Pofadder Julie 2003

Sondag – Dag 1

Sondag-oggend het vir sommige van ons vroeer as vir ander begin. Ons moes 5uur by die Neelsie parkeerterrein ontmoet, om in snerpende koue te staan en wag tot meeste slaapkouse…die bus ingesluit, so bietjie voor 6uur eers opdaag.

20 voor 7 trek Johnie, ons busbestuurder en ‘n bus gelaai met ‘n spul opgewonde studente weg. Hul motiverings? Koue Oranjerivierbad,’n sterredak, stilte, woestyklippe…die hardebloumatrassie-onder-seer-lyf-gevoel… So in die ry, word name leer ken en agterstallige slaap inghaal. Riaan het lg. in styl gedoen met sy in-die-paadjie-matrassie-plan. Read More

Maskamberge September 2002

“Ek gaan stap saammet die BTK. Wil ‘n bietjie my kop oopkry.” Dit was my standaard filosofiese antwoord vir wanneer enigiemand my vra wat ek die vakansie gaan doen. Maar toe ek op die onfilosofiese uur van 05:15 op ‘n Saterdagoggend in die donker en koue van die Neelsie parkeerarea staan, kon ek nie help om te wonder oor hoé die BTK enigsins kan bydra tot die vermindering van die dowwe, dooie, oorgemisde toestand van my brein nie. Want met sulke ongrondwetlike vroeg ure kry hul dit net reg om my nog toe-er te laat voel… Read More

Wildekus Junie 2002

22/06

Kom ons sê, vir arguments onthalwe, dat Wildekus Toer 2002 begin om 02:40 die 22/06. Mens sal kan verskil en sê dat dit die vorige aand reeds begin het, of toe die inligting uitgekom het, maar vir my het hierdie besonderse toer, met uiters besonderse mense, begin om 02:40, met Bernice se geweldige ontstoke: “Waar is Minette? Ek gaan haar DOODMAAK!!” op Stellenbosch se voortrekkerterrein. Read More

Suidelike Sederberge April 2002

Raait – die ouens (naamlik Colyn “Voete” Murray) het nie gespeel nie, en 18:00 het die ou lot en klomp nuwe, verwarde toeriste op die Neelsie-parkeerterrein gestaan, reg om te ry en twyfelend gereed vir aksie.

Die pad is gevat Ceres toe, stille opgewondenheid het geheers, en in sekere motors is kultuur behoorlik bevorder toe daar na “Storieman “ geluister is – tot die protes te hard geword het en niemand in elk geval iets kon hoor nie. Read More

Gourits-Witsand Gala 2001

Sondag die 25ste

“Quote of the day”:
“Het jy ‘n swembroek nodig om te swem?” – André Vorster, in die verbyloop gehoor…

Daar is met groot opgewondenheid uitgesien na hierdie jaar se gala. ‘n Nuwe voorsitter, ‘n ou-gunsteling roete en ‘n rekordgetal toeriste, is daar net goeie dinge vir die gala voorspel. Die weer het net so lekker saamgespeel, met heerlike sonskyn toe die 120 galastappers 8:00 Sondagoggend, die 25ste November, byeenkom. Naarstiglik is daar gepak aan die bus, die lorrie, die sleepwaentjie, en ‘n paar karre. Petri du Plooy, Leida Heymann en Jean de Villiers het ‘n weddenskap aan oor waneer ons sou wegkom. Gelukkig wen Leida nie met haar 12:00 voorspelling nie, en is ons 9:40 (sekerlik een vir die rekordboeke) op die pad. Colyn Murray begin sommer vroeg-vroeg die toer lei, want hy bestuur die bus wat letterlik tot oorlopenstoe volgelaai is. Tot op die trappies by die deur is mense gepak wat hard aan die verlore kuier van die afgelope eksamen aan die opmaak is. Almal word net beveel om plat te val as daar enige teken van ‘n polisiekar is… Read More