Hexrivierberge 2017 – ‘n Skets van gebeure (8 – 12 April)
Dané Eloff
Dag 1: 8 April
Ons karre tel die sand so stuk-stuk op, en ons voete begin weer onthou hoe dit voel om gereed te maak vir ‘n stap… ‘n klomp studente, droë sponse baie gereed om lekkerte na so ‘n kwartaal op te suig.
Om ons wag die berge in spanning dat ons moet begin, en toe val ons sommer in die pad by ‘n bult op. Ons het eintlik ook vergeet hoe dit is om swaar rugsakke optraande te dra, maar in elk geval.
Ons kom by ‘n sementdam en die swart water sit die waaghalsiges nie af om ‘n swempie te vat nie. Dit is ook sommer die gekose geleentheid vir kringetjies met die ordentllikheidspraatjie, de machtige Koning en twee verjaarsdae, waaronder Marianne en Christiaan van der Walt. Laasgenoemde kry toe ook ‘n goeie stukkie grond vir sy verjaarsdag, aangesien die manne nog nie mooi kon vang so vroeg in die dag nie.
So elke nou en dan kry jy vir Tommy wat langs die pad sit en glimlag, en oor die algemeen is gesprekke nog by akademie. Mari-Alet en Christoph is ewe diep aan die wonder oor hoe studies jou denkwyses verander, terwyl oom Piet foto’s eenstryk deur neem.
Toe ons vroegmiddag by ons kampplek aankom, kon jy net ‘n klip kies, en afkyk op hoe Ceres prentjiemooi, veilig tussen die berge lê.
Na die eerste sarsie tente staande is en Jandré mense van sy slaapsak tekort begin inlig het, is almal af poele toe. Die koue het so bietjie gevat en onder luide toejuiging en assistance is Shanje uiteindelik by die water in. En die meisies het begin om die ouens weg te jaag sodat hulle kon skoon kom.
Na die vreedsame middag, kom daar vroegaand ‘n baie onverwagte wind en reënsessie ‘n draai maak. Soveel so, dat meisiestente in alle rigtings trek (hoekom is dit altyd meisies se tente?) en die seuns hulle soos helde gedra, terwyl oom Piet “karakterbou!” skree.
Net so vinnig soos dit opgedaag het, is die donderbui weg en iemand roep uit ‘n tent uit “slee..?” met ‘n vraagteken.
Van mannekamp kom “Summer of ‘69” aangesweef op note wat dit nog nie voorheen getref het nie, en ewe plegtig is daar toe ‘n dieretuin-namaking van die sogenaamde dameskamp af.
Later hoor jy net kitaarklanke en groepies wat sit en gesels die nag in.
Dag 2: 9 April.
“Carla..”
“Carla?
“Carla!”
…
“Jaaaaa..?”
“Uhm. Gaan jy kom eet? Ons wil al die water afsit…”
“O. Eet mens al?”
Dit was geduldige groepieleier David wat vir Carla-wat-drama-doen spesiaal gaan wakker roep het, aangesien sy na ‘n kommerwekkende rukkie nog nie verskyn het nie.
En ons pak op met Maria Smith wat opmerk: “Everytime I’m finished packing, there is something lying around glaring at me.”
Janneman besluit dit is die regte tyd om slee te verduidelik en Fritz en Marianne moet demonstreer. Christiaan van der Walt moes natuurlik die t-option gee, wat dalk die Engelse toeriste van die wal af reguit sloot toe gegooi het.
Game break is by ‘n mooi gesig van berg en veld, iewers oppad óp. En Carla, wat intussen wakker geword het, verduidelik aan Nicola en ander hoe Humarga werk: “as jy ‘n movie daar kyk, dan jaag hulle jou nie weg nie – hulle kom kyk saam!”
Uitkyk is reeds in volle swang en iemand rapporteer uit die kringetjie uit – Leroi en Zandré het ‘n Lady and the Tramp oomblik gehad en basies redelik naby aan mekaar gekom vir twee seuns.
Ons klim steiler en Louw lig ons in, dat ons van die 500m nog 300m van die klim oor het… dit was dalk subideaal om te hoor, aangesien ons reeds moeg genoeg gevoel het.
Jandré wil ewe voor op die wa by Jani hoor, wat die inhoud van haar slee lekkers is. Haar antwoord was die van iemand goed geleer: “jy moet maar uitvind.”
So klim ons verder, kry ‘n asemskep by ‘n mooi uitsig, en ‘n paar eenhede aan, het ons by middagbroodjies, poele en sowaar ons kampplek uitgekom. Die Smith-groepie verkondig luid hoe oulik hulle is, terwyl Leroi nederig noem dat groep een die EENVOUDIGES is.
Janneman maak skiet oop, ouer toeriste trek in alle rigtings en Mari-Alet bly sit… David kla oor sy nie meer weghardloop nie.
Sakkie en Louw kom in ‘n armdruk betrokke, en Dané plaas haar en Louw se verhouding op die spel. Die uiteinde gaan om etiese redes nie genoem word nie…
Die poele word goed benut en Jakobus en Christiaan van den Heever pak op die klippe uit, met erkenning dat die witheid aan hulle lywe met ‘n bietjie bruin kan doen.
Charlene probeer gewaagde passies om haar hare te was en so min as moontlik met koue water te doen te kry, terwyl Anchen sommer net daar besluit dat dit liewers eers ‘n saak vir môre moet wees.
So met die laatmiddagson en bergwind kom die kitare kuier, en Hanno en Leroi bak pannekoek. Die wat rondstaan, kon proe.
Die son begin sy sak, en dit is so mooi dat almal stop… en Dané vir haar kamera hardloop en “dit is die moeite werd,” gil. “Dameskamp? Haha…” kom dit, as antwoord, van Leroi.
Ons sing vir ete en mens wonder of dit al ooit so mooi was… ons woorde en die berge wat God so prys soos dit sekerlik aan die begin moes wees – ongerep.
Later die aand roep ons die maan en hou die singery aan, met ‘n koor onder leiding van Lisa, Sakkie, Hanno en nog vele ander, asook die lipsangeres Carla.
WRAAK-aand:
Die eerste toeriste stel bekend: the BTK. Best Tour (C)ouples.
“Sal julle stilbly dat ons asseblief kan begin?” Jani.
Die spreker van die aand, is Anchen, as SuzelleDIY, en stel aan ons die volgendes voor:
Christoph en Christiaan, as Dané en Louw.
Nicholas Cage… letterlik daar voor ons oë.
Heidi en Petrus (wat Reece en Heidi was)
‘n Vinnige advertensie breek: Joke en Charlene met Ou Ryperd, Eugene wat die NatAlbert storie vertel, in ‘n vyfster weergawe – wat selfs Albert sou wou hoor, met ‘n droë Donna wat tot sy redding moes kom, in die verhaal.
Hercules en sy vrou, Jani daag ook op
En Rupunzel maak haar verskyning as Maria, Charlotte en Elze
Daarna kom Shanje West sowaar in die prentjie, met haar geliefde Kim-Kardashian-agterstewe-ingesluit-Eugene.
Die sangitems was ‘n bietie chaoties – as jy die hoeveelheid woorde wou tel, sou dit dalk aan die skraler kant wees.
Aaitims
Fritz verduidlik aaitims – met Hanno wat die T-option gee
Daarmee word die vloer oopgemaak en die geliefde, gesogte “Ballade van ‘n sterwende bok” word voorgedra deur Fritz.
Maria word mighty fine Maria van Mario en Luigi (Janneman en Fritz)
Petro van Eck bring ‘n nuwe gehalte aaitim na vore met haar Wiskundige gedig: Prime Spot en die gehoor se handeklap was ‘n vraag vir nog.
Díe doen sy toe ook en Harry Baker se Paper People is voorgedra met net soveel kwaliteit.
Hanno maak vri hom 10 eerste toeriste bymekaar en kweek ‘n groentetuin, wat later gehalte smoothies opgelewer het.
Louw, Pieter, Jakobus trek vir Eugene en Christoph ‘n netjiese streep toe hulle moes verduidelik hoe om ‘n veltie te vang – in terme van ‘n rollercoaster.
Volgende is die gedroggie lelik skrik gemaak deur Christiaan die eerste toeris.
Aaitims kry ‘n nuwe draai toe twee miere besluit die wêreld uit hulle oë te verduidelik en “Fgikkie en Sagel” word ‘n gehoorgunsteling.
Die vliegtuig met ‘n blou yskas en –tuimeldroeër het ook natuurlik sy verskyning gemaak
En laastens is David en Pieter ewe opreg besig om “tssssicken” met ‘n t te spel.
Die jikkels het as volg gelyk:
Schalk wou by Carla hoor wat sy bedoel het toe sy opgemerk het: “In my eerste jaar was ek die meeste reg om kinders te baar…”
Neil wou by Gerdus hoor hoekom hy genoem het dat “Coreen pragtige hoendervleis het”.
David wou by Joke hoor hoekom sy gedink het “Christiaan vdW is 31.”
Hanno wou by Leroi hoor hoekom hy gevra het, toe Eugene kitaar speel “is hier dan niemand wat mooi kan kitaar speel en sing nie?”
Laastens wou David by Sakkie hoor wat hy bedoel het toe hy gesê het, hy sal David se tas dra… aangesien dit nie gebeur het nie.
DAG 3, 10 April.
Die oggend maak ons wakkker, met wolke en natheid. Ons eet moeg-moeg en kry dit reg om te bly sit en gesels na muesli, langer as gewoonlik.
Toe Janneman ons later nog nie roep om te gaan stap nie, kom die kitaar vanself. Hoeveel minute later, sit ons nog so, met die misweer en note.
Melinda, Michael, Johan, Petro, Marli en Tainton toets of die frisbee oor die water en in die koue kan beweeg.
En ‘n ander groepie, waag dit om weer te gaan inkruip.
Toe die blou lug veel later iewers begin uitloer, gee Janneman ons 25min. om reg te maak vir stap. Tente en sakke bly agter, en ons dra lekker lig aan watookal saam moet gaan. Die gras kielie aan ons bene en die varsheid van die dag klou oral om. Tot bo begin ons klim, en na middagbroodjies op die nek, daag ons die roete uit boontoe.
Wat ons bo groet, is ‘n ongelooflike gesig. Waar die kranse antwoord gee…
“As ons so klein lyk van hierbo af, hoe klein moet ons nie veronderstel wees om voor God te lyk nie..” het dit van Carla gekom.
Sonder om teveel woorde te gebruik sal ek sê: dit was baie hoog, en baie mooi.
Na ‘n ruk is ons en die klankgrens se stilte met Nicholas se sweepslae gebreek. Herkulaas skiet met sy imaginary masjiengeweer en ons was veronderstel om te wonder of dít einlik die oorsaak van die plofgeluide was. Ons skree en tel die eggo’s: twee, drie, sowaar ‘n vier.
Party het aangestap na ‘n verdere piek en het ‘n botteltjie met name daar gevind – sowaar ‘n BTK-toerlys van 2005! Hulle het ‘n 2017 een daar ingedruk… 12 jaar, sowaar!
Oppad af, het Marli op ‘n elegante manier grond gekoop en terwyl mens gewoonlik uit ander se foute leer, val Marianne toe ook maar op dieselfde plek.
Neil begin berekeninge maak toe ons onder kom: Laubscher en Shanje het nie sy rugsak nie, Janneman-hulle ook nie… en Leroi ook nie.
Die logiese gevolg dan… sy rugsak is nog bo. Bo, bokant die nek, bo.
Manalleen is hy toe terug, vergeet die walkie-talkie onder, en ons kon maar net toekyk hoe sy liggie die aand in die berg rond robber.
Maar selfs hy was betyds terug vir slee!
En die aaitims lyk soos volg:
Die Jills het hulle verskyning gemaak met Mari-Alet, Marianne, Marli, Jani en Joke
Daarna het die kopwinkel oopgemaak, waarin oom Piet sowaar vertoon het… en aangesien Donna se kop op die toonbank was, was daar natuurlik ‘n verwysing na Natalbert.
Janneman en sy span het volgende die Bacon Tree aangevat
En daarna was ‘n matig chaotiese vertelling van die storie van Maria se sleesous en die diereryk, deur Leroi, Laubscher, Louw, Christiaan, Neil en Jakobus.
Volgende is ligtoring Elze aangeskakel deur Neil, Laubscher, Leroi en Pieter.
Die tweede vertelling van Fgikkie en Sagel het verskyn… en ‘n blou yskas het hulle onverwags gevang.
Jani en Christiaan van der Walt is volgende aan die beurt, op hulle eerste date.
Hans en Mans het opgedaag en is goed geblou-yskas deur Leroi en Christiaan vdW.
Marianne en haar liefie Fritz het probeer legkaart bou
En daarna het Maniere in die boom gaan wegkruip in ‘n nuwe aaitim.
Die manne in formele drag, David, Leroi, Reuben, Christiaan van den Heever en Janneman het ‘n gesin voorgestel en ook die longdrop buite hulle huis.
Leroi het toe ook die geleentheid gebruik om die legende van M.B. Greyling en sy pak oor te vertel.
Daarna het Petro weer verskyn met twee gedigte: perfect prey en ‘n liefdesgedig.
Jikkels:
Jandré is gebraai oor sy kommentaar van Carla – “sy is meer baster as Portugees…”
Louw wou by Christoph hoor hoekom hy gesê het “Ek slee sommer eerder saam met julle vanaand”
Zandré wou by Laubscher hoor hoekom hy gesê het: “Meisies by die BTK moet nie gestreel word nie… hulle moet gevat word.”
Neil wou by Dané hoor wat sy in gedagte gehad het toe sy vir Christiaan as haar boeite aangespreek het.
Tainton vir Jani; “almal sal in my kwyl verdrink…”
En Neil wou baie graag by Schalk weet wat hy gesê het met “ek sal na jou sak kyk, Neil.”
Om ons het die berge en koue aand saamgelag.
Nag, dames.
Dag 4: 11 April.
Christiaan van den Heever vra hardop of dit wivey Wednesday is.
Tommy verjaar! Cecile vat ‘n yskoue swem in haar besluit om wakker te raak (was dit na ‘n rustelose nag, soos die res van ons?).
Op en op en op stap ons ‘n ander piek, en die slotgroep hou aan groei. Gamebreak is weer op ‘n punt soos gister, met ‘n dit-kan-netsowel-bo-wees mooi uitkyk. Taintin besluit dat dit tyd is om die frisbee te gooi tot waar Michael dit nooit weer gaan sien nie. Woeps! gone with the wind. Dit was bioafrbreekbaar, moet nie bekommerd wees nie.
Ons probeer weer die eggo: en die derde en vierde antwoord het maar sag terug geantwoord.
Jakobus besluit na na ‘n oorweging om eerder nie vir Christiaan by die berg af te blou yskas nie.
Janneman kies koers, op, piek toe, en ons sluk maar ons kla en lus vir middagbroodjies, want ons sien die afstand, hoogte en tyd alles ver buite ons bereik. Vandag sal ons nie verder rondspeel nie, en Louw-die-slot jaag sy stadige sleutels aan.
Jacques besluit later dat hy gaan op hardloop, sodat die bopunt net tog nader kan kom. Sy hardloop het later wel weer stap, en draf geword.
Maar die gesig van bo was die moeite werd.
Hierdie keer kon ons nog meer kranse en pieke om ons sien en buiten die lieflike bergwind, was ons plek-plek stil oor die uitsig.
Later het Nicholas weer sy sweep uitgehaal en die keer het Sakkie, Janneman en Herkulaas ook probeer.
Skiet is toe sommer ook oopgemaak en hoë hoogtes is bereik. Lizelle hardloop een goeie slakkepas, en Reuben maak dit net-net om sy sleedate vir die aand los te slaan.
Ons neem ‘n groepsfoto en Maria-met-die-hare maak regte sketse van die mooi oral om.
Later is ons moeg-moeg af, darem aansienlik vinniger as op, en teen die goue uur is ons onder by die tente.
Aaitims
Eugene, Fritz en Marianne skop die aand op hulle wittebrood af
Troepe: Neil, Christiaan vdH, Jakobus, Schalk, Janneman en Sakkie. En op ‘n baie klassieke “troep van den Heever… wat de * dink jy doen jy?!” is die slee-area in ‘n lagsessie gedompel.
Nicola en Leroi trek vir Christoph, Jani, Anchen, Donna en Eugene ‘n lelike, of eerder, taai streep met ‘n vreemde kombinasie van peanutbutter en Leroi se tone.
En vir die laaste keer kom Frikkie en Sarel tevoorskyn. In ‘n baie magiese oomblik… verskyn die magtige “SPOETERMIER” wat vir Leroi, wat toe ook in die item moes verskyn, kon platduik.
Lisa, Janneman en Zandré vat ons op ‘n verduideliking van die ware betekenis van “boudjies” … en hoe om ‘n karwiel om te ruil.
Hierna kom Jani en Jakobus, pasgetroud, tevoorskyn… en moes weens familiekwale vreemde raad van hul ouers, Pieter en Cecile navolg.
Cecile en Tana pak mekaar aan met yesterday.
Petro, onder luide toejuiging, maak weer haar verskyning met Paper people.
David, Christiaan vdH, Louw, Laubscher, Hercules en Leroi besluit om die monkey te doen, en spring daarnaa oor na hulle kanóés toe.
Weens risiko aan ‘n te lang skets, en glad nie om ander redes nie, is geen jikkels aangeteken nie.
Dag 5: 12 April.
Chelaine se kommentaar oor die dag: it’s going to be a good day. En Carla groet ons met, “Weet julle hoeveel mense kan verniet roomys by Spur kry vandag?”
Ons pak vir die laaste keer op, tente gelukkig droog en die berge wat so half hartseer kyk hoe ons nou gaan verdwyn en hulle alleen los.
Vandag verjaar Louw, so eg op die BTK manier – nie volgens kalender, maar erg volgens tradisie. En net Dané mag hom op die wang soen, terwyl oom Piet besluit om maar ook nader te staan.
Iewers oppad raak ‘n groep met Hercules, oom Piet en Christoph verdwaald, en Janneman moes eers gaan help. Neil hou die slotgroep geselskap, omdat hy nogsteeds opsoek is na iets is van hom – die keer sy selfoon, wat hopelik nie op die berg agtergebly het nie.
Terwyl ons lê en wag vir die groepe om uitgesorteer te word, word die BTK sangbundel van voor na agter beskou en die liedjies het van alle kante gekom. Sakkie-sakkie-sakkie Boeredans se skrywer draai seker in sy graf om van opgewondenheid.
Ons kon ook Jesus prys, sonder musiek, en die natuur om ons saam.
“Is dit al middagbroodjies?” wou ons na ‘n rukkie se stap weet.
“Alles wat oor is,” kom dit van Janneman “ons stop nie weer nie.”
En so is dit ons laaste ete met alles wat oorgebly het… party groepies het, vreemd genoeg, min oorgehad in vergelyking met ander.
Die wat so gevoel het, vat ‘n swem in die poele en Leroi pas deur ‘n gat wat net vir Jani se grootte bedoel was.
Met ligte sakke, ligter gemoede en aftraande gaan dit vinniger as gewoonlik, en ons stop by die damwal waar ons begin het. Nog ‘n swem en wivey-foto word ingewerk.
Die karre en stof wag ons onder in en daarmee saam word die laaste bietjie energie gebruik vir die gentleman’s challenge, waarvan Pieter (wel, in hierdie geval SAKkie) as die wenner wegstap.
Op daardie noot, stuur ons toe vir Charlotte en Melinda maan toe.
En so is dit toe die einde, en ons klim terug in die wêreld van verantwoordelikhede, selfone en tyd.
“Jy het heelpad hiernatoe vir my gesê ek sal sien, dit was al antwoord vir my vrae oor BTK…” beskuldig Hercules vir Tommy.
Tommy glimlag.
“Jy het mos gesien.”