Die bus vertrek Vrydag, 27 September. BTK tyd vieruur, met ander woorde, half-vyf uit Stellenbosch. Die oponthoud was te wyte aan ‘n soektog na Retha en tydens die proses is Dan gevind. Polla het ons “groot” bus verwar met die Pretorianers se “klein” bussie en dus amper in die Transvaal gaan BTK.
Winterhoek April 1968
“En ik moet zwerven eer mijn zwervend ziel kan rusten,
Ik moet my sterken met natuur en bergenreucht.”
Alweer vakansie en ons is omtrent vyfuur Vrydagmiddag per bus uit Stellenbosch weg. Weens die groot aantal nuwe toeriste, sewe-en-twintig van hulle, het almal weggeval met name leer en eers later begin sing. Read More
Tuinroete Gala 1967
Die lugkolletjies tussen die donker eksamenwolke het uiteindelik op Donderdag 23 November sommer yslik groot geword en alle donkerheid laat verdwyn – gala het aangebreek; en dit is ‘n nuwe gala: die tuinroete gala, of soos Dieter op die braaivleis gesê het, die “honeymoon”-gala. Read More
Obiqua September 1967
As daar gesoek word na die punt van die reënboog bly dit vir baie ‘n onbereikbare vergesig, maar weereens kon ons dit vind in die rooihaartjie ericas, berg- en skaamrosies blou koringblommetjies, geel van die botterblom, pers jonkmansknoop en pypie, groen van die boegoe en die fynheid van die spinnekop orgidee. En dit sommer hier by ons in die berge van die Boland. Read More
Obiqua Briewe September 1967
Liefste Omie,
ek het ook kom BTK.
Japie is ons leier.
Letteli is ons kosma.
Ons mag nie in die kostent kom nie.
Oom Theo is ons toervader. Read More