Magoebaskloof 2019

Magoebaskloof 2019

‘n Skets van gebeur deur Micke van Rooyen.

 

13de Julie: Die begin voor die begin

Die roep van die Magoebaskloof woud maak die eerste BTKaners voor die kraai kon skree wakker. Die tasse is gepak, die opwinding is op sy grootse en die selfies van die BTKaners soos wat hulle op die vliegtuig klim word gestuur. ʼn Paar ander BTKaners was ‘n bietjie meer bevoorreg en het laat geslaap in afwagting vir almal om by Louw se ouers se huis te arriveer.

Met die eerste karre wat by Oom Johan en Tannie Rosemarie se pragtige huis stop, verander die drome van die verrassings en avontuur wat voor ons in Magoebaskloof, ‘n werklikheid. Soos wat ʼn mens deur die van den Heever’s se huis stap, kom ʼn mens op ʼn groter verrassing af gestap. Tannie Rosemarie en ‘n paar dames, naamlik, Maymarie, Dané en Chrisrie was alreeds in die kombuis besig om soos ware “Masterchefkokke bestanddele by mekaar te gooi vir ‘n sjokolade koek.

Daarna is die koskratte deur Gina, Hanno, Niel, André, Anthony en Micke gepak. Dit was nie lank totdat die pakspan in spanning vir Louw gevra het waar al die kos is wat die koopspan vir onderstel was om te koop. Dit was ʼn skok vir die einste spanlede, Louw, Dané, Christiaan en Chrisrie, dat daar ‘n paar kos items op die koslysie mis gekyk was. Maar geen probleem, want ‘n BTKaner maak ‘n plan! Veral as ʼn winkelsentrum net om die draai is.

‘n Paar stapsakke was toe op dieselfde oomblik oorgepak totdat die eienaars tevrede was. Een spesifieke kandidaat is Irmilee, wie haar stapsak met akkuraatheid en duidelike ervaring oorgepak het. Mens het nooit genoeg Ziplock sakkies nie.

Dit het gelyk asof die vakansie van vooraf begin toe daar ʼn paar brawe mense die koue swembad aangedurf het, behalwe vir Chrisrie [a.k.a Spataar] wie in hierdie geval deur Christiaan in gestoot is. Maar tot Christiaan se verbasing het hy saam met haar in die water beland, klere en al.

Die tafeltennis-tafel was deur Christiaan en Louw op die grasperk uitgedra en opgeslaan. Die nuwe geleentheid om te speel was onmiddellik deur Gina en Niel Lambrechts benut. Dit was nie die enigste wedstryd wat geniet was nie: ‘n paar tennis ondersteuners het die Wimbledon wedstryd in spanning gesit en kyk. Hierdie is egter nie die eerste geval wat ʼn mens hierdie staptoer as ʼn Berg- en Tennis Klub sou misgis nie.

Daardie aand, toe die mense hulself gemaklik maak om die gesellige vuurtjie, is die eerste praatjies, soos: “So wat swot jy?” en “Skuus, wat is jou naam nou weer?” afgehandel. Die BTKaners het toe die heerlike aandete wat deur Tannie Rosemarie en Niel de Kock se ma, Tannie Elsa, voorberei was, geniet.

Na ʼn smaaklike ete sou mens verwag dat iemand “magies vol, ogies toe” sou sê, maar toe nie. Twee dekadente sjokolade koeke is op die tafel neer gelê om Christiaan se 21ste te vier, als te danke aan die hoof kok, Maymarie en haar Duitse minions Dané, Chrisrie, Ernelene en Micke. Christiaan het weereens in die swembad beland nadat die mans vir hom die verjaarsdag liedjie gesing het.

14de Julie: Dag 1

Teen 7uur die oggend was al die BTKaners wakker en besig om hulle fisies en emosioneel voor te berei vir ʼn opwindende 4.5uur lang motorrit Magoebaskloof toe. Ons honger mae is bederf met ʼn ontbyt gemaak vir konings en ʼn koppie koffie wat dalk ons laaste “regte” koppie koffie tydens die toer sou wees.

Dié wat by Niel de Kok se huis oorgeslaap het, het vinnig die karre weer gepak en in die pad geval terug na die van den Heever’s se huis. Met die aankoms by Louw se huis was ʼn paar van die ouens alreeds in die BTK bui, besig om die frisbee oor die grasperk te gooi. Die kos-kratte was in die karre gelaai, en die pad Magoebaskloof toe is uiteindelik aangepak. Dit was nie lank daarna totdat iemand besef het dat daar kos in die yskas by Louw se huis vergeet was nie. Nog ʼn draai by ʼn winkelsentrum was toe gemaak.

ʼn Konvooi karre het aangerits met ʼn paar stoppe hier en daar vir die nodige strek kans. Daniel van der Merwe en sy passasiers het angstig die vordering van die ander karre op sy foon dopgehou om te verseker dat hulle kar eerste by Magoebaskloof uitkom. As ʼn mens dit deur die einste passasiers se oë kon beleef, sou jy sien hoe hulle in Daniel se blou cruiser in ʼn Dakar karresies deelneem, sterk op pad na die eindstreep. Die getuies in Duan se kar, wat net-net agter Daniel se kar gebly het, het die volgende skrikwekkende gebeurtenis beleef: Die slagoffers in Daniel se kar het ʼn noodhulpboodskap op ʼn stukkie papier geskryf en dit teen die agterruit opgehou vir die toeskouers. Die woord wat daarop gekrabbel was, lees toe: “Help!”.

Die “Debegeni Waterval” -bordjie het al hoe duideliker geword soos wat die karre nader en nader gesluip het. Nadat die eerste BTKar die bestemming bereik het, het die passasiers die oorweldigende teenwoordigheid van die waterval ingeneem. Die BTKaners was na die waterpoele verlei met die idee om in die koue water skoon te kom na ʼn lang dag se kar-ry. Die reuk van tuisgebakte vetkoek was meer as genoeg om almal uit die water uit te kry. Sekere mense het selfs drie vetkoeke verorber. Andrew, Karin en Gina het egter uit gemis op die vetkoek partytjie toe hulle per ongeluk die afdraai van die waterval heeltemal gemis het en eers twee ure later daar aangekom het.

Almal het weereens in die karre geklim en die kortpaadjie De Hoek hut toe gery. Dit was wel nie die geval vir twee ervare bestuurders gewees nie: Daniel van der Merwe en Niel Lambrecht het besluit om hul avontuurlustige passasiers op ʼn uitstappie te neem wat 3km verder was as die voorafbeplande 1km pad hut toe. Hulle was wel nie die enigste ervare bestuurders wat ʼn slegte dag op die pad ervaar het nie omdat Laubscher se kar se ratkas besluit het om in te gee. Een vir een het die ratte hul laaste rat gegee totdat net die neutraal en “reverse”-rat gewerk het. Voordat Lize se pa tot hul redding gekom het om die kar in te neem vir ʼn diens, het Laubscher homself emosioneel voorberei om die pad terug Stellenbosch toe agteruit aan te pak.

Die BTKaners het uiteindelik almal by die hut uitgekom. Tot hul verbasing was die bogenoemde hut ten volle toegerus en kon hulle dit eerder ʼn huis noem. Die sagte matrasse, elektrisiteit en warm water was beslis ʼn bonus gewees. Deur die verloop van die aand het die mense hul groepies beter leer ken oor die gesuis van die stofies. Mens sou spekuleer dat die BTK voorvaders sekerlik hul wenkbroue hoog sou lig as hulle gesien het hoe ʼn paar BTKaners om ʼn klein foonskerm sit en tennis kyk. Wiehan en André het soos “ball boys” tussen hul blikwas verantwoordelikhede en die tennis op die selfoon gehardloop. Vir privaatheidsredes sal die ander name van die kykers nie genoem word nie. Duan merk toe op dat die BTK die “Berg- en Tennis klub” geword het. Met al die beweging het groepie vier dit reg gekry om Danika se bord in hul pot laat vassit. Hulle het toe senuweeagtig begin rondvra of iemand dalk ʼn ekstra pot vir hulle het terwyl Daniel van der Merwe sy uiterste bes probeer het om die bord uit te skud maar tot geen voordeel nie, want die bord sak toe al hoe dieper.

Aaitims:

-Louw en Hanno het Items vir ons geopen met die wêreldberoemde vertoning van “Die ballade vir ʼn sterwende bok”.

-Louw, Ernie, Christiaan en Niel de Kok het troepe opgevoer, maar ʼn verrassing was deur iemand op die parade gras gelos.

-Kobus, Fletcher, De Wet en Petri het verduidelik wat ʼn “drill” is.

-Dané en Nienke het so verveeld by die werk geraak dat hulle “I spy” begin speel het.

-Laubscher, Niel de Kok, Maymarie en Louw het uit die ouetehuis gekla oor hulle stryd met disfunksionele knypers. Ongelukkig vir Niel word hy te laat in die oggende wakker om dit te besef.

-Ter viering van Christiaan se 21ste, vertel Niel de Kok van Christiaan se spesiale albaster, sy bi-bi gun en sy spoeg bomme.

-Ruan was ʼn honger kliënt by Christiaan se luukse en uitspattige restaurant waar die “special” op die menu “slakke wat binne ʼn butternut rond swem en huil” is…

-Andrew, Ruan, Fletcher, Anthony en André het gewys hoe om ʼn veldtie te vang.

Hekels:

-Daniel van der Merwe vra vir De Wet wat hy bedoel het toe hy sê dat Duan se oë so perfek lyk. De Wet sê toe dat Duan se oë perfek in die son gelyk het.

-Petri wil by Louw weet wat hy bedoel het toe hy gesê het dat die groepie wie by Niel de Kok se huis geslaap het die stadiger groep is. Louw het vinnig vir verskoning gevra, hy was verkeerd bewys.

-Niel vra Christiaan oor die oomblik toe hy geskree het: “Yes Djokovic”. Christiaan sê toe met sekerheid, “Dit is wat dit is.”

Nag Dames.

15de Julie: Dag 2

Met die eerste sonstrale wat oor die groen berge hul arms uitgestrek het, het die slapende BTKaners een vir een wakker geword. Die dag van stapskoene en ʼn “buff” aantrek het aangebreek, en die Magoebaskloof met sy geheimsinnige skatte het vir ons voor gelê. Almal het die laaste slaap uit hul oë gevee en die BTK-pap geëet, behalwe dié wat meer gefokus het op die feit dat daar ʼn anonieme selfoonnommer op die dames se pap sakke geskryf was. Sekere dames het vinnig die geleentheid aan gegryp om dié selfoonnommer uit hul koppe uit te leer.

Nadat voorsitter Louw almal vrolik gegroet het, was Christiaan en Chrisrie as die dag se betroubare slot en sleutel gekies. Die twee het in dieselfde asem vir die groep gedemonstreer hoe om die verskillende komplekse metodes van skiet uit te voer. Die mans was maar huiwerig om te “intercept” uit skone vrees vir die moontlike nagevolge van Christiaan af. Sakke op! Die geluide van stapskoene wat met elke tree op die harde grond land vorm die dag se ritmiese deuntjie.

Daar spoel ʼn gevoel van verwondering oor die groep toe die paadjie by ʼn stroompie uitkom met kristalhelder water. Bo-oor die stroompie, strek ʼn onbetroubare houtbrug, minwetend dat dit nog die eerste van vele sou wees. Mens moes vir ʼn oomblik stil staan om die volledige skildery in te neem (en vir jou eie veiligheid te hoop). Mens kan nie help om die ligte groen mos wat op die hoë bome groei, die terapeutiese geluide van die stroompie, en die sagte sonstrale wat deur die takke skyn, te bewonder nie. Weens hierdie natuurskoon, ontstaan daar ʼn spontane reaksie om deel te word van die natuur se konstante aanbidding van ‘n Koning bo dit alles. Ons was selfs bevoorreg om ons eerste “Game break” te geniet met die selfde mooi uitsig langs ʼn stroompie. Ruan en Dané het die oomblik benut deur om vars water by die stroom te kry, maar toe vat Louw die geleentheid nog verder toe hy vir Dané geskree het, “Stoot hom in!”. Dit was een groot gestoei gewees en al drie het op die ou einde nat geraak.

Na die onverwagte opdraendes wat die groep oorwin het, was middagbroodjies baie welkom gewees. Die verhoging van koolhidraat-vlakke was al wat nodig was om die laaste strek na Woodbush hut aan te pak. Op pad soontoe het Nienke en Ernelene hul toneelspelvaardigede bewys toe hulle hul vals tande uit gehaal het en soos ou tannies oor hul knieë en verouderde longe begin kla het. Terwyl daardie twee in die toekoms in geleef het, was Jané, Dané, Christiaan en Chrisrie liewers jonk van gees en het vinnig in ʼn stroompie gespring om af te koel. Hulle weet nou al hoe om die voordele van slot wees te gebruik.

Die verwelkomende hut het sy deure vir die BTK oop gemaak en die meisies het vinnig die geleentheid gebruik om deur die storte te spring. Ander, soos Irmilee, Nienke, Katrien, Danika, Marijke, Megan en Lalande het in die warm sonnetjie gesit en mekaar se hare gevleg. Onder die skuiling van die braai-area het Maymarie vir die BTKaners verduidelik hoe om nuwe kaart speletjies te speel. Hulle het toe hul kompeterende streke uitgehaal. Wiehan het in die verte gedemonstreer hoe hy met sy nuwe “drone, of eerder, sy onbemande lugvuurtuig soos ʼn arend bo die bome kan sweef, terwyl Gina en Niel Lambrechts met groot oë die toestel bewonder het.

Aaitims:

-Dané en Louw het die geliefde vertoning van Mr. en Mrs. Wong gedoen.

-Hanno was die oningeligte Mario met Louw en Niel de Kock as Alfredo en Luigi.

-Die pikkewyne: Hanno, Niel Lambrechts, Maymarie en Dané het by die verhoog op en af gewaggel.

-Jané was die fikse gasheer van ʼn nuwe televisie program, “Nooi soek ʼn booi”. Die kandidate was Dané as Sthonja, Chrisrie as Berta/Gert, Micke as Patricia, Lize as Laetitia en Nienke as Maggie. Hulle was nie desperaat nie, net ernstig opsoek…

-Hanno het vir sy kleinseun, Jaco, een van sy trotse jagstories vertel. Die een met die leeu.

-Die leeus het toe verdere angs in die toeskouers veroorsaak. Hulle met leë mae na Christiaan in die boom gekyk terwyl hy met sy baas, Niel de Kock, oor die foon gepraat het.

-Louw het ʼn foutiewe perd by Christiaan gekoop.

-Wiehan het die gehoor se harte gesmelt met sy weergawe van “You raise me up”.

Hekels:

Ernelene wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy ge het: “ʼn Sakkie organe”. Dit het daarop neergekom dat hy nie daarvan hou as ʼn mens nat-goed binne ʼn plastiek sakkie sit nie.

Daniel van der Merwe wil by Ruan weet wat hy bedoel het toe hy ge het: “Heino het ʼn oulike gesig”. Ruan antwoord toe dat hy “so ʼn mooi teddiebeer gesig” het.

Louw wil by Hanno weet wat hy bedoel het nadat Louw vir hom gevra het, “Het jy sy gesig gelek?” toe Hanno beantwoord het dat, “Nee, ek het sy mussie gesuig”. Hy het daardie dag aan Niel de Kock se mussie gesuig…

Dané wil by Louw weet wat hy bedoel het toe hy ge het: “Almal wil vanaand saam met Tyla slee en haar hare suig. Al dink ʼn mens dat daar nie ʼn moontlike verduideliking daarvoor kan wees nie, sê Louw dat die lepel vol poeding amper aan Tyla se hare geraak het. Hy “sien toe deur sy geestesoog hoe dit haar hare tref” en hoe sy vir haar slee date sal moet sê, “kom lê nader en suig aan my hare”.

16de Julie: Dag 3

Die BTKaners het die derde dag begin met ʼn gretigheid om meer van die geheimsinnige woude te ontdek. Die voëltjies het gesing, die sonnetjie het die gevriesde tente ontdooi en Louw het diep in gedagte op ʼn klein stompie gesit. Met verdere ondersoek was dit bevind dat Louw in bewondering besig was om die agterkant van ʼn Ricoffysakkie deeglik te bekyk. “Aaahh, Ricoffy. Ons wou net begin stap het, toe iemand amper in Louw se tent vasloop het – dit het nog gestaan.

Met die begin van die dag se roete, stap die dames almal toevallig in ʼn ry. Die borrelende opwinding wat met die dag voorge het, het veroorsaak dat daar ʼn dringendheid onder die dames was om ʼn hele dag se geselskap binne vyf minute in te druk. Die mans was glad nie beïndruk met die hoë volume-vlakke wat die dames bereik het nie. Dit was nie lank daarna dat die woud die selfde effek op die mans gehad het en hulle in seerower aksente begin praat het nie. Middagbroodjies het die leë mae gevul en groepie een, anders bekend as “mos die ervarings”, het uit ʼn sangbundel gesing. Die gesingery van die groepie was ook benut om De Wet en Neil de Kock se aandag af te trek terwyl ʼn paar anonieme mense rotse binne hulle stap-sakke gesit het. Die arme twee was oningelig oor wat aangegaan het, terwyl hulle die asemrowende uitsig beskou het.

Daar was beplan om daardie aand by ʼn spesifieke hut te slaap, maar die omringende omgewing was in ʼn “sub-idealetoestand, soos wat Jané dit sou stel. Sub-ideaal in hierdie geval, was rook van ‘n bosbrand al om die hut. Met Lize se hulp is daar toe vinnig besluit dat Broederstroom-hut die nuwe eindpunt sou wees. Die pragtige hut met ʼn asemrowende uitsig van hoë bome wat die buitewyke omring, het die dankbare stappers verwelkom. Uit blydskap vir die voorsiening van slaapplek, was ʼn BTK masseer-treintjie gevorm deur Ernelene, Dané, Chrisrie, Christiaan, Maymarie, André en Anthony.

Die gesellige vuurtjie was die middelpunt van die aand gewees terwyl die BTKaners se stemme saam met die vonke in die donkerte in verdwyn het

 

We do not want merely to see beautyWe want something else which can hardly be put into wordsto be united with the beauty we see, to pass into it, to recieve it into ourselves, to bathe in it, to become part of it.” – C.S Lewis

 

Eerste toeris se konsert:

Anthony, as Billy Ray Cyrus, stap in ʼn kroeg en vind ʼn skaap op pad slagpale toe, Wiehan. Megan as Megan Fox kom kort-kort daarna op ʼn “Transformer” ook op die verhoog. Karen Zoid, gespeel deur Karen, stap toe ook in dieselfde kroeg in en nooi vir die “Kelvin Klein model”, André. Iemand het toe flou geval en was op “Fletcher die stretcher” uitgedra.

Danika was die perfekte nabootser van Dané, en Marijke het die rebellie gelei.

Lydia het vir ons verwelkom op ʼn uitstappie na Denemarke waar sy almal beïndruk het deur om Deens te praat.

Die bogenoemde eerste toeriste saam met Catrien, Nikola, Andrew, Jaco en Denver het ʼn vertoning van “Die Machtige Koning” en die verjaarsdagliedjie uit gevoer.

Items:

-Christiaan en Louw struikel tussen “ja” en nee totdat Chrisrie hulle frustreer het met ʼn “ja nee”.

-Maymarie het vir Christiaan ritme gehou in die vertoning van “Life aint easy for a boy named Sue”.

-Daniel von Eschwege, Nienke en Micke het die Magaliesburgaandlied gesing

-Louw en Hanno was die roomys-winkel eienaars wie se toonbank deur Anthony en André opgehou was. Die kliënte was Ernelene, Irmilee, Gina en Niel Lambrechts gewees.

-Laubscher was die ruuuuustige vlieënier met die arme Nienke as die lugwaardin. Die passasiers was Hanno, Kobus, Niel en die beroemde Blou yskas.

-Micke en Lize het ʼn nuwe episode van Rooikappie en Lara Croft in die woud opgevoer.

-Hanno en Ernelene was Wimpy toe vir hulle herdenking gewees.

-Ruan en Louw het ʼn onvergeetlike vertoning van die liedjie “All the small things” na die verhoog gebring.

Hekels:

Kobus vra vir Hanno wat hy bedoel het toe hy gesê het: “ ʼn Vroulike vergiet”. Hanno het blykbaar bedoel dat ʼn vroulike vergiet ʼn vergietess is”…

Jané vra vir Christiaan wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Wel ek is nog altyd into spatare”. Hy verduidelik toe dat Chrisrie se radio-naam “Spataar” is.

17de Julie: Dag 4

Yskristalle het deur die nag ʼn dun, wit laag oor die tente gevorm en geglinster in die oggend se eerste sonlig. ʼn Paar mans het skuiling op die vloer in ʼn leë kamer in die hut gevind, weg van die byt in die lug. Die temperature het darem met die verloop van die oggend gestyg en die meisies het in die warm sonnetjie ʼn sirkel gevorm. Lize het die oggend se opwarm sessie behartig en al die dames het met hoë-vlak dissipline haar agtervolg. Na ʼn koffie en pap, was die sakke en Louw se tent gepak en die opwindende dag voortgesit. Dit was nie lank daarna dat daar by die eerste game-break deur Christiaan en Louw besef was dat dit “Wifey Wednesday was nie, en hulle het toe vinnig ʼn punt daarvan gemaak om vir die geleentheid aan te trek. Dané en Maymarie het opbouende kommentaar na die twee modelle se kant toe gerig.

Met die loop deur die groen woude kon ʼn mens die oorweldigende ervaring van die varings beleef en die skoonheid van die natuur in neem. Erens in die verte het Christiaan se stem die stilte gebreek en die woorde, “Maaitjie vir ʼn praatjie?” kon oor die radio gehoor word.

Hanno het die roep van Christiaan se hunkering tot geselskap beantwoord met ʼn gesprek wat ʼn onverwagte rigting ingeneem het Hanno het sy omringende omgewing aan Christiaan beskryf, asook sy ontevredenheid oor die musieksmaak van die persoon voor hom. Christiaan het toe sy bertroubare raad aan Hanno gebied en verwys na effektiewe oplossings oor hoe om ontslae te raak van die persoon wat voor ʼn mens stap. Christiaan het begin deur om te verduidelik waar ʼn mens die persoon voor jou moet omdop terwyl hulle oor ʼn dooie boom stomp klouter – hierdie voorsien mens met ʼn trappie voor en agter die stomp om die hele ervaring van die staptoer te vergemaklik. Die volgende meer ingewikkelde metode was om die persoon voor jou as ʼn slee te gebruik sodra daar uitdagende afdraandes voor mens lê. Ongelukkig vir Chrisrie was sy nog die heeltyd die persoon wie voor Christiaan moes stap.

Middagbroodjies was langs ʼn waterval geëet en ʼn paar BTKaners het dit in die koue water gewaag terwyl die ander in hul groepies op die sagte gras gesit en ontspan het. ʼn Anonieme groepie-leier, wat homself as ʼn totale objektiewe party beskryf het, het kommentaar aan die sketsskrywer gelewer dat groepie een, of “Mos die ervarings”, die lekkerste middagbroodjies gehad het nadat daar aan streng kategorieë en vereistes voldoen was.

Die eenvoudige, kalm leefstyl van ʼn stapper het teen dié tyd in die harte van die BTKaners kom vestig en ons uitkyk op die lewe was om te sien hoe ver die volgende hut was. Die hut waarby die groep wel uit gekom het en die uitsig wat dit gebied het, was iets uit ʼn sprokie verhaal gewees. Die gladde rotsoppervlak van die waterval het die sonlig gereflekteer en die borrel van die water het saggies in ons ore kom fluister. Al die BTKaners het om ʼn warm vuur vergader – hierdie sig was die perfekte legkaartstukkie om die aand te voltooi.

Jané en Ernie het vir groepie vier, “Vandag se wenners”, met melodieuse deuntjies op hul bekfluitjies bederf terwyl almal om die stofie gesit het. Hierdie was later met geliefde liedjies uit die sangbundel gekombineer tot laat die nag toe. Die groep se enigste lig was die dansende helder vlamme en die BTKaners se kopliggies wat soos vuurvliegies deur die lug gevlieg het.

Items:

-Groepie een het ʼn alternatiewe optrede gedoen wat ontstaan het uit ʼn kombinasie tussen “Superman in die kroeg” en “Die eend wat vra vir brood”. Superman was vertolk deur Laubscher, wat vir Ruan nie om die bos gelei het nie, maar by die venster uit. Wiehan was die baaaaaarman met sy assistent, Marguerite. Karen was die beroemde Karen Zoid met André as haar violis. Micke was die eend met haar honger eendjies, Gina en Marijke.

-Christiaan en Neil de Kok het “Hans en Mans” opgevoer.

-Christiaan en Kobus, sy ongewaardeerde assistent, het hoenders by Hanno gekoop.

-Lydia het die BTKaners bederf met haar lieflike stem en ʼn voortrekker liedjie, “Hou koers”.

-Troepe: Ruan, André, Kobus en Niel Lambrechts, het almal slegte nuus by Sersant Louw gekry, wat die inligting wat hy van Korporaal Christiaan af gekry het met die beste van sy vermoëns oor gedra het.

-Die seerowers, Louw, Hanno, Duan en Laubscher, was onseker oor wat hul ware bestemming was, maar het wel geweet hoe om te roei. Hanno was die perfekste voorbeeld hiervoor gewees. Hulle het toe uiteindelik by ligtoring, Nikola, uitgekom.

-Met die maan se eerste verskynsel oor die takke was dit simboliek van die begin van ʼn nuwe era. ʼn Nuwe item. Het jy al ooit gewonder hoe Maria in die rivier beland het? Wel Maria, Mario se vrou gespeel deur Micke; Freda, Fetachini, se vrou gespeel deur Tyla; Linda, Luigi se vrou gespeel deur Irmilee en Arabella, Alfredo se vrou gespeel deur Lize, het die bloedige storie vertel. Geen dame was onskuldig bevind nie en net drie het oorgebly…

-Christiaan het ʼn weergawe van Louw vir die gehoor uitgespeel saam met Ruan, Niel en Laubscher. Dit kom daarop neer dat Louw baie trots is op al sy “gadgets”, of hy dit kort of nie.

-Micke en Lize het nog ʼn episode van Rooikappie en Lara Craft gedoen met Maymarie as die dowe en tandlose ouma en Ruan as die wolf.

Hekels:

Jané vra vir Catrien wat sy bedoel het toe sy gesê het: “My broer soek my perd as salami”. Catrien verduidelik toe dat haar broer te lui is om te gaan jag so hy dreig dat hy Catrien se perd sal skiet.

Neil de Kok vra vir Hanno wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Met die regte verwerkingskrag kan ek ʼn vrou uit figure”. Hanno het toe ʼn goedgestelde antwoord gegee.

18de Julie: Dag 5

Wakkerword-tyd vir die BTKaners was 8uur gewees, maar opstaan-tyd was eers net na 9. Die idee van laat lê het baie mense in hul snoesige slaapsakke laat bly, totdat die gedruis van die rivier hul nuuskierigheid oor die dag se geheime oortuigend genoeg was om die dag te gaan verken. Louw het vir die stappers ʼn rustige dag gegee en daar was besluit om later die dag ʼn kort stappie te vat. Dit was in hierdie eerste oomblikke van die oggend dat ʼn paar BTKaners ʼn spesiale, riskante idee aan Louw voorgestel het om na die volgende oggend die nuwe “ The Lion King” in die flieks te gaan kyk. Almal het in spanning vir die terugvoer gesit en wag

ʼn Paar brawes het besluit om ʼn verfrissende swemmie in die koue water te vat. Ander het besluit om eers te gaan draf voordat hulle die water aandurf, en die res het besluit om salig in die son te sit en gesels. Daar was ʼn deurlopende gevoel van tevredenheid wat oor die hele groep geval het. Die mos het helder en sag teen die donker bas van die bome gegroei, die lig het verspreid deur die takke geskyn en die vloei van die rivier het tyd laat stil staan.

16 For by him were all things created, that are in heaven, and that are in earth, visible and invisible, whether they be thrones, or dominions, or principalities, or powers: all things were created by him, and for him:17 And he is before all things, and by him all things consist. Colossians 1:16-17

Middagbroodjies was by Dokolewa hut geniet, na ʼn uitdagende heuwel van Broederstroom hut af. Nadat die BTKaners hulself weer in die bekende hut tuis gemaak het, het almal ontspan. Kaart speletjies was vinnig aan die gang gewees en die spanning het hoog geloop. Neil de Kok en Laubscher het buite op die gras op matrasse gelê en boeklees, en ‘n hele paar dames het later saam gaan rus.

Net toe mens dink dat die rustigheid nooit sal ophou nie, het Louw ʼn paar rusteloses op ‘n beloofde stappie geneem. Die stappers was behoorlik tevrede met die bestemming van die stap gewees, toe hulle by die bokant van die eerste dag se waterval uitkom. Die uitsig was iets om oor stil te raak. Party het op die groot klip gaan sit terwyl ander se nuuskierigheid hulle geroep het om nog verder by die waterval op te klouter.

Toe almal weer by die hut aangekom het, het Jané vir Christiaan gevra, “Is ons rys al in gelê?”. Die ontspannene atmosfeer is gou opsy geskuif toe die kosmaak met mening begin. As jou rys as kok nie reeds in was nie, moes jy jouself ten minste met beertjiepoeding kon bewys. Die rasende stofies was wel nie die aand se enigste bron van musiek gewees nie: sokkie musiek is aangeskakel en die dansbaan se kollig is deur die karre verskaf. Al het ʼn paar blase onder mense se tone gevorm weens die geskoffel deur die stof en klippies, was dit die moeite werd om die toer op so ʼn hoë noot af te sluit.

Items:

-Louw en Dané tree die gewenste “Trill-Trill” op

-Niel Lambrechts, Hanno, Jané, Ernie, Laubscher en Micke vertolk n weergawe van “Klippies”.

-Louw, Neil de Kok, Christiaan doen ʼn nuwe item waar Louw per ongeluk ʼn goue trompet vernietig het…

-Christiaan en Neil de Kok verduidelik aan Ruan dat ʼn mens nie van daar af by PE kan uitkom nie.

-Wiehan het weereens die gehoor beïndruk met sy talent om te kan “beat box”.

-Louw en Neil de Kok het ʼn optrede van “Ek is dronk” gedoen.

-Christiaan en Neil de Kok was Frikkie en Sarel

-Neil de Kok, Gina en De Wet het die proe kompetisie gedoen met Andrew, Denver, en Wiehan as die proeërs.

-Jané en Dané was Brumilda en Drusilla.

-Christiaan, Neil de Kok en Dané het die storie van die papagaai en “jy weet mos” opgetree.

-Louw was die fikse gasheer van die tweede nuutste televisie program vir die toer, “Booi soek ʼn nooi”. Die kandidate was Ruan, wat beweer hy kon thommetjies doen, Christiaan, wie tevrede sou wees met ʼn Gert tipe klaiber; Wiehan, wie vir sy toekomstige nooi laat in die aand in wil sing; Laubscher, wie daarop gefokus het om ʼn “bench press” hier en daar sonder hemp in te werk, en Hanno, wie van sy volledige (en dalk werklike) “Excel spreadsheet” vertel het. Hulle was nie ernstig opsoek nie, net desperaat…

-Christiaan het die BTKaners op ʼn emosionele “roller coaster” gevat met ʼn weergawe van sy oupa, C.M. van den Heever, se gedig “Vlerke van die arend”. ʼn Traan was hier en daar gepik.

-Louw het die emosies al hoe vlakker laat sit toe hy nog ʼn gedig, wat deur sy oupa geskryf is, gelees het.

-Lize het die aand se items vir ons afgesluit met ʼn opvoering van haar eie met haar bekorende stem.

Hekels:

Lydia wou by Hanno hoor wat hy bedoel het toe hy gesê het, “Ek het gedink jy is ʼn geweldige melk uitspuiter.” Hanno verduidelik toe dat die melk wat hulle in die pot vir die kos moes gooi te stadig by die melk boks uit gekom het.

Duan wou by Dané hoor wat sy bedoel het toe sy gesê het, “Niemand sê wat julle hier gesien het nie.” Dané beantwoord toe dat sy nie weet waarvan hy praat nie, maar dit kom toe daarop neer dat sy besig was om haar sjokolade poeding vreeslik te geniet terwyl sy daardie sin gesê het.

Dané wou by Jané hoor wat sy bedoel het toe sy gesê het, “Hanno, ek sal daardie boek van jou in my badkamer, op my toilet sit en lees.” Dit was wel maar net ʼn ingewikkelde kompliment aan Hanno.

Ruan wou by Louw hoor wat hy bedoel het toe hy gesê het, “Ek het een los gelaat wat questionable is.” Daar was geen verduideliking vir hierdie gewees nie.

Jané wou by Irmilee hoor wat sy bedoel het toe sy gesê het, “Ek het toe ʼn hele skaap geëet.” Irmilee se woorde was toe, “Ek was ʼn baie vet pokkel.”

19de Julie: Oppad terug Pride Rock toe

Met die sonsopkoms wat stadig oor die berg verskyn het in ʼn mengsel van pienk en oranje kleure, soos ʼn toneel uit ʼn fliek, speel Louw die openingslied van “The Lion King” uit die kar. Opstaan! ʼn Meer toepaslike oomblik kon daar kwalik wees. Dit was toe bevestig dat die BTK sowaar gaan fliek. Om die laaste slaapvangers wakker te kry het die mans die mees ingewikkelde liedjie, “Bohemian Rhapsody”, gesing.

Na ʼn vinnige ontbyt het almal saam gewerk om die BTK-toerusting in die karre te laai en die laaste “chicken parade” te hou, hierdie alles met die belofte van Terash en “The Lion Kingin gedagte. Daar was wel met ʼn swaar hart besef dat die woud met groen mos, kristalhelder waterstroompies, sonstrale wat deur die takke loer, voëltjies wat oor die geheime van die woud sing, met ʼn stukkie van ons eie harte sou agterbly.

Die BTK het vir die laaste keer ʼn kringetjie gemaak en die inwoners van die vuurpyl, Dané en Duan, twee ongelooflike mense wat ʼn langdurige verskil in die BTK gemaak het, is maan toe gestuur. Die herinneringe saam met hierdie geliefde BTKaners sal nooit vergeet word nie, en hul spore sal altyd in almal se harte in gekerf bly.

Die kort rit na die “Mall of the North” het die opwinding vir wat voorlê al hoe groter laat groei, asook die leë kol in ons mae. Dit was dalk die begin van ʼn nuwe tradisie, of dalk nie, maar dit word met sekerheid gesê dat die BTKaners ʼn goeie gehoor in ʼn fliek kan maak. Van daar af het almal weer in die karre geklim op pad na Louw se huis toe. Die BTKaners groet hul vriende en vriendinne met harte wat bars van geluk, herinneringe wat nooit vergeet sou word nie en met die afwagting wat soos ʼn kind in ʼn sweets-winkel vra, “Wanneer is die volgende een?”