Bergfietstoer van 20/22 April 2001

Wag, voor ons eers verder gaan kom ons hoor wat sê die experts:
“Never seen before – amazing” – Mountain Bike SA
“Good variation in hills and flat scenic routes – ideal for the experienced amateur” – Backcountry cycling
“Jislaaik, nie eers my donkies doen dit nie !?” – boer Neels langs die pad

Nou weet ons wat die ander mense van die toer gedink het, wel hoe was dit nou rerig? Baie gehard en die beste georganiseerde toer van die BTK (na my persoonlike en beskeie, maar regte waar mening). Die toer het bestaan uit vier fietsryers: Read More

Visrivier Canyon Julie 2000

Dag 1
Sondag 9 Julie

Die Visrivier toer, die toer met die langste waglys en belangstelling nog, begin vir die meeste van ons 06:00 Sondag op ‘n bra koue triesterige oggend met druppels wat wil-wil val. Ou kennisse groet mekaar hartlik en eerstetoeriste staan maar skaam-skaam nader net om vinnig ingetrek te word in die BTK-hartlikheid en algehele opgewondenheid wat in die lug is. 06:45 (baie stiptelik vir BTK-tyd) trek die konfooi weg, met Corne van Daalen voor, Hannelie Morris agter en Wim Morris (in sy cool bakkie), Willem van der Merwe en Elisabet de Waal tussen in. Nog net 28 van die 60 is al bymekaar, die origes van die groot groep word nog so stuk-stuk deur die loop van die volgende 24 uur bymekaargemaak. Read More

Die Sneeukop Sneeu Toer

Vrydag
Ry dag

Dat Baliesgatberg 2000 (soos dit op daardie stadium niksvermoedend bekend gestaan het) baie dinge, maar veral geweldig interessant sou wees, het ons sommer uit die staanspoor gesien.

Eerstens was daar mans in oorvloed (die toer het begin met 11 meisies en 17 ouens – iets wat maar selde gebeur) – volgens Jean de Villiers sommer ‘n buffet ete! Read More

Reccie Skets – Gorge(!)/Knysna Gala

Opgedra aan Colyn en Corné!

Vrydagmiddag in die kantoor begin Corné sommer klaar om voorspaak te maak vir die groot Quote Page, deur vir Karen te probeer wys maak dat sy blaf erger is as sy byt.

Vrydagaand na heerlike aandete van sop en bood, eet ons vrugteslaai, met kwepers, tot Corné se verligting vind hy hiermee saam uit wat die in die bottel (konfyt) was wat sy ma vir hom gestuur het. Read More

Doringrivier September 1998

Saterdagoggend, 12 September

Iemand moet dit dalk een van die dae op hom of haar neem om die BTK in te lig oor die feit dat dit glad nie die beste ding vir geesbou is om al 6:30 die oggend by die Neelsie te moet wees nie… Gelukkig vertrek ons net ’n kwartier laat en is ons betyds in Clanwilliam om sommer die nekdoekies vroegtydig te laat stempel. Die bus is stillerig, met die meeste plesier wat gekry word deur Wim se siel uit te trek oor dinge waaroor hy soos die graf swyg. Die bus laai ons by die beginpunt af waar ons eers middagete eet en die kos uitsorteer voor begin stap word. Die veld is maar vaal en uitgetrap vandag, elke nou en dan loop ons in ’n troppie boerbokke vas en Dick word die amptelike “draadsitter” van die dag as hy elke keer die dames oor die drade moet help wanneer Wim so vra. Read More