Sederberge 2023
Vroeg die Sondagoggend ontmoet ‘n paar rugsakke mekaar in die Neelsie parkering, verlangs die Romans ligte. Vriende omhels mekaar en toekomstige-vriende groet mekaar inniglik met die wete dat hulle nie meer lank vreemdelinge sal wees nie. Petri deel semi die planne vir die dag, ‘n voorsitter mag egter nooit sy misterie total vergeet nie Hy gee ons darem net genoeg inligting dat ons met vrede in ons harte op die bus kan slaap, heeltemal onbewus van die btchaos wat die dag sal inhou!
Die wiele rol en almal insluitend ‘n sekere krulkop, Monica Dame is aanwesig. Die busse se volume vlakke is op standaard – ‘n jollige begin na ‘n slaperige stilte en weer ‘n opwindende afwagting – dus sien almal uit vir ‘n goeie toer. Voordat ons “PF” kan sê, is ons in Ceres om te stop by die Spar. Daar stock mense op, op bussnacks, pasteie en koffie sachets, om die Stellenbosch koffie ontrekkingsimptome te versag. Dit alles terwyl almal hul beste probeer om die gevoel in hulle vingers en tone te behou!
Ons skiet daarna na die plaas toe waar ons hoofsaaklike roete sou begin. By die hek word daar opreg en uit die maag uit gelag vir grappies wat nie die dames of die mans ooit sal verklap/verstaan nie. Nadat almal weer hoedens geruil het en die nuwe toeriste hulle besluite herdink het, is dit “sakke op”. Die jeeptrack het gevoel soos ‘n goeie opwarming vir watokal die volgende paar dae sou voorlê. Min het ons geweet… Die paadjie was baie mooi, met sagte fynbos en grasse aan weerskante en die berge as ‘n ewige vooruitsig. Maddie het die kleurskema as ‘n “Fruitloop” palet beskryf. Heerlike geselsies is aangeknoop soos wat almal mekaar langs die pad ontmoet, weer verloor en dan weer later vind. Tannie Lizl loop fiks vir meeste verby en deel haar wysheid oor ‘n gesonde leefstyl met die stappers al rondom haar. Die sonnetjie blink nog lekker en sprake van reën oor die volgende paar dae voel onwerklik, soos wat ons jollig verby die gedroogde bloekoms stap en stof opjaag. Om die minste te sê is ons almal baie dankbaar vir daai eerste dag se herfsweer. Ons het langs die afgebreekte blou bakkie gesmul aan vars rolletjies met kaas en ham, voordat ons weer in die pad geval het. Die stappers het wel teen hierdie tyd begin wonder wat Petri bedoel het, to hy so ligweg oor die afstand gepraat het. Later lyk elke plaas wat verby kom asof dit ons met ope arms wil verwelkom, maar heelaas los ons hulle agter. In die laaste paar kilos het die agterosse selfs ‘n bietjie reën gevang en Alicia het net daar in die middel van die teerpad gaan sit om haar reënjas aan te trek. Na 21km waarin Stefan se dadjokes oor die radio net erger geraak het, is ons almal eindelik by die kamp. Die tente gaan in die reën op, nie almal s’n nie let wel, maar meeste, en daardie aand eet ons sop, wat amper net vir die hitte ‘n Michelin op almal se persoonlike smaakskaal gescore het.
In die slee is almal redelik poegaai. Die “chick with the long legs” lyk amper soos Pieter Slabber wat ‘n fladderende serpie by ‘n dame geleen het, maar ek sal maar niks sê nie. Almal slaap semi totdat dit tyd is vir heukels, “ Edelagbare,wat het Petri bedoel toe hy sê die plaas is net om die draai” . Ek verneem dat Jeandré en Stefan ook in die rooi was. Ek kan nie presies onthou wat hulle daardie keer aangevang het nie.
Wraak
Op dag 2 het dit heeltyd so wil-wil sous en Petri kon eers rondom die middag se kant die daguitstappie wat hy in die oog gehad het gaan recce. Ongelukkig was die uwe sketsskrywer
nie daar nie, maar die terugvoer wat gegee is het ‘n baie interessante toneel opgebring. Hier is ‘n paar raporte: “lekker”
“koud”
“Maché het by ‘n waterval afgerol, maar sy’t gelag so ek neem aan sy’s oukei” Anders as dit het die stories oor die grot en die alomteenwoordige watervalle geklink asof die stappie die moeite werd was, veral omdat btk stappers nogal woelig raak as hulle vir 4 dae in ‘n skuur opgekrop is. Toe die troepe terugkeer, kom die eerste toeriste sing-sing bymekaar om saam “De machtige” se woorde te probeer analiseer ( hulle het gesukkel). Daardie aand na ete, sit al die ou toeriste vir eens regop in hul slaapsakke om die wraak te geniet. “Indian John” as in “Indiana Jones se Indiese doppelganger” was beslis die “crowd favorite” en al die boere wat so ywerig deelgeneem het. Ons is inniglik dankbaar dat julle so onbeskaamd is: Ken, Arnold Schwarzeneggar, Wildsplaasboer, ‘n spesiale bedanking aan julle! Die soetheid was lanklaas so heerlik!
Op dag 3 sous dit, dat dit nie eers meer snaaks is nie. Die kitare word uitgepluk en verskillende sanggroepies pop op, waarokal dit droog is. ‘n Worshipsessie is luidkeëls aan die gang, een in die skuur en een in die meisiesbadkamer waar die deure in pleks van ‘n cajon geslaan is. Die btksangbundels word ook benut en Xander en Jacobus verbaas ons almal met hulle Jazz kitaar jam sessies, wat selfs bekfluitjies insluit. Kyk, ‘n mens kan nie sê btkaners is nie gekultiveerd nie, né. Later kry die aktiewes wel rooi miere, en ‘n paar van hulle gaan draf in die reën en dag dat as hulle klaar nat is kan hulle net sowel ‘n dam duik doen. Absolute grapkasse! Damesskiet is ook aangekondig en soos normaal, laat die manne hulle nie maklik vang nie- nie eers in die reën nie egghem Stefan. Ons eet Thai noodle sop en May-Marie se kookkunste word wyd en suid geprys soos wat almal aan die gemmerige, voedsame dus smul. Na aandete is daar so gesokkie dat die mense meer blase as die karoo stappers gekry het. Nee wat, dis bewys, btkaners kan nie te lank stil sit nie! Dit was ook daardie aand wat die oorskiet oorlog uitgebreek het, die agressiewe spoegkewers teen groupie b wat aanhoudend hulle oorskiet in die ander se potte laat beland. Nooi soek ‘n booi is getrou opgetree as ‘n Dameskiet tradisie en mense kraai van die lag soos wat die leeu van Dagbreek as ‘n voorbeeld gebruik word.
Op Dag 4 het die speletjies uitgekom: Die spikeball toernooi is erstig opgeneem en party spelers het in die reën gaan speel. In die nuwe skuur, waarheen ons geskuif het, het ons elkeen ‘n beurt geneem om die aantal kratte te skat. Dutch Blitz is ook aan almal, wat keen was, verduidelik en groep vir groep het spanne beurte gemaak om die vurige speletjie te speel. Die minder kompeterendes of die’s wat op hulle beurt gewag het, het saam met Matthys se kitaarbegeleiding gesing. Toe dit later bietjie ooptrek, vat die btkaners die gap om te gaan lemoene pluk en om na die dam te gaan kyk wat volgens PF defnitief vol was die vorige dag. Ons staan vir ‘n groep foto en terwyl almal die talle watervalle en die droë lug geniet, breek daar ‘n konsertjie uit. Elke stapper se naam is in ‘n liedjie in geskryfen dit het het min of meer so uitgedraai: “ Madeleine, madeleine sal jy die boere kom lei…” en “Mamma Mayms here we go again”. Al die enes wat die paadjie kaalvoet angedurf het moes terug ge-aaba word om die dorings tussen die boorde te oorleef. Natuurlik het daar ‘n dubbelverdieping stoei geveg tussen die manne uitgebreek, want hoekom dan nou nie! Die laatste aand se slee was histeries. Soos altyd moes heelwat items nog ingepas word. Salome is met ‘n kattekoor van formaat opgetree, pikkewyne was nog nooit so lank nie en
Troepe was skreeusnaaks: “My afbeenhond se naam is sigaret want ek vat hom elke nou en dan uit vir ‘n trek”. Die Janré/ Jeanré tweeling was ook absoluut chaos en boonop was die hondetonnel wat vir Pieter bewerkstellig is, onbillik. En dit nog na dat Alicia sy neus met haar heupbeen gebreuk het, gelukkig was dit haar verjaarsdag so hy kon nie vir haar kwaad wees nie. Slee het tot laat aangehou en meeste het met laggeluide en die reën in die agtergrond, soet aan die slap geraak.
Die volgende dag was dit oppak en terug Stellies toe en alhoewel ons nie veel gestap gekry het nie, het ons beslis die kuier-deel reg gedoen en het ons weggestap as beter vriende. Let wel, dit is die tweede gala wat die BTK al in die sleederberge gedoen het, miskien was dit altyd bedoel om so te wees! Lewe lank, lewe lank BTK!