Winterhoek April 1968

“En ik moet zwerven eer mijn zwervend ziel kan rusten,
Ik moet my sterken met natuur en bergenreucht.”

Alweer vakansie en ons is omtrent vyfuur Vrydagmiddag per bus uit Stellenbosch weg. Weens die groot aantal nuwe toeriste, sewe-en-twintig van hulle, het almal weggeval met name leer en eers later begin sing.

By Witzenberg naby Tulbach het ons afgeklim waar ons ‘n ent deur die stof na die kampplek moes stap. En praat van stof! Die kostent het gelukkig al gestaan en die waryers het ons verwelkom.

Almal se beddegoed was net mooi uitgesit en die kos op die vuur toe yslike druppels begin val. Chaos het geheers toe almal beddegoed probeer red en toe self daaronder ly. Ons moes maar later voor die vuur droog word. Die skrikmaak was egter gou verby en nie eens genoeg om die stof te demp nie. Die eerste toeriste het mooi op ‘n hopie gaan sit en hulle verkyk aan die pannery.

Daarna is die bus terug Stellenbosch toe en moes ‘n hele paar mense afskeid neem van koorlede en vriende wat moes terug. Alles in die kamp was so deurmekaar soos wat die eerste aand moet wees.

Die bietjie reën het baie “spirit” gebring en die BTK het hulle op ‘n uiters gevaarlike plek bevind – L.B.B.M. – luiperde, bye, bandiete en ook miere soos Ilse dit bevestig het. Ilse en Anette Vorster is op ‘n baie dramatiese dieët waarvan later niks meer gehoor was nie. Hulle postuleer op hierdie vroeë stadium dat as hulle elke oggend laat slaap hulle te laat sal wees om enige oggendbrood te eet.

Ons ma-Erica gebruik nou “Ultrabrite toothpast for whole day kissability” en wil net hê Prieur moet die fluitjie blaas dat die ouens kan kom queue – sommer “seconds” ook!

Meneer en mevrou Gruso en junior eet die aand daar en bied hulle skure aan vir in geval dit weer reën. Voor die Witzenberge aangepak is die volgende môre, is vir hulle gevuurpyl, en met ‘n haastige Coert voor is ons weg. Prieur moes die safari vreeslik aanjaag, maar op een van hulle menige “smoke-breaks” was hulle antwoord net: “Rot is die Liebe und rot ist mein Gesicht.”

Erna en Cecile maak ‘n liedjie waarvan die hoogtepunt is: “Oben im Berge da steht ein Gerüst. Da werden die Mädchen elektrisch geküsst.” Nou is die “smoke-breaks” méér dikwels omdat die liedjie geoefen moes word!

Na die pas oorgesteek is, daal ons af na ‘n vlakte waar ons deur ‘n moeras gaan, sommige meer en ander minder droog – Sais een van die ander.

‘n Groot offisiële “smoke-break” word gehou waar een van die boere ons van drie kiste appels voorsien. Hierna is alle onreëlmatighede op die toer aan appels toegeskryf en die dames besluit om die mans van appelpille te voorsien indien dit elke aand damesskiet is.

Middagbrood is uiters welkom en word tussen ‘n klomp rotse gehou. Die middagbroders kry sommer baie vroeg op die toer ‘n aandbroodjie reputasie wat almal se tande laat kraak. Susan, die konvenor, is toe sommer Sand du Plessis herdoop.

Ons was skaars weer aan die loop toe dit toetrek en begin reën asof dit nooit weer gaan ophou nie. Maar soos George sê, hier in die vallei kan ‘n mens net ¼uur in die toekoms en ¼uur in die verlede sien. ‘n Boer se skuur moes skuiling bied en almal neem baie aktief aan volkspele deel, met nog ‘n kis appels as “after action satisfaction.”

Die hele veertien myl stap na Rosenthal kampplek was ‘n nat stap. Gou het drie manstente gestaan en die dames moes hulle in ‘n stowwerige skuur tuismaak. Daar vind duistere dinge agter die vragmotor plaas selfs wanneer die mans in die skuur is. Erica vind dit uiters moeilik om die ad-hoc komitee te oorreed om nie die pou-hok in een hoek van die skuur op te slaan nie.

Almal staan later om die vuur waar ‘n splinternuwe kookspan besig is om te wys wat hulle kan doen. Die dames raak meer en meer opgewonde, maar die mans paradeer al om hulle sodat hulle darem kan sien wat daar aangebied word. Met skok word daar verneem dat dit wel damesskiet is en as Erica die fluitjie blaas is dinge uiters deurmekaar en die buro daarna uiters besig. Daar is in die skuur geslee. Dan plus sy skiet plus twee spinnies het kampvuur en hy maak heerlike koffie met groentewater. Natie smeer al die manne vol van Erna se reukwater wat hy uit een van die menigte blikke ekstrakeer.

Die feetjies en “dwergies” bring Sondagoggend koffie en beskuit in die bed met die gevoeg dat daar maar min mense op vir oggendbrood. Elfuur hou Hennie Krit kerk. Na kerk is daar ‘n lewendige stoeiery wat gaan om ‘n pak pruimedante wat in Bettie se besit was totdat Sais en Jan-Karel oorneem. Almal sing totdat oom Tjaain ‘n nat kop by die deur insteek en aankondig dat die kos klaar is.

Twee van die panne besluit ook sommer dat die skuur net die regte plek vir hulle is en gaan lê weer soos gewoonlik so na aan mekaar as hulle kan. Die lawaai-pan bly besig en moet selfs die ete met oefening onderbreek.

Die houtkappers moes dadelik na ete begin werk met Erna en Annette Vorster as ‘volunteers’. Dit trek amper oop en menige ekspidisies gaan stap. Voedsel voorbereiding begin weer om half vyf. Net voor ete is Natie en ‘n jeep vol dames weg om te gaan blomme pluk en dit veroorsaak ‘n baie deurmekaar skietery.

Daar word buite geslee met Elmien en Annette Vorster as baie wakker en besige spinnies. Die twak-slee begin ook sommer dadelik met piffel stories en Cecile fluff die hele aand nadat Jurgens haar vol rook geblaas het en Sias vir Bettie.

‘n Goed georganiseerde uitkenningsparade is gehou, en tydens hekeltyd leer almal net voetjie-voetjie speel – veral die eerste toeriste. Hendrik en Kitty het kampvuur en ons kry sop aan die begin van sleetyd.

Maandagoggend is ons al singende met die pad langs na Visgat Canyons. Die Bird moes op ‘n paar plekke deur driffies gehelp word en toe is sommer daar middagbrood gehou nadat almal natgespat was en die “gallery” vir hulle helde gesing het.

Toe nog net ‘n halfuur stap kamp toe en op een plek het almal eers gaan kyk hoe die canyons van bo af lyk en met al die klipgooiery seker gehelp om ‘n paar visse in die Olifantsrivier dood te maak.

Tydens sleetyd – Visgat Studio presents: Paul Nash flits asook die Drie Varkies wat hulle oorsprong vind in ‘n nuldesperandum of moenie ‘panic’ nie. Hennie Krit maak darem ‘n tier wat die tiere vir die res van die toer aan bande gelê het.

Dinsdagoggend is lekker laat geslaap gevolg deur ‘n baie besige periode waarin die mense se kragte en/of lug in bande of blaasoppies vasgelê is. Omtrent half-tien is die water aangedurf en almal is by die eerste inklim papnat. George was by die eerste son-break nog droog maar daarna só nat dat ‘n duik-ekspidisie sy skoene op die bodem van die rivier moes gaan soek. Tokkelokkie het natuurlik die grootste groot band omdat hy nie kan swem nie. Verder lyk ons maar taamlik soos die Spaanse Armada, volgens Jan-Karl. Almal verneem met teleurstelling dat Sias Vosloo se selfmoordpoging nie geslaag het nie.

Die watervalle was natuurlik dié plekke veral as jy teen top-spoed by ‘n waterval afseil (met of sonder blaasoppie) waar jy in elk geval moes geklim het.

Na die derde son-break was almal omtrent bevrore en het sommer met die honger-pan se panlied begin, maar daar moes nog eers uit die canyons geklim word en teruggestap word kamp toe voor middagbrood. Oom Tjaain het die heerlikste sop gemaak en daar is eers vieruur geëet.

Daar is weer damesskiet en hierdie keer verloop dit ordelik. Die eerste toeriste item die hele aand. Wat bestaan uit ‘n Semitiese volk, nog nul desperandum en ‘bulletproof’ frokkies. Sias Meij gee ‘n mooi vertoning van hoe om ‘n blik, of meisie, te duik en die dames was hom hieroor baie dank verskuldig. Die kokke het met hulle uitsleepwerk baie moeilikheid in die twakslee ondervind waar Paul en Cecile met toue vasgebind was. Teen en koekies volg en toe ‘n láng inlywing.

Die nag het dit begin reën en die arme mense wat te aan die slaap was om in te trek was die volgende oggend deurnat. Daar is toe maar die hele oggend in die tente gelê en sing. George hou ons onder die kombers besig met ‘n bo die kombers storie wat betrekking het op onder die kombers.

Die middag skyn die son weer en kry almal en alles kans om droog te word. Party ouens het die canyons opgestap, teen ‘n onwillekeurige snelheid in die rivier afgekom en deur die dameskamp gestorm op hulle blaasoppies.

Dit was lampeslee die aand op die mooiste aand van die toer. Dit was die lewendigste lampeslee ooit – daar was self ge”motorbike” op so ‘n wyse dat Jan-Karl sonder sy broek teruggekom het slee toe. Nog ‘n plat-hond item volg behalwe dat Hennie dié slag ‘n ‘white-washed’ tier was.

Om twaalfuur is vir Bettie gesing wat een-en-twintig geword het.

Donderdagoggend het die tente letterlik op die dames se koppe geval en Bettie is met klere en al in die ysige rivier gegooi.

Sommer vroeg is die Witzenberge aangepak en ons het die mooiste dag vir hierdie mooi stap. By Groot Kliphuis is middagbrood gehou so tussen en bo-op die rotse. Oom Tjaain en Coert raak net haastig kamp toe.

Die Bird het op ‘n plaas gebreek en almal verhuis soontoe terwyl op pad hout opgetel word. ‘n Heerlike deurmekaar aand volg omdat alles in die donker moes plaasvind. Botter, Ina en Elsabé kom net betyds vir ete. Oom Tjaain se wederhelf, Estie en Dinkie het na vele gesoek ook by die kampplek uitgekom.

Omtrent almal slaap in die slees, en Hennie Krit sukkel baie met die hond van die plaas wat die twakslee verkies bo die pastorie slee.

Vrydagoggend moes ons terugtrek na die oorspronklike kampplek. Elsabé help die aand met die kokery en dinge verloop weer seepglad. Almal kyk hoe die maan opkom – veral Coert, wat selfs sy verkyker gebruik het. Daar moes lank gewag word vir die ete want die manne kon eers met die derde gelui skiet en veral Tokkelokkie se senuwees was klaar.

Sias doen die aand ‘n blindederm operasie wat meer na ‘n klavier-uitvoering lyk toe Jan-Karl dit moet doen.

Vier pare sit die nag deur na die oorblywende klomp ‘n ent gaan stap het. Om drie uur gee Jan-Karl ‘n geweldige sug en die tiere begin kekkel om die kranse – veral om die dameskamp.

Saterdagoggend is almal sopnat gedou. Gou is opgepak en vir oulaas word gesing terwyl die walaaiers klaar laai – ja ou maat dit was ‘n lekker toer.

Na die padstap Porterville toe word die dorp ingeneem en die waryers in die middel van die hoofstraat ontmoet. Die bank is ook gekoning tot dit in ruïnes neergestort het. Die bus het opgedaag en nadat die kafee goed ondersteun is Stellenbosch toe vertrek na ‘n baie lekker Winterhoek-toer.

Lerina de Bruyn
(vir Sketsskryfster)

Gelees op toervergadering voor die toer:

Liefste Omie,

So hier sit ek hoog en droog in Rhodesië terwyl al my maats lekker kan gaan BTK, boehoe. Dis Papie man. Toe omie Een Smith vir hom laat weet: Kom over na donker Afrika en help ons om hierdie lillebariste nes van ‘n Kollege reg te ruk, julle Boere is mos al wat weet om met die Kaafers te werk, wat kon die arme ou doen?

Omie Matthys het gehoes en geproes en geblaas en geraas en gesê dit sal die dag wees dat hy hom in so ‘n ding sal begewe, en wat van die aroma? So Papie sê moenie worrie nie Neef, hulle sal jou aroma wel gewoond raak. Papie sê dis nog ‘n kans vir die uitwaartse beweging en ons moet almal ambassadeurs wees. En weg is hy met die Boeing.

So Papie leer vir die Africans Fisika, jy weet mos van ou Newton wat ontdek het dat die appel nie ver van die boom val nie. Hy sê dis grawitasie en dat die aantrekkingskrag eweredig is met die massa – die grootste nonsies, laat ek jou vertel, want elke keer wat my massa toegeneem het, het my aantrekkingskrag vir ou Bok benede vriespunt gedaal. Weer ‘n geval van die geleerdheid wat tot raserny dryf. Maar Papie sê laat staan sulke dinge laat staan, hy beperk hom tot die suiwer akademiese vlak.

Eendag sê Papie toe: nou gaan ek trug na Matieland, net om te BTK, toe kom sê een van die outatjies: ook maar die oubaas hy moenie nou weggaan nie, die oubaas hy moete vir ons nog vertel van die appel en die grawe se stasie. So Papie sê hy verlang al te baie na die meisies en die kleingoed en al die kleinbasies en nonnas van die BTK, hy was reeds te lank weg gewees. Maar die tatertjie sê nee maar die oubaas hy moete breng die miesies en die kleingoed hiernatoe om hier te bly. So Papie sê kyk hier my jong, ek is een van daardie nare Afrikaners wat julle al so baie van gehoor het, vir wat wil julle so iemand hier hê. Nee, maar die oubaas, hy moete hier bly, hy moete laat kom die ounooi en die klôgoed, en die oubaas hy moete bring sommer nog baie ware Afferkaners.

So Papie laat vlieg vir Mamie en vir Sussie en vir my ook met die Boeing, te lekker, alles op Een Smith se koste jong, mens kan sommer sien hy’s ‘n groot staatsman.

Maar nou’s dit neusie verby met die BTK vanjaar en my hart is baie baie seer. Papie sê hy’s net so jammer, hy’t al gedink om hier ook ‘n BTK te stig, maar hy reken ‘n multiracial gesleeëry sal nie te goed werk nie.

So ons wag maar vir aanstaande jaar se Attaquatoer (in 1975 getoer). Papie sê ek moenie nou al daarvan vertel nie, dis ‘n splinternuwe toer oor ‘n stokou bergpas met diep waspore uit die Kompanjie se dae wat hy verken het net voor hy hierheen gekom het. So omie moet dit maar dighou solank.

Liefhebbende
Trinkie

NS: Noudat Mamie hier is, is sy en Papie ook baie liefhebbende.

Leave a Reply