‘n Skets van gebeure deur Dané Eloff.
Dag een:
Ons begin met ‘n kompetisie wie die minste slaap in het, en die rekord trek op so plus minus twee ure. Verlore slaap is egter verlore, want op ‘n BTK bus oppad op toer, word daar min geleentheid hiervoor geskep. Gelukkig ry ons díe slag ver, en hier en daar sien jy darem iemand op iemand anders se skoot aan die slaap raak.
Die Weskus ontvang ons met ‘n koue windjie, maar die grond nooi ons uit om te begin stap en die rugsakke is op ons rûe een-twee-drie. Sommer gou begin die gees – Johan is die eerste slot en kies dadelik twee sleutels. “Kombinasie slot,” glimlag hy tevrede.
Ons stap verder, en ligter word ons gemoede. Alles deurmekaar van studente-wees word iewers in die pad agter ons gelos en dit wat mooi is, strek voor ons uit.
By middagbroodjies begin David met sy groepie se Marmite rondtes doen, jy sien, hy is dringend besig om gou genoeg daarvan ontslae te raak en eerder Bovril te kry, soos dit ‘n goeie groepieleier betaam. Toe hy slaag, besluit Janco Heese om met tegniese metodes te probeer om dit by hom af te vat. Dit was ‘n stoeiery, maar David se groepie het steeds die Bovril gekry.
Oom Francois gee ‘n effense agtergrond van die BTK en verduidelik aan die verwarde eerste toeriste wat ‘n paar van die vreemde terme beteken. Daar word summier geKoning.
Die watertrokkie-drywers (Inus, Pieter en Zandré) sluit by ons aan en ‘n paar gelukkige dames (wie se name weens veiligheidsredes nie genoem gaan word nie) se tasse word vir hulle gedra. Die wind dans ‘n wilde dans oor die vlaktes en ons moet harder praat om mekaar te hoor. Verder duik ons tekkies diep in die sand en skep deeglik daarvan: ‘n heel nuwe avontuur.
By die kampplek aangekom, slaan ons dadelik tente op en die meisies wag-wag so half vir mekaar om te kyk wie voor in die wind gaan opslaan en wie die wind-afwering gaan score. Op die ou end moet Tana en Madelein maar opgee en voor opslaan, terwyl hulle toekyk hoe Mari-Alet en Dané ewe knus agter hulle intrek.
Die branders bad goud in die sonlig en gooi wit skuim rond. Wind en bossies sit die prentjie en aanskou met ‘n glimlag en jy voel hom hierbinne jou – ‘n Weskus lekkerte. Wat ‘n voorreg!
Met aandete, wat sowaar hamburgers was (tegnologiese vooruitgang by die BTK en so!) sien ons ‘n ongewone verskietende ster. Slee het selfs vanaand ook liggies op die verhoog, en op hierdie hoë noot, begin aaitims:
Fritz vra opreg dat geen tackles sal plaasvind nie – hy is opereer. “Moet ook nie vir hom ‘n frisbee gooi nie!” waarsku Janneman.
Fritz open standaard met Ballade vir ‘n sterwende bok, en vir die soveelste keer wonder ek of Ingrid Jonker en N.P. van Wyk Louw nie kreun in hulle grafte nie.
Volgende spring Ulrich, Lambert en Jannie op met “I wheelie into it..”
Ulrich bly toe en maak naam met sy geliefde Alfondso. Nou ja, van hier af loep die loep toeriste gereeld.
Gustav en Janneman in die vorm van Mario en Luigi verskyn met visskiet gewere, floating down the river (ocean).
Fritz, Christiaan, Lambert, Michael en Ulrich doen volgende die gedroggie en ons weet nie wie het groter geskrik nie: Ulrich of die gedroggie.
Hierna het Anerosa en Gustav skiet verduidelik, sommer as aaitim.
Petro het ‘n aangename draai gemaak met haar gedigvoordrag, van Paper People (Harry Baker).
Annabel kom doen ‘n toertjie, magic en als, en toe sy van die verhoog verdwyn, is almal steeds in die duister oor wat hulle moes regkry.
Laaste kom die nou geliefde Frikkie en Sarel (Christiaan en Hanno) te voorskyn. Met “Wurg hom, Fggikkie!” is aaitims toe ook gesluit.
Hekels word verduidelik en dadelik wou Christiaan by Ulrich hoor wat hy bedoel het toe hy gesê het, “Janke is oorgewig.”
Gustav wou by Mari-Alet hoor hoekom op dees aarde sy gesê het “David is plan B”
En Dané word aangevat oor haar woorde, “stook my.”
Laastens wou Martin net seker maak of alles nog oraait is, aangesien Ulrich gesê het, “ek kan swanger lyk.”
Met die geluid van die branders, raak ons onder die sterre aan die slaap.
Dag twee:
Die wind is weg! Wat ‘n mooi oggend.
“Chelaine? Chelaine kom gou hier.” Dis David wat haar kom soek.
“Hoekom?”
“Nee kyk, Cinae is nog nie hier nie en Chelaine en Cinae is basies amper dieselfde naam.”
Cinae en Nina het toe nog in dameskamp staan en wakker word.
Met die oggend se rustigheid, kom die son en streel saggies op die sand se natterige wang. Van pure lekkerte dreun die branders in die agtergrond. Wat ‘n wen Weskus-oggend. Jana lewer kommentaar: “Wat impressive is – ek het ons agtste tentpen gekry. Wat minder impressive is, ek het op hom geslaap die hele nag.” Ons hoor Petro se mondfluitjie in die agtergrond: Amazing Grace, sê die note.
Padlangs vang Anne ‘n dolfyn. Toe Thana vra waar, kom dit van Anne; “Nee net hier in my hand, hoe lucky kan mens wees?” Sy het die plastiek speeldingetjie in haar vuis laggend vir ons gewys. By gamebreak kom twee frisbees tussen Michael, Gideon, Jannes, Jakobus, Petro en Carina te voorskyn, wat gereeld in die water gaan kuier. Johan, Christiaan, Ulrich, Zandré en Janneman het gaan swem, maar dit het nie lank gehou nie.
Die strand bats maak toe ook verskyning en Johan en Jakobus lyk die ene vakansie daar waar hulle staan en speel. Ons stap verder en tekkies is uit, ons stap sowaar kaalvoet op ‘n BTK toer wat nie gala is nie. By middagbroodjies loop Lambert rond, opsoek na sy game, en of iemand dit nie dalk langs die pad opgetel het nie. Verder gryp die kollosale branders die rotse van bo en die water hardloop tot by slapende toeriste en hul sakke. Carina en Lambert moes net spring om sakke te red.
Jannes, Janco, Kempen en Kevin besluit om ‘n walvis te sien in die water en skree sodat almal moet gaan kyk. Na so 3 minute se beduie en handgebare, is die grappie toe ook nou goed aangemaak en is die nuus gebreek. Geen walvis, jammer. Die sand en son wat beide ons kuite vang, raak ‘n aangename uitdaging en Daniël se kommentaar vir die dag lyk so: sand is die nuwe wit goud.
By die kampplek, hardloop die dames vir ‘n baie vinnige swemsessie en die manne besluit om eers frisbee en touchies in te werk, voor die water aangedurf word.
Christiaan maak van die geleentheid gebruik om vir Janke plat in die water in te duik – haar twyfel of sy moes harewas is toe sommer net daar opgelos.
Ulrich wonder toe hoe meisiehare voel en besluit om sy handdoek so oor sy kop te draai en op ‘n ander noot is Carina aangewys as die top doelskieter van die middag se frisbee.
Later moes 65 mense in ‘n vervalle dam inpas, en so doen ons toe ook, mét koffie, kitaar en hope gees. Die son kon nie uitmis nie, en het sy laaste strale ook lank laat kuier. Wat ‘n fees! WIndbeskut, met Ulrich, Janneman en Annabel wat die kitaarsnare speel. Phillip-met-sy-fles sing van die damwal af en sê vir Anke dat sy MOET sing: “Die BTK gee nie opsies nie,” beveel hy, “die BTK gee net verantwoordelikhede. Ek het nie gevra om blikwasser te wees nie.”
Lank na aandete sit ons nog in die koue, tussen die sterre en sing: He is mighty to save… forever Author of salvation. Verseker, verseker sing die branders en die bossies saam!
Janneman skree dat ons oor 10 minute slee en Fritz skree terug:
“Het Janco se groepie uiteindelik geëet?” So besorgd.
Aaitims:
Blou yskas en die bruin klavier: Pieter, Christiaan, Tana, David, Michael, Janneman en Anne.
Advertensiebreuk met Ulrich en The human table met elemente Jannes, Janke, Christiaan en Anne. Hulle trieks het hoogtepunte bereik toe iemand “loop die loop” skree.
Janneman en Fritz is volgende met Hans en Mans.
Rowwe Rooikappie Dané en haar tjomme – die drie varkies Jakobus, Hanno en David het in wolf Christoff se storie rondgehardloop.
David en Pieter (Gatiep en Verenzo) met Gautenger Christiaan en vrugteverkoper Anne.
Janco, Ulrich, Jakobus en Christiaan met hul skuifskiet kompetisie; “ek is jammer, Baie Jammer.”
Janneman moes op David se versoek Lenieblou sing, en Christoff het saamgesing. Daarna het David en Hanno besluit om vir Janneman ‘n Jannevrou te soek uit die gehoor en het drie onwillige kandidate ondervra: Mari-Alet, Dané en Petro.
Petro het toe sommer ook daarna nog ‘n gedig voorgedra en die gehoor stil gelaat.
Christiaan en Ulrich trek ‘n streep vir Janke, Dané en Keren op ‘n verlate eiland.
Volgende was What are you thinking about met Ulrich, Jakobus en Johan.
Hanno, Lambert, Frederik, en twee ander probeer toe om pikkewynsop en pandabeerpootjies na regte kos te laat klink.
Hanno en Janneman volgende met die Hakkelskool se leerlinge.
Petro weer met nog ‘n gedig.
Hekels:
Fritz vir Mari-Louise: “Mens kan sien die BTK het nog nie hier gestap nie, daar is geen voetspore nie.”
Hanno vir Petro: “ek voel stout, Hanno eks gereed vir jou, ek gaan jou gelyk maak met die aarde…”
Iemand wil net verstaan waarom Jannie sy broek aangegee het, toe daar gevra is vir ‘n plastieksak.
Laastens is Jannes gevra wat hy bedoel het toe hy gesê het dat ‘n voël en ‘n vis nie saam sal nesmaak nie.
Die geraas van die see (of was dit klasvakie?) het die res van die skets se vermoëns uitgeboul.
Nag, dames en here.
Dag drie:
As Ingrid Jonker hier was, sou sy dalk die dag wat dans met ‘n pouveer in die hoed ook mooi kon sien. Die son loer-loer oor die randjie en die wind is weg, soveel so dat ons sommer met kortmoue ontbyt gaan eet. Maar gou genoeg is die wind terug en so ook ons baadjies. Petro en Coreen se tent besluit om weg te waai terwyl hulle wil opslaan, en Petro gaan lê toe maar op haar tent: “Desperate times call for desperate measures,” sê sy.
Verder sit Janneman op Ulrich vir ‘n bietjie hitte, en iewers tussen hulle is ‘n Christiaan ingedruk.
Jakobus verjaar soos op die BTK-kalender, en die manne skree in sy gesig dat hy lekker moet verjaar.
Vandag se stap blyk om die diereryk beter te leerken, want ons kry ‘n pikkewyn op die strand, regte dolfyne (sê Alexander), en ‘n regte egte walvis ook. Fritz glimlag wat ons almal dink: “ek love dit as diere so afshow.”
Ons sien ook robbe, terwyl die wind en mistigheid die branders kwaad maak. Padlangs hardloop Jacques om na ‘n gedenktekentjie te gaan kyk en Mari-Louise wonder hardop of hy orraait is. Ek dink dis die merkwaardige spoed oor die klippe met sy tas, oppad na ‘n grafsteen, wat haar so bietjie bekommer het.
By middagbroodjies is Janco besig om sy groepie te oortuig dat mens ‘n teetjie moet drink so net na ete, terwyl Barbara nou weer probeer om hulle te oortuig vir ‘n middagslapie. Christoff probeer op sy beurt vir Janco oortuig om sy ouderwetse woordeskat te verander.
Tana, Madeleine en Chelaine vat ‘n middagslapie en Annika kruip onder ‘n klip in vir hitte.
Maar ten spyte van die wind, bly die blommetjies en mistige branders padlangs lieflik mooi.
Lambert hardloop om die seeskuim te gaan vang wat in die lug opvlieg.
Die laaste sandbultjie en wind dreig om die gees te demp, maar ons kom veilig aan en die tente is vinnig op. Dis skielik stil en jy besef die tente is vol moeë toeriste wat wil warm word. Jana en Mari-Louise se tent het wel ewe spelerig besluit om saam met die wind te gaan dans vir ‘n rukkie. Jannes lewer kommentaar oor Crocs: “Hoekom het Crocs gate in? Sodat jou dignity kan uitloop…” Hy sê dit oor hy skoene dra wat soortgelyk lyk – volgens hom moet mens as blikwasser voorbereid wees op enige iets. Hanno kom red groepie 5 van hul stofie-penarie en Kempen doop hom die “Pot-whisperer”.
Die einste groepie 5 besluit toe om ‘n groep cuddle sessie te hê en sit almal so lekker saam, dat hulle die slee vir ‘n paar minute ophou en slegs later besef almal lê al.
Dit is ‘n koue WRAAK-aand en die eerste toerite o.l.v. Janco Nel durf die verhoog met braafheid aan:
Liewe Heksie (Janco) en sy Matewis (Lizaan) gaan op ‘n deurmekaar avontuur deur ‘n paar tonele. Frederik speel Magdaleen Blommie se sussie en Nina is ‘n baie entoesiastiese storieverteller, wat die akteurs en gehoor gelyktydig van die verhaal inlig. As persentjies vir Liewe Heksie is daar die nar Keren, die pluim Mari-Louise en die wonderlie water Jana. Iewers duik die twee-gesig monster Janke en Anne ook op en die gifappel Rista-Marie Appelgryn. Koning Ulrich sit op sy pratende troon Phillip en Alexander, wat later vir hom moeg raak en besluit om hom op die sand te los. Bear Grylls Eugene maak iewers met sy veelsydige kameraspan verskyning en in ‘n advertensiebreuk maak Phillip, Janco en Alexander groot naam in die BTK musiekbedryf met ‘n nuwe treffer op die wysie van Sally Williams nougat.
Dit was ‘n lang item met vele vermaak, vergeef die skets wat nie bygehou het nie.
Aaitims:
Frikkie & Sarel 2 (Christiaan en Hanno): hoe ‘n mens ‘n Janneman vang: Met BATMIER, ‘n kollosale sprong en baie confidence.
Jannes en Ulrich moes demonstreer hoe mens ‘n veldtie vang en het so in baie detail gedoen.
Pieter, Christiaan, Fritz, Hanno, Johan en Gustav: met Troepe.
Inus, Gustav en Anerosa met Koud, koud, koud.
Volgende is liefie Coreen en Fritz met puzzle bou.
Hekels:
Ulrich wil by Lambert hoor wat hy bedoel het toe hy gesê het, “dis nie die enigste ding van my wat warm is nie.”
Christiaan vra vir Frederik wat sy bedoeling was met: “Fritz is die WRAAkkoningin.”
David vir Janco: “Ja, iemand moet dit uitdruk.”
Martin wil by ook by Janco weet wat hy bedoel het toe hy gesê het, “My maag het by die tent uitgesteek.”
Ulrich vra vir Hanno waarom hy gevra het, “Pappa, het ek spykerboude?”
David wil moeg by Janneman hoor wat hy bedoel het, toe hy gesê het “Pieter-hulle is die laaste aaitim.”
Jana wil by Mari-Louise hoor wat haar bedoeling was met, “Ek het dit ernstig oorweeg om ‘n skaap te word.”
Met die koue en die see, klink die aandlied op in twee stemme: Moegheid en Ken-nie-die-woorde.
Nag, dames.
Dag vier:
Die dag begin windstil en ons gemoedere oor gisteraand se koue, verdwyn soos mis voor die oggendsonnetjie.
Kitaarklanke kom van dameskamp, terwyl daar geduldig (soos al die oggende) vir die manne gewag word om klaar te maak.
Vandag se slotgroep is vol gees en kom met “Sally Williams nougat” gesing aan. Hulle beweer ook dat hulle 4 dolfyne gesien het.
Padlangs moet Janneman ‘n verkleurmannetjie uit die pad skuif om verby te kom en dit was dalk goed, aangesien ‘n blou yskas Ulrich uit die lug geval het en toevallig op Christiaan geland het.
Hannah vertel die situasie oor en haar oë is redelik groot geskrik. Die yskas was seker groter as gewoonlik.
Uit nêrens verskyn Laubscher Stoker Steyn, op sy motorfiets met 500ml water en ‘n groot glimlag.
Middagbroodjies maak plek vir middagslapies en Frederik strek hom op ‘n klip uit… net jammer in plaas van son, was daar volop wind.
Verder bestudeer Mari-Alet en David Fritz se sak, en David merk op: “ooo jy’t een van daai keisersnit sakke.” Ons neem maar aan die sak het spesiale vermoëns.
Van middagbroodjies af, is die pad prentjiemooi: ysblou water en branders wat laggend geselsies maak met die mis.
By die kampplek aangekom, hardloop Jannie, Jakobus en Christiaan water toe vir ‘n seeswemmie – en ons wonder of hulle dalk net baie groot geskrik het oor damesskiet ‘n paar minute tevore oop gemaak het.
Laatmiddag rustigheid word verruil vir frisbee rondtes op die strand, met Phillip op die kitaar en Janneman op pannekoek-diens.
Dit word een van daai goue BTK-aande: mooi sonsak mistig, mooi mense, mooi makietie. Soos die kitaar die lug vul, kom die sterre kyk wat aangaan en die son gaan saggies slaap. Hoe dan anders, as God se Skepping so saamkom en Hom prys?
Aaitims:
‘n Verassing toe Kempen en Amrikaner Kevin die kitaar uitpluk en ‘n liedjie of twee sing.
Petro en Gina volgende met familieskandes en die BTK.
Barbara en Nina hierna, met ‘n voorstelling van hoe ou vriende vir mekaar kan instaan.
Die sangitems is volop vanaand: Janco Nel en Nina aan die beurt met Say Something.
Op ‘n heel ander noot is dit toe twee neusgate Christoff en Martin volgende. Dit was nie gou nie, toe loop hulle.
Gustav en Anerosa demonstreer hoe dinge verkeerd kan loop met ‘n man wat na die verkeerde huis bel.
Carina, Michael en Phillip volgende met donkies en die derde keer.
Onskuldige ligtoring Cinae flikker aan met seerowers Hanno, Pieter, Janneman, Johan en Fritz.
Kopdokter Fritz volgende met Michael, Anri, Anne, Phillip, Ulrich en Frederik. Iewers in die aaitim maak Fritz die fout om ‘n Dagbreker uit te haal, en vanuit die gehoor kom ‘n harde “Bekfluitjie!”
Gustav, Phillip, Nina, Kempen en superman Janneman aan die beurt: superman die blikskottel as hy dronk is.
Johan en Hanno vat ‘n paar eerste toeriste vir ‘n vet ride met Pieter se groottoon en stroop. Daar was ‘n hele paar reaksies wat op video moes wees. (Ons weet nie hoe Pieter voel oor die feit dat niemand baie bly was om sy toon te sien nie).
Hanno, Janneman, Janco Nel, Alex, Dané en Zandré doen ‘n demonstrasie oor twee suckers op ‘n stokkie.
Die baie geliefde K-k-k-kaptein volgende met Hanno, Janneman, Christiaan, Johan, Gustav en Pieter. Soos gewoonlik k-k-kry dit nie k-k-k end nie.
Jakobus, Janneman, Hanno en Dané met drie pikkewynchies en ‘n punchline.
Petro kom op met twee gedigte en die gehoor se handeklap is weereens ‘n indikasie: sy mag maar.
Janneman, Pieter, Hanno, Johan en Lambert die weermag manne is weer op die verhoog en laat waai met Broekies.
Laastens eindig Hanno en Janneman aaitims vir die toer af met HAMBUSH.
Hekels:
Gina vra vir Johan oor sy woorde: “As jy jou lippe pout, dan soen jy hom.” Blykbaar was hulle tentjie se spasie maar knap.
Hanno wil net sekermaak of Janco Heese se aanbod vir sy groepie nog staan: “ek sal julle almal se sakke dra.” Dit was toe blykbaar meer bedoel vir abstrakte interpretasie.
Anri wil weet eat Fritz bedoel het, toe hy gesê het: “Dit sal gaaf wees as jy hom daar kan uittrek asseblief.”
Laastens is Petro dubbeld bevraagteken oor haar woorde; “I am an original girl. I have everything you need.”
Die sterre strek hulself breed uit en die see sing: ‘n windstil aand – ons gaan soet slaap. Nag, dames.
Dag vyf (die einde):
Daar is iets aan die Weskus, wat jou laat wéét jy is hier (en ek bedoel nie die kaart nie).
Dis iets in die branders. En hoe die sand die see se geluid vashou, hoe die son die bossies laat glimlag. En hoe die blommetjies plek-plek knipoog.
Sonnetjie vanoggend!
Janco Heese skree vir Fritz dat Gideon dink mens kan jou nie regtig met Ultimate Frisbee seermaak nie.
Fritz skree vanwaar hy oppad is: “Wag, ek kom, ek kan net nie hardloop nie.”
Jy kan sien dis dis Wivey Wednesday én bad hair day, want die wêreld pryk van moulose hemde en bandanas.
Die frisbee doen sy gewone rondtes, terwyl die res van ons spekuleer oor die dag se afstand en BTK-eenhede.
Ons val vir oulaas kaalvoet in die pad en tel pampoentjies op soos wat ons vorder. Die mis kom stap saam.
Die standaard groeps- en wivey foto word geneem, groepie-foto’s word ook hierdie keer geneem. ‘n Hele paar blou yskaste tuimel uit die lug en dit was ‘n deurmekaarspul tussen Janneman, Lambert en Hanno soos die yskaste grond vat.
Dit is toe dat Janneman roep ons moet aangaan, en ons stop nie tot verby die mynwese nie. Gamebreak se sjokolade word sowaar by die bus uitgedeel.
Ons stuur vir Kevin, Phillip, Michael, Gustav, Anerosa en David maan toe. Die BTK groet ‘n paar legendes, maar daar moes fout gewees het met die maantuig of iets, want ons het gesukkel om dit op te stuur: die ding was te swaar gelaai met kwaliteit.
Soos ons die bus volmaak, vra ek twee eerste toeriste hoe die BTK toer was, op ‘n skaal van 1 tot 10.
“11!” het hulle geroep, “hoekom het jy ons nie al vroeër hiervan gesê nie?”