Sederberge 2023

 Sederberge 2023

Vroeg die Sondagoggend ontmoet ‘n paar rugsakke mekaar in die Neelsie parkering, verlangs die Romans ligte. Vriende omhels mekaar en toekomstige-vriende groet mekaar inniglik met die wete dat hulle nie meer lank vreemdelinge sal wees nie. Petri deel semi die planne vir die dag, ‘n voorsitter mag egter nooit sy misterie total vergeet nie Hy gee ons darem net genoeg inligting dat ons met vrede in ons harte op die bus kan slaap, heeltemal onbewus van die btchaos wat die dag sal inhou!

 

Die wiele rol en almal insluitend ‘n sekere krulkop, Monica Dame is aanwesig. Die busse se volume vlakke is op standaard – ‘n jollige begin na ‘n slaperige stilte en weer ‘n opwindende afwagting – dus sien almal uit vir ‘n goeie toer. Voordat ons “PF” kan sê, is ons in Ceres om te stop by die Spar. Daar stock mense op, op bussnacks, pasteie en koffie sachets, om die Stellenbosch koffie ontrekkingsimptome te versag. Dit alles terwyl almal hul beste probeer om die gevoel in hulle vingers en tone te behou!

 

Ons skiet daarna na die plaas toe waar ons hoofsaaklike roete sou begin. By die hek word daar opreg en uit die maag uit gelag vir grappies wat nie die dames of die mans ooit sal verklap/verstaan nie. Nadat almal weer hoedens geruil het en die nuwe toeriste hulle besluite herdink het, is dit “sakke op”. Die jeeptrack het gevoel soos ‘n goeie opwarming vir watokal die volgende paar dae sou voorlê. Min het ons geweet… Die paadjie was baie mooi, met sagte fynbos en grasse aan weerskante en die berge as ‘n ewige vooruitsig. Maddie het die kleurskema as ‘n “Fruitloop” palet beskryf. Heerlike geselsies is aangeknoop soos wat almal mekaar langs die pad ontmoet, weer verloor en dan weer later vind. Tannie Lizl loop fiks vir meeste verby en deel haar wysheid oor ‘n gesonde leefstyl met die stappers al rondom haar. Die sonnetjie blink nog lekker en sprake van reën oor die volgende paar dae voel onwerklik, soos wat ons jollig verby die gedroogde bloekoms stap en stof opjaag. Om die minste te sê is ons almal baie dankbaar vir daai eerste dag se herfsweer. Ons het langs die afgebreekte blou bakkie gesmul aan vars rolletjies met kaas en ham, voordat ons weer in die pad geval het. Die stappers het wel teen hierdie tyd begin wonder wat Petri bedoel het, to hy so ligweg oor die afstand gepraat het. Later lyk elke plaas wat verby kom asof dit ons met ope arms wil verwelkom, maar heelaas los ons hulle agter. In die laaste paar kilos het die agterosse selfs ‘n bietjie reën gevang en Alicia het net daar in die middel van die teerpad gaan sit om haar reënjas aan te trek. Na 21km waarin Stefan se dadjokes oor die radio net erger geraak het, is ons almal eindelik by die kamp. Die tente gaan in die reën op, nie almal s’n nie let wel, maar meeste, en daardie aand eet ons sop, wat amper net vir die hitte ‘n Michelin op almal se persoonlike smaakskaal gescore het.

 

In die slee is almal redelik poegaai. Die “chick with the long legs” lyk amper soos Pieter Slabber wat ‘n fladderende serpie by ‘n dame geleen het, maar ek sal maar niks sê nie. Almal slaap semi totdat dit tyd is vir heukels, “ Edelagbare,wat het Petri bedoel toe hy sê die plaas is net om die draai” . Ek verneem dat Jeandré en Stefan ook in die rooi was. Ek kan nie presies onthou wat hulle daardie keer aangevang het nie.

Wraak

 

Op dag 2 het dit heeltyd so wil-wil sous en Petri kon eers rondom die middag se kant die daguitstappie wat hy in die oog gehad het gaan recce. Ongelukkig was die uwe sketsskrywer

 

nie daar nie, maar die terugvoer wat gegee is het ‘n baie interessante toneel opgebring. Hier is ‘n paar raporte: “lekker”

 

“koud”

 

“Maché het by ‘n waterval afgerol, maar sy’t gelag so ek neem aan sy’s oukei” Anders as dit het die stories oor die grot en die alomteenwoordige watervalle geklink asof die stappie die moeite werd was, veral omdat btk stappers nogal woelig raak as hulle vir 4 dae in ‘n skuur opgekrop is. Toe die troepe terugkeer, kom die eerste toeriste sing-sing bymekaar om saam “De machtige” se woorde te probeer analiseer ( hulle het gesukkel). Daardie aand na ete, sit al die ou toeriste vir eens regop in hul slaapsakke om die wraak te geniet. “Indian John” as in “Indiana Jones se Indiese doppelganger” was beslis die “crowd favorite” en al die boere wat so ywerig deelgeneem het. Ons is inniglik dankbaar dat julle so onbeskaamd is: Ken, Arnold Schwarzeneggar, Wildsplaasboer, ‘n spesiale bedanking aan julle! Die soetheid was lanklaas so heerlik!

 

Op dag 3 sous dit, dat dit nie eers meer snaaks is nie. Die kitare word uitgepluk en verskillende sanggroepies pop op, waarokal dit droog is. ‘n Worshipsessie is luidkeëls aan die gang, een in die skuur en een in die meisiesbadkamer waar die deure in pleks van ‘n cajon geslaan is. Die btksangbundels word ook benut en Xander en Jacobus verbaas ons almal met hulle Jazz kitaar jam sessies, wat selfs bekfluitjies insluit. Kyk, ‘n mens kan nie sê btkaners is nie gekultiveerd nie, né. Later kry die aktiewes wel rooi miere, en ‘n paar van hulle gaan draf in die reën en dag dat as hulle klaar nat is kan hulle net sowel ‘n dam duik doen. Absolute grapkasse! Damesskiet is ook aangekondig en soos normaal, laat die manne hulle nie maklik vang nie- nie eers in die reën nie egghem Stefan. Ons eet Thai noodle sop en May-Marie se kookkunste word wyd en suid geprys soos wat almal aan die gemmerige, voedsame dus smul. Na aandete is daar so gesokkie dat die mense meer blase as die karoo stappers gekry het. Nee wat, dis bewys, btkaners kan nie te lank stil sit nie! Dit was ook daardie aand wat die oorskiet oorlog uitgebreek het, die agressiewe spoegkewers teen groupie b wat aanhoudend hulle oorskiet in die ander se potte laat beland. Nooi soek ‘n booi is getrou opgetree as ‘n Dameskiet tradisie en mense kraai van die lag soos wat die leeu van Dagbreek as ‘n voorbeeld gebruik word.

Op Dag 4 het die speletjies uitgekom: Die spikeball toernooi is erstig opgeneem en party spelers het in die reën gaan speel. In die nuwe skuur, waarheen ons geskuif het, het ons elkeen ‘n beurt geneem om die aantal kratte te skat. Dutch Blitz is ook aan almal, wat keen was, verduidelik en groep vir groep het spanne beurte gemaak om die vurige speletjie te speel. Die minder kompeterendes of die’s wat op hulle beurt gewag het, het saam met Matthys se kitaarbegeleiding gesing. Toe dit later bietjie ooptrek, vat die btkaners die gap om te gaan lemoene pluk en om na die dam te gaan kyk wat volgens PF defnitief vol was die vorige dag. Ons staan vir ‘n groep foto en terwyl almal die talle watervalle en die droë lug geniet, breek daar ‘n konsertjie uit. Elke stapper se naam is in ‘n liedjie in geskryfen dit het het min of meer so uitgedraai: “ Madeleine, madeleine sal jy die boere kom lei…” en “Mamma Mayms here we go again”. Al die enes wat die paadjie kaalvoet angedurf het moes terug ge-aaba word om die dorings tussen die boorde te oorleef. Natuurlik het daar ‘n dubbelverdieping stoei geveg tussen die manne uitgebreek, want hoekom dan nou nie! Die laatste aand se slee was histeries. Soos altyd moes heelwat items nog ingepas word. Salome is met ‘n kattekoor van formaat opgetree, pikkewyne was nog nooit so lank nie en

 

Troepe was skreeusnaaks: “My afbeenhond se naam is sigaret want ek vat hom elke nou en dan uit vir ‘n trek”. Die Janré/ Jeanré tweeling was ook absoluut chaos en boonop was die hondetonnel wat vir Pieter bewerkstellig is, onbillik. En dit nog na dat Alicia sy neus met haar heupbeen gebreuk het, gelukkig was dit haar verjaarsdag so hy kon nie vir haar kwaad wees nie. Slee het tot laat aangehou en meeste het met laggeluide en die reën in die agtergrond, soet aan die slap geraak.

 

Die volgende dag was dit oppak en terug Stellies toe en alhoewel ons nie veel gestap gekry het nie, het ons beslis die kuier-deel reg gedoen en het ons weggestap as beter vriende. Let wel, dit is die tweede gala wat die BTK al in die sleederberge gedoen het, miskien was dit altyd bedoel om so te wees! Lewe lank, lewe lank BTK!

Moordenaarskaroo 2023

Moordenaarskaroo 2023

‘n Skets van gebeure deur De Wet Denkema

Voorwoord:

‘n Lang skets vir ‘n lang toer. Eerlikwaar ek dink die skets is dalk langer as die toer, en ek maak dit net erger deur hierdie voorwoord te skryf. Gebaseer op ‘n ware verhaal, slegs die feite is verander. Die werke wat in hierdie skets voorgestel word is feitelik korrek en het werklik gebeur, alle plekke en mense is ware plekke en mense, en enige verwysing na fiktiewe plekke en/of karakters is heeltemal toevallig, die sketsskrywer mag dus nie verantwoordelik gehou word vir enige skade aan persone of reputasies wat gebeur as gevolg van hierdie toevallige verwysings nie. Hierdie skets is ‘n produk van die skrywer se verbeelding, en indien einige feite wanvoorgestel word, of die volgorde van gebeurtenisse verkeerd vertel word, dan is dit nou maar so.

Dag 1: 16 Julie 2023 – ~14km

Die 16de Julie is ‘n dag met geen dieper betekenis of groot geskiedkundige gebeurtenisse nie. Of, ten minste, geen waarvan ek weet nie. Die enigste groot prestasie wat die 16de Julie al ooit in sy lewe behaal het is dat hy presies ‘n maand na Jeugdag op die kalender val. Die 16de Julie is, in alle moontlike maniere, dik average. Of eerder, dit was. Die 16de Julie om 8uur begin ‘n storie wat lewens verander, ‘n storie wat aan menigte kinders in die verre toekoms vertel gaan word. Wie weet, miskien word die 16de Julie eendag in die Berg- en Trouklub annale opgeskryf as die dag wat iemand hul tweede helfte ontmoet het. Die 16de Julie, Dag Een van ons BTK Moordenaarskaroo toer.

 

Dit is ‘n mistroostige Sondagoggend, hierdie 16de Julie. Die eerste mense wag reeds by die Neelsie, warm en relatief waterdig aangetrek teen die reëndruppels wat ons terg met die belofte van ‘n nat busrit. Binne minute vergroot die groep tot 57 van die 60, die bus word gelaai, groepies word aangekondig, en die storie begin. Met ‘n bus vol mense wat gereed is om te vertrek wag ons net gougou vir Schalk, Tristan, Alida en Hannah, wie duidelik besluit het dat dit haar missie is om laaste op die bus te klim wanneer ookal moontlik. Kwart oor nege vertrek ons vanaf die Neelsie, slegs vyftien minute later as wat meneer die toerleier, Petri Smit, beplan het. *Ahem*. Foreshadowing.

 

Aan die ander kant van die tonnel word ons begroet deur ‘n reënboog wat 180° deur die lug strek. ‘n Belofte van die afwesigheid van vloedreën in ons toekoms, amper soos wat aan Noag gemaak is na die vloed? Op daardie stadium het ons nie geweet nie, en kon ons maar net hoop. Ons getalle vermeerder na 59 met SW en Janke wat by die Ultra City naby Worcester opklim tydens ‘n vinnige 15 minuut badkamer breuk. Die eerste “O jitte ek het xyz vergeet!” word reeds hier gedink deur sommige mense, met witgoud wat inderhaas gekoop word. Met die 15 minuut stoppie op end, kry ons ‘n halfuur later rigting, Laingsburg toe.

 

Op Laingsburg word ons voltallig met Rachel wat by ons aansluit by die Shell, waar Zander, Naude en Johannes meer geld as wat redelik is spandeer om ‘n R2 Bialetti te probeer wen. Hulle verloor egter. ‘n Ruk later tref ons sinkplaat, en binne ‘n oogwink word ons gedeponeer by ons bestemming: ‘n hek met 8 slotte, reg langs die middel van nêrens. Die bus word afgelaai, die mense trek hul skoene aan, en die tradisies word geopen met Bertus en Danielle wat skiet verduidelik. Dit lyk egter of Bertus moontlik gaan kompetisie hê vir sy meisie se teenwoordigheid in die slee, want ongeveer 6 van die manne besluit om te intercept tydens die verduideliking. Dit word gevolg deur die ordentlikheidspraatjie, en die flouste van flou grappies word vertel. Die twee geslagsgroepe maak ‘n ry voor mekaar, en De Machtige Koning word gesing. Of eerder, die eerste drie reëls word gesing. Daarna ontplof dit in chaos, basies ‘n vuisgeveg. Soos gewoonlik. Leana raak amper handgemeen met Petri vir sy hoed. Okay, ek oordryf dalk ‘n bietjie. ‘n Klein, klein, baie klein bietjie. Toe is dit middagete.

 

Maymarie open groepie twee se smalltalk met ‘n vragie gerig aan elkeen in die groep: “Watter gebeurtenis in jou kleintyd het jou gescar for life?” Lise deel graag. Na lunch begin die stappery, en so begin dag een uiteindelik, in volle swang. Sommer vroeg-vroeg al begin die eerste mense uiting gee aan hul pyne. Fisiese pyne, Dag 1 is te vroeg vir emosionele pyn geselsies. Schalk se sak weeg omtrent 25kg want “Ek dra Justin se goed. Justincase.” Min weet ons hoekom sy sak werklik so swaar is.

 

Op 8km, na ‘n stewige stappie, rus ons vir die eerste keer. Die eerste pleisters word hier alreeds geplak. Trotse lede van die Beblaasde Tone Klub. Bertus vra ‘n paar van ons watter voorwerpe ons graag eendag sal wil wees. Antwoorde sluit in ‘n stoel, ‘n ster en ‘n karoobossie. ‘n Rukkie later tref ons ‘n rivercrossing. “IN DIE KAROO!” Skryf ek in hoofletters met groot uitroeptekens en vraagtekens in my boekie, heeltemal onbewus van wat voorlê.

 

Ons neem kort daarna ‘n kort ompad, ten spyte van meer tekens wat gegooi word as ‘n dame wat flankeer (flirt). ‘n Volle twee pyle wat sê “draai links”. Ons neem dus die logiese besluit en gaan reguit aan, want die Karoo is baie groot en ons is bang ons mis iets. Toe ons uiteindelik teen laatskemer by die kammplek uitkom, brand die kosvure reeds. Franci verwelkom ons, en ons begin kamp opslaan. Rugsakke word neergesit, tente word uitgehaal, en skiet word oopgemaak, tot hierdie sketsskrywer se skok en verontwaardiging, en ten spyte van ‘n sekere toerleier wat nie naby aan enige dames staan nie. Met die opwinding van skiet agter die rug word die stookproses aan die stokers verduidelik, en die mans ooga booga fiyah fiyah rondom die stofie se vlammetjie, soos mans maar doen.

 

Die dames, asook ‘n paar manne, staan tou vir emmertjies warm water om te gaan stort. Hulle het nog hoop vir ‘n skoon, warm, gemaklike toer. Rondom die kosvuur vra SW vir ‘n groepie dames hoe hulle sal wil hê die mans moet hulle uitvra. André luister aandagtig.

 

‘n Groot kampvuur word gemaak, en elkeen skep ‘n uitstekende bord kos van lam-en-hoender kerriepot met mash. Met die sterre wat skitterend neerglinster op ons, en ‘n paar dames wie se giggels vanuit die stort-area gehoor kan word, vra ons die seën. Vir poeding kry ons malvapoeding met vla. ‘n Gesellige kampvuur, warm kos, lekker poeding en goeie geselskap. Wat meer wil jy hê vir ‘n BTK toer?

 

Slee word aanmekaargeslaan rondom die vuur, en Petri open items met ‘n versoek om stilte sodat ons die sterre kan bestudeer, nes die eertydse Griekse sterrekundiges. Hy weier egter om ‘n liedjie vir ons te sing terwyl ons bestudeer. Onbillik. Kort daarna word Ballade van ‘n Sterwende Bok opgevoer, maar toe maak die sketsskrywer ‘n strategiese besluit om nie die items verder neer te skryf nie. Hy trek egter kort daarna sy pen weer nader toe Naude se twee chicks met lang bene hul verskyning maak, net om dit direk daarna weer neer te lê. ‘n Lekker warm lê-sessie langs die vuur later word die pen weer gegryp vir André se genie wat probeer om SW se wense waar te laat word. Soos ons almal egter weet, kan ’n genie slegs ‘n wens laat waar word as hy self ervaring het met die onderwerp, so ek dink nie SW gaan ooit verstaan hoe dames se koppe werk nie.

 

Met hekels/jikkels/hiekels/heukels/haikus meld SW trots aan dat hy van sy dames hou soos van Jian se arms: Sterk, mooi, en onafhanklik. Schalk sê sy sak is soos om ‘n swanger vrou se maag vas te hou, maar ek is nie lekker seker water tipe swanger vrou sal ‘n 1L boks wyn in haar maag ronddra nie, soos wat Petri toe beweer Schalk in sy rugsak dra. Zander wou nog altyd soos ‘n prinses gevoel het, en Petri word hard getune dat hy die tekens/aanwysings ignoreer.

 

Slee behoort aan die dames, en van hulle is braaf genoeg om buite te slaap. Dit sou ook die laaste aand wees wat so iets gebeur.

Dag 2: 17 Julie 2023 – ~16km

Sesuur op hierdie swart Maandagoggend sing SW en sy trawante ons wakker. Of eerder, rap ons wakker, met ‘n abridged weergawe van Groete aan Mannetjies Roux, gevolg deur ‘n baie entoesiastiese maar ietwat wankelrige Bloubergstrand se Sonsak, en uiteindelik die stokerliedjie wat op dag 2 darm nog redelik menslik klink. “Groepie Twee, water is reg!” Kry my uit die tent, en koffie en BTK pap word oomblikke later aan gesmul. Die eerste brokkie inligting wat hierdie oggend met my meegedeel word is dat ‘n sekere groepielid van my die vorige aand met haar tentmaat gelê en gesels het oor “die ou met die met boekie wat alles neerskryf”. My groepielid verduidelik toe wat die skets is, en dat ek alles wat snaaks is en alles wat gebeur neerskryf. Dit word beantwoord met “Is ons seker dis veilig om HOM te laat besluit wat snaaks is?”. Ek knik maar net my kop, haal my boekie uit en skryf toe dit neer, want ek besluit ek vind dit snaaks.

 

Die res van die toer het niks snaaks gebeur nie, so die skets eindig nou hier.

 

Pause. Duh

 

Om 7uur begin die son ons terg met die verkleuring van die horison na ‘n stoute oranje, maar dit is eers 45 minute later wat hy uiteindelik sy kop oor die horison steek. Die temperatuur daal skerp, en almal staan en bibber in die koel lig wat oor ons spoel. Oom Jan open vir ons met Psalm 8 en gebed, waarna jong Jian uitvind dat hy vandag verjaar.

 

Die groep sing vir hom, en daarna is dit die dames se beurt. Die dames lyk baie gretig om aan hom te raak, want die kringetjie wat hulle rondom hom trek raak baie vinnig kleiner. En kleiner. En kleiner. Dit was ‘n stamperige situasie, maar Jian is darm heel anderkant uit. ‘n  Vinnige vroegoggend aerobics sessie later, gelei deur ons Tone, Leana, en ons is gereed in beide liggaam en gees om te stap. Ons tref sommer vroegoggend al ons eerste rivercrossing, en die musiek begin.

 

Aan af aan en af gaan al die krag in die dag dag dag… En so ook almal se skoene met die verskeie rivercrossings. Heen en weer, links en regs, holderstebolder, oor en weer strompel ons oor die klippe en deur die river. Sommige mense maak vroeg al vrede met nat skoene en loop sommer net deur die water. Ander mense kies strategies om die dag met crocs uit te stap. Watter metode beter gewerk het los ek maar aan jou, want ek self is nie onpartydig nie. Dertig crossings later word gamebreak uiteindelik geroep, en die uitkyk kring eis sy eerste slagoffer. Zander trek die kitaar nader, en binne oomblikke dans die klanke van die kitaar met die kabbeling van die rivier. Die musiekvertoning word kort-kort onderbreek deur die uitkykkring wat nog ‘n slagoffer nader roep, maar Kiara besluit die hele spul lyk nie baie lekker nie en draai summier om en loop weg. Te gou is gamebreak verby, en ons ploeter voort. Die rivier, wat vir die eerste keer in ‘n lang tyd weer vloei, voed die omliggende wêreld, en die lewe in die natuur rondom ons weerspieël die lewendige groepie mense wat opgewek deur water en oor klippe plas, en ons spore en gesprekke laat ‘n glimlag op die Moordenaarskaroo se gesig.

 

Na verskeie ure se crocplakkienatskoen stap deur die rivier, met meerderemale se nat hond pootskudprosedure om klippies uit crocs te kry, word middagete uitendelik om 5 minute oor 1 geroep. In ‘n kronkel in die river, in die skadu van ‘n klipkrans vergader die groepies om te smul aan paninis met Lays chips en mayonnaise.  Binne oomblikke word grondboontjiebotter en konfyt ook onthul, en dit is nie drie sekondes nie of daar word ge-eksperimenteer met mayochip en grondboontjiebotter paninis. Met vol magies verontagsaam ‘n paar mense hul moeders se bevele en gaan swem in die ysige rivierwater, want Dag 2 se weer is lekker warm, en die mense is moeg gestap deur die rivier.

 

Kort voor lank roep Petri Stapnou!, en ons maak spore. Diep spore trap ons, in die harte van ons mede stappers, in die hartjie van die Moordenaarskaroo. Maar meestal in die rivierbedding; Petri sak op ‘n stadium tot middelkuitdiepte in die klipsand weg en word omtrent deel van die rivier. Na ‘n redelike dodgy trek deur die dorings kom ons by die kammplek. Dames- en manskamp word aangewys, tente word opgeslaan, en die dames staan rivier se kant toe om te gaan was. Die sketsskrywer, wat baie skryfwerk het om in te haal, sprei sy seil uit in die middel van die niemandsland tussen mans en dameskamp en word oombliklik omsingel deur ‘n paar van die mans wat ook sitplek soek. Onder die moeë manne word skiet bespreek, en daar word ingestem dat Petri heel waarskynlik nie skiet sal oopmaak terwyl die dames bad nie. Met hierdie konsensus wat bereik is, lê die manne terug om bietjie te ontspan na die dag se harde werk. Petri sit toe skielik regop en maak skiet oop, en ‘n algemene konsensus onder die raad van mans word bereik vir ‘n aanklag van onbillikheid, en die jurie bevind hom skuldig.

 

Wat toe volg laat my baie dink aan hoe ek myself sou voorstel ‘n situasie lyk waar ‘n trop wanopgevoede leeumannetjies probeer om ‘n rooibok met drie bene te jag. Elke keer as ‘n dame dit waag om ‘n toon buite dameskamp te sit, VLIEG ‘n paar van die manne op, met prooi in hul gedagtes. Een tree uit, en die manne se skouers sak, koppe af, bene gebuig, bobeenspiere wat soos staalkabels bult onder die vel, gereed om weg te spring. ‘n Tweede tree, en die mans se hammies begin dans soos hulle gereed maak vir SPOED. ‘n Derde tree, en die produk van duisende jare se evolusie ontplof tot aksie. Arms pomp, rugspiere trek saam en ontspan in ‘n ritmiese dans, soepel en sterk. Oë wat instinktief rondblits, opsoek na teenstanders en prooi. Dan, die man wat die dame vra “is jy al geskiet”, en die jaagtog hervat en kom tot volle swang.

 

Die dames soek inderhaas skuiling, in die vorm van dameskamp vir meeste, en in die vorm van ‘n doringbos vir Lizé en Mayms (dink ek). Ek wonder somtyds wat dit sê van die mans wie hulle gejaag het, as hulle eerder die omhelsing van ‘n doringbos sal verkies bo die omhelsing van die mans wat hulle probeer vang. Dit is egter nie nou ter sprake nie. ‘n Paar van die mans verloor byna hul lewens toe hulle die dames in dameskamp involg. Dit is ‘n situasie wat my laat dink aan die sogenaamde “Siren’s Song” uit Griekse mitologie, en dit is so hittete of ons verloor vir Jian aan die Skiet se Lied en die opwinding van die jagtog.

 

Die arme dames is, soos die Engelse spreekwoord lui, “like deer in headlights.” Stel jouself voor, Jian, Pieter en SW kom op jou afgestorm, jy word vasgepen onder hul oë, en jy weet so voor jou siel, jy is volgende. Jy kan sekerlik nie die dames kwalik neem as hulle nie seker is met wie hulle wil slee nie, dis seker die dat hulle besluit om eerder maar die veilige roete te vat en vir almal weg te hardloop. Laat natuurlike seleksie besluit wie die prooi vang, “die dames wil pursue word,” after all.

 

Teen hierdie tyd het die dames ook al besluit op ‘n amptelike reaksie op hierdie situasie, en die keuse om skiet op juis daardie oomblik oop te maak: Baie stupid. Hulle sit egter koppe bymekaar, en begin plan maak oor hoe om hierdie situasie aan te pak. Ek kan maar net raai wat in daardie vergadering gesê is, maar soos André se genie vir arme SW laat weet het die vorige aand, kan hy eerder sewe verskillende staprugsakke optower voor ons dames se koppe sal verstaan. Ek sal ook die versoeking weerstaan om my kreatiewe vryheid te gebruik om die prentjie in te kleur, want hierdie skets is alreeds lank genoeg en dis nou eers dag twee, so kom ons sit alle oorgedramatiseerde herlewings van hierdie gebeurtenis nou eers op ys. Ons sal seker ook nooit weet wat die dames se aanvalsplan was nie, want net voor dit in werking gestel kon word, word skiet toegemaak, tot die dames se verontwaardiging. Die manne verdaag manskamp toe, en die situasie is tydelik ontlont.

 

Daarna is dit die manne se beurt om te bad. Hier is hoe dit gebeur het: *Ahem + Dramatic pause for effect. Ja ek sit stage descriptions in, mens kort die volle ervaring as jy die lees.*

 

In elk geval, kosmaaktyd. Ons word bederf met ‘n behoorlike tweegang maaltyd van sop en nachos. Na ‘n tweede porsie wat groter was as die eerste (thanks, Mayms) gaan jag ‘n paar van die manne klippe, terwyl ‘n paar ander hout aandra. Die vuur word gepak en aan die brand gesteek, en in die warm, flikkerend lig van twee vars vlammetjies begin mense saamdrom rondom die nuutgeskape geselligheids fokuspunt. Daar word gelag en gesels, en die salige, oranjehitte van die vuur se vlamme resoneer met die vrede in ons harte. Soos die vlamme laer en laer brand staan ons nader en nader, en ons maak hande en harte warm.

 

Skiet word intussen weer oopgemaak, en die laaste paar leeumannetjies vang uiteindelik ‘n maatjie vir die aand. ‘n Aand van skitterende sterre wat glimlaggend op ons neerkyk, en in elkeen van ons harte weerspieël die vreugde van die voorreg wat ons beleef om net te kan wees, daar te kan wees. Die konstellasies word bestudeer, die suiderkruis (of die sterre vis, soos Marie dit noem) word uitgewys, en die skerpioen, wat dwarsoor die melkweg lê, domineer die naglug. Weer word die kitaar uitgehaal, en vir die kringetjie mense rondom die kampvuurkole kan daar niks lekkerder wees as om na Zander te luister wat die kitaarsnare behendig streel nie. Na ‘n krismis in Kampale, word hardekole wat brand gespeel, en dit maak volledig die prentjie van die kampvuur en die BTKaners. Kort daarna neem Graham die kitaar oor om ons te begelei in wat ek eerlikwaar kan beskryf as die beste cover van Suiderkruis wat ek al ooit gehoor het.

 

Daarna is dit items, en in my heeltemal onbevooroordeelde opinie is die beste item die pragtige gedig wat Maymarie oor my skryf.

 

Slee behoort vanaand aan niemand nie, aangesien niemand niks gedoen het om enigiets te verdien nie, so nou lei ons almal daaronder.

Dag 3: 18 Julie 2023 – ~23km

Ek het geslaap soos ‘n klip. In ‘n vuur. Sonder enige verantwoordelikheid. Meeste klippe het geen verantwoordelikheid nie, maar net om enige potensiële verwarring te verhoed, spesifiseer ek dit nou. Die stokers sing baie pragtig vir hierdie klip, maar ek kan nie so baie lekker onthou wat hulle gesing het nie. Klipkop. Vroeg-vroeg al word ‘n vuur aan die brand gesteek, want hierdie oggend is kouer as die vorige, en, spoiler alert, dit raak net kouer van hier af.

 

Soos ‘n padda wat al hoe stadiger swem in water wat al warmer word, begin ons al hoe meer traag word vir kamp afslaan. Met die sonsopkoms wat nader sluip en die temperatuur wat toertjies doen oppad ondertoe begin ons al hoe langer langs die vuur spandeer om die warmte-battery te laai, voor ons verder afslaan. Die vuur lyk later soos ‘n antieke, effens kultistiese ritueel, met ‘n rituele sirkel van skoene wat die vuur versper agter ‘n dik wal van warm stoomwolke, en stappers wat hul klere, handdoeke en sokkies aan die hittebron opoffer. “Whack, but not a cult,” soos Karl later sal opmerk.

 

André staan nader en deel my hoogs vertroulike inligting mee: sy vinger is seer. Dit is al wat hy bereid is om te sê oor die saak, en hy verdwyn vinnig weer. ‘n Absolute enigma van ‘n mens. Oomblikke later is hy terug, en spog hy met sy skemerkelkie van Slowmag, ACC600 (nie 200 nie, mind you) en Linctagon. Kersie-geur Linctagon. “En water,” voeg Zander by, altyd hulpvaardig.

 

Met die kamp wat uiteindelik afgeslaan is en die rugsakke wat gereed staan om gelaai te word wag ons net vir Leana om gou haar Tone-dienste af te handel. Arme Leana, wie teen Dag 3 reeds ‘n mediese internskap-jaar se ervaring opgedoen het van al die blase wat sy moes pop en pleisters wat sy moes plak, kry skaars kans om asem te haal. En wanneer sy doen, ruik die wêreld soos voete. SW besef egter waar sy hulp vandaan kom, en hy bid sommer vroeg al hardop dat sy lyfie die dag se swarighede beter sal dra as die vorige dae.

 

Van myself kan ek sê dat my heupe meer sensitief is as ‘n LGHDTV oor sy/haar model, en die voete laat my elke tweede tree weet dat die Nasionale Unie vir Mensvoete van Suid Afrika sal hoor van die walglike werksomstandighede. Staak nou, werk later. Petri is egter genadeloos, en ons sit ‘n stywe stappie aan in winderige weer, met ‘n volle 8km wat op Strava geskryf word voor ons uiteindelik gamebreak. Gamebreak was ‘n relatief gebeurtenislose gebeurtenis. Die enigste ding wat ek neergeskryf het is ‘n sin wat, sonder konteks, regtig awkward gaan klink so ek gaan hom nie hier insit nie. Hekel my, I dare you.

 

Ons stap verder, en ek weet ek was nogals moeg want ek het niks geskryf tot lunch geroep word nie. Of was ek? Franci daag skielik op en gesels met Petri, waarna middagete baie skielik aangekondig word. ‘n Kort geselsie met Petri later hoor ek die rede vir die skielike stop: Vandag is NIE die lang dag nie, en ons het op daardie stadium slegs ongeveer 7km van stap oorgehad in plaas van die verwagte 12km. Lunch is, soos gewoonlik, ‘n groot treffer. Ons smul aan die klassieke creamcheese-en-komkommer broodjies, met ‘n kinkel: salami.

 

Met lunch wat lekker lê in daai gaatjie wat deur die loop van die dag gegroei het, begin ons eers lekker loop. Die bene pomp soos goed geoliede masjiene, maar daar is egter ‘n paar mense wat loop asof hulle die wind sterk van voor het. In hulle verdediging, die dag is alreeds baie lank, en die rugsakke is swaar. O, en die wind het baie sterk van voor gewaai.

 

Die Karoo cruistertrack (want geen selfrespekterende Karoo-boer gaan met ‘n Jeep in die Karoo ry nie) lei ons teen ‘n krans van ‘n klimmetjie uit, en die uwe val terug tot by die sleutel-trio. Met die sleutel-trio wat nou ‘n dubbele-duo geword het, loop ons lekker en gesels tot die slegte nuus ons bereik: die pad is byster geraak. Pieter smyt sy sak neer en vang ‘n sprint-draffie wat Michaela met verlange agterna laat staar. “I kinda want to run and go look at the view,” she says with a pout.

 

Intussen bereik Pieter die Slabbert-squad, en in ‘n opregte poging om ‘n onnodige afdraand te vermy, lei hy hulle van die wal af in die sloot, terug bergop. By the chief road outcomed word Pieter via radio meegedeel dat ons asseblief afwaarts moet verkeer, want die fout was verkeerd. Oom Jan is… effens verontwaardig, en weier, via Pieter en sy radio, om verder te stap teensy Petri hom PERSOONLIK kom haal. (SN, for posterity: Oom Jan het gegrap, dit was baie duidelik aan alle betrokke partye, indien jy moontlik dink die oom was besig om ernstig te wees.) Petri, wie op daardie oomblik besig is om ons verblyfreëlings te tref, staan toe in stilte saam met die Karoo Oom en Tannie op wie se plaas ons sou bly en luister na hierdie boodskap. Petri lig dus vir Pieter in dat hy nie op daardie stadium met hom kan gesels nie, maar hy sal so gou hy klaar is vir oom Jan gaan haal.

 

Nadat Oom Jan ongeduldig geraak het met wag vir Petri (grappie) en sommer self afgestap het, kom ons almal by die kampplek aan en begin kamp opslaan. ‘n Sekere wapen van massa-misloop het toe sy sketsskrywer tentmaat se tentpenne misplaas, maar ons word gered deur die spaar stel tentpenne wat ons die Saterdagaand voor die toer strategies in Bertus se tent weggesteek het, onder die dekmantel dat ons ekstra penne moet saamneem, alweer vir justin. Justin Case.

 

Tente word opgeslaan, skiet word oopgemaak, en ‘n toervergadering word gehou om te stem vir wie eerste gaan was. Dis koud, dis winderig, dis reeds skemer, en die dames is nie lus om nou nat te word nie. Die algemene konsensus is toe dat die mans maar in die river mag gaan was. Laat ek net noem, ek dink ek verstaan nou hoekom dit die manne is wat die vriendin item doen; ek dink nie enige dame se stem kan só hoog nie. Die koue slaan eers jou asem weg, en dan gil jy; ek dink Naudé het ‘n F6 geslaan.

 

Vir aandete rig die stokers hul stofies aan die lêwaartse kant van die plaashuis op, en die kokke begin werk aan die aand se feesmaal: Maymarie noem dit “Chicken noodle sop”, maar ek dink dis meer van ‘n “spaghetti chicken broth”. Groepie twee, wat weens die aand se gebeurtenisse as die “boelie groepie” gedoop word, beleër ‘n klein afdakkie en die plastiektafel en -stoele. Alida, wie wegkruip vir die koue agter ‘n muurtjie en dus geskei is van haar groepie, sit met ‘n dilemma: “Ek kry koud, maar ek is ‘n ekstrovert!” Roep sy van agter die muurtjie vir ons. Koudkry wen egter, en sy bly sit. Vir twee minute.

 

Vir poeding maak ons koue beertjie poeding, en danksy die temperatuur wat laer is as my yskas s’n na vier ure van loadshedding, stol die poeding behoorlik vir waarskynlik die eerste keer in my BTK loopbaan. Ons smul behoorlik daaraan, want poeding is skaars hierdie toer. Soos dit hoort. Die laaste paar happies poeding verdwyn, en die reën begin ons terg, eers speels, toe met redelike erns. Slee word dus gekanselleer, tot my verontwaardiging (ek het belowende sleedates gehad). Ons verkeer na ons respektiewe kampe, en in manskamp het André en SW ‘n groot uitval. “Liefie is nooit by die huis nie!” en “Skattebol is die rede dat die kinders nooit huistoe kom nie!” Ek luister met groot oë, ek het nie geweet die BTK laat getroudes toe om te toer nie. Behalwe natuurlik die toerouers.

 

Wind en reën sus ons aan die slaap, en binne minute is die enigste klanke wat oor die stikdonker prentjie speel die suising van die wind, die kletter van die reën teen die tente, en die sagte fluistering van 60 asems in die koue naglug.

Dag 4: 19 Julie -~ 26km

Met ‘n lied in ons harte word ons wakkergesing, en die woorde van Klein Tambotieboom dans deur die kraakvars oggendlug. Die stokers voel duidelik die druk, want met die stokerslied se “opstaan” begin hulle soos nagapies in die vroegaand gil, en ek eggo die krete geluidloos toe ek opstaan. Ongemaklik skuifel-skuifel ons na ons groepies, elke treetjie ongemaklik met blase tussen die tone, onder die hakke, en langs die voete. Die mense kreun soos ou stoele, ysige vingers werk plek-plek aan ‘n seer bobeen of kuit en hier en daar hoor mens ‘n skerp asemteug soos wat iemand daai spasma goed beetkry. Die klanke van die Karoo na 53km van oppak, afpak, swaarsak, aanpak.

 

Die oggend is koud, winderig, en effens bewolk. Presies wat jy soek vir ‘n lekker lang 26km dag in die hart van die Karoo. Ons drom saam om die vuur se doodsnikke, die rook dwarrel verward rond soos wat almal probeer om dit in te asem. “Welkom by die rokerskring,” heet Danielle my welkom en staan effe opsy om my toe te laat om ‘n diep asemteug in te suig. Lizé sit op ‘n plastiekstoel wat sy uit die kloue van groepie twee bevry het en braai haar bene asof sy ‘n spitbraai is. Al draaiend, een kant ander kant, been kant boud kant. Dalk draai sy so om weg te kom van die rook, maar ek weet nie hoekom sy in die rokerskring staan as dit nie is vir die rook nie.

 

Die dag se stap begin vroeg al met twee rivercrossings. Die sleutelpaar word bederf met ‘n persoonlike rivieroordragsessie elk, en oom Jan dra later sommer vir André oor, rugsak en al. André is egter nie ‘n man wat homself lank in die skuld laat nie, en sommer by die volgende crossing al ontdek hy sy innerlike siviele ingenieur en bou hy brug vir ons agterste groepie. “Ek sal vir jou ‘n brug oor ‘n rivier bou,” belowe hy plegtig aan Marlize, “maar vir jóú probleme…? Bou ‘n brug en kom self oor dit.”

 

Gamebreak kom en gaan, met Maymarie wat strategies vier groot pakke sout-en-asyn popcorn saam met die restock ingesmokkel het en met ons deel. Sout en asyn was nog nooit só lekker nie.

 

Daar waar ek agter stap is die geselskap goed, maar die voete is séér. Die wind speel meer met ons gevoelens as ‘n wispelturige dame, en ons klere gaan uit-aan-uit-aan soos wat die wind met die son en die wolke wegkruipertjie speel. Oudste boetie son speel dalk bietjie lelik, want plek-plek drup daar ‘n traantjie of twee uit die wolke, en dit terg ons groepie dapper stappers keer op keer met ‘n koue vlaag druppels teen die skouer. Dit is egter nie genoeg vir ons om ons rugsakke se reënbeskermers uit te grawe nie, en gougou koop broeder son vir kleinboet wolk om, waarmee weet ek nie. Of miskien het hy hom gedreig. Ons almal weet wat met mis voor die son gebeur. Teen middagete is daar al meer son as wolk, maar die wind waai meedoënloos, kouer as die skouer wat Alicia my gee as ek haar Aiiilicia noem.

 

Ons dra BOK swaar. Kyk, ek is stapfiks. Ek stap al van kort ná geboorte af, hoewel ek eers in Graad 5 begin hike het, en my pote PYN, ‘n sentiment wat ek dink ‘n hele paar van my medestappers sal beaam. Ons blaas-blaas teen ‘n heuwel uit, want die Karoo het toe blykbaar meer as net vlaktes. Party blaas hard, ander blaas permanent, en sommige gaan al die pad en word basies blase. Toe is dit middagete, sommerso langs die groot grondpad.

 

Almal se sakke word onmiddelik ligter.’n Kilogram ham, ‘n sak tamaties, seker 5 wortels, ‘n kwart kop kool, ‘n bottel mayonnaise en ‘n paar teelepels basil pesto sneuwel en word toegedraai in wraps en verslind. Na lunch pak ons weer die lang pad aan. Die oom van die plaas verskyn in sy Cruiser (onthou wat ek gesê het van Karooboere en cruisers?) en bied aan om diegene wie swaarkry se lewens te vergemaklik. Maymarie aanvaar die uitdaging en laai ook haar sak op, teen alle verwagtinge. Ons moes amper met Jeandré baklei om sy sak van hom af weg te neem, maar Jeandré is ‘n redelike man, en met mooipraat is hy uiteindelik oorreed om ook sy sak op te laai. En ons stap toe aan. En aan. En aan.

 

Voete pyn, maar dis alles die moeite werd. Die landskap is mooi. Verskriklik mooi, amper ongerep. Die enigste teken van beskawing is die telefoonpale… ag, oorhoofse hoëspanning elektrisiteitslyne wat soos stil reuse handevashou oor die landskap. Met die windjie wat ons afkoel eet ons die kilometers tot die eindpunt op, en die dapper stappers staar hierdie dag vir moeder natuur in die oë en knipoog: ysige rivercrossings word met ‘n lag begroet, en die meedoënlose wind woed homself uit om die vurige kole wat in die stappers se harte gloei te probeer blus. Met die son wat sy laaste doodsnikke uithoes na ‘n bloedige veldslag teen die skemerte van die nag, bereik die moeë stappers die saal waar ons die nag gaan spandeer. Dit is ‘n semi-voltooide trou lokaal, en ons word, na 26km se harde stap, behoorlik bederf. Ons slaap die aand binneshuis, onderdak. ‘n Kampvuur wat skrik vir niks brand voor die ingang, en die afkondiging word gemaak dat ons warm storte kry die aand. Daar is min dinge wat ‘n groep tam, uitgelope, deurgetrapte en yskoue stappers se gemoedere vinniger kan lig as die belofte van ‘n warm stort. Ek kan egter ‘n paar dinge noem wat ‘n kans staan: Die skielike verskyning van verskeie varsgebakte, stomend warm pizzas, en ‘n (semi) free drink in die vorm van ‘n bier, ‘n cider, of ‘n coke. Sjoe. Spitskoppe. Onthou die naam. Hulle doen troues ook. Dis nou ingeval jy oor 5 of 10 jaar opsoek is na ‘n trouvenue en onthou so vaagweg van daai tawwe toer waar jy jou man/vrou ontmoet het.

 

Terug by die warm storte staan ons rondom ‘n vuur en wag vir die water om warm te word, en die situasie lyk belowend: stoom borrel behoorlik uit die storte uit soos die warm krane oopgedraai word. Onder die skitterende sterre, met ‘n gloeiende bed van kole wat die kringetjie mense se gesigte rooi-oranje inkleur, beleef ek vir die eerste keer in my lewe ware verraad: die stoom wat so aanloklik borrel? Dit lieg vir ons. Die water is net-net louwarm, en ten spyte van die sauna-agtige atmosfeer gaan dit maar vinnig, sodat ons rondom die vuur kan gaan staan om weer warm te word. Daar waar ons staan, beleef on vir die tweede keer verraad: Pieter, die cruiserdrywer, besluit om sy pligte op ys te sit en eers aandete te eet. Lank staan ons en wonder of Pieter die cruiser omgesmyt het en of ons nou eers in die ysige modder gaan moet bakkie stoei, voor ons uiteindelik die ligte deur die takke sien nader kom. Met ‘n opgewekte “Howzit” spring hy uit die cruiser uit, en die oorverdowende stilte groet hom met oorgawe. Die groepie mense klim op die cruiser, tjoepstil, en Pieter staan vir verskeie lang, stil sekondes en wonder hoekom niemand met hom praat nie. Naude verlos hom egter van sy verwarring, en die oorverdowende stilte word verbreek deur ‘n lagbui. Seker net Pieter sal kan sê of dit die gloed van die vuur is wat sy gesig rooi inkleur, en of dit vir ‘n ander rede was.

 

Vir aandete kry ons pasta met songedroogte tamatie en basil pesto. Of koljander pesto, as jy in Maymarie se groepie was. Ek kan net soveel keer skryf dat “aandete lanklaas so lekker was”, so ek gaan hierdie keer eerder net se “aandete was die vorige aand laas so lekker gewees”, want ons almal weet hoe lekker ons geëet het.

 

Die wraakkonsert en slee hou ons wakker tot 2uur die oggend. Ek gebruik die woord “wakker” baie tong in die kies hier, want die afwesigheid van enige items of hekels in die skets behoort ‘n baie duidelike prentjie te skep van hoe ek my tyd gedurende slee spandeer het. Ek het natuurlik met my sleedate(s) gesels, baie dankie. Uiteindelik, na ‘n baie, baie lang dag van stap, gesels, en die buitelug en mekaar se geselskap geniet, word ons almal in die massiewe stoor/trouvenue aan die slaap gesus deur die klank van 59 sagte asems en ‘n kettingsaag.

Dag 5: Seker so 17km

Die oggend word ek uit my sluimering gepluk deur Alicia en Marietjie 1.0 wat my met groot hartseer meedeel dat daar nie water is nie. Binne oomblikke, soos ‘n geskenk van bo, begin dit egter reën. In die saal. Die water het gevries in die pype, en na ‘n hondeskou van rondsoek vir ‘n bietjie water kan ons uiteindelik die koffie aan die gang kry.

 

Petri wil 9uur in die pad val, so 20 oor 9 vergader ons om ‘n pragtige stukkie te lees wat die eienaars van die plaas geskryf het en aan Petri oorgedra het. Kort daarna sing ons vir Marlize, wie se wens van op ‘n toer verjaar uiteindelik waar word. Die oggend verrigtinge word voltooi, en stap oor 20 minute word geroep. 40 minute later is al die sakke op die oom se cruiser gelaai, wat darm nog in werkende toestand is, ten spyte van Pieter se beste pogings. Petri roep StapNou!, en ons stap toe. Tot by ‘n stuk Nasa ruimterommel en ‘n regop klip met ‘n inskrywing in ou Nederlands wat ek nie kan onthou of Jesse dit ontsyfer kon kry nie. Oomblikke later waai die wind ons egter weg, en ons stap behoorlik met die wind in ons seile. En teen ons lywe, deur ons klere, en oral waar die wind kan waai wat ‘n mens laat koud kry. Binne ‘n paar kilometer begin sommiges al hoop dat ons maar ons sakke kan terug kry, want ten minste is mens dan warm. Lize, die hoogs kompeterende hokkiebokkie wat sy is, besluit om die wind uit te daag tot ‘n wedloop, en sy spring summier weg en draf bergaf. En bergop. Toe sy driekwart teen die anderkant se bult op is, toe draai ons van die pad af. Toe sy bo kom, beweeg die laastes van die groep deur die plaashek. Ek kan net dink hoe die aansig van die groep wat heeltemal ‘n ander pad as sy inslaan die wind uit haar seile moes neem.

 

Terug by die res van die groep word die sakke van die bakkie afgelaai, en Maymarie maak dameskiet oop. Die manne laat nie op hulle wag nie en laat spat. Gamebreak word geroep, en toe is ons weer oppad. Met ‘n cruisertrack langs kronkel ons, die omgewing so eg Karoo soos kan kom. Die wind looi ons steeds, maar diegene onder ons wat hul winddigte klere vroeg al aangetrek het geniet dit verskriklik. Die ysige wind stoot ons tot in ‘n droë rivierlopie, waar middagete geroep word. Marietjie 2.0 beveel die wind om te gaan lê, met ‘n stemtoon wat geen ongehoorsaamheid duld nie. Broeder wind is egter die jongste kind, en ons almal weet die reëls is nie van toepassing op die jongste nie. Hy haal diep asem, en Marietjie se bevel word versprei en weggegooi soos grassade in die wind.

 

Petri roep heeltemal te gou “stap oor 20 minute”. Dis egter nie die “sjoe dit is so mooi hier, ek sal vir ure kan sit” heeltemal te gou nie, dis die “woah tjom ons eet nog dis nou eers soos 10 minute jig jys onbillik wag eers” heeltemal te gou. Dit blyk dat, as hulle sê “die beste manier om vir koue aan te trek is om lae/layers te dra” bedoel hulle jy moet dit aan jou lyf dra, nie in jou rugsak nie. Petri het egter nie die memo gekry nie, en hy kry dus baie koud.

 

Die ware rede vir sy haas verskyn seker so 30 minute later: die kamplek. ‘n Ou skaapstoor met ‘n windpomp, ‘n sementdam en ‘n regte, egte, 100% locally sourced Karoo murasie. Luuuks. Meer Karoo as dit kan jy nie kry nie. Die dames skrop nes in die stoor, en die mans rig hul tente op aan die lêwaartse kant. Mettertyd begin ons stook, en die aandete is alles wat lekker is. Biltong, kips, rys en blatjang. Die biltong word ont-vacuum, en elke groepie stel ‘n erewag aan om hul hopie biltong te beskerm. Die wêreld is egter vol geleentheidsmisdadigers, en biltong is inderdaad ‘n uitstekende geleentheid om ‘n misdaad te pleeg. So in die verbygaan sien een geleentheidsmidadiger een so geleentheid, en hy gryp behendig ‘n stukkie biltong van Lizé se hopie af. Hy het homself egter misgis met die blitsvinnige reflekse wat Maties by hul hokkiespelers indril, en hy het skaars die stukkie biltong beet of sy gewrig word in ‘n ystergreep geklem. Met houtlepels, gille, en verkeerde name word hy aangeval, jy hoor net Alicia krete van “Nee! Naudé! Nee! Af! Los. Naudé!! NAUDÉ!!!” Maar my naam was nog nooit Naudé nie, daarvan is ek doodseker. Dramatiese sug. Aiiiiiilicia.

 

Daai groepie se woede teenoor my koel agter vinnig af, want dis dameskiet, en julle weet wat dit beteken! Fotosessie, vriendin! Dit is ‘n hoogs komieklike spul wat by die stoor uitpeul en so in die loop hul warm klere afstroop. Almal staan en bibber en wag hul kans af om afgeneem te word, en dit gaan vinnig want niemand wil lank so staan nie. Die sessie is egter kort, die kortste in onlangse toere, want die dames staan in die yswind met somerrokkies aan. In die Karoo. In die winter. En die mans is net plein sag. BTKeen is egter ‘n ding, en daar is min dinge wat mense nie sal doen vir daai perfekte foto nie.

 

Met alle biltongverwante oortredinge vergewe danksy ‘n vrede-offer van my kant af in die vorm van nog biltong, wat reg voor my opgeëet word, en aandete agter die rug begin ons inpak vir slee. En hoor hier, ons pak onsself soos sardientjies in daai stoor. 60 mense in seker so 20 vierkante meter, rug teen been, styf gepak. Soos daai liedjie gaan, “lyf teen lyf, voel jy my”, of so iets. Baie lekker knus en warm bekyk ons die items; Petri en Naude se Frikkie en Sarel soek ‘n golifant vir Kgoningin, en daar was definitief nog items gewees wat baie snaaks was. Pieter en Jian verskaf ‘n ligvertoning teen die dak om die aand af te sluit, en toe is dit nag dames.

Dag 6 – Mal ver

Daar is min dinge so lekker soos om lekker knus en warm te lê wanner dit ysig koud is buite. En daar is min dinge so ongerieflik op ‘n toer soos om te moet opstaan in die winderige, ysige koue en jou warm klere te moet aanworstel voor jy uit die tent verreis, soos ‘n majestieuse lyk wat uit sy graf opstaan en dan binne drie tree oor ‘n boomwortel struikel. Binne die stoortjie giggel die vuurtjie al opgewek in die kaggel, (ek begin nou al regtig baie ver reach om byvoeglike naamwoorde te kry vir ‘n vuur wat lekker warm en aanloklik brand, maar so be it) en ‘n paar mense staan en maak hande warm, ten spyte van die deur wat hulle kort-kort in die rug klits as iemand wil in of uitgaan.

 

Met koffie om die gemoed op te bou en BTK pap om dit hoog te hou val ons in die pad. Die Karoo is nog steeds groot, ons is nog steeds bang ons gaan nie alles sien nie, en die toer is al amper verstreke. Petri besluit dus om die dag ten volle te benut en so lekker lang heen-en-terug stappie te doen sodat ons alles kan beleef, sommer met rugsakke en alles. So twee of wat uur later vat ons gamebreak, ongeveer 100m van die beginpunt af. Dit is, soos om Jan sê, Petri se bydrae tot die BTK annale: die naaste gamebreak aan die beginpunt, ooit. Petri sê die ekstra 7km is karma vir die vorige dag se rugsaklose 7km, en ons kan nie fout vind met sy logika nie.

 

Middagete geskied by ‘n windpomp met ‘n dam, surprise surprise. Dis ‘n redelike algemene tendens. Windpompe met damme in die Karoo, meen ek. Lunch eintlik ook. Ek sou selfs sover gaan om te sê dat lunch meer algemeen is as windpompe in die Karoo, maar ek is oop om die saak te debatteer. Van lunch kan ek net sê, koue water maak lekker game, selfs al kom die water uit ‘n dam met ‘n hele ekosisteem van plante op die bodem.

 

En toe stap ons. Deur droë rivierbeddings, oor berge en dale, koppies en klowe, oor heuwels en deur gate, deur heinings en oor drade. Elke nou en dan stap ons verby ‘n windpomp, en elke dan en wan vang ons ‘n verkeerde draai. Ongeveer 23km na ons die oggend vertrek het word ons begroet deur ‘n hoogs besorgde Karooboer wat summier die dames se sakke oplaai en ‘n paar kilometer nader aan die eindpunt neem. Pieter sleep saam om te help aflaai, en Maymarie spring ook op. So 5km later tref ons die eerste liggie, wat soos ‘n Hansie-en-Grietjie broodkrummel glinster in die donker langs ‘n enkele, wit-op-swart pyl wat die rigting aanwys. Gelukkig was daar net een pyl, anders weet ek nie waar ons sou opeindig nie.

 

Soos ‘n spul Hansies met ‘n span Grietjies stroom ons agter die liggies aan, wat ons van ver af kan sien glinster soos die donkerte van die nag agter die skemer aangehardloop kom. ‘n Paar honderd meter van die eindpunt af ontmoet Franci ons, waar ons wag vir die groep om te versamel. Nes die heks uit die storie van Hansie en Grietjie tower sy toe ‘n bottel (verdunde) Three Ships Whisky op, en sy skink ‘n blikbeker vol wat in die groep rondgestuur word. Toe die groep vergader is en die whisky slukkie die vlamme van opgewektheid stook, vertrek ons as een span. Maymarie sit in met ‘n weergawe van “I don’t know what I’ve been told,” en so bereik ons die einde van die dag se swoeg. Vier vure brand vurig, en ons vergader om die Here te dank vir die voorreg wat ons gehad het, en steeds het, om so te kan stap in die Karoo, en dat almal oorleef het. Ek dink dit was maar naelskraap op ‘n paar plekke.

 

Vir aandete is dit pap, wors, smoor, koolslaai en gestoofde appels met vla vir poeding. Met vol magies begin die mense se oë sommer baie vroeg al toeval, en met dit word “slee oor 10 minute!” aangekondig, en die slee word weer rondom die vure aanmekaargeslaan. Die slee, so op die laaste aand van ‘n toer, is ‘n hoogs emosionele saak. Trane stroom uit almal se oë, en die manne probeer hul bes om hul hartverskeurende snikke agter hoesies weg te steek. Dit kon seker ook die rook wees. Troepe word opgevoer, en dit was al weer belaglik lank. Soosin rerig. Of ek dink dit was, ek het geslaap so ek kan verkeerd wees.

 

Tot die vroeë oggendure item ons om die rokerige vuur, en toe is dit slaaptyd. Mense soek hul slaapsakke op, en oomblikke later loer die sterre deur die gordyn van die melkweg na ‘n verlate landskap waar 60 siele hul harte uitgeloop het, waar 60 siele die ervaring van ‘n leeftyd gehad het, waar 60 siele se geloof in God en in mekaar gelouter is in die vlamme van gedeelde struwing.

Dag 7 – 13km (Recommended song – Nothing I’ve Ever Known of Sound the Bugle deur Bryan Adams)

 

Die sagte lig van eerste-oggend tooi die horison in ligrooi toe ons vir oulaas wakker gesing word. Met die laaste eggos van SW en sy mede-stokers se krete wat oor die vlaktes weghardloop, word hierdie laaste oggend vasgevang in my geheue as die einde van ‘n lang, gelukkige storie. Ten spyte van ‘n algehele tekort aan vuurmaakhout die oggend, is die opgeruimdheid van die groep aansteeklik. Die kamp afslaan proses gaan maar traag aan, want niemand is regtig opgewonde om hierdie storie se epiloog te moet klaarskryf nie.

 

Ons vat ‘n breuk van afslaan om vir Jodie, Elmarie, Blake, Jacq en Karl maan toe te stuur. Wie weet, die maanbussie ry dalk weer. Tannie Celia laat ons tree gee vir die dinge wat ons het, en ons besef opnuut hoe ongelooflik bevoorreg ons is, nie net om in die Karoo te kon wees nie, maar ook net vir wat ons het, en Wie ons ken. Ons sing ‘n paar worship liedjies, en te gou is dit sakke op en stap nou. Hierdie keer is dit egter die normale “te gou”, nie die “voorsitter kry koud” te gou van twee dae gelede nie.

 

In ons koppe het ons reeds die vorige dag klaar gestap, en dit is dus ‘n absolute uitmergelende 13km se stap wat volg, ten spyte van ons ligte rugsakke en ligter gemoedere. Dit is egter nie ‘n probleem wat T-Swizzles nie kan oplos nie, en op 10km word daar uit volle bors gesing aan You Belong With Me, Blank Space, Love Story en Shake It Off. Die manne kan maar net hulle koppe skud en sug, maar diep, diep in hul harte is die waarheid ingeëts: hulle WENS hulle kon saamsing. Ons pak die laaste 3km aan, en uiteindelik, na 135km, 133 blase, 12 sleedates en 16 verkeerde afdraaie bereik ons weer die beginpunt. Of eerder, amper. Die gentlemen’s challenge volg, en dit is duidelik dat die manne nog meer as genoeg energie het om die toer weer te doen. Jian wen vir homself ‘n bier op die BTK se onkoste, en ek het lanklaas ‘n man so breed sien glimlag.

 

Die bus word gelaai, en die lang pad terug word aangedurf. In Laingsburg stop ons weer by die Shell garage, en die mense koop KOS. Pakke chips, bottels coke, garagepies, roomys en draairoomys word verslind. Petri is aanvanklink gekant teen al die tyd wat gemors word, maar na so ‘n tawwe toer is selfs Petri se hart sag. Ek dink oom Jan se omkoopkoffie het ook gehelp daarmee.

 

Op Worcester terrash ons by Dam Pub & Grill, waar Christoff net-net vir Graham wen met die burger challenge. Milkshakes en koeldranke verdwyn baie vinnig, en kort daarna die burgers ook. ‘n Absolute fees. Daarna is dit terug in die bus, terug in die bos. Ons sê dankie; dankie oom Jan en tannie Celia vir die toerouers wees, dankie aan Franci wat ons so ongelooflik bederf het, dankie aan Petri vir die leierskap, en dat hy die hart gehad het om ons die HELE Karoo te wys. En dankie aan God ons Vader, want sonder Hom sou niks van hierdie moontlik wees nie.

 

Hoe eindig mens af, na ‘n toer soos die? Ek wil nie ophou skryf nie, want dan is dit finaal verby. Ek sit hier met my boekie oop op die tweede laaste bladsy, want die laaste ene het net een sin op. Ek dagdroom gereeld van die toer, maar soos die tyd aanstap vervaag die herinneringe, en my verbeelding is te min om 59 ongelooflik unieke persoonlikhede die diepte te gee wat nodig is om ‘n toer soos hierdie te maak. Nog ‘n toer is verstreke van die ou BTK. Vaarwel, toermaters, my tyd is verby.

 

Lewe lank, lewe lank BTK.

 

Gala 2022

 Gala 2022

Toe die horison die oggend van die 17de November rooi-pienk ingekleur word, groet ‘n spul moeë maar opgewonde BTKeen-ers mekaar. Onder die bondel mense is daar ou gesigte, nuwe gesigte, verwagte gesigte, en ook ‘n paar onverwagte gesigte, danksy die A3 monster wat in die nag toegeslaan het en ‘n paar minder-voorbereide toeriste oorrompel het. Met die groetery, pakkery en draaiery afgehandel, val ons in die pad. Binne minute word alle eksamensorge langs die N2 weggesmyt, en die gedreun van buswiele op ‘n teerpad sus die spul aan die slaap. Sommige minderbevoorregte drommels, soos die uwe sketsskrywer, moes egter soos Mr. Bean vuurhoutjies onder die ooglede inprop om haar oë oop te hou soos wat sy nog aan ‘n opstel gesit en tik het op daardie einste bus. Maar wat, as jy keen is is jy keen. #stapnouwerknetvoordatdittelaatis.

‘n Goeie kwylbekslapie later kom ons by Diaz-strand aand. “Two by two” smul ons aan kaas-en-konfyt roosterkoeke, voordat ons die draai om die baai na die kampterrein toe aanpak. By die kamp aangekom is dit net treintjie-vorm-afpak, kombuisspanne indeel (met die spanne wat vernoem word na ouens wat, volgens die teenwoordige dames se voorspelling, eerste gekys gaan word) en tent opslaan. Met al die hordes verantwoordelikhede uiteindelik afgehandel, en die stappers uitgerus na die woeste stuk stap kamp toe – want nee ons dag Gala is mos rustig – kon ons uiteindelik die laatmiddag-lekkertes afskop met ‘n bietjie touchies en strand-swem. ‘n Paar van ons is selfs deur ‘n dolfyn begroet wat so nuuskierig was dat ons sy (of haar) asem kon ruik.

 

Met ‘n suksesvolle strandswemsessie agter die rug vat die snoekbraai vlam, met die mans wat die vure stook en komme vol botter-soetpatats roer. Uiteindelik sê ons toe dankie aan ons Hemelse Vader vir die groot bederf van goeie rus in die vorm van ‘n bord goed-gesoute snoek (maar nie so sout dat die kiewe trek nie), ‘n oop sterrehemel en die potensiaal van nuwe maatjies. Daardie aand droom ongeveer 100 jongmense van Maymarie en Marlize se soetpatats, wat letterlik tot karamel afgeprut was. Legendes vertel dat ‘n sekere Petri Smit steeds daarvan droom. So gepraat van die duiwel, daardie aand open hy slee soos ‘n ware epileptiese bok, met Mario en Luigi wat kort daarna hul verskyning maak met houtlepels vir roeispane – shame.

 

Met vol mae en helder ogies klim die mense die volgende oggend op die bus, gereed om die St. Blaise staproete aan te pak. Op die pad groet ons ‘n paar mak dassies en bewonder die oranje klipkranse en turkoois oseaan wat al langs ons kronkelpaadjie saamloop. Gamebreak word geroep en is die ideale geleentheid vir ‘n vinnige middagslapie op die rotse en kiekies voor die potblou green-screen.  Die saligheid word egter elke kort-kort onderbreek met die effens angswekkende, effens grapperige “Vaaaaan ons, aan die eerste toeriste!” wat iewers vanuit die verte weergalm. So tussendeur die stappery slaag iemand daarin om ‘n bankkaart te verloor, en ‘n tang word uit stokkies geprakseer om in Stilbaai nog roomys te kan koop, want ‘n boer maak ‘n plan BTKner maak… ook een.

Daardie aand word ons weereens bederf met ‘n heerlike slaapplekkie so bietjie verder verwyder van die stad se geraas, en ‘n dromerige uitsig oor die hengse blou “dam”. ‘n Paar wattetjie-wolke hang lui-lui in die lug, en oranje dakkies loer neer vanuit die hoogtes om ‘n salige atmosfeer te skep. Ek kan nie mooi onthou wat ons geëet het nie, maar ek het wel aangeteken dat dit vrek lekker was, so daar: Dit was vrek lekker! Die uitsig en atmosfeer het mense sommer lus gemaak om te skoffel; plakkies en crocs het gevlieg soos wat hulle op die gras tekere gegaan het, en daar is selfs na die laaste sokkie-treffer ge-aaagghh om die standaard daarvan bekend te maak! Die slee was topgehalte, en hoewel ek nie wakker was vir alles nie kan ek jou waarborg dat Jo-an en PF mekaar aangehits het tot een of ander iets wat so moeilik is om uit te maak dat ons almal gelag het. Stefan het ook heel moontlik ‘n grappie vertel wat almal na ‘n “dut om die kampvuur” gevoel gevat het.

Die volgende oggend word die dames getrou wakker gesing, en na die Cornflakes in is, is Gourits die nuwe bestemming. Hierdie deel was heerlik teen die see, met die “uke” wat sommer so in die loop getokkel word. Faf se filmkamera word ook uitgepluk, en die branders verwek gille soos wat dit spontaan oor die mense se voete spoel. By die kampterrein aangekom word die BTKitaar se snare sagkens gestreel, en soos regte BTKners was almal gereed om kruisbeen te sit en saam te sing tot die son soos die laaste kooltjies van ‘n vuur in die see verdwyn het. Aandete word gesellig saam geniet, nuwe vriende word gemaak, en die vriendekringe bly permanent oop vir nuwe gesigte om hulself te kom voorstel. Daardie aand is wraakaand, en al die ou toeriste is vir eens wakker om die keen nuwelinge se rolle tydens die BTK se vreemde tradisies te aanskou. Carmen het die storie pragtig georganiseer en gefasiliteer: PF wonder sommige dae steeds “Where’s Waldo?” (Is hy dalk in ‘n boom, besig om doelloos die diep donkerte van die niks in te staar vanuit ‘n kampterrein in Stilbaai?) Karlien van Jaarsveld se dansmoves word ongelukkig in ons breine ingeëts, en so ook Kim Kardashian se vals agterstewe.

 

Met die dag wat vrolik breek word die tente afgeslaan met meer ritme as wat effektief is, en Alicia en Jo-an dans so gesinkroniseerd dat mens nie meer kan sien wie’s wie nie. Karlien klim weer uit haar dop uit, Abba word oor die speakers geblaas en die meisies en ouens verdeel amper bonatuurlik in groepe om “Vous les vous” te sing asof ons in ‘n musical is. Kort daarna vertrek ons na oom Boetie se plaas, waar ons rustig langs ‘n pad vol dorings afwandel. Hier is Carmen van mening dat jy eerder die doring in jou skoen moet los, want as jy dit uittrek maak die volgende een net ‘n dieper gat. Toe ons uiteindelik by “The Stairway to Heaven” kom is mense so opgewonde dat hulle amper by die duine af wil ‘abseil’. Uiteindelik is almal onder, waar ons die “Narnia-esque” baai geniet en in die glybranders lê en lekker kry. Daar word touchies gespeel en ordentlik bruin (of kreef) getan. Man, dis mos nou salig. Die aand voel almal nog of hulle wieg toe hulle ogies toeval.

BTK Sondag is salig en daar word vir omtrent 45 minute met toe oë geworship op die kampterrein se grasperk. Dit was so verfrissend en goed om ons Vader glorie te gee vir die rus en die kinderlike speel van die afgelope paar dae. Later word daar roomys by die legendariese blou huis gekoop en die branders word weer ingevaar. Sommige getroue ondersteuners het hulself in die klein kroegie gaan indruk om die rugby te gaan geniet, en asof BTKners nie reeds soos (letterlike) seer tone uitstaan nie het hulle nog ‘n bak roomys en ‘n paar lepels die kroeg ingesmokkel. Absolute honneskou!

Die spikeball toernooi met Jo-an en PF as aankondigers is ook een vir die boeke. ‘n Skoen se drome van roem word waar toe hy as mikrofoon gebruik word, en LT hanteer sy tweede plek met die waardigheid en nederigheid van iemand veel ouer.

 

Iewers tussen dit alles word die Durban aaitem genomineer vir die mees oorspronklike aaitem, met die woorde “boet”, “bru” en “naught” wat een keer te veel gebruik word. Troepe was topklas, met Petri as korporaal en LT as die generaal met minofmeer die takt van ‘n kruiwa. Ek sal nou nie SW se gesprek oor submission opbring nie, maar julle verstaan.

 

Dankie Here vir ‘n tyd van rus, vir opregte vreudge, mooie dinge en vir lekker mense wat dinge lig maak, maar wat ook swaarder dinge kan gesels. Tot volgende jaar; Gala what you must!

Oranjerivier Roei 2023

Oranjerivier Roei

By Hannah Mia van Stelten

Dag 1

Sixty pairs of sleepy eyes blinking back the chilly morning air. Sixty voices heard greeting one another with cheer; sixty sets of teeth, smiling ear to ear. Sixty hearts teeming with adventure. Sixty pairs of arms waving and hugging and itching to row along the Oranjerivier.

With the packing process complete, Petri’s welcoming words and a travel mercies prayer, the BTK bus whisked us away. Heavy clouds of rain pursued us along the road, causing slight disconcertment over a potentially wet week without tents. Nevertheless, we chased the sun northwards, and the sky opened up. With the rising of this 07h00 AM sun came a rise in gees and chatter as everyone began to fully wake.

With music emulating from the back, the bus was buzzing. Some BTKners played cards while others got to know their seating-plek maatjies. Some had their noses stuck in a good book, while others seemed to enjoy gazing upon the distant hills as they rolled by. Leri bedazzled JP’s head with the neatest box braids I ever did see. None other than Naude was slumbering upon the chairheads: a snooze corner that looked oddly comfortable. Jo-Ann was warmly welcomed to the band along the way.

A very aesthetically pleasing padstop awaited us, with a laney Vida Café offering lavish refreshment options. This was a long enough stop for everyone to purchase and settle back in for the next bout of travels… De Wet, Petri and Helene ensured that no soul was left behind – including one particular lady whose smoothie order momentarily held up the sloertoer.

Reaching the darling dorpie of Springbok, we were granted another luxurious bathroom break at the Springbok Hotel, with its laney lace curtains and the smell of the 70s. When it came time to leave, those who were seated in the bus at the right time, observed the rare sighting of an LT bounding and leaping over roads and pavements with a glorious KFC-to-go in hand.

We had one last padstoppie for the day, specifically for the Wimpy-loving students who were too cool for Vida Café.

Hours, maybe days, passed by before reaching the border at last. 60 important passports; 60 important stamps; more than 60 precious minutes we’ll never get back. But why would we want to, when we make queuing and filling out forms an absolute makietie for one another?

The silver lining of clouds turned to gold as ladies and gentlemen sokkied in the road. What a joy to behold such spontaneity under that dreamy African sky. I quote the words of a bystander woman: “Now this is how to behave at a border post.”

After driving off into the sunset, we soon reached Amanzi’s base camp, where we swiftly unloaded our belongings and hot footed to the dining area for some much anticipated and prayed-over potjiekos. Tea and coffee flowed, and eyes lit up with glee when bowls of chocolate-sauced ice-cream made their way out from the kitchen. So satisfied were many,  that there was no space left over for snacking on sleepille. Bondel Slee was under a starry Namibian canopy, the night somewhat brighter from the near fullness of the moon.

Items:

  • Petri begin met ‘n passievolle ballade vir ‘n sterwende bok. Hy’t lekker klaphard geval. Legend says he is still recovering.
  • Petri as Mario en LT as Luigi is terug op die rivier, met Sibbie as Maria.
  • Gedroggie – Maymarie, Jo-Ann, Jacobus, Pieter, Thom
  • Skilpaaie hou my dop – Simeon, JP, en Andre de Kock
  • Koppe to koop – Sibbie, Bernard, Marietjie, Laurika, Ignus, Mikael

The boundaries of dames en mans kamp were set out, and we fell asleep outside with the crickets.


Dag 2:

Huddled in our groups for breakfast, we fuelled ourselves on nutritious pap made of oatmeal, peanuts, and raisins. After randomly selecting row-partners amongst ourselves, we packed our buckets to the brim and loaded our canoes. “Can you canoe?” was the famous question of the morning. Our tour guides explained the important details for our wellbeing, such as the principle of using sticks to mark one’s territory to save a fellow BTKner from stepping on such bombs.

Oom Hannie and Tannie Patricia spoke to the young men and women separately to lay the rules before the fun could begin. Cracking corny jokes to laugh louder than the opposite group, and stealing of hats was standard procedure thereafter.

Lined up like ducks, we dragged our canoes down a sandy slope to the water’s edge and set sail one-by-one. All was peaceful for one moment’s glory once everyone began paddling. This did not last long before Petri chose violence and began the first of many water wars.

After a few kilometres, we reached a quaint little river island where we parked off for our first game break. Here toeriste could rest, swim, snack, play ultimate frisbee and slide across the sand trying to do so. We rowed on, shouting and ululating up mountain valleys to create echoes.

All was quiet for one more moment’s glory, before PIRATEEE reverberated loudly in sound waves down the river. Chaos ensued with ladies plunging into the depths from their canoes, counting that one as lost for the sake of capturing another. Some could be seen taking the elegant route of coming aside another canoe and politely swopping ships.

Lunch with a view at God’s Thumbprint! We sat contentedly, munching on Maymarie’s gourmet sandwiches made from cucumber, cream cheese, salami, Bovril, and/or peanut butter and syrup. Mikael did not know he was hunting for treasure, when he discovered a one-of-a-kind Tiger’s Eye stone glistening on the river’s edge. More relaxing, swimming, snoozing, and singing LT to sleep took place. De Wet could be seen appearing as a happy river arab draped in an iconic scarf. We huddled in one large group as our guides warned us about the upcoming rapid known as Dead Man’s Cove. A lady expressed relief to hear that it was not called “Dead Woman’s Cove.”

Such rapids were easily conquered by the brave BTK, and we rowed our boats gently down the stream, merrily because life is but a dream. Everyone seemed to be enjoying conversing and fending off another canoe’s watery bullets with their partners. Some people fell into the river during such battles, but they might say that they wanted to swim off the heat as an excuse. According to Stefan, a few canoe-couples banded together to form a ‘floatilla’, which was a sight to behold, I am sure.

Once reaching our campsite for the evening, we winded down for recreational time. Muller’s fishing rod came in handy, as he held up two well-sized yellow fish for his supporters to see. A group walked along a pebbly path to find the zone to bum-slide down the river from. During this journey, Jo-Ann remarked on the trauma that these pebbles were inflicting on his “marshmallow feet”. A few of us wore our lifejackets appropriately for this activity, in nappy-style. Gliding down the river in a human-chain was an ab-workout from laughter.

A few ladies were peacefully bathing like fairies downstream when the head of a snake or legawaan in the nearby waters. Bathing has never been more tranquil yet terrifying.

For dinner we were spoiled with Maym se kos: NACHOS.

Items were under the shooting stars tonight:

  • Our dazzling lighthouse was René, who stood the test of time with grace and elegance. Our Oranjerivier pirates were: Petri,
  • Trill – Petri & De Wet
  • Ja Nee – Jeandre, Pieter, Marietjie
  • Ninjas – Sibbie & Amy
  • Punchline – Jo-Ann the last one standing, smiling big and bright
  • Kellogs – LT & Maymarie
  • Hoenders – Petri & LT (scattered into the night – Petri down the dune, LT around the slee)
  • K-K-K-Koud – Charlotta & Pieter
  • Blou Yskas – Bernard, De Wet, Petri, Charlotta, Oom Hannie en Tannie Patricia (Thom offering a joint to the toerouers)
  • Boer Soek ‘n Vrou – JP (Marietjie), Simeon (Hannah Mia), Andre (Sibbie), Pieter (Alicia), LT (Michaela)
  • Nooi Soek ‘n Boy – Sibbie (De Wet), Alicia (LT), Amy (Bernard), Marietjie (Jo-Ann), Marlize (Naude), Maymarie (Pieter)
  • Skande op die huis! – Marietjie & Sibbie
  • Cinema – Muller, Marlize, Naude, Alicia, De Wet, Bernard, Amy

Jukkels

  • Charlotta: “Ek kan nie in man’s kamp gaan nie, maar ek kan maar kyk.”
  • Pieter: “proe soos ‘n passionate blonde.”


Dag 3

Our stokers woke the dawn with their high note rendition of the song: In the Jungle. The river was flowing swiftly that morning, glowing with the first rays of sun that poured over the mountainside. Tears of joy were shed as the BTK wished Martine a happy 21st birthday, and the tour guides brought out a cake. After eating our fill of oatmeal, we packed up the entire camp into canoes. Lentl and some more ladies worked their hair-doing magic and making bush beauties out of their friends. Helene, LT, Martine, Yentl, and Hannah Mia came up with a profound theory of psychology called: “sand circles of personal space”.

Another day on the waters saw many capsized boats. Cat and Guillaume were ruthlessly seized by Maymarie and Bertus, who were then flipped by Pieter, who was then flipped himself alongside his innocent partner Marietjie.

During game break, some people attempted to swim upstream and soon realized the might of a flowing river. Nevertheless, some BTKners showcased their bravado in a swimming race to the large rock in the middle. Altus enjoyed some frisbee with the tour guides, feet caked with mud and happy – adventure is as good as a spa day.

De Wet and Leri could be seen perfecting their yoga moves with oars, while Maymarie, Bertus, Stefan and Hannah Mia enjoyed a gondolo experience in Venice. A large group held onto each other’s boats to create one big bondel.

Before tucking into Maym se tuna mayo middagbroodjies, we conquered a 15 minute hike up a fluoride rock mine. We saw the river from a different angle. It truly felt like looking out over the pride lands when we could see everything the light touches. We made our way down, collecting little green fluoride rocks along the way to gooi into the fire the next day. Sibbie could be seen floating fabulously upon her lilo, while others played water ball. Muller caught 3 fish, hooray!! Martine’s chocolate cake was miraculously broken and divided among the whole group. LT and Maymarie smiled through the pain of miggie bites, or as Lentl put it: mutant miggies. Yghg but those creaturelings went everywhere. If you weren’t careful you would easily inhale or ingest one.

Martine’s camera went missing in the waters around our canoes, and the search began. When there was no sign of finding it, Martine said we should go, but Bertus insisted that there was a photo of him on there, and we needed to find it. And so we did! Hooray. We all celebrated with the birthday girl a second time. And Bertus, I hope it’s a flattering photo.

Another few kilometers of rowing and we reached our home sweet home for the night. Petri either forgot to yell pirate, or was distracted from doing so by his kwaai partner.

Tracey sat under the cool of a shady tree, and Leri sat in wonder by the riverside. Bum sliding in life jacket suits happened again, only this time we all wore two jackets each, which provided extra padding down the rapids neighboring the great Sambok. Bathing today was less terrifying than yesterday, we even had bubbles, although there was definitely something in the waters that nibbled at our toes on several occasions, first Alicia’s, then everyone else’s. Again, people pay for these sort of spa treatments. A few guys serenaded the group on the guitar, while ladies shed a few tears. Not from the guitar, but from cutting onions for the best Toer meal ever. This was a delectable white sauce pasta with basil pesto, bacon, sundried tomato, and onions. Are we blessed with Maymarie or are we blessed with Maymarie??

Wraak time!! We welcomed 12 new members to our precious community:

Mikael von Eschwege, Ignus van Deventer, Jacobus Botha, Lize Steyn, Johan Neethling, Laurika Burger, Thom van Zeijl, Sanet Swart, Lucia Laubser, René Geyser, Stefani du Plessis, Tannie Patricia, Hannes, Chris, Zachary, Regga, Ricky.

Surrounded by the might of mountains, we worshipped the Almighty God. What we have here, is precious in His sight.

Items:

  • Tickens
  • Best ice-cleam in da swole swide sworld.
  • Doktor (Pieter allowed his brother to cough profusely on him)
  • Mr Price (Andre)
  • Shotgun (Maymarie and Marlize)
  • Dink Frikkie
  • Hoe om n veldjie te vang (eerste toeriste manne)
  • Italian pizza (Charlotta and her mother)

Jukkels

  • Johan called this tour, “Roeihab”, because it is like Rehab. Just what the soul and body need.

Day 4

A very special morning for the Combrink family as we celebrated our beautiful Charlotte by throwing her to great heights. Some more cake was brought out, which was followed by a special Bible verse and prayer from Oom Hannie about soaring on Eagles wings. De Wet and Chris were serenaded too, despite not being born that day many years before, and they also flew like eagles.

After making it through the great Sambok rapids, we rested on a teeny island for a swim. Maymarie seized this opportunity to call out Dames skiet while we were all in the water. Zahn made a brisk bolt for Bernard, who to this day might still have a battle scar from landing on a hidden rock. Thankfully we had Cat on first aid duty, who doctored up many more wounds with care – there were lots of them, ranging from splinters to deep gashes underfoot.

We rowed some more, and ate a rainbow for lunch: this was wraps stuffed with purple cabbage, ham, carrots, tomatoes, cucumber, mayo and bovril. We were even given bags of chocolates to share, and of course, samples of Charlotta’s birthday cake. I’m convinced that I ate heartier at Oranjerivier than at res.

Muller’s fishing rod caught 2 fish today and Bertus’s stick and string caught 4 guppies.

We rowed down some more riveting rapids before reaching a rustig section of the river. This was where Petri remembered to call Pirate! After the scramble, we settled again, floating calmly with the current, letting it take us. Some people hopped out for a swim in the deepest section of the river, which was abojt 40m. LT & Maymarie’s canoe was stormed by 7 mense, who achieved their aims in capsizing them. With such force one would imagine how this canoe began to sink. Thankfully scoops came to the rescue here.

Tannie Patricia and Oom Hannie led the pack, two kindred spirits who were soaking in the sunshine together.

As soon as we reached the camp, we walked along another pebbly path for some body rafting down the rapids. This was a painfully long walk, the swim to shore grueling. Many of us barely made it out of those rapids alive, but it was totally worth it. Some were crazy enough to go again!

The time came to get fancy for Dames slee, and those who dressed up took part in a mandatory photoshoot. We dined on the alles wat lekker is dis dis dis. This was a magnificent mengelmoes of rice, chutney, biltong, ketnip, and onions. Pudding followed!!

We sokkied, played ukulele and guitar, and threw our fluoride rocks into the fire. Eyes glowed green with the wander of witnessing nature’s fireworks.

Items:

  • LT & Petri played guitar and ukulele sonder klank
  • Jeandre and Marlize sang songvanger
  • Lesse
  • Canoe (Guillaume, Daniel, LT, Mikael) (De Wet diagnosing the cannibals with a mild case of pink eye)
  • Stinkmuishond (De Wet).
  • Jesus is the way (Simeon, Muller, Andre, JP)
  • 2 wongs don’t make a white (Alicia and Naude)
  • Trooper (LT blou-yskassed Petri and someone poured sand down his ear.)
  • Tell mamma Jill
  • Thom read us the pure version of Machtige Koning
  • Lippe kan doen – Petri & Laurika
  • BTK Meisies (maar die ouens like dit) Amy, Sibbie, Alicia, Marietjie
  • Klippies

Last item of the toer

  • Petri, LT, Jacobus, Jo-Ann, Pieter, Naude
  • Stuttered about anything starting with K

Dag 5

You can only say you truly know someone once you’ve seen them looking bright tailed and bushey eyed in the morning. Rising at 06h30 to the melody of West Virginia, we had an early breakfast, and prepared to row early to base camp. We gathered together to thank the Lord for the privilege we had to be present there. De Wet and Thom entered the ring to signify their last time adventuring with us. De Wet finishing with his 13th tour, Thom his first. We thought about De Wet, and his journey in the BTK over the years. He expressed the bittersweetness of goodbyes, and acknowledged his time to move on and begin a new season was now. We sent him to the moon with Petri leading us in clapping.

Packing up was swift thereafter, the row even swifter. Some rapids and large rocks nearly capsized a few people, but everyone arrived at Amanzi shores accomplishing their missions. Our men stacked up every canoe while Yentl and a few others strummed ukelele and sang. Climbing into the bus, we received complementary juice from Amanzi.

Petri prayed for travel mercies and we were off, set for the border 45 minutes away. Maymarie’s ingenius peanut butter toebroodjies made the queue much more bearable. The road home was bedazzled with naps (LT in sy hammock), the strumming hums of guitar & ukulele, journaling and reading, many a gleeful pit-stop for padkos along the way, and songs like Sweet Home Alabama, Lenie Blou, en natuurlik, Suiderkruis en Klein Tambotieboom.

Clouds run away and rivers run dry, but our memories made here are here to stay. Oranjerivier Koei, Stoei, Vloei, Bloei, Woei, Roei, Snoei… you were everything a BTKner can dream of & then some. May you never run dry as time passes by. May the time spent upon your waves, resting on your shores, run through our veins until we meet again for more.

 

 

 

Visrivier 2022

Visrivier 2022

Dinsdag, 14 Junie

 

 

 

 

 

 

Dis ‘n vroeë, koue en nat oggend in Stellenbosch. Selfs proteste en uitgestelde eksamens kon nie díe BTK toer afstel nie. Helfde van die selektiewe studente staan agter die gepakte bus, reg vir avontuur, die ander helfde berei nog voor vir daai laaste vraestel.

Nuwe gesiggies, ou stappers, dieselfde opwinding vir Stap Nou.

Die Visrivier voel vêr en die N7 lê uitgestrek voor ons. Dis stil terwyl laat eksamen aande nog naby in ons geheue lê en ‘n diep slaap daal oor die bus met elke shhhh shhhh op die nat teerpad.

Misverstand deur Irma Joubert word oppad ontleed, Klawer se piepiestop word deur ons slapende voorsitter geblok en die geselsies begin net na Garies teen die reën op die ruite kompeteer. Ons tel vir Marietjie in Springbok op en nou word daar eers gesels.  

Deur die grens en oor die rivier (na Jannie en Andre besluit het om heeeeeel laaste hulle stamps te kry). Gelukkig het Jannie dit deurgemaak sonder ‘n background check op daai foto wat nie heeltemal sy huidige beeld verteenwoordig nie.  Die Woestynland begroet díe halwe span met sy natuurlike glans van die Noordoewer se kliphange, ‘n ligte windjie wat die rivierbanke afkoel en prysenswaardige klipduine wat tussen niks en nêrens strak staan.

Almal sit vasgenael teen die ruite en neem die Namibiese suide in. Soos Jannie sê; hier groei niks ‘so’ hoog. Dit verg ‘n skewe kyk van die trotse Namibier wat agter hom sit.

Ai-Ais en Oom Erik begroet ons in die stof nat met ‘n volle reënboog en trotse glimlag.  Vanaand is ons glampers met warmwaterbronne as fasiliteite en hout vir die geselligheid. Daar word geswem tot die suiderkruis hoog sit en vinnig vinnig is die kampterrein bewus van die BTK wat vanaand hier uitkamp. Met lag en kitaarsnare word ou stapstories spontaan gedeel.

De Wet word genomineer as 2023 voorsitter, en hy is klaar keen vir die Gondwana lodges se rekkie uitstappies. Tinkies is ‘n hoogtepunt want “so vars, het jy hom nog nie uit ‘n pakkie gekry nie”. Oom Erik stook koffie water, en Fred gooi ‘n benoude waarskuwing dat sy pa “net nie die water moet aanbrand nie”. Ons kry môre se blikwassers jammer vir hulle moeilike job.

Die konsep van jukkels word verduidelik en voorbeelde van vorige toere laat ons lê soos ons lag. (te danke en martin en reinhard in hulle afwesigheid). Slee word bewustelik more aand geopen as die groep 2/3 vol is so daar word met verwagting uitgesien na aand 2. Misverstand kom maak gou weer sy verskyning.

Wat ‘n voorreg om die eerste aand onder die Namibiese sterrelig af te skop op die noot van “in die in die Hemel is die Heer.” Mens voel Sy almag vanaand opnuut onder die helder volmaan en omring met mense wat saam Sy lof besing. Visrivier, jy oortref al klaar elke verwagting.

Woensdag, 15 Junie

 

 

 

 

 

 

 

 

Vanoggend het ons ‘n eerste vir die BTK, ‘n laatslaap oggend. Ons voorsitter wys vir ons hoe word dit gedoen en maak sy verskryning uit die vere net ‘n paar oomblikke voor die sonnetjie oor die kliphoogtes kruip. Mia en Jacolene sit styf en kouuuuud kry in die skadus van die kampterrein se palmbome.

Tinkies maak weer ‘n starring appearance vir ontbyt en De Wet word dadelik aangespreek oor hy sy 4de een in die sak prober steek. Spoiler: wonder of dit dalk was wat sy sak so swaar gemaak het vorentoe?

Daar kom ‘n stofwolkie oor die horison en een uit die twee van die karre wat vandag by ons moet aansluit, “is gelukkig veilig”. Daar is ‘n oomblik van stress toe ons besef die tweede kar is al 4 uur oor die grens en moes al LANKAL by Ai Ais gestop het. Maar moenie te veel stress nie, terwyl ons op die landlyn is met Boplaas, nee skuus, Hobas, en wonder wat als kon gebeur het, stop die 4 dames veilig en in een stuk. O en hoe kan ek vergeet, hulle stop in een stuk en met vol magies, want ‘n lodge ontyt was ingewerk tussen die grens en ons wat vir hulle sit en wag. Kristi weet nou nog nie of Jacolene regtig vir hulle vies is en of dit net ‘n grappie was nie.

Almal sit hande bymekaar en groepie kos word uitgedeel. Admin is wild en uiteindelik is almal se sakke bietjiie swaarder gelaai. ‘n Bobbejaan maak verskyning van agter die klippe en skielik moet Jakobus sy snacks red. Needless to say, die een meedinger ken die terrein en los vining ‘n stofwolk agter terwyl die ander darem nou dankbaar kan wees vir ‘n ligter sak.

Eerste middagbroodjies word gesmeer terwyl die manne die bus laai. Ons sluit die glamping af met komkommer en cream cheese broodjies op ‘n gedekte piekniek tafel uitgepak.

Ons spring weer in ‘n nou bietjie voller bus en tussen papiere op papiere, nog vorms en penne wat nie meer werk nie, word daar n paar stowwerige frisbee lesse deur Kobus en Jannie aangebied. André wys Nellie se ‘excellent muscle condition’ uit en skielik wonder die res van ons of ons werklik die stappie gaan oorleef met ons ‘good’ spiertjies. (Spoiler: gelukkig weet ons darem nou ons almal is genoeg).

Helaas, spring ons ‘buslis’ nou vir die laaste keer terug in die bus oppad na die begin punt van die uitstappie.

Voor ons lê die Visrivier oopgestrek en diep. Baie diep.

Die afdraende vang ons almal bietjie onkant en die bene bewe op díe 2km. Hoogtevrees teiken sy kalante en klippies voel skielik los onder ons voete. Die son gooi rooi/pienk en oranje patrone teen die klip en hou ons in verwondering met elke gefokuste tree. ‘N vinnige koue swem wag vir ons onder en toe is almal sommer honger en reg vir aksie.

Vanaand doen ons als in groepsverband, kook, eet en slee. Die sand veroorsaak vir ongeballanseerde stofies en cinnamon vla, of wag was dit mieliepap?

Dis ‘n windstil aand en die vol maan se strale hardloop oor die hange. Hulle speel oor die water poel en reflekteer die berg in helder duidelikheid. Wat ‘n agtergrond op vanaand se slee.

Items word uiteindelik geopen deur Frederick se Belade van ‘n sterwende bok deur NP van Wyk Breytenbach. Hierde keer is ons voorsitter se bokkie aan covid uitgelewer. Jannie dra die ‘Kooivallei se optimistiese appelsmous’ met oortuiging oor. Hy en Hilda gooi ‘n Karen Zoid nommertjie met die kitaar en Kazuu. Talent word vanaand na vore gebring. Frederick en De Wet is steeds op soek na die Pikkewyne in Prieska terwyl, Stefan , Fred en Mia lewenslessies vanaf die grens met ons deel. De Wet, Jacques, Petri en Kobus is nogsteeds nie seker hoe laat dit is nie maar ‘dis tyd’.

Jukkels strek van Jannie wat sal byt tot Kristi wat hoop op die man voor haar se hand. Edelagbare Oom Erik word darem direk en opreg aangespeek vanaand.

Slee is vir die dames en daar word uitgekamp onder verskietende sterre (daar was net een maar julle weet, digterlike vryheid behoort aan die sketskrywer wat op die spot aangestel is)

Donderdag, 16 Junie

 

 

 

 

 

 

 

Nog ‘n rustige oggend op die Visrivier se banke, Die dames besluit hulle SAL bly lê tot die stokers hulle stemme opwarm. Ons word ‘wakker gesing’ met ………… en groupie 1 se water is eerste reg. Petri ons ervare stoker.

Dis dag een op die rivier Cobus het klaar iets uit die rivier gevis. Ons het vergeet om die man te vra of hy daai aand droog geslaap het na sy tent twee keer moes red. Fred en André betakel die spreeus met klippe en Amy is amper in die spervuur.

‘n Nuwe addition op Sibbie se menu is lady fingers as ‘n weetbix ontbyt. Lyk my ons sub poeding vir pap en pap vir poeding op hierdie trippie? Dis tyd dat ons kosma haar hand op dinge kom kry.

Nellie sit as scout en spot die laatkommers waar hulle in ‘n stofwolk ons kampterrein betree. Ons is uiteindelik voltallig en die aksie begin!!

Johan en marguarite verduidelik skiet en sjoe, kom ons hoop nie die sand maak die hardloop storie vir die res vandie trip so ingewikkeld nie. (spoiler: Min het ons geweet).

Hoede word gegryp en die ys is gebreek hier tussen vriend en vreemdeling.

Ons het ‘n ‘regte’ verjaarsdagmaatjie vandag en tussen sang en spring word Jacolene die lug in ‘gepos’ net na manne mooi hoor dat ‘vang nie optioneel is nie’. Hierna is dit “sakke op” en sand stap.

Dis vir die skrywer ‘n voorreg om die dag te geniet onder die Namibiese sonskyn, met lekker lekker mense wat die dag verhelder, en díe natuurwonder vanuit ons Hemelse Vader as speelgrond op haar verjaarsdag.

Game break is iets vir die voëls en ons stap tot middagbroodjies. Hier tussen klip en klip word ons eerste toeriste stadig maar seker aan uitkyk blootgestel. In sy tien toere word ons wraakkaptein vir die eerste keer gebreuk deur di eerste uitkyk van die toer. Hmmm mmm, De Wet. O die soetheid van die wraak.

Net soos die windjie weer optel, tel die studente weer sakke op vir n lang middag stretch, hoe lank het ons nie geweet nie.

Die middag stap ons deur die sand, in die sand, en tussen sand. Petri, Heidi en Jacolene stap rustig van agter as die dag se slot en sy twee sleutels. ‘n vinnige foto word georganise by die ‘bekende’ en raaiselagtige bromponie en daar word 10 000 stories uitgedink van hoe die outjie hier te lande gekom het.  Die tree raak tam en almal se spiere begin teepraat. Ons vat ons eerste shortcut en daar word gescout vir wilde perde. Want joh, verwagtinge is hoog na Nellie van die facebook adverstensie perde vertel het.

Die skemer le al laaag in die vallei toe Fred uiteindelik kamp aankondig en die badwater is koudddd. Skiet word oopgemaak tussendeur wasgoed ophang en badsakkies bêre. Sand spat en dames word so stuk stuk gedeps vir die aand se slaapsak kuiers. Maar eers moet ons die manne se magies vol kry.

Honger is vanaand die beste kok, en beertjie poeding is ‘n hoogtepunt. Strategies deur ons kosma op die menu geplaas vir haar eerste aand in die kamp. Die eerstetoeris manne kyk die slee set-up stories eers met sku ogies uit en val toe maar vining in met die seiltjies uitgooi. Diep slee word dopgehou maar daar word diep in die slaapsakke gekruip langs die water.

Fred begin weer die aand met die Balade van ‘n sterwende bok, deur, uhm wie nou weer?’ o ja, Ingrid Krog.

Items:

-Belade van n sterwende bok

-Mario en Luigi (fred en johan)

-Koppe te koop (Annie, Leana, Henco, Bernard, Sibbie en Marietjie)

-Hans en mans (fred en pf)

-Yesterdie (Sibbie en Amy)

-Blou Yskas (PF, De Wet, Fred, Mia, Marietjie)

-Melkboer (Hilda en Jannie)

Jukkels:

Vanaand se jukkels het vir PF gelooi. Hy was bevraagteken oor die zips op sy langbroek, sy kuite en sy slee intensies. Tenminste was sy persoonlikheid deur Cara affirm. Nicola was gevra om te verduidelik oor haar leuse van ‘stap hard, drink hard’ en was vir Petrie gevra  oor sy ‘met die klippe gedans’ analogy. Laastens was Andre gejukkel oor hy vir Amy as ‘n teiken besklu het. Hy het wel homself  verdedig deur te se sy het in die spervuur ingestap terwyl hulle spreeus looi met klippe, en haar toe net as n groot spreeu beskryf.

Slee behoort aan die manne en ons word gewaarsku vir ‘n vroeë oggend more. Oom Erik is vroeg bed toe met koue koors en ons word ingelig at ons more kontak met Hobas gaan maak ingeval dinge deur die aand vererger.

 Vrydag, 17 Junie

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ons eerste vroeë oggend op hierdie stap. En skielik voel ‘n half 6 redelik baie vroeg. ………. weergalm hard in dameskamp. Die stokers is wakker, dan moet die kamp opstaan.

Dis ‘n vroeë oggend onder maanlig, pap word vining geeet, kopliggies opgesit en sakke gelaai. Die dames se tente is eerste af en ons staan maar in ‘n treintjie om hare te vleg en skouers te masseer.  Die manne is reg en ons raak vir ‘n oomblik stil in die Heer se teenwoordigheid onder lyding van Oom Erik se voorlesing uit Psalm 37. Ons het ook geleentheid om hand op Oom Erik te lê, voor ons in die pad val.

Ons stop by die eerste nooduitgang en planne word beraam. Namibië spanfoto word geneem en eerste groete word traag gegroet. Jannie en Fred mission saam met Oom Erik uit en die sataliet foon dien sy funksie. Ons weet eindelik nie mooi hoe Johan voel om weer fluitjie te vat nie maar aan sy brieke is daar nie fout nie. Ons gooi daai eerste stretch oor die sand maar almal is energie is nog hoog en keen vlakke hou ook by.

Ons word verras met ‘n warm waterbron en ‘n vinnige breukie. Die stang van die swawel het ons so bietjie onkant gevang en ons nog ‘n entjie daarna bygebly. Marne en Marguarite wens dit was ‘n kampplek want ‘sjoe hier sal shampoo bad lekker wees’. Jacques het hulle sommer opgeneem hierop ‘n vinnige swem/badsessie ingewerk.

Sweeties word sommer tussen almal gedeel weer vining in klein sakkies ingestop toe Johan ‘sakke op’ call. Ons mission hoor. Sand en sand en klip en klip. Views bly mooi en die terrain bly hard. Ons bly redelik langs die rivier en tussen die koel water wat langs ons skitter en average geselskap, hou dit die pad kort.

Eerste game break (vir die toer) en almal is keen vir ietsie souts. Pretzels en peanuts word uitgepluk en almal is keen dat hulle snacks geeet word. Die uitkyk sirkeltjie vorm en die eerste toeriste word stil en wag. Die sirkeltjie moet hulle man staan want joh, hier kruip Nick omtrent deur die sand, Cat bespring hulle en klouter van bo (vooruitskouing van troepe) en Jakobus bekyk die storie eers van ‘n afstand voor hy die uitnodiging uiteindelik aanvaar.

Ons besef dit was ‘n strategiese breuk want joh, body batteries moes van 5% af weer recharge en ons besef dat ons nog net 6 vanuit die 23 gedoen het. Stap stap stap. Vandag is tough. Die sonnetjie bak ons van bo en verwagtinge was nie heeltemal vir hierdie ingestel nie. Die eerste toeriste se stemme klink hard van agter in die treintjie en Dan vat voor om seker te maak dat almal oppit is voor vanaand se wraaaaaakkkk. Ek dink De wet het sy fair share van de magtige koning ingekry maar Cara en Leana se geselskap het surely die agter stap die moeite werd gemaak. Middagbroodjies kan nie vinnig genoeg kom nie en sodra ons oor daai sandduintjie kom was daar in die vlak vlak water gaan lê. ‘Kan ons hier swem? Andrê antwoord die benoude vragie met ‘n selfversekerende ‘Ons kan defnintief hier swem!’

Hier word skoene uitgeskop, tuna dadelik oopgemaak en stroopbottels word gedeel. Vinnige naps word op die nat sand gemaak en almal is dankbaar vir bietjie skadu en saligheid. Dit hou toe ook net so lank. Want 6 toeriste moet nog uitgekyk word en die wraak is net 6 ure, 72 minute en 34 sekondes weg. Net soos die laaste dagbreek jar vir sy lot geroep word, kom Jannie en Fred om die draai. T vir toevallig. Daar word ‘n happie sjokolade gehap en oor die water gehardloop om deel te vorm van hierdie oomblik. Die res van die storie bly seker maar binne die uitkykkring.

Jannie bevind homself op sy maag in die middel van die stroompie. En toe op sy rug, en toe weer op sy maag, en weer op sy rug. En toe net stil. Die manne is flou. Hulle het gewikkel hoor en skynbaar net gestap maar as ek nou op die makkapan kan verklik, dan het hy vertel dat hulle elke nou en dan ‘n bietjie spoed gevang het oor die klippe. #FOMO

Skiet is OOOOOP en almal is weer wakker. PF maak die tackle van die toer en Hilda het hom darem ‘n step of twee gegee voor hy haar met strategie gevang het. Hier intercept Fred ook vir Kristi by Petri, met Petri maak op en skiet ‘n lekker slee date.

Dis hier waar ons besef daar moet ‘n 5 minute warning geroep word vir ‘skoene aan’ voor ons weer kan ‘sakke op’. Van hier, vat ons huidige voorsitter weer voor en ons ou voorsitter speel scout. Hy roep vir Nellie en Jacolene om te hoor of ons die wilde perde gesien het? Wragtag. Hier is Nellie se facebook advertensie toe die reine waarheid. Sakke af en seer voete vergete, hardloop ons oor die klippe terug na die rivierbanke. Daar is actually lewe in die visrivier. Bewilderd kyk hulle hoe hierdie troppie stappers oorkant die rivier staan en kyk.

Ons vat die harde terrain weer vas en mission langs die kliphopies en deur die stofpadjies. 2 rivier crossings later en meeste van ons het darem nog droë voetjies, maar sjoe, seer lyfies.  Die dag raak nou lank. Ons game break op die klippe en in die skaduwee. Mens sien nie eers meet groepies wat vorm nie. As Fred se sak af is dan is dit asof almal neerplak op die naaste plat klip. Of soms nie eers ‘n plat een nie. Game blikke word sommer so oor en weer gegooi en slee pille word ook nou al omgestuur vir daai ekstra wine gum energie.

Hiervandaan raak die sand sag en die wind tel op. Ons stap nog so rukkie langs die rivier (sien selfs ‘n paar bobbejane so tussen die klippe gekammofleer) en dan draai ons ‘binneland’ toe. Elke nou en dan word daar gestop om in ‘n sak te grawe vir ‘n paar panadotjies. Ons vat ‘n vinnige detour en loop amper ‘n ander muur van die kanyon raak, maar gelukkig word ons kaart vining weer reggedraai en ons slot (De Wet) voel vir so paar meter hoe dit voel om voor te stap. Hoe Fred die Skrif aanhaal, ‘Wie laaste is sal eerste wees’,

‘n Gemaklike stilte stap tussen deur díe groepie BTKers terwyl hulle die middagsonnetjie se laaste strale jaag. Of so het ons gedink. Die son verdwyn agter die kliphange maar nee, ons kappitan rum steeds voort. Dit raak nou ‘n lang dag. Weet nie of ek dit al gese het nie? Ons stap nog 2 wilde perdjies raak en die vinnige asemskep oomblik gee vir Amy die kans om uit haar skoene en sokkies te spring. Met bebloede hakke pak sy die laaste kilos vir die dag in plakkies aan. Desperate times…

Ons tref die 40km klip en ons almal is soos ‘surely?’. Jannie call dit nog 10 minute en werklik waar, 9 minute later stop ons langs die water op die mooiste wit sandbanke. Jy moet weet, as nie Heidi of Sibbie dadelik hulle groepies se kos uit die sakke soek nie, dan word daar nou eers deur almal ‘n oomblik van asemskep gevat.

‘n Hele rukkie later en tentjies staan gespan en kopliggies beweeg terug kamp toe na ‘n koue koue rivier bad. Dankbare gelag vul die area en die kospotte van Egipte word vanaand bedien. ‘n Pot pesto pasta het lanklaas soveel vreugde gebring. Groepie twee is sommer keen vir die dag se triomf vier, en Nick wil alte graag hot choloate vir sy groupie uitdeel. Hy verstaan toe nou glad nie toe al die ou toeriste sy soete aanbod van die hand wys nie. Daar word by groepie B gebrag oor hulle ekstra slab choc wat uit ‘n sak gekom het en ons wonder maar in stilte wie dit ‘verplaas’ het by middagboodjies. Klink my darem nou asof almal probeer opmaak vir poeding wat missing is op die menu vanaand?

Ons wraakkaptein trek amps en die griep gogga het hom ook gebyt. Hy word wakker vir die wraakkonsert en duik daarna weer die onder die vere. Dit lyk nie goed nie en daar word klaar weer gepraat van hoe vêr more se nooduitgang is.

0 sekondes en die wraak skop die items vir die aand af en daar word n uitstekende konsert opgevoer.

  • Bernard (kombi drywer)
  • Dan (kombi wat soos familie voel)
  • Alicia (trekker)
  • Jakobus (fred)
  • Henco (oupa)
  • Leana (nat steenkool)
  • Cat (mayo)
  • Nick (seun)
  • Annie (tier)
  • muller (mens)
  • Sinnan (alladin)
  • Jacques (pikkewyn)
  • Cara (sirkus)
  • emma (brood)

Items

-Lightshouse

-Cinema

-Bottelstoor (Jannie en johan)

-Twee suckers op ‘n stick (johan, mia, pf, henco, bernard)

-Rokers (hilda pf)

Jukkels

-Jacolene wil by Hilda hoor wat sy bedoel het toe sy gese het, ‘ek hou van sy van, ek hoop om dit eendag te hê’

-Alicia wil by Jacolene hoor wat sy bedoel het toe sy se dat sy Stefan se silouette enige plek sal uitken

-Daar word vir PF gevra wat hy bedoel het toe hy aangehardloop kom en sê ‘Skuus ek het net gou jn haar oë gekyk’

-Mia wil graag hê Amicke moet verduidelik van toe sy gesê het, ‘sjoe maar ek he ‘n lekker slee date

-Andre moet ook met die groep deel met wat hy bedoel het toe hy sê, ‘hiervoor sien ek al die hele trippie uit’.

Die maan skyn helder oor ‘n moeë groupie kampers and jukkels maak toe na ‘n lang rukkie van net wees onder die sterrenag. Slee behoort aan die dames en die manne groet met ‘n laaste waarskuwing om slaapsakke te check vir enige moontlike kruipers wat hitte kom soek.

Saterdag, 28 Junie

 

 

 

 

 

 

 

Die stokers klink vars vir die tyd van die oggend  en ons tydelike kampterreintjie begin wemel. Almal sukkel met sakke op vanoggend want tussen tone en die einste griepgogga, word ons troepie getakel.

Voete word nog ingeloop en al die nuwe pyne en skete word nog uitgefigure. Ons stap langs om die eerste draai en af in die vallei op breë sandbanke. Die lig begin net die water glans optel en die mooiste fotos word geneem van die strale wat dans oor die voorste ry stappers.

Ons het ‘n doelwit vir lunch en 7 uit die 15 kilos is afgelwe teen ons eerste game break. ‘n Land van kontraste het hulle gese en ‘n land van kontraste het ons gekry. Onder die kameeldoringboom sit ons in skadu. Water word daar onder by die rivier gaan skep en ‘n paar waterdraers kry hulle eerste elevation vir die toer in.

Na bietjie skadu en appelkosies, is almal weer reg om te gaan. Dit klink amper of ons net eet, stap en chat, maar dit klink my maar na jou gemiddelde BTK staptoer. Almal is opgewonde vir ons volgende stretch want ons weet wat hoe ver dit inhou.

Dis hier waar ons kamera manne besef hulle het nie hulle lense verniet ingepak nie, en daar word ‘n paar natuur kiekies geneem.

Gepraat van opwinding, Sibbie se glimlag se daar is niks so lekker soos om jou voetjies in die koue water by ‘n middagbroodjie stop te sit nie. Mag ons altyd die klein goedjies in die lewe so waardeer.

Na die stop in díe stroompie, is magies vol maar hartjies swaar. Ons groet vir Marietjie, De Wet en vir Jannie. Hulle word met ‘n luxury safari bakkie opgetel maar sjoe min het hulle geweet dis net die begin van ‘n lang pad. Vra hulle bietjie om die storie van hulle terugtog  met jou te deel.

Fred en Mia se sakke word ook gelaai en hulle maak al reg vir vanaand se 15 kilometer aand mission (na items, let wel). Daar word ‘n paar middagslapies onder die Namibiëse winterson gevat. Sokkie en kouse, oros en orros. Gooi ‘n groep mense bymekaar wat boer van Namibië tot in Mosambiek en jy kry ‘n paar dialekte van ons jong taal.

Skoene is aan oor al die pleisters en hierdie voetjies moet vasbyt vir sand stap vanmiddag. Ons loop wel ietsie interressants raak so net oor die eerste vlakte. Die geheimsinnige graf word deur ‘n paar brawe stappers verkyk en Heidi sien ‘n wit pyltjie wat aandui dat ons huidige rigting, dalk weer verkeerd is. Ons mission maar so verby die grafsteen oppad na ons nuwe ware noord. Die eerste mensgemaatke platvorm lei ons oor die rivier en ons spot ‘n honeymoon suite net anderkant die sementblad. Nader lyk dit meer asof dit baie lank terug as ‘n snoepie kon dien maar wat hulle jaarlikste budgeted inkomste was, kan ek jou nie se nie.

Twee wilde shortcuts verg dat die groep koppies moet uit klim en n paar asempies jaag met die skielike elevation. Gesels hou ons maar gefokus op mekaar en stories word verruil en grappies vertel so tussen deur die asem skep deur. Seer voete word in die water gedruk by elke vinnige stop en ek dink almal is teen die tyd experts in vetersvasmaak met die spoed wat skoene aan en uit getrek word.  Die stofwolkies styg en die wêreld is droog. Spoor in spoor, tree vir tree. Mens se oë beweeg van die groen crocs op die sak voor jou, na die klipstapel waarby jy verbystap en verder op na die hange wat hoog bo ons uittoring. Dis bar en harde wêreld, veral as mens so bietjie verder van die waterstroompies beweeg.

Ons stop 4uur vir ‘n game break en teen die tyd is almal horlosies al pap en het niemand ‘n idee van hoe ver nog nie. Fred verras ons met die nuus dat ons sommer net hier kamp opslaan. Wat ‘n blessing!

Soos ons tentjies begin oppop, blyk dit asof swaar donker wolke wil kom ondersoek instel van wat hier langs die rivier banke aangaan. ‘n Alleenloop jakkalsie het self ook kom loer en rondsnif. Want sjoe, as Sibbie ‘skiet is oop’ skree, is die aksie defnintief iets om te aanskou.  Die sand spat en daar word oor en om die klippe gehardloop. Dis wild. So wild dat ons selfs tone moes oopmaak na die geskietery.

Nou word daar vining ge’bad en gewipe voor die windjie ons heeltemal wegwaai of nat lywe verkluim. Die manne lyk opnuut snazzy met hulle kraaghempies en stoutjies. Ek weet nie of die ‘n eerste toerisdame se ogies so groot gerek het oor die feit dat mens nog na 4 dae, ‘n platgestykte hemp uit ‘n staprugsak kan haal, en of die manne in das en pas net so uitgevat gelyk het nie. Die dames haal ook uit en wys met ‘n staffie uit een van hulle sakke. Lipstaffie. Getooi in rooi lippies word daar saam fotos geneem, gelag en sommer net mekaar vermaak.

‘n Paar druppeltjies val terwyl die kospotte gestook en tone geplak word. Dis asof die weer saam met ‘n paar van ons ou toeriste besef dat ons vanaand weer ‘n paar laastes saam geniet in inneem.

Poeding is gelukkig weer op die menu en magies is vol! Behalwe op Jacques se menu wat blykbaar bestaan het uit sy pap, sy gropie se oorskiet pap en enigeiemand anders se oorksiet pap. Dis ‘n eerste maar ‘n great advertensie om te weet dat op BTK pap alleen kan daar oorleef word.

Die slee word vanaand eers onderbreek met ‘n spesiale geleentheid. Ons almal voel Marietjie se afwesigheid vanaand in die kring terwyl haar boeta en marguarite saam met Hilda die kringejtie betree. Die gewig van die drie spesiale se groet is swaar op ons almal waar ons skouer teen skouer staan. Trane loop vrylik en herinneringe hardloop in ‘n warrelwind soos hulle die name van toere en plekke noem wat soveel stories en gesigte vasvang. Ons stuur hulle maan toe mat ‘n dankbaarheid vir die spore wat hulle in die BTK getrap het.  Johan, Marguarite en Hilda, 3 mensies wat ons baie gaan mis as ons volgende groepies indeel. Die stywe drukkies en glimlagte so tussendeur die trane bind ons op ‘n ander manier hier onder die wolke vanaand.

Items

-skop af met vriendinne en hulle visrivier ervaring (fred en johan)

-stoute wouter kabouter (fred en henco)

-hilda met broodjie

-troepe (johan, combrinck, smit, Aladdin (sinan) en pieter)

-kellogs (johan en marguarite)

-I spy (johan en Mia)

Ons groet vir Fred en Mia tussenin items. Hulle pak die laaste stretch van die pad aan en ons hoop dat tussen die donker en die reën, hulle in een stuk by die res van ons siekeboeg sal uitkom.

jukkels

-pf (klink soos boutjies, papsak)

Glo dit of nie, PF is net een keen gejukkel vanaand en hy is ook ons enigste jukkel met die res van slee wat vas slap. Troepe het omtrent vanaand Johan en almal anders se limiete getoets. Die druppels begin val net toe ons sing en daar word gespat om vir almal ‘n tentmaatjie te kry. Tweeman en sommer enkeltentjies word ingerig vir drie en gelukkig weet ons almal slaap droog én warm vanaand.

Sondag, 19 Junie

 

 

 

 

 

 

 

Hier word ons vanoggend kliphard met uptown girl wakker sing. Nee hoor,die stokers het dit alles gegee. Dit het gevoel asof hulle smackbam in die middel van dameskamp staan. Later hoor ons, dat dit toe nou juis die geval was. Beste vir laaste of hoe.

Die nat sand is koel onder verslaapte voetjies en ‘n paar Namibiese stappers se hartjies is vol met die stofreën se bederf. Die rooi stofies word vir die laaste keer gepomp en daar word nadergeskuif soos die bialettis begin prut. Tone word gedettol, genaald en gare en geplak vir die laaste biejtie vasbyt.

Johan vat vir ‘n laaste keer fluitjie en stadig maar seker is die span ook reg vir sakke op. In Johan se woorde, is vandag se stap harde terrain. Nee nee soos lekker harde terrain. Ons mission oor die rivier en maak gou ‘n stop vir waterbottels vol maak voor on sweer die woestyngebied betree. Dis ook hier waar iemand aan die voortou van die groep ‘n besluit om ons slot te herhinner aan waar sy focus moet wees vir die dag se stap. Ons hoop maar die boodskap het maar deur die telefoontjie so by PF uitgekom.

Dis grappies van agter en wind van voor. Daar word met nuwe energie gestap en so lekker gesels. Ons almal huddle vir ‘n span foto en ‘n spesiale oomblik word vasgevang. Van hier verander die omgewing van sand, klip en droeë panne na vleiland. Chats word ingekleur deur NP van Wyk Louw, Sonnet 18 en teologie. Daar word gebie op rugbytellings en ‘n koue bier word op die spel gesit. Sibbie back haar boytjies genoeg. “Amper daar” is relatief en ons vat maar hulle geverfde klippe met ‘n knippie sout. ‘n paar minute later en met palmbome op die volgende draa, call Johan dit nog ‘n ‘4km uitstappie’ en ons kyk hom ook maar so met skewe ogies aan.

Die klok lui en trotse high fives word uitgedeel. Sakke word dadelik dedrop en skoene uitgeskop. Dankbaar vir die Here se beskerming, buig ons ons hoofte om Hom te eer vir Sy handewerk wat ons kon aanskou en vir Sy oog oor Sy kinders.

Provitas word gesmeer maar burgers ook bestel. Onwillekeuring hoor ons wat die rugbytelling was en Sibbie kry haar bier. Nie die enigste een wat n paar min later met ‘n koue blikke in die hand sit nie.

Daar word geduik vir die dam en vir ‘n lekker warm swempie om van elke biejtie stof ontlae te raak. Son, salig en samesyn. Oom Erik is keen vir in die pad spring en ons verloor nog  troepe.

Ais-Ais en wat dit bied word definitief in volle swang deur die kampers geniet. Na die groet van die woestynkoenyne is daar milkshakes gedrink en middagslapies onder die rustige bome geniet. ‘n Paar baljaar nog in die water en ‘n lekker warm stort doen almal goed. Laatmiddag groet ons the BTK legends; Johan en Margariet en die aand word daar aan alles-wat-lekker-is gesmul. Bondel slee en items is dan aan die gang gesit en Hilda lewer die laaste paar van haar treffers. Ons het die ander groottes gemis is, maar dit was net die hupstoot wat nuwes gebruik het om voor te vat.
Die Magaliuesberg se aandlied word nog 1 keer onder die Namibiese naghemel gesing en slee behoort aan die dames.

Items

-gedroggie (pieter, aladin,petri,Bernard,pf)

-hoede (hilda)

-klippies ( nellie, amy, sibbie, micheala, annie, pieter)

-lippe (petri, leana)

-nooi soek booi (Alicia, leana,hilda)

-punchline (sibbie, Bernard, annie, micheala)

-bohemian raps (pf, stokers)

-kaptein

-veldjie vang (aladin, muller, Jacques, Bernard, jakobus, nick)

2h45 is die bus, 15 minute voor sy tyd, vertrek die bus oppad terug Stellenbosch toe. Daar word geslaap tot ons omtrent 6h00 moes aantree by die grenspos. Dinge vat so effens langer as die deurkom slag, maar ons steek steeds voor 2 intercape busse die grens suksesvol oor.

Die busrit is verder vol rustige slapies, lekker geselsies en dagdrome oor die vakansie wat verder voorle. Terrash word in Piketberg geniet en Alladin vat die koek! (of eerder 2 burgers). Met magies vol val ogies toe en ons maak dit veilig tot in Stellenbosch in die laatmiddag. Almal is bly om eerder ‘n bus te moet uitpak in plaas van om dit vanaf die SS brug te aanskou. (Herre is vir sterre natuurlik!) Die toerlied word gesing en nuwe en ou vriende word met drukkies gegroet. Nog ‘n toer verstreke (‘n bogemiddelde een as my my vra) en los ons met dankbare harte, ‘n boksie goue herinneringe (en ‘n kilogram of 2 Namib sand).

Tot volgende keer

Jacolene xx

TOERSPAN

Toerpa: Oom Erik van Zyl

Voorsitter: Frederick van Zyl