Wildekus 2021

Wildekus 2021

“Ons is Wilder as die Wildekus”

‘n Skets van gebeure deur Lianca Coetzee

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Dag 1: 30 April: Uiteindelik weer toertyd!

Dis ‘n herfsaand in Stellencbosch, maar onder die brug in Merrrimanlaan voel dit steeds soos lente.

Na meer as ‘n jaar se wag vir die toer na die Wildekus, is die opwinding onder die groep groter as ooit tevore. Ou maats groet mekaar terwyl die nuwes met oop arms verwelkom word, ‘n paar pak nog sakke en ander hardloop vir oulaas winkel toe op soek na sleepille.

Helette word verbaas deur Ruan se aankondig dat hy saam kom toer! Dis ‘n wonder dat die geheim so lank stil gebly het…Mia verjaar en in ware BTK- styl word daar vir haar geluk gewens, dankie tog vir manne wat kan raakvang! Die groepies ontmoet meakaar en kos word verdeel, die peanutbotter is nog by hul regte eienaars vir nou.

Teen 21:30 is die bus gepak en die lang rit na die Transkei begin.

Dag 2: 1 Mei: The long road to Port St Johns.

Na ‘n nag op die bus waarin ‘n paar ingeneurs hul verlore slaap van die afleope toetsweek ingehaal het, ariveer die bus in Cradock vir ‘n Wimpy ontbyt. Hier word die groep een stapmaat ryker met die student van PE wat met flippers en al op die bus klim, welkom aan André. Na ‘n goeie dosis kaffiën lyk die groep meer aan die wakker kant en reg vir die volgende heflte van die lang rit.

Die 30 seconds kaartjies is na die derde rondte reeds gememoriseer en so word die kitare eerder uitgehaal vir vermaak. Middagete word elke uur uitgeskuif en teen skemer is ‘n paar honger mae meer as dankbaar om by die betsemming in Port St Johns aan te kom.

By Jungle Monkey Backpackers word daar geskarrel om sak en tent te vind voor daar om ‘n karton-boks-tafel versamel word om uiteindelik die “middagete” van hot-dogs te verorber. Nadat die ergste honger gestil is slaan die manne kamp op en die dames word bederf met sagte beddens vir oulaas- party gelukkige siele kry selfs ‘n honeymoon suite op ‘n houtdek en hul eie uitsig oor die Trankei se berge.

Die bederf hou aan met aandete, ‘n feesmaal van reis, vleis en aartappels plus ‘n vertoning van twee local dames en onse eie Van Zyl en Frederick in hulle interpretasie van Jerusalema.

Dinner and a show- what a bargain!

Daar word tot laatnag om die vuur gekuier en hier daar hoor mens ‘n fluister stem vra oor die roete, die “river-crossings”, wat ‘n slee is en spekulasies oor wie se sak die swaarste is.

Dag 3: 2 Mei: Stap Nou!

Na 24 uur op die bus is die groep meer as gretig om te begin stap. Die oggend begin met ‘n paar Bialetti’s wat gestook word en eerste toeriste wat vir die eerste keer BTK-pap proe. Sakke gepak en geweeg word daar vir die laaste keer op die bus geklim vir die rit na die beginpunt.

By ‘n strand in Port St Johns ontmoet ons die gidse en so begin die 5-dag avontuur.

Binne die eerste paar meter merk ‘n paar op dat daar beeste op die strand is- en sowaar, in die Transkei verkies nie net die mense die strand nie, maar hul vee ook! Voor die enkels nog behoorlik warm geword het is dit reeds tyd vir skoene uit om oor die eerste rivier te kom- darem ‘n kleintjie om mee te begin. Daarna begin die heuwels stadig maar seker aankom. Op ‘n oop stukkie strand word daar vir die eerste keer vining gestop, maar die gidse jaag aan met die wete van wat wag.

Na ‘n lekker lang bult en paar langer gesigte word daar ‘n noodstop gemaak en so kom die eerste gamebreak onverwags, met ‘n uitsig van blou waters en groen heuwels kon ons nie vir ‘n beter plek of tyd vra nie. Hier herwin party hul kragte onder die skadu van die bome terwyl ander die solar energy opsie verkies om hul batterye te herlaai.

Nog ‘n paar kilos deur gras velde en oor grondpaaie met uitsigte wat net al mooier word en daar vir middagbroodjies gestop langs die kus, op ‘n stukkie gras, – hoe luuks! Voor ons kon keer is Basson by die water in die hoop om ‘n vis aan die lyn te kry. Na ete is dit weer sand se kant toe vir die laaste ent se stap vir die dag voor die eerste behoorlike “river-crossing”.

By die rivier loop dinge amper skeef, maar toerleier Johan maak ‘n plan! Na ‘n hele paar keer se heen en weer roei kry die bootjie almal se sakke droog aan die ander kant. ‘n Paar maak van die geleentheid gebruik vir n dryfsessie terwyl ander die laaste bietjie sonskyn op die rotse geniet. Met Frederick wat voorvat pak ons die laaste bult aan en met sonsonderang staan ons by die kampplek en bewonder die strale wat oor die meer verdwyn.

Hier word skiet deur Murray en Chelaine gedemonstreer, Murray beveel die leeu-bok benaring, of die sirkel tegniek aan. Nie ‘n minuut word gemors en skiet word net daar oop gemaak, ‘n paar eerste toeriste skarrel nog effens verward rond in die hoop om ‘n slee gevang te kry.

Aandete word met kopliggies voorberei en die eerste aand van aaitems begin kort daarna…

Aaitems:

Johan skop die aand af met ballade vir ‘n sterwende bok- gelukkig is die slee sagter as die sement.

Generaal Ruan deel tragediese nuus met sy troepe

Oom Piet is aan die beurt met die verduideliking van die sleemometer.

Elwin en Frederick se Hans en Mans laat die hele slee skaterlag.

Wesley, Roland, Johannes en Andre vat ‘n wilde rit op ‘n rollercoaster.

Manie is Mr Price (die keer bly die handdoek darem sit…)

Petrus en Bets maak hul eerste verskyning op die toer in ‘n vlug na Kanada, met hul blou yskas as bagasie-natuurlik!

Hikkels

Van Zyl wil by Oom Piet weet wat hy bedoel het met die woorde “Aaitem is ‘n vryplek”.

Johan wil by Nina hoor wat sy bedoel het met “Ekt nog nooit naby genoeg aan jou gele nie”.

By Machrista wil daar gehoor word wat sy bedoel het met “Ek is bemarkbaar”.

(Blykbaar is haar sleepille iets wat geadverteer kan word)

Jane wil by Murray hoor wat bedoel het toe he gesê het “Sys ‘n bees”, terwyl hy op Chelaine se rug sit!

Marguerite wil by Ian weet wat hy bedoel het toe hy na Nina verwys het as “die een met die magie”.

Dag 4: 3 Mei: Soetheid by die see…

 Met die stokers se stemme word die stapmaats wakker gesing en die paar wat vining genoeg uit hul slaapsakke kan spring gaan kyk hoe die son die dag verlig oor die lagoon. Kort voor lank word daar ‘n treintjie begin vir al die skouers wat nog gewoond raak aan hul swaar rugsakke. Koffie en pap word geniet met die kitaarmusiek in die agtergrond, wat ‘n voorreg!

Jannie is slot met Sibbie en Marguerite as sy sleutels- ‘n musikale kombinasieslot sal ons later hoor.Tente gesak, sakke gepak en met een stapmaat minder val ons in die pad. Na ‘n paar kilometers word daar besef die drie honed wat saamdraf is nou aan die BTK toevertrou en daar is geen manier om van hulle ontslae te raak nie. Langs die pad word daar vriendelike kinder gesiggies, blou rondawels en baba varkies gewaar- waarvan een natuurlik eers gevang en gevryf moes word deur Elwin. Agter in die groep gebeur dieselfde met ‘n bokkie in Marguerite se hande.

Die heuwels word met ywer gekim in die wete van die mooi wat elke keer wag sodra die bopunt bereik word (Nina se ukulele help natuurlik ook). Na ‘n paar kilos deur ‘n tropiese oerwoud kom ons by ‘n groot wit strand aan vir middagbroodjies. Die broodjies is skaars gesluk en die spikeball toernooi begin. Die manne daag mekaar behoorlik uit en na die dames mooi gevra het kry hulle darem ook ‘n beurt.

Hier word daar geswem, geslaap en in die son gebak. Die vissermanne kom weer met leë hande terug van die branders en Groepie 3 word gebrandmerk. Nadat almal hul dosis seewater gesluk het word daar ‘n “stapnou” gehoor, maar nie voor skiet oopgemaak word nie. Mens sien net sand spat soos die dames hardloop…

Nog ‘n rivier word oorgesteek en die laaste stukkie grondpad gestap voor die aankoms by die aand se slaapplek in Mpanda. Op ‘n grasperk in die skemerson sien jy stappers wat met sak en al nerval na die dag se avonture. Skiet word vir ‘n tweede keer oopgemaak na die eerste toeriste ingelig word dat hulle bondelslee. Manie word deur Fred geintercept voor hy kans kry om te begin hardloop.

Die eerste toeriste beeld ‘n paar BTK legendes uit in hul konsert met Suzaan, David en Christiaan wat hul verskyning op die verhoog maak. Johannes is Jonkershoek en Basson haal sy beste Brits uit in die vertolking van Paddington. Oom Erik is Abraham en vertel die geskiedenis van die BTK; sy besorgheid oor sy seun se tekort aan ‘n vrou is nou vir die hele groep ook ‘n gebedsaak saam met Sara…

De Machtige Koning word ‘n paar keer herhaal.

Aaitems:

Jakes en sy Pikkewyntjies vat ‘n punch!

Frederick is (Stoute) Wouter Kabouter in sy Wildekus Kombuis- selfs sy verhoogmaat kan nie die lag inhou tydens die optrede nie.

Heino se Passanger is ‘n treffer!

Nina en Inke sus die slee aan die slaap met die mooiste weergawe van “Can’t help falling in love” op die Ukelele.

Hikkels

Marguerite wil by Jannie hoor wat hy bedoel met “Groepieleiers is die beste vryers”.

Verder wil sy weet wat hy bedoel het met:

“hulle het almal my so kom soen, so mwah, mwah, mwah”

By Murray wil daar gehoor word wat hy bedoel het met “Ek gaan haar brandmark”.

Lambert wil by Basson weet wat hy bedoel het met “Jy wil my net seermaak sodat jy my kan regmaak”.

Jannie wil by Inke hoor wat sy bedoel het toe sy vir Ian gesê het “Ek kon nie my oë van jou afhou nie”.

Charlotte wil by Sibbie weet wat sy bedoel het toe sy vir Amy-Lee gesê het dat sy al die ouens gaan gebruik.

Heino kry sy eie hikkel afdeling.

 

Dag 5: 4 Mei: “the colours of the morning are inside His eyes”

‘n Sonopkoms-kyk-sessie deur is in orde vir almal wat vroeg genoeg uit hul tente kan kom. Met die aandlug wat stadig maar seker helder oranje geverf word oor die see besef ons opnuut hoe mooi die Skepper is en met dankbaarheid begin ons die dag. Die son vat egter sy tyd en Johan jaag sy span terug kamp toe om tente te sak.

Voor ons begin stap word die verlore potdeksel weer deur sy eienaars geclaim in die daaglikse lost-en-found sessie. Frederick is ons slot vir die dag met Amy en Inke as sy sleutels-kombinasie slotte is blykbaar die manier om te gaan deesdae…

Met ‘n stapnou val die groep weg, reg vir nog van Wildekus se ongelooflike natuur. Oor grasheuwels en nog ‘n paar stroompies word daar vining gestop om kans te gee vir die slot en sleutels om in te haal. Die groot oop gras lyk egter te aanloklik en ‘n paar manne kan ‘n rondte frisbee weerstaan nie. Na ‘n vet bult is dit tyd vir gamebreak. By groepie drie word daar besluit die “dries” lyk beitjie vaal en so begin die brandmerkery weer.

Soos ons aan stap word daar vier zebras gewaar wat soos skouperde staan en pronk. Donkies wei ook teen die grasheuwels en die koeie le luilekker op die strand. Dit lyk waaragtig lekker om ‘n dier op die Wildekus te wees.

By ‘n groot groen grasperk langs die see stop ons toe vir middagbroodjies. Hier word daar geswem en nog geswem, tussenin word broodjies gehap- die brood was ten die tyd al minder vars (dit besef ons deurdat dit toe nie Ian se voete was wat soos gis ruik nie). Die kitaar word uitgehaal en al wat ‘n grondeiltjie is word benut vir ‘n middag le sessie. Voordat almal behoorlik in droomland is word ons weer wakker geruk deur Johan wat opmerk as ons nie nog wil betaal nie moet ons dadelik stap…

Voor ons in die pad val maak Chelaine skiet oop en chaos volg soos wat die manne vir ‘n slag weghardloop van die dames. Daniel vlug boom toe en Jannie word met sake n al deur Mayms getackle. Na ‘n rukkie se gewag kies Charlotte eerder iemand nader aan die grond en los vir Daniel sleeloos in die takke. So vertrek ons toe met die grondpad oppad na die aand se bestemming.

By die hek van Hukele natuur reservaat word daar vir ‘n tweede keer na Daniel gemik en die keer word hy raak geskiet deur Lisa- met Deborah se hulp kry hulle uiteidelik haar broer gevang. Met sonondergang wat al nader staan stap ons verder met die grondpad deur rondawels en kindertjies wat ent0ent saam stap en gesels.

By die slaapplek word ons gegroet deur ‘n tannie met ‘n groot glimlag-en ‘n bottle sanitizer!

Met net een stort onder 70 stapppers word daar die aand na die ingeneurs gekyk vir ‘n oplossing-en hulle stel ook nie teleur nie. Ian en Daniel demostreer vir ons hoe om met ‘n bladder te stort en ‘n paar manne volg hul voorbeeld. Van die meisies verkies om eerder hul hare in ‘n emmer skoon te kry deur hul kop eerste in druk en te hoop vir die beste.

Die aand word daar oester vir voorreg probeer vir die wat braaf genoeg is. Lambert en Jeanri is eerste om te proe nadat Manie hul verseker het die skulpvisse is wel vars. Sibbie en Marguerite wil ook probeer, maar Jannie se opmerking bederf effens hul ervaring.

Die slee begin vroeg en die manne lyk netjies met knoophemde en dasse- en sweetpakbroeke om die uitrustings te volmaak. ‘n Paar van die eerste toeriste is diep teleurgesteld dat hulle nie ook ‘n strikdas ingepak het nie.

Aaitems

Gill’s word deur Mayms, Charlotte, Nina, Chelaine and Marguerite opgevoer, hierdie dames het defnitief uithou vermoe!

Oom Piet en Abraham is terug om die manne in verhoudings te vra vir raad oor hoe hulle sukses behaal het met die liefde.

Gatiep en Meraai soek na iets wat met die letter T begin

Nellie word verlig…

Nina vertel oor die bye

Die aand se aaitems raak lank en slee (en die sketsskrywer) raak stuk stuk aan die slaap onder die pragtige sterrenag.

Nag dames.

 

Dag 6: 5 Mei:  haarwas dag!

Met die sterre wat nog in die hemel hang word die kamp wakker gesing deur die stokers se weergawe van Klein Tambotie Boom wat die Heuwels self sou trots maak. Sakke word gepak en tente gesak en teen die tyd dat die son sy verskyning maak is die stappers gereed vir die langste dag.

Daniel is slot met die twee niggies; Marietjie en Nellie as sy sleutels vir die dag.

Die eerste helfte van die dag is ‘n prentjie van groen gras heuwels en blou branders, 4 zebras staan en pronk selfs vir ‘n foto onder ‘n paar palm bome. Met die dae wat min word en die sakke wat ligter word, word elke stukkie natuur van voor af waardeer in die wete dat die prentjies binnekort net ‘n screensaver gaan word.

Vroeg vroeg is tyd vir ‘n rivier crossing, die keer besluit die span om self die sakke oor die water te kry en dus word daar ‘n treintjie gemaak,voor almal nog behoorlik kon nat word is die sakke oor. Voor ons te gemaklik kon raak in die sonnetjie word daar stapnou geskree en ons vertrek vir nog ‘n paar kilos oor die sand. Net voor die sand ons kuite ordentelik begin kou draai ons terug na die heuwels toe en bo-op een so heuwel word daar gestop vir fotos en ‘n sak resies.

Na die eerste een by die heuwel af is met niks meer as ‘n ‘survival bag’ vir beskerming nie word daar besluit om ‘n kompetisie daarvan te maak met Daniel, Cobus, Basson en Manie as ons deelnemers. Cobus vat die wen met sy roltegniek. Dink die manne het juis aandag gegee aan die feit dat hulle weer die heuwel gaan moet uitklim nie…

Na almal behoorlik die uitsig waardeer het en die resies verby is, stap ons aan tot by ‘n oop stukkie strand vir gamebreak. Dit was veronderstel om ‘n vinnige stop te wees, maar na die eerste een branders toe is, is die plan vergete.

Frederick blou yskas vir Manie en die twee beland so in die water met die oopmaak van skiet. Dis toe ook so dat Manie toe vir Mia skiet aangesien Van Zyl nog nie daarby uitgekom het nie.

You snooze you lose…

 

Na die gamebreak word die heuwels weer met nuwe moed aan gepak en kort voor lank stop ons weer vir middagbroodjies. Onder ‘n paar bome by die see lyk dit na die ideale plek vir ‘n behoorlike ruskans. By groupie drie word daar egter meer gedoen as net geeet. By gamebreak het ‘n paar dames besluit dat groepieleier Jannie se hare nie nog ‘n dag sonder seep kan gaan nie en dis toe dat daar besluit word om hom met seep en water aan te val by middagete.

Jannie het net net sy oe toe gemaak vir ‘n middagslapie toe Marguerite, Sibbie en Mayms hom bekruip met ‘n water bottel en seep en voor hy bewus is van wat gebeur is sy hare skoon. Die vier spring toe saam deur die branders en kom almal met skoon kapsels terug.

Na middagete stap ons oor nog ‘n lekker lang strand en voel hoe die son besig is om water te trek. Nog ‘n rivier crossing en ‘n heuwel later word die aand se slaapplek aangekondig; Mdumbi Backpackers! Wat ‘n voorreg was dit nou nie…

Met die son wat oor die see sak begin party groepies aandete maak terwyl ander eers die warm storte geniet. Die aand word daar beertjie peoding gemaak en Mayms is in haar noppies om weer ‘n slag haar broer se gunsteling soetheid te kan eet.

Slee begin vroeg met die wete dat dit ‘n lang een gaan wees. Ons begin op die gras met die donderweer wat in die verte gehoor word en wag tot die druppels nehoorlik val voor daar na die kerksaal geskuif word.

Aaitems:

Die aand word afgeskop deur Mayms wat haar tande “skoon” kry

Op Radio 62 AM word ons bederf met ‘n geselsie tussen die twee Louw broers asook ‘n vertoning van Ek wens ek was ‘n see anemoon.

Abraham en Oom Piet is weer op die verhoog, die keer vra hulle die dames se raad oor die liefde.

Marguerite en Hellete vertel oor ouma se raad vir ‘n BTK toer.

Meisies in wifeys deur Fred en Vam Zyl laat die hele slee skater lag, onthou JY IS GENOEG MEISIE!

2 Popsicles on a stick met Petrus en Bets.

Toe begin die gesange…

Johan en sy Valsetto’s sing hulle weergawe van In the Jungle en daarna Ver in die ou Khalari.

Jannie, Lambert, Sibbie en Marguerite doen uiteindelik hulle rap! Ons is almal BTKners is beslis een vir die sangbundel!

Mnr Fourie se bottelstoor is volgende aan die beurt.

‘n Paar haal uit en wys met die volgende paar items:

Johannes bekoor ons met Lisa se Klavier

Manie se Ongetem laat ‘n paar met trane in die oe

Wie sou dink die manne het soveel diepte?

Die aand word afgesluit met kkkkkkaptein deur Johan, Jakes Fred, Jannie en Van Zyl en almal wat teen die tyd nog wakker is sê dit was die langste een op rekord.

Hikkels:

 

Marietjie wil by Lianca hoor wat sy bedoel het toe sy gese het sy hou daarvan om na Manie te kyk.

Johannes word gevra om te verduidelik wat presies “doedelsakwange” nou eintlik is.

By Marko wil daar gehoor wat hy bedoel het toe vir Lambert gese het: “Ek hou daarvan as jy aan my raak”

So kom die slee ook op ‘n einde. ‘n Paar Meisies verdwyn na hul lugkasteel waar hulle die aand deurbring terwyl die res tente toe kruip na die lang dag.

 

Dag 7: 6 Mei – ‘n Gentleman’s challenge, ‘n gat in die muur en vir oulaas ‘n aaitem

Die laaste dag van stap het aangebreek! Die oggend begin met ‘n paar surfers wat eers die branders en borde van die backpackers gaan benut. Die res maak rustig ontbyt en geniet saam ‘n paar Bialetti’s met mooiste sonsopkoms terwyl ons vir ou laas die rustigheid van die skepping waardeer.

Met die wete dat dit ‘n kort afstand tot by die einde is, is die span maar lui om hul tente te laat sak, maar einde ten laaste is alles tog gepak en ons val vir ou laas in die pad. Net voor ons die laaste wilde bult aandyrf word daar vir oulaas gegamebreak en alle lekkernye wat nog oor is word uitgehaal.

Ons stap al met die jeep track langs deur rondawels totdat die natuur se rustigheid agter ons verdwyn en ons terug in die samelewing is. Voor ons nog behoorlik opgewarm is kom ons by ‘n Backpackers in Koffiebaai aan waar ons verwelkom word met ‘n feesmaal van vrugte, boerewors broodjies en sap! Met middagete word daar vir oulaas geaaitem en die ouens like dit. Voor daar egter geeet kan word moet die manne eers hardloop. Die gentleman’s challenge se wen word deur Frederick geclaim, lyk asof die lockdown se trail running sy doel verrig het.

 

Met almal se kragte wat herwin is na ete word daar see se kant to gehardloop vir een laaste baljaarsessie in die branders en ‘n rondte ultimate frisbee. Daarna vertrek ons vir ‘n avontuurrit na ‘Hole-in-the-wall”. Na ‘n hele paar grondpad opdraendes en baie gebed ko mons uiteindelik by die bestemming. Met ‘n kronkelpad langs ko mons by die strand aan en sovaar daar in die middle van die see is ‘n rots formasie met ‘n gat in die middel en die naam stel toe nie teleur nie.

Hier op die strand word die spikeball ‘n laaste keer uitgehaal terwyl ander die see geniet, hier en daar word daar selfs ‘n backlip van die rotse af gewaar. Na al wat ‘n foto geneem is en Marguerite se Bialetti sy laaste koffie gestook het drentel die span terug na die bus toe in die skemerlig. Terug by die kampterrein word daar deur storte gespring en aandete gemaak voor ons op die bus klim vir die rit terug Kaap toe.

Die eerste paar uur in die nag is die bus doodstil soos almal probeer slaap. Langs die pad verloor ons by elke stop ‘n maat. In Cradock se ons totsiens vir Andre en Manie en verder aan groet ons vir eers vir Ruan en Hellete. By George stop ons vir die Spur ete en ‘n burger challenge Basson vat die wen –nie sleg  vir ‘n Engelsman nie.

In George groet ons vir oom Piet en stuur vir Van Zyl, Murray, Jakes en Jaco maan toe.

By Buffelsjagsfontain verloor ons nie net vir Frederick nie, maar ook ‘n wiper. Die geleentheid om bene te rek word ordentelik benut en kort voor lank word daar tussendeur die reen en petrolkanne gesokkie. Daar word koffie gedrink, roosterkoeke gekoop en gesels met die BTKners wat nie kon saam toer nie, Sue wil natuurlik alles hoor in die hoop om effens minder FOMO te ervaar.

Uiteidelik is die bus reg om te ry ons gaan voort. Na tien kom sien ons weer Stellenbosch se berge in die verte en met ‘n laaste sangsessie stop ons by die Neelsie. Nog ‘n toer is vertsreke en ons harte is weer vol. Met herhinneringe van ons land se ongelooflike natuurskoon en nuwe vriendskappe wat oor die 7 dae gevorm is. Die eerste toer van die 2021 is sy‘n einde en met opgewondheid word daar reeds oor die volgende een gesels.

Dis ‘n wintersaand in Stellenbosch, maar in die BTKners se harte is dit nogmaals lente.

 

Lewe lank, lewe lank BTK