur vir ons om wakker te raak!

 

Dag 3 (20 November) BTK-Sondag:

Die ligte wind kom haal ons saam met die son, en doodrustig is ons aan die opstaan en ’n lekker broodjie en bokspap kombinasie begin die dag. Van eet af word daar skaars van die sitvlakke beweeg en oom Hein, die toerpa, deel met ons uit die Bybel uit. Tanja en Wilmari sing “The Sound of Silence” en die ukele klanke val soos ’n glimlag op Stilbaai se kampterrein. Oom Hein praat oor die krag van stilte, stilbly wat soms die beste antwoord kan wees. Hoe stilte tyd en ’n tyd om stil te wees voor God verskil, en dat albei nodig is.  Die natuur is ’n geleentheid, ’n crazy kans, om te hoor van God – ons moet dit aangryp! Here, maak ons oë en ore oop om te hóór.

Ons sing ’n paar liedjies saam en die dag is skielik heldermooi.

Middagete.

Pieter skep baie min slaai in vir die eerstes in die ry en kom later agter dat daar wel nog ’n bak is, en so word die agterosse deeglik met slaai belaai. Janneman verdwyn om pruime te gaan koop. Met sy terugkoms is die teleurstelling egter groot – die pruime het dan geen pitte nie. Nicola is toe heel verbaas – “die pakkie het dan gesê pitted?”

Die toeriste moes maar aan haar verduidelik wat pitted beteken. Die onbeantwoorde vraag is egter of Janneman dit geweet het.

Rosyne word as plaasvervangers vir die spoegkompetisie gebruik, onthou, waarsku Pieter, moet net nie vir die pitte soek nie. En, eindig hy die verduideliking in BTK Engels af, die een wat die farrest spoeg, wen.

Janneman, die huidige kampioen, demonstreer hoe ’n mens ’n wenner spoeg moet gee. Dit blyk om alles in die voorbereiding, die wind en die claim te wees!

Die meisies probeer ywerig en na ’n paar rondtes breek die finaal aan. Die dames staan gereed. Almal hou hulle asems op. En toe is dit die groot oomblik (of spoeg) en rosyne spat, min of meer in alle rigtings. Iewers wen ’n rosyntjie en die stilte bevestig wat ons almal wonder – wie die wenner is. Annemarie gebruik die goue reël en claim dit. Nou toe nou, ’n wenner inderdaad.

Daarna breek die seuns se beurt aan en die erns daarmee saam.

Weer ’n paar rondtes, waaronder push-ups vir voorbereiding, en die eindelike finaal. ’n Aardige aanloop word gemaak, ons hoor die Chariots of fire liedjie iewers in ons agterkoppe… en… en rosyne trék.

Jaco Abel tree as wenner van die stryd uit.

Die twee wenners kry hulle pryse, ’n pot en deksel, en Annemarie maak van die geleentheid gebruik om in die pot te klim. Ons wonder oor vanaand se kos, maar in elk geval, sy is gelukkig met haar prys.

Janneman se Voorsitter Broekie (let wel, hoofletters) word toe oorhandig. ’n Paar wonder hardop hoe daardie wyd gerespekteerde broekie vroeër jare vir Leroi gepas het, maar dit word nie geantwoord nie en bly ’n raaisel.

Hierna word tannie Elsa poeding se verhaal vertel en Wilmarie verseker ons – dis ’n ónverbeterlike poeding wat 9000 keer getoets is. In blou pakke word aan ons demonstreer hoe om jou bakkie poeding te verdedig en daarna kry ons tyd om te proe. Dit smaak werklik vorentoe, selfs Lisa, wat agter in die ry was, kan getuig.

Die son speel wegkruipertjie en vergeet om uit te kom, en die wind wen. Almal maak hulself gemaklik, miskien is dit tannie Elsa wat praat, en die laatmiddag begin met Dirkie op kitaar en praise en worship. Dit is asof harte weer Hart ontmoet.

Later kom Tanja by en die broer-suster kombinasie laat vele wonder of hulle nie dalk Idols moet gaan doen nie.

In die koue weer wat opgesteek het, sien ons Suzaan, Cecile, Lisa en Cathanja wat vol bravade ’n swem gaan vat.

Aatims

Jannes los ons en homself asemloos met sy alfabet rap.

Pieter, Lisa, Carel stel ons voor aan die ouetehuis en sy liggie.

Annabel trick ons met haar hande en party snap ’n bietjie laat wat die kruks van die saak is.

Jannes verskyn weer, sommer ’n afvertenisiebreuk, en vertel ’n grappie.

Dirkie die kitaarman daag Jannes se rap uit en die gehoor val later in.

Daarna is die nou gewilde susterpaar (Maatje en Jacomien) op met Sister Act no. 2: Roleplay. Pause Play.

Die ouetehuis blyk om ’n gewilde plek te wees vanaand en ’n volgende item hieruit geskied met Pieter, Nicola, Janneman en Suzaan – die nuwes in die ouetehuis wat die oues se aandag wil trek.

Gedroggie en sy eienaar (Dané – wat voor die item moes sak vir 9 + 1) met Tanja, Marietjie (die item se stigter), Cecile en Annamarie, is volgende. En Duan is natuurlik die gekose kandidaat wat die gedroggie laat skrik.

Troepe maak vir ’n slag verskyning met Jannes, Pieter, Janneman, Hannes, Fanie en Johan. Gericke se opwarmingsessie het ’n nuwe draai gemaak toe die bus as hulpmiddel gebruik word.

’n Helder blou lig begin volgende skyn met Cecile, Carla en gaskustenaar Christiaan.

Hekels

Tanja vra vir Hanja oor haar opmerking: “noem my sommer joune.” Hanja meen dit was deel van ’n pick-up line (dit is mos immers ook bekend as die Berg- en Trouklub hierdie).

Jaco wil by Fanie hoor wat hy bedoel het toe hy gesê het dat Shannon se oë helderder as die toekoms is. Fanie: “Herre is ’n realiteit en het jy al Shannon se oë gesien?”

Anerosa wil by Dané hoor wat haar bedoeling was met die woorde, “ek is nie ’n winderige mens nie.”

Nag, dames.

 

Dag 4 (21 November):

Bewolk, windstil en bustyd.

Carla en Lisa sing ons by die bus in. Ons ry verby ’n rob, sodat Carla skree, “Houtbaai!”

Al met die stap langs, hou dolfyne ons geselskap en luister saam hoe die eerste toeriste De Machtige Koning. Tanja maak net seker dat die Duits, o die Duits! tog reg gesing word.

Jaco Abel tel ’n cartridge op en meen hy weet nou waar die seekatte hulle ink vind. Felix en Carel neem bietjie dryfhout op hulle skouers, sodat Jannes gimnastiek kan oefen. Felix moet ongelukkig vir 20 sak, toe hy vir Jannes opreg ’n 10 uit 10 gee.

Die slotte vind ’n rob wat Uitkyk se baas is.

Rustyd is waar die klippe by die see insny. Die branders stoot skuim tot bo-op die klippe en bêre dit daar vir ander om te bewonder.

Mens kyk en kyk en wonder of mens ooit genoeg van die vrede kan indrink.

Die pad verder bestaan so te sê uit mooiheid: rooi klippe, see en bewolkte weer. Clarina kou aan haar neute en deel ons mee: “ek haat dit as hulle sê dis mixed nuts en dan is dit net peanuts met ’n verdwaalde almond.”

Jongensfontein lê ons rustig en inwag en knipoog toe ons aankom. Ook maar goed, want ’n onrustige hongerte vir middagbroodjies het ons beetgekry en wou nie los tot die peanutbutter eindelik verskyn nie.

Die bewolkte weer is geen geesdemper nie en die roomyswinkeltjie word drasties ondersteun. ’n Touchies game kom aan die beweeg, die speelplek word benut en die brawes vat ’n swem.

Dit is WRAAK-aand.

Carla die Convenor vra dat ons die nuus wat volg asseblief moet geniet.

En het ons dit inderdaad geniet! Die nuuslesers het verskeie gebeure aan ons voorgestel:

  1. YouTube se huidige trending videos met advertensies.
  2. Fanie Veldmuis skakel toe in, met ’n nuusberig, Suicide Squad is gans te ersntig opgeneem in ’n sekere deel van die land en depressie getalle is hoog. Beeldmateriaal het gevolg. Een van die lyers was oppad om selfmoord te pleeg oor ’n tekort aan Steri Stumpi’s… en ontvang gelukkig (of ongelukkig) een van die gehoor.

’n Begrafnisondernemer was op die ou end met ’n geldmaakskema besig.

  1. Jonathan van Radio Raps het vir ons kom wys hoe om ’n date te kry. In hierdie geval het hy ’n ogie gehad op Suzelle DIY, en sy en haar geliefde Marianne verskyn toe op die toneel.

“Daar vat hy,” sê Jonathan. Gereeld.

  1. Nicholis Louw sing ’n gunsteling “Maia hie… maia hoe… Maia ha. Maia ha ha ha…”
  2. Sport Nuus. Na die kandidate op is, het Berta Broccoli (Hanja lyk ene broccoli – van groen slaapsak onder, tot hare in ’n hoop bo) hulle begelei in ’n lied. Die dirigente is ook op en het aanmoediging verskaf. Nederland se volkslied, De Machtige Koning, is uit volle bors probeer. Die hokkiewedstryd het in volle swang begin, met ’n paar intersessante verwikkelinge, waaronder ’n bipolêre groep die verjaarsdaglied begin sing. Toe daag die universiteitskoor sommer ook op en die Magaliesbergse aandlied word gesing. Die voorste rytjie van díe koor is maar yl, al blyk hulle om die topsangers te wees en die agterste bondel is miskien vir dekor doeleindes daar.

Aaitims

Jannes, Dirkie, Janneman en Pieter is dadelik op soek na die skakelaar van ligtoring Hanja.

Volgende word Pieter se toon gebruik om ’n paar eerste toeriste te vermaak, en verbasing het nuwe hoogtes in sekere uitroepe gekry.

Lisa, Haydn en Hanja was kort en kragtig op en af, om ons voor te stel aan the talking muffin.

En toe het Carel, Shannon, Lijan en Johan in Cecile se klas aangekom, laat as gevolg van Klippies. Onverwags daag Jannes ook op in die klas en moes in die hoekie gaan sit. ’n Druppende, druipnat Klippies verskyn toe oplaas, en Tanja kry ’n BTK – Oscar vir commitment.

Die kreatiwiteit hou aan om hoog te loop en Petro en Hannes sit as ouma en oupa op die stoep. Toe sien jy net stof spat.

Volgende het Nicola en Janneman, met Sakkie as pa, vir ons van boudjies en woordspeling wysgemaak, met weereens ’n onverwags opgedaagde Jannes.

Daarna moes Schalk en Duan deure wees vir die eend en sy bar-verhale, en ’n stewige blou yskas of twee het geval.

Laastens roep Nicola en Pieter 15 eerste toeriste, en ’n baie veelsydige groentetuin is gekweek.

Hekels

Wilmari wou by Jannes hoor waarom hy vir Lizelle jammer gesê het. Dit was toe a.g.v ’n traumatiese uitkyksessie.

Carmel wou by Christiaan hoor oor hoekom perde vir hom lekker ruik, en hy wou by haar hoor waarom die naam Caramel. 

Verder het Maatje pansy en panty amper omgeruil.

Onskuldige Wilmari wou by Scott hoor wat sy eie white stuff is wat hy saambring. Hy moes erken dat hy sy eie toiletpapier saamdra.

Cathanja het vir Schalk konfronteer oor sy woorde, “die kosma bevoel my soos ’n stuk vleis.” Nee, die kosma het sonroom aan hom gesmeer, hy was rooi, en sy moes sy biceps ook natuurlik insmeer.

Jannes wou toe op sy beurt by Jacomien hoor waarom sy gesê het, “Nothing like a break-up to lose weight…”

Nee kyk, die gevoelens ná een is mos in elk geval nie te puik nie en dis mos goed om iemand nuut te beïndruk.

’n Harder aandlied en nag, dames.

 

Dag 5 (22 November):

’n Duidelike sonnige dag wag. Dit is toe ook sommer die ideale geleentheid vir sing en Albert verjaar, onverwags vir hom ook.

SAKKE OP

Pieter glimlag breed, want díe slot het niks minder as vier sleutels ingeryg nie. ’n Kombinasie slot, merk iemand op.

Ons sien yskaste langs die pad, nie blou nie, maar dit was heel toevallig uitgespoel in die andersins mooi pad. Johan tel net mensekonneksies op waar hy gaan en kom agter dat die wêreld al die tyd maar klein is.

Verder stap ons en voel hoe die son ons al hoe rooier, in plaas van mooier, maak.

Middagbroodjies en die slotgroep kom geheimsinnig nat daar aan.

Sake verwikkel bietjie, toe Cyril ’n goeie selfie wou neem en ’n ongelukkie maak. Sy enkel het hy toe erg beseer in die proses. Die manne maak beurte om hom te dra en die beste paaie te kies. Dit was ’n mooi spanpoging en die meisies het selfs rugsakke gevat en motivering verskaf. Dit was, soos die Engelse sou sê, iets baie noble om te aanskou.

Om dinge bietjie te vererger, het die wind ook opgesteek en die pad was redelik soos ’n 4 x 4 -roete, op en af in die sand. Rebecca sê, “dit voel of ek in ’n movie-scene is.” (Sy het dit eintlik oor die natuurskoon bedoel, maar dit verskaf die nodige dramatiese gevoel, dankie.)

Om ons is dit tonele wat hardop praat van God se grootheid… kollosale branders daag die wind uit en wit skuim val oor die rotse. Dit laat mens aan daai liedjie dink: Daar is mag in Sy Woord, soos die waters druis Sy Stem…

Ons bereik eindelik die Jeep-track en ’n brawe Pieter en Carel hardloop terug om twee vergete rugsakke te gaan vind. In twee groepe is ons Jongensfontein toe geneem, en dit is ’n baie moeë, honger, stofbesmeerde groep mense wat die kampterrein beset. Die storte word gepak en die groenteskillers kry gou werk.

’n Ligte misreën daag op.

Ons hou nie slee nie, daar was sprake van sokkie, maar die leiers is dit eens dat die uitputting in die groep te groot is.

Ons kom toe maar ons sosiale verpligtinge na en sosialiseer soos regte Stellenbosch studente. David en Reuben het kom hallo sê en kondensmelk in die kostent word deeglik klaargemaak.

Die stilte kom haal ons, en sou jy jou oë toemaak, verskyn daai brander reuse nog voor jou.

Vandag was 18km die aanvanklike doel en ons het hom op 21km gevoel. Dankie aan Janneman.

 

Dag 6 (23 November);

Misreën. Baadjies uit en K-Way word goed adverteer.

Ons ry weer met die busse en Dirkie en sy ukelele sing die reën weg. Gister se Jeep-track ontmoet ons met ’n skewe glimlag. Die see vertoon onskuldig en sag toe ons begin stap en die wat al so voel, vat ’n swem.

Carel deel broodjies uit wat vanoggend oorgebly het en ons is hom diep dankbaar.

Vandag is ’n lang stap en die sand vat-vat branderig aan ons kuite. En bobene. Later leerken ons die geheim: jy trap in die spore van die een voor jou en dan voel jy hom nie so kwaai nie.

Middagbroodjies en ’n swem in ’n baie rowwe see gebeur padlangs. Die weer speel ook rond en later kom die reën heel ongenooid. Soos ons in die donker wolke en blink rotse instap, verrys berge groen langs ons. Dit is ’n baie mooi prentjie, ten spyte van ons bene wat alweer, of nogsteeds, brand.

Carla sing vir ons, “wil jy of wil jy nie…” en iemand vra vir Jaco, “dra my, dan dra ek jou rugsak?”

en Johan sluit saam met die singende Carla aan.

Ons bereik daai punt waar die sand ophou en jy vorentoe kan gaan, slegs as jy klim.

Kayla moet sak vir 30 push-ups, oor sy verduidelik hoeveel Rand sy aan springmielies bestee het.

’n Fotosessie vat vlam en wiveys word gewys, en om dies tevrede te stel wat nie BTK-wiveys aan het nie, nóg ’n wivey foto, oor dit Woensdag is en so. Die Tygerbergers wil ook een neem, en die wat graad vang. Luné bekyk laasgenoemde foto so en sê: “Kyk. Ek het nog nie eers ’n sesde van myne nie.”

Toe is dit ons en die bult en jy klim só dat jy weet jy gaan môre styf wees. Die laaste paar kilometers toets ons vertroue aan Jannes se amper-daar boodskap en dit reën high-fives en uitroepe in die middagson, toe ons die busse kry.

Na ’n rukkie stop die busse onverwags en Scott glimlag, “okay everyone, we walk from here.”

Nee-nee tjom, dink ons, en gelukkig was dit toe ook ’n grappie.

Aaitims

Janneman en Jannes: Mario en Luigi no. 2: the Bacon Tree.

Nicola, Dané, Pieter, Janneman die papegaai, Jannes en Wilmari maak ’n draai in die troeteldierwinkel.

Daarna is dit Simon se stories met tant Anna en tant Loffie.

Die drie varkies grappie van Tolla, word deur Carla, Lisa, Johan, Hanja en Gina voorgestel.

Gina en Erika is sommer dadelik daarna met die ambulans besig.

Luné, beter bekend as Suzelle DIY, gee ons ’n doen-dit-self Bie Tie Kay episode. (Woorde aan die einde aangeheg) – ’n groot treffer.

Lisa en Pieter volg met ’n aatim oor daai eerste date.

En die treffers hou nie op nie, want Fanie en Carla verskyn toe met ’n lied wat vandag uit hulle penne verskyn het. Die woorde van “24 – ’n ellendige dag”, verskyn ook agterin en moet glo met ’n sak sout ingeneem word.

Oom Hein roep die ou toeriste wat graadvang en ’n koppie word op hulle geklink.

Hierna daag Pieter, Janneman, Duan, Fanie, Jaco en Hendrik met broekies op.

En die suksesvolle aand sluit op ’n hoogtepunt af met Pieter, Wilmari en Albert wat illustreer hoe vroumense praat.

Hekels

Hanja moes vir Jannes verduidelik dat die kos in liefde voorberei is, op een van Jannes se vreemde vra.

Daar was nog een vir Hanja, waarom het sy gesê, “ek hou van hoe hy lyk, nie hoe hy voe nie”?  – die hy was toe die see.

Scott vra vir Carla waarom sy genoem het dat sy amper ’n ma is en sy moes mooi verduidelik dat sy haar klein boetie basies grootgemaak het.

Hanja is vas vanaand, want nou wil Johan by haar hoor waarom sy gesê het, “meeste lekker en snaakse dinge gebeur in die badkamer” en sy moes ’n vreemde insident verduidlik met ’n vreemde tannie.

Jannes wou by Tanja hoor waarom sy dink dat sy soos sjampanje is – sweet and bubbly. 

Wilmari wou by Suzaan weet waarom die tannie oor die foon vir haar gevra het, “is this Janneman’s wife?”

Nee, nee, die tannie wat blyplek vir die busdrywers gegee het, het maar net Janneman se huwelikstatus verkeerd gehad.

Nag, dames.

 

Dag 7 (24 November) Laaste dag:

In sirkels word die dag begin met ’n paar vinnig rondtes op die rondtomtalie en Jasmin val af, sonder om seer te kry. Die naarheid het vlak kom sit en mens sou kon sê, dit was siek lekker.

Verder kry Dirkie en Cathanja elkeen ’n verjaardagbeurt en die baie entoesiastiese sangers wens hulle ’n luide, lekker verjaarsdag toe.

Toe stap ons op die strand tot… tot watter BTK-eenheid ookal en draai om om terug te kom. ’n Paar wag by die bus en mis die stapsessie, omdat ’n swem op daai oomblik meer aanloklik as ’n Janneman drafstappie was.

Padlangs wys Pieter hoe ’n haai-embrio lyk, en Johan en Carel besluit om op hulle beurt vir Pieter te wys hoe ’n blou yskas in die see in lyk.

Son word lekker gevang en ons laaste middagbroodjies word by die busse geniet, tewryl ’n kenmerkende rooiheid weer op ’n paar se velle sigbaar is.

Vir oulaas maak ons ’n sirkel en ons stuur vir Scott, Julika, Maatje, Lieschen, Diane, Jasmin en Bjön met seer harte maan toe. Hulle herinner ons om vroeër te toer en bedank die BTK vir lekker tye en lekker mense.

So is dit toe ook die afsluiting van nog een van daai ‘lekker tye’ en ons eindig dit af met die burger-challenge en Lisa en Carla wat die Spur op hol het met hulle nuutste gunsteling – “…i’m gonna be your number one…”

  1. Fanie en Carla: 24 – ‘n ellendige dag 

“Soos ons stap op die wit wit sand

Dink ek terug na my tuisteland

Ek hoor die branders in die agtergrond

En proe droe peanutbutterbroodjies in my mond

Ek sien twee kolle op die grens

En baklei teen die klanke van my pens

Met hulp in lied, gaan ons aan

As gevolg van Olimpiese naeler Janneman

Dan dink ons terug na gelukkige Cyril

Terwyl ons swoeg en sweet geniet hy ‘n verdowingsmiddel

Op die diep trap duine, vergader ons trane poele

Ons almal verdien iets baie sterker as Amarula

Nou staan ons hier, met ‘n seer regter hak

Ons wil net sê dat 24km is maar baie …sleg.”

  1. Luné Smith: Suzelle’s DIY to the BTK


The Berg en Toer Klub is known as the BTK in afrikaans or MTC in English. Much like with MTN or Cell C, there is very few signal whenever stapping with the BTK.

To join the BTK, you have to study B.Rek, be an Engineer or have escaped from Robben Island – I mean Tyger Island – I mean Tygerberg! In some special cases, you can also repeatedly join if your brother is frontsitter.

At the BTK, it is important to let everyone know whether you are a mans or dames. So when introducing yourself, say it as such: “Hi, I am Lisa-vrou” or “Hi, I am Janneman”.

Now that you know the basics of BTK joining, let’s get on with the terminologie! Please onthou, very few of the BTK terms actually mean what they say they do – so luister mooi.
– When you are walksing the BTKaners shouts “Here are damskamp and here are manskamp”. This is not where you kamps. Here is where you vang a veltie but PLEASE NOT like our good friends showed us. That is unhygienic and unsafe.
– You will see many a strange thing when walksing like the makapan, tchikens and the rare pfffoooot fish (which also unfortunately doesn’t pfffooot).
– For some or other hartseer reason, the BTK people like playing the Game of Life. I think it is called like that because it sucks the life out of you. For me, I call it the Game of Death because I see my death fastly approaching when playing. If you play this game, when you says 9 + 1 or the selfish word, you must do 9 + 1 pushups (sies). Now I will quickly give a DIY on how to die,    I mean do pushups. Place your hands on the ground as far apart as the amount of pain you think you can handle. Your feet must be as far apart as the amount of complaing/shouts of pain and suffering you intend on giving. (Dan was dit maar net die demonstration). As you go lower, your happiness also goes lower. You also get closer to the grave you have diggen for yourself.

Next, we move on to how one walks on the BTK.
– If you ever get lost on the BTK, don’t worry. Dane’ will just laugh and you will find us chop-chop!
– In the ou dae, one used to do fitness tests before every tour. Apparently they took that away but don’t let the lies fool you! The fitness test is now only disguised in the form of middagbroodjies. You see, when you are walking oh so lekker and you see theeeeere in the distance the middagbroodjies are being made, you dadelik pick up your pace and your strides become looooong to make sure you can get food. See, they see if you can run like dat! And if you don’t hurry up, you will be part of the unlucky buddies who don’t get broodjies, don’t eat, starve and die. It is the BTK form of natural selection actually, to get rid of the weak!
– The group that walks will have a frontpuller in the front and a backpuller in the back.
– Our frontpuller is also our BTK leader, JanTheMan. This means our frontpuller is a frontsitter who never sits so he is more of a frontwalker. Make sure to never come too close to the frontsitter. I think he gets very scared because he suddenly picks up speed and goes from frontwalker to frontsprinter. Please don’t do that to the rest of the group, we can barely keep up already.
– Our backpuller is known as the slot. As everyone knows, a slot usually has 1 sleutel (a person who walks with them). Except if the slot is Pieter, also know as Baggie. I think it is because he forgot to stop growing and is now so tall he needs many sleutels, so he is more of a sleutelhouer than a slot.

And that, dams and mans, is Suzelle’s DIY to the BTK, part 1.