Dinsdagoggend is darem nog ’n laatslaapoggend omdat ons eers ná 13:00 gaan vertrek. Daar word nog ’n paar laaste-minuut-aanpassings aan die toerlys gemaak, maar uiteindelik vertrek ons op die toer wat JP belowe “baie maklik” gaan wees. Einste JP word toe op Ceres vergeet, maar hy wag ons al weer bo-op ’n steil bult in. Gelukkig herken Solly die BTK-uitrusting en stop darem betyds! Read More
Waenhuiskrans na Pearly Beach Gala ’97
Vrydag, 28 November, die begin van die “Wind-Gala”!
Ons ry half-twaalf vanaf die Neelsie in die Likkewaan en ‘n splinternuwe Elwierda bus. Al is die Likkewaan baie stadiger as die ander bus, gee Wim nie om nie, want hy en Johan Thiart lê ewe gerieflik op ‘n bagasie-bed! By Waenhuiskrans se kampeerplek waai die wind almal lekker deurmekaar en kort voor lank word daar maar skuiling gesoek langs die bus waar daar ‘n woeste naamleer-sessie begin word. Read More
Namakwaland Staptoer
(Of te wel, die ‘Pomp hom, Jacques!’-toer.)
’n Skinderstorie deur Rudolf de Haan.
[Baie dankie tannie Maretha Steinmann vir die lys name van “die meeste van die blomme” wat sy gesien het, bylaag B, en die tik van die spontane liedjies se woorde, bylaag A. Die toertips verskyn aan die einde van die skets. Read More
Wildekus Julie 1997
Vrydag, 11 Julie
Vrydagoggend vyfuur het nie een van ons eintlik ‘n baie goeie idee van wat nog alles vir ons voorlê nie, maar dat ons almal in die pikdonker al by die Neelsie is, sê darem iets van ons gewilligheid. Al is die Eerste Toeriste nog effens verward oor hoe dinge werk, stres nie een Ou Toeris toe BTK-tyd skielik in werking tree nie! Nadat tannie Miems Swanepoel opgelaai is en Christiaan Terblanche ons almal welkom geheet het, slaap meeste mense maar nog ‘n stukkie. Almal kry vreeslik koud, en toe dit uiteindelik lig word by die Hexriviervallei, sien ons dat dit geen wonder is nie: daar lê dan dik sneeu op die berge! Read More
Suidelike Sederberge April 1997
Vrydag – 28 Maart
06:00 is vroeg in die oggend, veral op ’n vakansiedag, maar 40 BTKaners laat hulle nie daardeur afskrik nie. In ’n japtrap was die bus (wat deur die bestuurder die ‘BTK Likkewaan’ gedoop is) gepak, maar ons het nog ’n halfuur gewag vir moontlike laatslapers. Read More