“As ek saam met my maats oor die berge stap
en ek hoor hoe ons voete op die voetpad klap,
dan’s ek bly, dan’s ek bly, soos ‘n voël so vry
en ek sing by myself oor ek lekker kry.”
Ongelukkig het die toer nie so begin nie. Dit het wagtende begin – sittende, standende. Vyf-uur die Vrydagmiddag, ag ekskuus, ek bedoel half-ses – of was dit nou agtuur? Om te dink dat daar ‘n busmaatskappy is wie se tyd later is as BTK-tyd. Read More