Wildekus – April 2024
Skets deur Martine Odendal
Bus se Dag 1: 30 ure
Of wel, van een sonsak in Stellenbosch na die volgende sonsak na die volgende sonsak: alles op ’n bus. So meer iets soos: Dag 1 en 2 van die Bus- en Toerklub.
Die opgewondenheid word aangevoel in die Neelsie se parkeerarea – so erg dat Oskar sommer al voor die toer gesorg het vir ’n lost and found in die middel van die kring.
Eers is die bus baie warm en toe baie koud, maar daar word heel lekker geslaap die aand… tot ’n harde slag wat almal wakker het half 6 die oggend. Die ouens word uitgeroep, en Pieter B is net hartseer oor sy skoon hemp wat nou nie meer skoon is nie (dis wat hy vir ons op die bus sê). Die nuus word gebreek dat die bus en waentjie elk ’n pap wiel het, en ons moet wag. Dit word 7-uur die oggend in die Oos-Kaap en 60 studente staan langs die N2 met mense wat vriendelik hoot en ’n harde geboor aan die bus – tot Jian besluit hy gaan die boor bietjie uittoets. Dankbaar en verlig is ons weer op pad en sien uit na sprake van ’n amazing padstal. Nanaga roosterkoeke en koffie was inderdaad so goed soos Matthys gesê het, oftewel KFC vir LT.
Daar word “heads up” gespeel, geswot deur die mediese studente, en “if you know the words to this song, sing along” gespeel, hmm ook deur die mediese studente. Dit word wéér aand, en kort-kort word Maps uitgepluk om te kyk hoe ver dit nog is. Maar dit voel asof jy nou kyk en dit sê 4 ure, en as jy weer kyk, se dit nog steeeeeds 4 ure! Tannie Christel hou darem ons hoop aan die lewe met foto’s wat deurkom op die group.
Elke keer as die bus indraai by ’n petrolstasie, spring almal verlig op… tot die realiteit tref dat jy in die Transkei is en ons weer moet ry, want daar is net nie badkamers nie. Ons stop by ’n volgende een en leer dat KFC’s in die Oos-Kaap die beste bate is van elke dorpie. In KFC word daar geselsies aangeknoop met ’n familie wat verjaarsdag hou, en ewe skielik is Annie famous en in ’n fotosessie ingetrek. Die ouens kry die real deal ervaring af in die pad…Ons kom so half 1 Dinsdagoggend daar aan by ’n bedompige kampterrein, wat sorg dat baie warm klere in die bus agterbly. Die meisies slaap al diep terwyl die ouens ’n busstoot-sessie half 2 die oggend het, met arme Marchand wat op en af hol met ’n drom sand. Nee maar lekker.
Dag 2: 2 April – ‘to slee or not to slee’
Die meisies wil nog kwaad raak vir die oom wat so hard praat die oggend en almal wakker maak, maar LisieP lag so lekker vir hom; jy kan nie. Die oggend vang mesies ’n swem, word daar nog leftover hotdogs geëet vir ontbyt, en gedagdroom om net een dag by die mooi kampterrein te chill sonder stap. Maar ons is weer in die bus en Attie sing vir ons ’n stukkie opera voor, en êrens draai die sang uit by “ek spring soos popcoornn”.
Ons begin in die gholflandgoed met die 18 km vir die dag. Op die hangbrug moet daar eers gespring word om almal bang te maak, en Jo-an en mede-ingenieurs bekyk baie noukeurig die bordjie van hoe die brug nou gebou is.
Middagete is skoene uittrek, deur ’n rivier, en dan met ’n sandbank in die middel wat ideaal lyk vir spikeball en frisbee. Maar dis weer deur die rivier, en FOMO is rof, so Attie dra vir LisieP oor en PF vir Nellie. Met die terugkom “probeer” Jo-an vir Amy en Nellie oordra, maar oops, daar word hulle per ongeluk nat. Franna kan nie anders as om dramaties sy hoed neer te gooi nie, met ’n “ek is ook hier!”. Petri sien die perfekte geleentheid om vir LisieP in die water te duik, ek dink nie eers dit was ’n blou yskas nie.
Ons slaan gou tent op met wind wat druk en wolke wat nie soos goeie nuus lyk nie. Die eerste skiet van die toer word oopgemaak, en daar word gehardloop. Alhoewel, verniet, want toe daar nachos gemaak word begin die reën drup. Mnr. die voorsitter is moeg en slee word afgestel. Petri wil weet of hy dieselfde slee-date môre-aand kan kry? (Lekker, Mayms). Sommer vroeg sluit ons af met die Magaliesbergse aandlied, en party is dankbaar vir vroeg gaan slaap.
Die reën klaar wel op, en ’n sanggroepie begin vorm om die kitaar. Daar word lofliedere gesing en ons het die groot voorreg om saam die Here se naam te prys. Stuk vir stuk gaan slaap almal, met die klank van die see hier by jou.
Dag 3: Waar’s die beloofde waterval?
Die oggend kry Bernard die kans om voorsitter se fluitjie te blaas vir “laat sak daai tente”. Daarna word Marchand en tannie Christel gepos met so ’n hoë gilletjie gee daarby! Dis ook dié dag wat Cari ’n identiteitsverandering ondergaan na Carli toe. En waarop daar die oggend ’n wifey foto geneem is (Nellie sê maar net, hy mag maar). Ons stap seelangs, bo-oor ’n sandduin waar ons nog ’n stapgroep kry, en game break word gehou met ’n pragtige uitsig. Daar is ’n spaza shop naby en die geleentheid word aangegryp om Coke en koekies te koop. Later steek ons ’n rivier met kanoe’s oor, waar Petri en Thom hulself handig maak. Pieter B het sommer ’n dryfhout-tak wat hom baie majestic op en af in die rivier laat float. Party vat die kans om te swem terwyl Jo-An verduidelik hoe hy so dik geword het, sy fiets kort 4 brieke.
Middagete was by ’n grasserige gebied waar die spikeball-nette weereens opgeslaan is, Zanlie en LT middagslapies vat, en eerste toeriste hard aan die oefen is. Lizé het wel met skiet gesorg dat daai kringetjie uitmekaar spat toe sy Marnus uit die pad hol, en arme Muller agterna ook laat val. Aangekom by die kamp, stap ons nóg om ’n waterval te gaan soek. Party ouens draf vooruit om wel ’n insane uitsig te kry vanaf die kranse, maar geen waterval. Toe ons wel by hom kom, was dit nog steeds nie waar ons wou wees nie, en Stefan en Bernard-hulle besluit “Las dit.”Tog was dit die moeite werd, en daar word gecheer soos wat Ragel en vele ander by die krans afspring. Die aand is ons eerste slee, en wraakkonsert skop ons sommer goed af. Jasper wil nie meer ’n vrou hê nie – “ik zoek net kaas” en Oom Thomas skiet sommer ’n smurf. Dis so fancy met scene changes deur ’n KWV 3 jaar plakaat, en o ja, dankie Armand: “Die kerk brand af”.
Die ry klante by die dokter se spreekkamer raak net meer en meer voordat PF gehelp kan word. Attie het bobbejaanmaniere, Jacobus ’n twerk-hoes, Pieter S het klapjouselfsindroom, Jian is hiperaktief en doen pushups en jumping jacks, en Maya sorg met ’n splitsiekte dat PF sy jaarlike strek inkry.En met Koppe het Janneman wel ’n mooi kuif, maar is dit hoekom hy die duurste op die rak is? Die gehoor probeer vir Sibbie wys sy’t ’n grasstertjie agter haar. LisieP speel vir ons die mooiste liedjie van iemand in die tronk.
Jo-An, Amy, Stefan, Cara, en Attie is op PF se vliegtuig. Die blou yskas het amper nie eers saamgekom nie, maar dankie aan René wat ingetree het. Jian as Candice het nuwe reëls van geen hemde op die vliegtuig nie, en die hondjie besluit sommer self hy gaan nou uit by die venster. In Kanu word Jacobus se bakkie gebruik as een of ander stempel deur Jo-an om sy slagoffers te merk. Bernard ontdek die lig van die Engelse mense (aka iemand se koplig) en Petri vat ’n escape route heel na regs, maar val hom diep in die bos in.
Nag, dames.
Dag 4: Skaapvang
Ons word die volgende geseën met die mooiste sonsopkoms. Die sketsskrywer is ons régte verjaarsdagmaatjie, en toe word daar weer gestap. Game break kry ons die eerste bietjie blou lug en sonskyn na ’n lang ruk, en Annie en Jacobus is weereens aan die spikeball speel. Net daarna is dit tyd vir ons groot rivieroorsteek, maar amper 20 van ons besef hulle survival bags het besluit dit gaan skeur. Almal kom stuk vir stuk aan die ander kant, en na ons gestop het vir skoene aantrek, is dit die pragtige Transkei met ’n vuurtoring, grasvelde, studente wat nie beeste gewoond is nie, en toe ’n baie cute babatjie. En toe, natuurlik, MOET skaap vang. Na ’n gesamentlike gehardloop en gecheer het die sirkeltaktiek gewerk en Jo-an doen vir ons ’n jeugskou-demonstrasie. Middagete is warm en die groep se poging misluk om vir op-tyd-LT weg te stap voordat hy terugkom van manskamp af (Franna se idee). Thom kry die fluitjie en keppie in die hande en besluit “Stap oor ’n uur”.
By die kampplek aangekom sit ons en wag, tot Marlize damesskiet oopmaak. Bosse krap almal soos wat daar gehardloop word en Charlotte het seker nou nog battle scars om te wys van haar duik vir PF. Die middag is salig, met ’n rowwe seestroom, so ’n groepie staan in die rivier-lagoon waar Stefan se hare gevleg word. Natalie besluit sy wil nóú haar hare was, en ewe skielik begin almal sommer sjampoe onder mekaar uit te deel vir hierdie plan. Verder hou PF & Franna en Annie en Jacobus dinge aan die gang by spikeball.
Voor sonsaktyd neem ons foto’s, en toe word daar aan hoender spaghetti gesmul. Muller moet met poeding Jian se been moet lek, want hy wil mos bo-oor hom eet, “as jy mors gaan jy moet lek”.
Met items bevind Jeandré en Petri bevind hulself in Prieska. Christeen huiwer nie om kommentaar te lewer op LT se vrae oor wat hy met sy hande kan doen nie. LisieP wys hoe ver haar liedjiekennis strek en dat sy regtig ’n liedjie kan sing met enige woord in.Op Nooi soek ’n booi, word iemand gesoek wat jy nie seker is of hy siek is en of hy van Noorweë af kom nie. En Barbara van die Vrystaat soek haar Ken – battlescars kan hy maar hê.
Hekels: Wat het LT bedoel toe hy sê dit gaan oor die grootte van die broek, en PF met “een keer ’n maand is nie gay nie”? LisieP vra Maymarie wat sy bedoel het met “ek was nie keen vir LT nie”. Die aand kan ons die eerste keer ordentlik sterre sien, en gaan slaap onder die mooi naghemel na nog ’n geseënde dag.
Dag 5 – 30 km
Die mooi, belowende oop nag het definitief nie ons laat dink daar gaan 2-uur die oggend ’n vieslike rukwind opsteek nie. Kopliggies en lae stemme dwaal deur die kamp soos wat tentverstellings gemaak word. En nie lank daarna nie, is opstaantyd. 5-uur. Nie 6, nie 7 nie, 5-uur die oggend. Dis nog piknagdonker. Joh Charlotte, nie elkeen kan sê hulle het op hulle verjaarsdag 5-uur opgestaan en 30 km gestap in wind en reën langs die Wildekus nie. Met sakke op die rug, reg om te begin stap, is daar eers ’n singsessie van onder andere Fight Song. Op die pad is Petri weer in sy rol as voorsitter wanneer Attie, ons gewonde soldaat, ons verlaat. Waar ons stop vir bottels volmaak by ’n huis se buitekraan, besluit Stefani en Corné hulle moet eers aan die perd vat. Die pad is al langs die see, en Jacobus kom verby almal met die hoopvolle nuus dat die waterval naby is. Daaroor hoef ek niks te skryf nie – daar is letterlik nie woorde daarvoor nie, behalwe dat Oskar dit actually oorweeg het om te gaan swem in daai rowwe see. Provitas word oor en weer uitgedeel totdat rain covers en reënbaadjies vinnig uitgepluk word. Gelukkig stop ons gou weer by toeriste spot nr. 2, Cathedral Rock. Na die groepfoto doen Naudé ’n backflip net daar, en almal ooeee en aaaah omtrent as Janneman en Cira foto’s neem. Toe begin die stap nou eers, maar darem vermaak Naude, Marlize en Cari ons van agter af met liedjies.
Dis op en af, en wind, en reën, maar so mooi soos net Suid-Afrika kan, of wag, was ons eintlik in Ierland? Na Ierland moet ons weer wag in ’n bos vir die missing middle wat die pad verloor het. Na die strand stop ons vir goeie nuus dat ons gaan breuk en heeltemal klaar stap. Die breuk sluit in dat Annie en Jian moet sweets vang, met Jian wat omval soos wat hy mik. En Janke se sak is so swaar sy tip sommer per ongeluk om! Ons kom by ons laaste rivier voor die kampterrein en op dié punt word daar sommer net so met skoene deurgestap. Terwyl die groep wag dat almal saam kan klaarmaak, is dit die perfekte tyd vir Pieter S om te shoey, en niemand anders as ons ondervoorsitter is volgende nie. Sibbie kry die eer van Franna se skoen, en mmm, dis so lekker, sommer 2 slukkies. ’n Stywe bult later kom ons by die lafenis van ’n kampterrein aan. Die dag kon duidelik nie te moeilik wees nie, want Jacobus, Alicia, Marlize en Amy-Lee hardloop nog ’n ent sodat die Garmins verseker 30 km wys, en onder andere Nellie en PF sorg vir entertaining touchies op die gras. Daar word hard gejuig soos wat Attie weer by ons aansluit.
Na ’n warm stort word die groepies word ingedruk onder die lapa vir alleswatlekkeris.
Items word oopgemaak deur Sibbie & Amy as ninja’s. Cari as baby Jill het ’n baie moeë, lomp perd in die item saam met Martine, Maya, Charlotte en Alicia. Jo-An, Corné, Franna, PF en Marchand doen Troepe, met Jian as Fiefie die hond wat toe sommer troep Aandag geword het. Ons vriendinne het verbasend baie kennis oor gel & acrylic naels, en vir hare stel Bernard lemoensap en Pantene voor. Met ’n nuwe treinspoor-item sorg Arenda vir ’n bietjie dark humor en dat Avbob in besigheid bly. Arme Frikkie (Bertus) se emosionele welstand word omtrent afgebreek deur Sarel (Naudé), wat sommer op ’n kampstoel gaan sit. Willem (Petri) maak ook sy verskyning, maar Sarel jaag hom ook gou-gou weg om baas te speel daar. En al wat ek van Kaptein onthou, is Jacobus die vriendelike kok met ’n baie opgemaakkte “kkkreef is reg!”
Dag 6 & 7 – ’n aansienlik vinniger busrit
Deur die nag kom die reën, en van die meisies leer ken die kombinasie van reën + tent + helling af. Met ontbyt druk almal weer in onder die lapa, en karamel-blikkies word oor en weer gestuur as die nuwe toevoeging tot BTK-pap. Daar word hande geklap vir Dokter Marnus en sy laaste blikwas. Ons maansending was ’n baie emosionele een, met meer as 10 mense wat die BTK groet. Petri as vorige voorsitter met 14 toere, en Sibbie as ons ondervoorsitter met 10, Charlotte met 8 toere, maar ook Jasper en Marchand met 1 kan getuig van hoe baie hierdie klub vir mense beteken. Na die kwessie van al jou nat goed in ’n swart sak gooi en onder indruk vir by-die-huis-se-probleem, groet ons oom Thomas & Tannie Christel met dankbaarheid vir die fantastiese toerouers wat hulle was. Soos wat daar gewag word vir bussies om ons stuk-stuk op te tel, haal Altus sy frisbee uit en Jacobus lok sangbundels nader met die kitaar. Kyk, ek sê nou bussies, maar dit was very much ’n taxi. Almal maak gelukkig die gladde pad veilig uit danksy Pieter B en Jian wat ons koördineer om te spring onder hope sakke op jou skoot! En die taxi drywer wat die musiek sagter sit soos wat hy konsentreer, dan moet jy weet.
By die Engen wag die groot bus vir ons, en of dit nou ’n droë, rou hoenderburger is, ons sal hom koop! Daar word gedans soos net Suid-Afrikaners kan voor die winkel, en wat is die kanse ons sien vir Fransman Hugo by hierdie random Engen in Lusikisiki? Daar word redelik geslaap en rugby gekyk op pad terug, en die volgende oggend neem Terrash die vorm van ontbyt aan in Worcester. LT verloor amper sy kosbare fluitjie by Spur, en vrae word gevra oor halaal wees by net sekere tafels. Marchand is die vinnigste roeier en wen met 2 min 52 sek. Die bus is weer op pad vir die laaste stuk huis toe, maar wag, waar’s Alicia?!
PF maak vir ons die karaoke-vloer oop met “Stop, wag bly nog ’n bietjie”. Bernard ken Taylor Swift amper té goed, ’n Nederlandse “ik is een noodgeval” en selfs die Namibiese volkslied bied Sondagoggend-vermaak. Marnus se Kaptein sorg dat selfs die hare losgemaak moet word.
Aangekom op ’n windverwaaide Stellenbosch, sing party vir die eerste keer en ander vir die laaste “Nog ’n toer is verstreke van die ou BTK”. Lewe lank, lewe lank BTK!