Oranjerivierroei 2018

Oranjerivier Roei – April 2018

Dis koud en nat in Stellenbosch na die vorige dag se reën soos almal by Coetzenburgsentrum se parkeerarea aankom. Ek is seker ‘n paar eerstetoeriste het gewonder waarin hulle hulself begewe het om in dié weer op ‘n roeitoer te kom. Die Neelsie is nog steeds ontoegangbaar terwyl hulle die nuwe leersentrum bou, so die BTK se optelpunt het uitgewyk na die tweede beste kol op kampus vir die 72 van ons om bymekaar te kom. Dit beteken dat al die kratte en ander toerusting vanaf die stoor aangekarwei moes word wat vir heelwat konfusie gesorg het. Maar meer daaroor later…

Paspoorte word vlytig deur Jannes Reddig gedoublecheck en net soos die oggendreën lekker begin uitsak, ry ons uit Stellenbosch uit. Dit is 08:40, dus 20 minute voor ons eintlike wegrytyd. Maar Voorsitter Fritz Buhrmann sê hy het eintlik gemik vir 08:30, so ons is regtig 10 minute laat, volgens hom. Ai, mens kan ook nooit wen nie.

60 van ons is in die Paarl Rock Tours bus, 8 kom in ‘n kombi agterna, met nog vier in ‘n kar. Die weer raak bietjie-bietjie beter soos eers die Swartland, Cederberge, die Knersvlakte, die Namakwaland en eindelik die Richtersveld verbyrol. Outoeriste laat nie op hulle wag nie en daar word al van vroeg af links en regs “Hekel!” geskree as iemand nie mooi gedink het oor wat hulle sê nie.

Die stop op Klawer was welkom en die Wimpy en Engenwinkeltjie het gou seker gemaak hulle maak definitief vir Maart ‘n wins, terwyl belasting nog 14% is. Die kombi onder stuur van Johan Slabbert het ook daar aangekom met nuwetoeris Janco Heese in Janneman Gericke se plek na dié arme siel die vorige aand skielik baie siek geword het.

Die badkamer is soos altyd ‘n bron van vermaak. Die ouens stap met ‘n grinnik en ‘n half verby die lang meisiesry vir die badkamer soos hulle maklik vinnig in en uit glip, met die meisies wat baie ontevrede geen ander keuse het as om geduldig te staan en wag nie.

In Springbok word daar weer gestop met dieselfde storie. Tone Carina van der Watt en MediKit Konvenor Mart-Marié Serfontein is die dorp in opsoek na spelde na dies in die noodhulpsakkies nie as goed genoeg geag is deur die Tonespan nie. Let wel asseblief dat dit vieruur die middag op Goeie Vrydag is. Daar is nie veel hoop op ‘n oop winkel nie. Maar gelukkig is daar iets soos R5-stores wat sommer dwarsdeur die Apokalips sal oopbly, so ‘n publieke vakansiedag voor die naweek is geen probleem nie. Triomfantlik keer hulle terug en ons pak die laaste ent na die grens toe aan.

Die landskap raak dorrer en dorrer en ons weet nie hoe ‘n rivier ooit hiér kan loop nie.

Eindelik, soos die laaste strale oor die hoogste berge lek, kom ons by die grenspos aan. Dit gaan vinniger as waarteen ons gewaarsku is en soos ons oor die Oranjerivier ry is daar ‘n tasbare oorskakeling na ‘n hoër rat van opwinding soos ons nader aan die eintlike roei kom.

Dis donker toe ons by die Amanzi Trails Kamp aankom, maar die eienaar, Johan La Grange, se verwelkoming is warm en opreg. Sakke word afgelaai en ons eet Amanzi potjie! Stadig maar seker skrop almal nes op die grasgroen grasperk van die kampterrein. Ons het almal lanklaas soveel water gesien en is nie heeltemal seker hoe om daaroor te voel nie.

Maar nie almal is so gerus nie. So tussendeur die deurmekaar spul van vanoggend om alles by Coetzenburg te kry moes Kosma Chelaine “Ma se Kos” Maree en Kosdogter Gina “Imaginary” Loedolff nou die brokkoli tussen al die groepies se kratte verdeel. Bethel word oopgemaak en daar word op ‘n leë bottel Bensien afgekom. Eers word Nick™ die skuld gegee vir ‘n onhervulde bottel, maar gou-gou word daar besef dat niks van wat hier gebeur het sy skuld is nie, omdat toe daar geruik word en besef is dat die Bensien uitgeloop het en al die kos in die krat besmet het – die plastiek waarin die pasta gekom het is deurgevreet, die gom wat die sjokoladepakkie bymekaar hou is nie-bestaande, asook twee brode en biefstok wat daarmee heen is. Chelaine, Gina en Johan is toe terug na Engen net duskant die Namibiese grens en kon gelukkig die verlore goedere terugkoop en Chelaine het wonder bo wonder twee ekstra pakkies pasta ingepak wat in ‘n ander krat veilig was.

 

Dag 2 – Saterdag 31 Maart 2018

Tyd is ‘n illusie soos die kamp stadig maar seker vanself wakker word na ons nie ‘n opstaan tyd gekry het nie. Vir die eerste keer in die BTK se geskiedenis neem ‘n selfoon die stokers se werk oor en dameskamp word wakker gesing deur ‘n elektroniese deuntjie van ‘n selfoonalarm.

Die emmers word uitgedeel, sowel as die koelerbokse, almal kry vir hulle ‘n roeimaat en die toeriste se goed word oorgepak. 50l is regtig nie so groot soos wat mens dink nie. Ons is reg om weg te spring, maar Christine Bosch se hare word eers gevleg en vleg en vleg… en vleg.

Eindelik kan die gidse vir ons al die reëls en reëlings deurgee en toe kon ons laat spaander met bote soos Die Salige Seeperd, Purple Turtle, Wille Wragtig, Blou-, Pienk-, Rooi-, Geel- en Persgevaar, Catch of the Day en RMS Titanic! Dit was vreeslik opwindend om op die groot, oop wye rivier te kon roei.

Na skaars ‘n uur (of was dit twee?) weergalm Fritz se “Pirate!” teen die kranse weerskante van ons en die meisies soek verwoed na ‘n nuwe roeimaat. Min spring in, meeste verkies eerder om veilig en belangrikste van alles, droog, van een boot na ‘n ander oor te klim. En so roei ons voort. Al wat die vrede versteur is Hanno “Paddle Pop” Lambrechts en Jannes se vete wat persoonlik raak en hulle “onskuldige” roeimaats wat die prys moet betaal wanneer hulle heeltyd mekaar se bote omtiep. Maar hulle is nie die enigstes wat nat word nie. Ander soos Janco en Marianne Breytenbach is baie meer entoesiasties om hulle wêrelde omgekeer te kry en een word glads aangehaal dat hulle sê dat dit “lekker” was. Nouja. Die Spat Olimpiese spele het ook vinnig afgeskop en elke boot se skeppertjies word ingespan – nie om water uit die boot te skep nie, maar water uit die rivier te skep en ander bote se okkupante mee nat te gooi. Mooi julle. Arme Kelly Shepherd is ook êrens in al die aksie met ‘n spaander oor die kop geslaan. Sy het oorleef, alhoewel met ‘n lieflike gaf in haar agterkop.

Ons Gamebreak in Suid-Afrika met paaseiers en ordentlikheidspraatjies en die meisies wat definitief die snaakste grappie vertel. Daar word geKoning en dit is ‘n relatiewe sukses. Skiet word verduidelik met Gina en Johan wat vir ons die basiese begrippe illustreer. Hanno gaan bietjie meer in diepte en demonstreer die sirkeltegniek met Jannes as sy prooi. Praat van ‘n love-hate relationship.

‘n Paar rapids later en ons stop by groener Namibiese weivelde waar ons middagete eet. Na die rustige stop is almal baie verbaas om Hanno en Mart-Marié saam in ‘n boot te sien, alhoewel daar nie veel saam geroei word nie. “Hanno, ons moet meer kommunikeer. Ons moet kommunimeer!”

Ons stop by ‘n baie klipperige oewer en is baie verlig toe ons hoor dis nie ons kamplek vir die aand nie, maar waar ons die Nappy Run gaan doen. Almal se reddingsbaadjies word onderstebo aangetrek en val in enkelgelit in die rivier af om in dié rapid af te syl. Na elke toeris dit ten minste twee keer gedoen het, ander vyf- of sesmaal, is ons self met die bote daardeur en goed op pad na die aand se kamp toe. ‘n Paar van die roeiers is sommer vir die laaste keer die dag verspot en bou ‘n geïmproviseerde vlot en kom in ‘n groep van agt bote by ons finale rusplek aan. Eerder laat as nooit.

Op die Namibiese oewer aangekom word kamp gemaak en die stook word gestook met skoon stofies, waaroor al die stokers baie bly is. Dankie Hanno en Nick™! Almal behalwe Jakobus Smit wat wéér ‘n “stukkende” stofie gekry het. Maar dis nie die enigste groepie met probleme nie (en dit sou ook nie die laaste probleme gewees het nie). Groepie 2 se stoker het dit goed gedink om al hulle teegoed – suiker, sout, melkpoeier, koffie, tee- en koffiesakkies in sy koelerboks te hou. Die koelerbokse is volgepak met ys. Groepie 2 se stoker is toe vreeslik verbaas toe hy dié plastieksak met die drinkgoed uithaal en vind dat sy probleme ver van opgelos is. Nee, die enigste opgeloste saak was die teegoed.
Overgesetseinde en desnietenstaande was vanaand se kamplek ‘n salige stop.

Items

Soos tradisie dit behaag begin Fritz vir ons die toer se Items met die alombekende en gerespekteerde Ballade van ‘n Sterwende Bok.
Schalk “Frank A.” Marais en Jannes is Mario en Luigi en vergeet wééreens wie met Maria getroud is, maar dit keer nie vir Luigi om met sy blaasoppie vir Maria te crocodial nie. Mario lei amper aan ‘n geval van premature punchline, maar ruk homself gou reg en Maria word op die ou end opgespoor.
Hanno en Christiana van den Heever is Saghel en Fghikkie, die onderskeidelik sterk en slim miere, wat ‘n olifant soek en kry.
Fritz en Schalk speel I spy.
Van Zyl Venter, Hanno en Fritz is toeriste wat nie heeltemal seker is vanwaar hulle af kom nie en word deur kannibale Annadene “Diena” Malan en Jannes wat obsessief met kano’s is, oorval.
Christiaan van der Heever stel vir van Zyl en Louw Kirsten voor en hulle wys vir ons hoe om ‘n veltie te vang.
Fritz en Marianne bou oudergewoonte saam ‘n legkaart.
Carina, Marianne en Diena werk in ‘n doppiesfabriek en Marianne word die lig in hulle lewens.
Christiaan bou ‘n tafel van Jannie du Toit, Jakobus, Chrisrie Oosthuizen en Janneke Agenbag. Sal hy dit ooit kan verkoop?
Fritz stel sy gedroggie Jeandre Brits voor. Lambert Brink, Johan en Jana Boleslawsky skrik hulself boeglam vir dié ding, maar dis geen match vir Jacques Wingard nie. Terug in sy eie slee met meisie Jacomien “Solo Act” Pienaar sê sy vir Jacques dat hy wáárlik haar gedroggie is en toe kom dit uit dat hy dieselfde oor haar voel.
Tana “Touring” Toerien loop in Hanno vas en hy vertel haar van sy hakelskool.
Kolonel Hanno moet troepe Ryan Thorpe, Daniel “The Russian” Gorelkin, Jannie, Christiaan en Jakobus regruk, maar niemand is seker of dit met diëet of daaiëet van bababeer pandapootjies moet wees nie.

Hekels

Schalk verduidelik en illustreer vir ons Hekels wat aan Edelagbare Oom Inus Coetzee gerig moet word.
Schalk wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy vir Gina gesê het: “Sjoe, om jou spoeg af te lek, dis intimate.”
Hanno wil by Trudie Rust weet wat sy bedoel het toe hy vir haar gesê het: “Ek sien jy’s LoL op die toerlys,” en sy geantwoord het met: “Ja, lol met die oukies.”
Hanno wil by Matilda Smith weet wat sy bedoel het toe hy vir haar gesê het: “Jy het potensiaal,” en sy geantwoord het met: “Jy ken my nie.”
Zandré van Heerden wil by Fritz weet wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Dis die mooiste dertienjarige wat ek al ooit gesien het.”
Disclaimer: Die BTK ondersteun nie pedofilie in enige vorm nie.
Hanno wil by Fritz weet wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Hanno, hoeveel dertienjariges het jy saamgebring?”
* sien asb bo.
Jandré Engelbrecht wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy vir Fritz gesê het: “Ek pomp die kramp uit.”
Schalk wil by Mart-Marié weet wat sy bedoel het toe sy gesê het: “Joune het nie anders gevoel nie.”
Zandré wil by Marianne weet wat sy bedoel het toe sy gesê het: “Sjo ma hulle is warm.”
Wilmien Uys wil by Annemicke Kotze weet wat sy bedoel het toe sy gesê het: “Ek het by New Year’s my volwassenheid uitgebeeld.”
Hanno wil by Fritz weet wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Daar sal geen bote getiep word nie.”
Lisa du Plessis wil by Diena weet wat sy bedoel het toe sy vir Gina gesê het: “Jy kry sommer lekker as jy aan my vat.”
Fritz wil by Gina weet wat sy bedoel het toe sy gesê het: “Ek kan iemand boelie!”
Gina wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Ek kan baie stout wees maar nie vir baie lank nie.”

Dag 3 – Sondag 1 April

Fritz het vir Hannes Labuschagne gevra om sy selfoon se alarm vir sesuur te stel – toe speel Hannes se foon ‘n April Fools’ op hom en gaan eers seweuur af. Hy het gesê dit het iets met Namibiese/Suid-Afrikaanse tyd te make…

Fritz is ywerig om weg te kom en hy en Schalk kommer hulleself oor Anke “Insta” van der Merwe en Abigail Tolmay wie se tent nie betyds gaan sak nie. Maar hulle het toe verniet energie daarop gemors want dié twee girls is toe eerste klaar van al die meisies – emmers sommer op die bote óók. Anke maak toe net seker dat Fritz bewus is daarvan en hy skiet terug met: “Ek hoop jou houding is ook weggepak”. Gerdus Schutte is die gelukkige man wat vandag verjaar (hoe gelukkig is jy eintlik op die 1ste April?) en daar word vir hom gesing en hy word ook deur die meisies bygekom.

Ons is nie veel vinniger weg as die vorige dag nie, maar is sommer gou met die eerste rapid gegroet. Maar hulle hou nie daar op nie en tussen Game en Lunch is daar nog ‘n hele paar. Een van hulle eis sommer drie bote. ‘n Volskaalse reddingsaksie word geloots om al die flotsem van koelerbokse tot mense – te red.

Jannes is back at it again met sy puns en doop sy en Anke se boot Canoe Reefs – maar al wat die res van ons sien in matriks van puns. Daar is ander roeigroepe op die water verby wie ons gereeld roei. Op een stadium was daar so ‘n toergroep wat ‘n baie klein toerissie gehad het wat op die wal weg van sy mense sy besigheid gestaan en doen het en toe die sewentig-sterk Stellenbosch seerowers om die draai kom, was dié lat glad nie voorbereid op só aanslag nie. Ons het nie geweet of die berge agter hom of sy gesig rooier was nie. Diena daag vir Fritz uit en sê hy sal haar nooit uit haar boot kan laat val nie. Fritz sien dit toe as ‘n uitdaging en begin die boot só te wikkel dat Diena kort voor lank onder die water is. Maar hy lyk gou weer minder cool soos hy toe weer terug in sy boot probeer klim en Mari-Louise Vermaak lag toe so oor hoe hy lyk, dat sý oor die rand val. Wen enige iemand eintlik?

By middagete is Johan weereens sy groepie se held toe hy op ‘n soektog gaan na hulle tunablikkies en elke keer net betyds by ‘n groep aankom voor hulle ál hulle tuna (wat nie eintlik hulle tuna is) kan opeet. Dit is ‘n warm dag (die kwik draai al heel naweek rondom 35˚C), maar dit keer nie ‘n paar van die toeriste om een van die berge uit te klim en skaamteloos prasioliet in die ou oopgroefmyn te gaan myn nie. Maar dit was nie al treat nie. Die uitsig van daar bo af, oor die hele rivier wat deur die heuwelagtige terrein kronkel was definitief die hitte werd. Die rivier is ‘n blou en groen stert wat lui oor die rooibruin landskap lê. Mens vergeet partykeer ons is in ‘n woestyn.

Terug op die rivier word daar heerlik geswem terwyl ons vir al 36 bote wag om deur die rapids te kom. Jannie en Janneke en Carina en Jakobus kom in ‘n watergeveg wat nie lank hou nie. Maar, vir Rondte 2 beplan Carina en Jakobus ‘n sluiperaanval en Jakobus duik toe sommer vir Jannie uit sy boot uit. ‘n Karnuffelsessie ontstaan toe in die water waaruit Jakobus klaarblyklik as wenner tree. Die res van die roeiers was ietwat rustiger – tot ons by die gerugte Sjambok gekom het. Hy was genadeloos en het drie bote as sy slagoffers gevat. Jacques en Jacomien, Megan Theron en Zack Sterley, en Francesca Strydom en Michael Clift is omgetiep en die gidse moes inspring om te red wat te redde is. Ander het sommer die res van ons gewys hoe dit eintlik gedoen word en het agteruit uit die hele saak gekom, glimlagte groot op hulle gesigte. En soos wat ons weer aan die anderkant wag vir almal om deur te kom, vang Inus doodrustig vis. Dís mos die lewe.

Ongelukkig het sy geluk daar opgehou, want toe ons by ons kampplek vir die aand aankom, was sy drybag nie meer so dry nie en is sy slaapsak en warm baadjie sopnat.

Jannes is ‘n baie slegte groepieleier, aangesien hy sy groepie forseer om vir “favour points” mee te ding. Die prys? Avokado’s. Die groepielid wat die slegste van alles afkom is Zahra Ayyoub, wat nie eers die kans gegun word om vir punte in aanmerking te kom nie.

 

Maar vandag is immers April Fool’s en die grootste grap was tussen Jannes en Hanno.
Die storie loop so:
Frank A. Bezuidenhout het vir Hanno (Rekenaarman op die Bestuur) gekontak en homself voorgestel as ‘n ryk ou man wat sy boedel aan ‘n BTK-Bestuurslid wil nalaat omdat hy self ‘n oud-BTKaner is. Hy het sy visier op Hanno wat na ‘n jong gesonde man lyk, maar vir Hanno om te kwalifiseer vir die erfporsie moet hy sy van na Bezuidenhout toe verander en ten minste twee Bezuidenhout kinders hê. Hanno is natuurlik nie gister gebore nie en wil toe probeer uitvind wie vir hom dié epos gestuur het. Hy het toe ‘n baie gedetailleerde ondersoek van Frank se taalgebruik gedoen en het vasgestel dat Jannes agter die hele storie moes wees, maar met hulp, omdat die Afrikaans té goed was vir dit om net Jannes te wees.
But all along it was only just Jannes.
Maar omdat Hanno so maklik snuf in die neus gekry het, het Jannes vir Schalk ook betrek en vir die eerste twee dae was Schalk op die toerlys bekend as Schalk “Frank. A” Marais voor Jannes op die 1ste April eindelik met die hele sak patats vorendag gekom het en dié grap kon einde kry.

Items

Eerstetoeriskonsert:
Hannes vertolk vir siek Janneman en verdwyn baie vinnig van die verhoog af.
William Wallace gaan dood en daar moet eers besluit word of ons Ghostbusters bel of die polisie. Anna the Adventure Banana (soos vertolk deur die Amerikaanse uitruilstudent Anna Cutler) vat ons op ‘n avontuur terwyl ons toekyk hoe Jason Bourne (Ryan) en KGB Agent (Daniel G) die moord probeer oplos.
Matilda die Hasie kleptomaniak en skisofreen maak spinhasies en leer vir ons die verjaarsdagliedjie.
Met die Ad Break word ons aan Wille Windhoek bekend gestel wat dehidrasie op die Oranjerivier vir NetNog’nMonde beveg.
Terug by die moord het daar intussen ‘n Onderhoofmeisie (Annemicke) te voorskyne gekom wat haar koor probeer afrig, maar ons dink hulle is meer bok as mens. Mevrou Spinhasies vat toe die show oor en kry De Machtige Koning uit dié sukkelende groep uit.
Jason Bourne en KGB Agent dink die beste om hopie te lê en tussendeur vind ‘n oupa (Jeandre) ook sy girl (Hanri Hattingh) . But it doesn’t last long want sy word uitgejou op haar verjaarsdag.

En toe, terwyl die weerlig ver in die ooste flits word daar gEwRaAk…

Christiaan, Schalk, Jannes en Johan is opsoek na ‘n lighuis. Kaptein Jannes word tussendeur geblou yskas en lighuis Chrisrie word aangeskakel.
Terwyl Hanno, Chelaine, Jakobus en Petro Russouw gereed maak vir hulle item vlieg daar ‘n baie groot verskietende ster agter hulle verby. Almal ooh en aah en hulle buig en gaan sit amper, so sonder ‘n punchline. Maar hulle voer wel hulle item uit en dié het ‘n punchline.
Gidse Petrus en Malisu kom item en vra vir twee meisies om te kom saam dans. Hanno, Jakobus en Christiaan spring toe op en bring ‘n punchline saam.
Hanno werk in ‘n museum waar ‘n baie ou makapanstert- en makapanskedelbeen gehuisves word. Diena is ‘n besoeker en Hanno gee vir haar die toer.
Hanno wie se trekker nie wil start nie bel vir Jannes as Afrikaanse Frank A. Bezuidenhoud, maar die lyn is nie so goed nie. Jakobus kom hou die lyn op, maar na Jannes vra of dit “beker” is, moet Michaela Spence, Louw en Christiaan ook kom help. Maar dit werk nooit nie.
Hanno as Mario en Jannes as Luigi sluit vir ons die aand af met die Bacon Tree.

Hekels

Inus wil by Diena weet wat sy bedoel het toe sy vir Fritz gesê het: “Ek het nie ‘n man nodig nie.”
Iemand wil by Diena weet wat sy bedoel het toe sy vir Tainton Hutton gesê het: “Kry jy hot flushes?”
Fritz wil weet of hy nog ‘n meisie het.
Jannes wil by Schalk weet wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Jannes tastes better.”
Hanno wil by Schalk weet wat hy bedoel het toe hy vir Jeandré gesê het: “Jy is ook ‘n mushroom.”
Petro wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Chelaine is ‘n giftige mushroom.”
Jana wil by Fritz weet wat hy bedoel het toe hy vir Mari-Louise gesê het dat sy soos ‘n gestremde salm lyk.
Petro wil by Van Zyl weet wat hy bedoel het toe hy vir Chelaine gesê het: “Kan ons hemde ruil?”
Trudie wil by Martin Rademeyer weet wat hy bedoel het toe hy vir Carina gesê het: “Baie dankie vir gisteraand.”
Trudie wil by Lisa weet wat sy bedoel het toe sy gesê het: “Ek is nie hier vir tydmors nie, ek is hier vir manvat.”
Mari-Louise wil by Lisa weet wat sy bedoel het toe sy gesê het: “Ek is Lisa, nie los Lisa nie.”
Janneke wil by Fritz weet wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Dis ‘n BTK-meisie en ‘n Gala-baba.”
Sarah Anderson wil by Jannes weet wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Do you want to lick this with me too?”

Dag 4 – Maandag 2 April

 

Daar is weer gedreig met 06:15 opstaan , maar teen 06:30 het die ouens eers begin stem dik maak. Maar die meisies is so verward oor presies wat hulle vir die dag moet doen na die Opstaanliedjie na ‘n tragiese ongeluk, dood verklaar is. Ons het ook een toeris deur die nag verloor na Marco Botha sleg siek geword het en die gidse hom eerder terug by die Amanzi kampterrein uitgekry het, omdat daar nie geweet is wat skort nie. Ons haal ons hoedens af vir Gids Gideon en Kavera wat deur die nag sowat 15km te voet afgelê het, eers opsoek na syn om basecamp in kennis te stel en toe stroomop terug na Sjambok geroei het.

Terug by die kamp, waar Christiaan na ‘n slaapsaklosenag nie té beïndruk is toe Janco dit vir hom teruggee en bedank vir die lekker kussing nie. Die konfusie het begin toe Christiaan tot laat sit en visvang het (ons trek nou al by tien visse) en Janco die sak sien rondlê het en gedink dis ‘n freebie vir die aand. Maar Christiaan het hom laat betaal daarvoor toe hy, Jannie, Jakobus en Van Zyl later die dag Janco se boot gaan omtiep het. Nog ongeluk; Jakobus se boot se voorste sitplek het na een te veel Pirate ook die gees gegee en dié moes sy boot die res van die toer alleen beman.

Maar, uiteindelik in die water, waar vandag nog die rustigste is met rapids wat vreeslik afgewater is. Klaarblyklik is die water nie so kalm vir almal nie en Diena en Michael tiep driekeer in rapid succession in een rapid om. Ander is weer só verveeld dat hulle glads met die kaal hand visse vang a lá Matilda wat in Louw se boot ‘n lewendige vis gegooi het. Die rivier is op baie plekke baie wyd en die stadige pas gee ons die perfekte geleentheid om na die berge wat skielik uit nêrens uit opduik, te kyk. Ons neem voor ‘n besonderse skerp berg, The Witch’s Hat, ons groepfoto wat baie vinnig van baie epic in ‘n baie waterige geveg ontaard. Kort daarna Lunch ons (so sonder ‘n Gamebreak) en almal kry ‘n plekkie onder ‘n bossie of onder die gidse se glorieuse tent.

Groepie 2 se ellendes aangaande hulle kos hou net nie op nie met Marianne en Janco wat steeds nie hulle grondboontjiebotter gekry het nie. Christiaan se wraak kry nie end nie en hy stuur almal in die verkeerde rigting op hulle soektog. Maar dis alles in elk geval tevergeefs want Stoker Hanno het uiteindelik erken dat hy aan Bensienverslawing lei, na die groep se middagete daarin geweek het en hulle Gamebreak koekies in elk geval ook nat geword het in die koelerboks. Die res van ons was magies vol en ogies toe in ons verskeie skadukolle. Behalwe Trudie. Sy is deur die Groen riviermonster van die Khan-mense as rivierbruid ontvoer, ‘n selfie was die verlowingskontrak en hy het met haar die rivier ingeduik en die twee is nooit weer gesien nie. Klaarblyklik is hierdie net ‘n eens in ‘n leeftyd gebeurtenis en ons was almal baie bevoorreg om dit te kon sien gebeur. Of so vertel Jannes.

Net soos ons weer begin regmaak om te roei maak Chelaine skiet oop en daar spat almal weer uitmekaar uit.

Ons roei nie lank toe ons weer stop en die keer by ‘n Springklip waar almal ‘n paar meter tot in die diep water kan spring. Meeste spring gewoon, maar kort voor lank is daar ‘n hele paar waaghalse wat sommer backflips doen. Arme Fritz en Johan kry nie eens kans om te spring nie omdat hulle agter Daniel (tien teen een von Eschwege) bergop moet loop, na dié gaan bergklim het. Hy neem die “Berg” in “BTK” ter harte. En hy was nie die enigste een wat daardie dag ‘n jong nooi gevange geneem het nie. Waar Jannes vir Trudie in die donker dieptes in gesleep het, besluit Daniel von Esch om die teenoorgestelde te doen en vat vir Kelly by die Witch’s Hat op. Was hy bewus van Damesskiet?

Kamp die aand is in ‘n sytakkie op, op ‘n eiland wat klaar deur bokke beset word. Vir die eerste keer kan ons weer praat van die Bok- en Trouklub, in hedendaagse, nie-argaïese terme. Daar moet ook net geraporteer word dat Alex en Anya na drie dae se roei nog veilig is.

In die stokerssirkel gooi ‘n ontstelde toeris hulle warmwater en pasta uit oor Tainton se voet (nie regtig nie) en die Oranjerivier eis nog ‘n slagoffer. Tone werk toe vir die eerste keer op die toer met regte tone. Inus braai lekker al sy visse, onderandere Jannie, Pietie en Frikkie. Ons keer terug na Groepie 2 wat steeds onder mekaar veg vir favour points by Herr Reddig. Maar hulle is vanaand nie in die nuus hiervoor nie, maar eerder a.g.v. allerhande eksotiese kosse wat binne die perke van hulle groepie gevind kan word. Disse vanaf die buitewêreld soos Nutella, crackers, natuurlik die alombekende avokado’s, Lindt sjokolade en, om alles te kroon, bokdrolle. En nie dies wat jy by Food Lovers Market kry nie. Nee, dies wat ons bokbure vir ons op die eilandkamp gelos het, lekker drooggebak in die son. Timone en Pumba, ag ‘skies, Jannes en Daniel G hou hul lywe Jamie Oliver en Gordon Ramsey en besluit sommer dat hulle groep se koffie daai je ne sais quoi mis en het summier die bokdrolle daarin gesit.

Voor Items gooi ons nie soos in die verlede klippies in die water nie, maar klippies in die vuur. Dit is nog dies wat ons saamdrae na Dag 3 se hike op na die ou Kwartsmyn toe. Die gidse het gesê dat dit die beste sou wees om te wag tot ons met net smeulende kole oor is en dan die stukkies mineraal in die vuur te gooi en dan te wag vir die ligvertoning soos die fluoriet in die vuur warm raak en in alle rigtings skiet.

Items

Hans en Mans (Christiaan en Fritz) maar Hans se stem maak amper nie die item nie en arme Mans kan nie sy lag hou vir troostelose vriend nie. Shame, dis maar seker die aand sonder ‘n slaapsak gewees.
Marko Kiessling en Martin het loopneuse.
Chelaine is Big Mama Jill, Petro is BigJill, Annika is Mama Jill, Diena is Little Jill en Carina is Baby Jill en word aangeval. As hulle nie in die been geskiet word nie, word hulle deur Lambert, Zandré en Jannie getuimeldroër.
Die alombekende Broekies met sterre soos Hanno as Kommandant, Johan as Swaggies, Ryan as Khaki, Daniel G as Boepies en Jannes in die titelrol.
Barbara Cronje, Martin, Jana, Hannes en Daniel von Esch is almal skilpaaie met Skilpad-Martin wat slaags raak.
Timone en Pumba maak hulle verskyning as Mario en Luigi wat vir ons kom vertel van hulle bok-infused koffie… en nie eintlik iets veel anders nie.
Schalk verkoop roomys, maar ons weet nie hoe hy sy deure oophou nie, veral as hy sy twee assisstente Marko “Silja” Kiessling en William Theron ook nog moet onderhou. Hanno wil R50 Bestuursroomys hê, Jannes kom soek Wakaberry en Pa Van Zyl en dogter Mart-Marié bly ook ongeholpe.
Ma Mart-Marié waarsku vir dogter Gina van skandes wat ‘n eerstetoeris dame op haar huis kan bring.
Lambert, Jannie en Johan is een ‘n aap en die ander ‘n krokodil maar die aand is laat en die sketskrywer het nie goed boekgehou van al die gebeure nie.
Anna en Sarah, die uitruilstudente van die VSA verras almal met ‘n Ode aan Afrikaans en die gehoor is verregaande daaroor:

We want to sing you a little LIEDJIE
And in Afrikaans it will be BIETJIE
It is a very nice DEUNTJIE
So grab your camera and take a KIEKIE

We went down the river is was Orange not ROOI
It was pragtig and it was MOOI
We slept in our uncomfy KOOI
And got bit by baie baie baie FLOOI

We didn’t learn enough Afrikaans to finish this
Riding with y’all has been total bliss
Every single one of you we will miss
So now we’ll blow you all a kiss

We’re gonna wrap it up ‘cause we’re feeling SAT
And I kinda have to take shit in a GAT

Hulle het eintlik net GAT gevat.

Hanno, Jandré, Chelaine nooi eerstetoeriste Mathilda, Van Zyl, Annemicke en De Wet Denkema vir ‘n taste test
Schalk, Hanno, Jannes, Jakobus en Daniel G is almal baie polities onkorrek in hulle item oor ‘n groep internasionale burgers wat almal saam aansit vir ‘n ete toe die lig aangaan.
Die gevreesde Kaptein word aangepak deur K-k-k-kaptein Hanno, Jak-k-k-kobus, K-k-k-anonk-k-knaap Louw en K-k-k-kraaines Johan. Maar Gids Petrus lê anderkant en slaap en is glad nie ok-k-k-k-kay met al die gek-k-k-klets nie. Darem vat dit nie te lank vir die Kaptein se k-k-k-lere omgehaal te word nie.
Johan en Mnr Jannie Fourie het die hele nag lank ‘n gesprek oor die NBS,
Schalk het uitgebrei na ‘n kopwinkel toe, maar is ook nie veel meer suksesvol met klante Hanno en Chelaine nie.
Johan en Lambert kom wys vir ons hulle ware kleure as Bobbejaan 1 en 2 terwyl Skaapwagter Jannie hard probeer wegkruip.
En om Items vir Oranjerivier mee af te sluit is Hanno ‘n illegal alien en Johan ‘n onbevoegte telefoonoperateur.

Hekels

Fritz wil by Jakobus weet wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Ek sal enige meisie in haar kas in swem.”
Janco wil by Marianne weet wat sy bedoel het toe sy gesê het: “Ek gaan op jou maag spring tot jy opgooi.”
Marco wil by Mart-Marié weet wat sy bedoel het toe sy gesê het: “Kom ons doen ‘n three way.”
Jandré wil by Mart-Marié weet wat sy bedoel het toe sy gesê het: “Ek wil ander meisies aan hom blootstel.”
Mart-Marié wil by Daniel G weet wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Trudie is going to get lucky tonight.”
Mart-Marié wil by Anke weet wat sy bedoel het toe sy gesê het: “Een vir jou een vir my.”
Anke wil by Mart-Marié weet wat sy bedoel het toe sy gesê het: Gebruik jy eers die man, dan sal ek.”
Inus wil by Trudie weet wat sy bedoel het toe sy gesê het: “Glo my, jy wil my nie vang nie.”
Mart-Marié wil by Anke weet wat sy bedoel het toe sy gesê het: “My lippe is seer en nie van soen nie.”
Jannes skrik letterlik wakker en wil by Daniel G weet wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Trudie is going to get lucky tonight.”
Janco wil by Gina weet sy bedoel het toe hy gevra het watter kant toe met die boot en sy bloot “Aaaarrrghhhhh!” geantwoord het.

Dag 5 – Dinsdag 3 April

Deur die nag terwyl ons tussen bokdrolle en doringbome rustig geslaap het, met die maan helder bo ons, het die trop bobbejane wat in die Witch’s Hat bly kom kuier en in die rivier duskant ons kamp kom swem. Gelukkig het net Jannes hulle gesien en kon die res van ons vreedsaam verder slaap.

Ons is die laaste oggend spoedig weg en ons is tussen die berge uit en die land maak weerskante van ons oop en daar doer in die verte kan ons die Flats sien – die grootste tafeldruiwe plaas in die Suidelike halfrond. Maar voor ons so ver stroomaf kan roei kom ons by ons eindbestemming aan. Die roei is verby. En dis alles baie onserimonieus maar die tyd is min want ons moet op die bus kom en terug Basecamp toe want ons moet terug Suid-Afrika toe voor die son te ver trek.

Middagbroodjies is by Basecamp (na drie en ‘n half dae se roei is dit bietjie van ‘n beledeging om slegs ‘n halfuur te ry tussen die begin en die eindpunt. En dit nog op ‘n grondpad ook) en toe al die emmers daar aangekom het kon almal oorpak en in die bus wegpak en toe is ons Suid, oor die grens. ‘n Vroeë aandete wag in Springbok se Spur. Die Burger challenge bestaan slegs uit eerstetoeris mans en Jacques wys ons hoe om ‘n burger, chips en uieringe in slegs 1 min 55 te verslind. Welgedaan.

En toe, soos die son oor daardie plantverlatelandskap sak, trek die bus weg en soos dit hoort was dit magies vol en ogies toe.

Ons het die toer om 23:59 in Stellenbosch afgesluit en almal (siek of gesond, beseer of perdfris) was baie bly om vanaand onder ‘n dak te kon gaan verder slaap.

Ter afsluiting wil ons net vir Amanzi Trails baie baie dankie sê vir hulle gasvryheid en ook ons gidse wat die naweek saam met die BTK oorleef het. Dankie vir al die geduld, ons weet dit het baie daarvan geverg.

 

 

– Mart-Marié Serfontein