Sederberge September 1985

Dit is met groot afwagting dat ons klompie so vyfuur se kant Vrydagmiddag, 20 September by die Neelsie vergader. Na ‘n groot pakkerasie, hou die BTK by hul tradisie en ons vertrek eers na ses – gelukkig was dit darem nie hierdie keer Kobus se skuld nie! Riaan, Priscilla, oom Theuns, tannie Suria, Josua, Hannes, Jassie en Francois is vooruit om die kampterrein ‘n bietjie te verken voordat die ander opdaag. Read More

Amatola Junie 1985

Die groot dag breek toe uiteindelik aan en Vrydag, 12 Julie, vergader ons by die Neelsie. Kort na sesuur die oggend is ons gereed om te vertrek, maar wag, hier kort iemand – Kobus Stoeder natuurlik. Hy moes eers wakker gebel word!

Ons het nog nie behoorlik reggeskuif en ons sit gekry nie toe die voorwiel van die bus besluit hy sien nie kans vir die lang pad wat voorlê nie. Net daar kort duskant die Paarl moes ons toe maar die bus ontruim en buite in die yskoue windjie staan en wag. Daar is die ys sommer ook gebreek en so in die wag het ons mekaar begin leer ken. Met die hulp van die noodtelefoon en Mastertreads is ons toe nege-uur eers weer reg om die tog voort te sit. Read More

Kouga April 1985

Sondagoggend het die hele groep (behalwe Oom Tjiaan en Ninkie) by die Neelsie bymekaargekom. Onder leiding van Barry en Riaan was die bussies gou gereed en het ons om 12 uur in die pad geval. Die eerste stilhou was in Worcester om brandstof in te gooi en gou kafee toe te hardloop. Daar het ook ‘n paar kissies druiwe te voorskyn gekom, en Priscilla het ewe vriendelik ‘n kissie aan Barry-hulle se bussie geskenk. Ons kom toe later agter dat ons ‘n half-vol kissie gekry het en Riaan-hulle die vol kissie gehou het! Read More

Drakensberge Julie 1984

Vrydag, 13 Julie:
So om en by eenuur versamel verskeie Maties, ‘n Kovsie en ‘n ex-Tukkie rondom die bus van die Hoërskool Marquard by die polisiestasie in Betlehem. Party kloek saam, ander dwaal so rond tussen die groepies. Vir baie van ons is die ander op dié stadium net gesigte en lywe ….

Na ongeveer ‘n uur se ry kom ons by Witsieshoek in Qua-Qua aan. Ons word vriendelik ontvang deur ds Van Velden en weldra het ons nes geskop in die kweekskool. (Ons wonder nou nog of die Grieks/Hebreeus op die bord “Welkom hier” beteken het – dit was net in die dames-“klas”). Read More

Visgat-Toer April 1984

Die koekoekhorlosie wat saamgegaan het, het agtuur aangekondig toe ons by die kampterrein in Ceres aankom. Dit beteken dat ons definitief nié om vyfuur kon gery het nie. Maar met reg ook! Hoe kon ons die paar eerste toeriste dié belangrike tradisie van nie-betyds-ry-nie, laat misloop!

Vrydagaand het rustig verloop. ‘n Tent móés opgeslaan word volgens regulasies. Almal was egter so bly om van vier mure te ontsnap, dat die kostent toe maar staangemaak is. Read More