Gifberge

Gifberge

9 – 13 September 2024

’n Skets van gebeure deur Martine Odendal

Dag 1 – bulte

Dis Maandag. Dis reses. Dis pikdonker. Dis 5-uur. Die oggend. Dis 60 BTKaners wat gaan soek na die gif in Gifberge. Na kos verdeel en 15 keer roep dat almal pap moet vat, is ons op die bus. Die wat wel wakker is, kry ’n pragtige sonsopkoms wat canola en graanlande versier. Dankie tog iemand het vir Jano wakker gebel en ons kon die verslaaptes optel langs die pad. By Klawer word daar vir koffie gestop en almal is op soek na Tanya se beskuit. Na die stop word daar by LT gehoor wátter berg van die wat ons sien ons gaan uitklim, en die bus vat die grondpadafdraai Gifberge toe. Hier en daar hoor jy net: “Kyk die blommetjies!”

Met die stap wat begin sien ons BTK meisies is duidelik te stadig, want tasse word op die wa gelaai voor die dag se bulte. Party hyg, en ander is maar te opgewonde aan die gesels sodat die bulte omgemerk verbygaan. Hier en daar kom ’n bakkie verby met stappers agterop wat lift vang. En ná lekker kuite brand, is ons bo by die kruin van die Gifbergpas. 

Laurika en Naudé demonstreer skiet en sy willa val amper in die bos om intercept te probeer uitbeeld. Dis ons eerste middagbroodjies en die uitkykkring ontstaan in die verte. Eerste toeris Altus besluit dis juis nou die tyd om blomme te kyk hier by die weird mense wat nou so in ’n vreemde sirkel staan. 

Ons stap aan op die plato van die berg, met die goeie nuus dat die ergste deel van die dag (en miskien eintlik die ergste deel van die hele stap) verby is. Ons stop so 2 km voor ons by die kampplek kom, en “Skiet is oop!” Arme Lara sien nie die draad voor haar nie en die eerste ‘skiet’grond word gekoop. Maya doen ook haar ‘battlescars’ vir die toer op toe sy in die takke val. Nie kort voor lank nie is ons daar en ’n waterval en huisie lê tussen die mooie klipberge. Vir ’n slag is die meisies vroeg klaar gebad en daar moet vir die ouens gewag word voor ons begin met kos.  SW voel niemand wil vir arme Alicia help om die warm water alleen uit die pot te gooi nie, so die tweede keer bied hy emosionele ondersteuning deur net te kyk en haar aan te cheer. Daar kan niks oor die Tygerbergers se commitment issues gesê word nie, want hulle sluit ook uiteindelik by ons aan die aand – alhoewel hulle toe nooit die toets geskryf het nie.

Items:

Die tradisie wat volgens LT van ALMAL af kom, open vir ou laas die items met ’n harde val. 

SW en LT is Mario & luigi op luukse stoele vir hierdie “river”. Luigi het ’n extendable visstok en Mario het ’n interessante aand met iemand in Rome gehad. Met ’n lang kaaaappplonks is daar gedink Mario gaan nou Kaptein begin sing. 

Drian is die pasiënt by die dokter se spreekkamer wat nou ‘renovations’ ondergaan. Stefani is soos altyd op haar pos as die ontvangsdame toe Drian inkom met ’n kopseer. Wian het eers ’n gebaretaal-hoes wat toe ’n jeuk word. Alicia se hamstring wil heeltyd split en Drian is vasberade om so na as moontlik aan daai hamstring-split te kom. Jacobus het ’n spring-pushup energieprobleem wat lyk soos die droom burpee van enige LO-meneer.

“Weet jy wat ek met hierdie kan doen, Melissa?” vra LT.

Martine & Cari doen Ninja met Cari wat die sketsskrywer se hoë skoppe toets.

Pilot Jacobus het in sy vliegtuig nog nie geweet waarheen hy vlieg nie, maar Air Durban klink goed; en darem is daar Candice wat die chaos help verminder (of eintlik vermeerder?). Wian is te groot om by die vliegtuig se deur in te kom, maar Ela die influencer kla glad nie. Naudé en Laurika skel die “kinders van vandag”, want “in my dae…” Naudé besluit sommer Marietjie die arme hond kan nou gaan, en Candice lê erg aan by die pilot. 

Die eerste toeriste vang ’n vreeslike veldtie en Pieter en Jacobus se ja-nee, bevat weird mexican waves en dansmoves tussenin. 

Naudé en LT leer lewenslessies in Juf. Anna-Mart se klas. Naudé as ’n graad 1 wil skoon begin huil as sy juffrou vir hom sê om stil te bly.

Hekels: 

Martin word gevra wat hy bedoel as hy vir die ander ouens sê “julle lyk hot”. En edelagbare oom Erik, wat bedoel Anna-Mart met: “Ek wil nie ook swanger wees nie”? 

Dag 2 – Olifantkyk

Die stokers maak almal salig wakker met ’n gehardloop en geklap op die tente. Die meisies ooooooohh! saam om emosionele bystand te bied toe Rachel se seerplek skoongemaak word. En Alicia Malan is ons verjaarsdagmaatjie! Terwyl ons wag vir die medestappende ooms, beland die frisbee op die dak en Matthys moet maar opklim en afhaal. ’n Streksessie word gelei deur Anna-Mart, en Maya wys haar swem-duik-tegniek om makliker jou tone te raak.

Dis net ’n dagstap sonder rugsakke om die mooi van die natuur om ons te beleef. Ons gaan op na rotse wat soos walvisse lyk en sien ’n klein olifant-klip in die verte, behalwe Pieter wat natuurlik tot bý hom sal klim. Frisbee word van Altus onder gegooi van na bo vir Naudé, nie sonder om ’n paar keer in die bosse te beland nie. Ons stap in ’n groot rotsskeur met geelhout- en sybasbome in die middel, en natuurlik is dit eers fototyd hier ook; altyd ondersteun deur oom Erik met sy kamera. Terug onder kry Jakobus dit reg om 8 klippe op sy kop te balanseer. Verder aan sien ons rotsformasies (vir Naude wat sê mens moet dit uitspreek asof jy wéét dis die regte woord) – ’n groot olifant, en moenie van die bosluisvoëls op die rug vergeet nie.

Middagbroodjies is by die asemrowende uitsig oor Vanrhynsdorp, Knersvlakte en die Groot Eskarp. Daarna klim ons weer (alhoewel ons reeds bó op die berg is) en “Bobbejaan klim die berg” word gesing. Dis groepfototyd en Corné moet vanselfsprekend heel agter staan, maar kyk baie versigtig na die hoogtes agter hom. Almal is reg om die foto te neem, want Janu die slot is mos by ons – maar Matthys sien nog troepe oor die horison. 

Ons stap vinnig aan, maar mense is keen om te swem hoor, en twee spring sommer in by poele toe ons ’n rukkie wag. Bottels word volgemaak, maar wil jy dit doen terwyl jy die dooie padda sien lê? Ongelukkig het niemand gewaag om ‘Princess and the frog’ hier te vervolmaak soos Daniel se voorstel nie. Net hier besluit LT skiet is oop, met die eerste toeriste wat uitsit. Ons kom toe weer by poele en hier word ingespring van bo af, maar die voorsitter is haastig en mense word aangejaag om klaar te maak. Op pad terug lei Alicia Malan al weer liedjies met ’n beat daarby, en alhoewel ons besig is om te stap, moet daar dans moves ook wees. Die sing along sluit in Katy Perry se “Hot n cold”, en natuurlik: “feel the rain on your skin, no one else can feel it for you”.

Die aand het ons ’n speiale stook en slee-plek ver van die kamp af, en nachos word hartlik verwelkom. 

Items: 

Wraakkonsert: Wayde van Niekerk sonder bene is toe die eerste om vir Lenka die Barbie mermaid te kry deur sy poëtiese solo liedjie aan haar. Die oupa van Up met sy pogo stick was naby, maar die pratende kombuisdeur sal besluit. ’n Albino kameelperd, Alvin the chipmunk en Kim Jong Un maak ook hul verskyning in die kompetisie om eerste by Barbie uit te kom.  

LT met ‘best ice cream in the whole wide world’ toets James en Altus se krag deur elke nou en dan te spring en en bo-oor sy roomystoonbank te leun. Dit terwyl Naudé en Laurika kla, want “in my dae…”

Jian se lorrie het goeie sound effects, met besige Naudé wat sy visvangstorie vertel.

Vir Wian en Drian om die goue toilet te sien van die ‘party’ met YoungstaCPT, moet hulle blykbaar stap van bo na onder. 

Gedroggie vind vir die eerste keer plaas in Middelburg, seker omdat daar niks anders is om daar te doen nie. Drian is oortuig hy het al erger dinge in die Burg gesien. Stefan lyk bietjie bang vir ’n blou yskas en jaag die deelnemers goed aan. Lumari as aktrise het vreeslike handbewegings saam met haar straight face, en Jano is reguit affie Cape flats. Wayde trek nou al by sy vierde vrou wat hom gelos het, maar ongelukkig hardloop ook Gedroggie vir hom weg.

Anna-Mart en Stefan sukkel om haar puzzle te bou met “liefieeee” aan die einde van die aand. 

Hekels:

Ek’s nie maklik om in die hande te kry nie,. maar ek’s die moeite werd – Altus Lourens

Ek is ’n Sprite – Madeleine

Ek is die ham – Annamart

Martine – Wil jy van dit proe? 

Muller – Jy weet as dit jou tyd is

Drian se quote van die toer – Ek is ’n waterdraer, maar ek dra nooit water nie. (Drian word wakker en sê: “Wag, is ons by hekels?”)

Dag 3 – Salami & poele

Dis die eerste oggend wat LT kan sê: “Laat sak daai tente!” Na die skoonmaak van die huise, Sensodyne tandepasta wat almal wil hê in die lost & found, en die opening van oom Erik sluit die ander ooms by ons aan. Dis spesiaal om te sien hoe oom Dave deel hoe die BTK hom diep, emosioneel aangeraak het. 

Ons begin stap, almal met rugsakke op vir die eerste keer, maar die voordeel van tasse op die wa is daar – veral as daar aan die begin ’n rivier is en Rachel se voorbeeld word gevolg. Want wie is nou lus om in die water te val? Game break word op die plato gehou met ’n uitsig: Die voorsitter se fluitjie blaas om te vra of iemand die salami uit die ouens se yskas gehaal het. En stilte. “Klink soos ’n jy-probleem” kom dit van Muller. Kort daarna is Christof, Naudé, Jian en sy twee lojale sleutels (Anna-Mart en Maya) op pad terug vir een pakkie salami. Hier en daar stop ons om seker te maak van die pad, maar as jy water sien, en jy stap na dit toe, is daar hoop, want middagete gaan ons swem! Die poele by middagbroodjies is asemrowend mooi, soos iets wat op ’n Microsoft wallpaper moet kom. Party is in en toe dadelik weer uit – ek weet nie of dit die koue water of hongerte is nie, of seker albei. Hier groet ons ook vir oom Ben wat sy wysheid en passie vir die natuur met ons kon deel op die toer. Die salamidrawwers sluit na 14 km by ons aan, darem net betyds voor middagbroodjies. 

Vir ander groepies is daar nog ’n paar bestanddele wat in tasse op die wa lê, en die Wifey Wednesday-manne is weer op om tasse te gaan haal. Pieter se groepie pluk nog ham en Doritos van die vorige aand uit. Party mense spring weer in die water, ander is op ’n missie van foto’s neem, sommige pluk boeke uit, speel speletjies, of vorm deel van die ry toe-oog studente wat langs die water in die son. 

Vir Drian in sy plakkies is dit verligtend toe ons gou-gou by ons kampplek is om tent op te slaan. En nog geen damesskiet is oopgemaak nie. Naderhand word daar na Marlize gesoek asof sy nie ’n keuse het om dit oop te maak nie. Maar, die surprise factor was steeds daar! Damesskiet word oopgemaak terwyl ons kosmaak. Ouens hardloop op teen berge en rotse, en meisies se blommerokkies waai soos hulle hol. Nou kan daar maar foto’s geneem word! Muller is super opgewonde om almal te laat weet sy groep se kos is eerste klaar (let’s go Willem se Wenspan). Ons eet alles wat lekker is, met kos wat strategies deur Maddie van een groepie na ’n ander groepie se pot uitgekrap word (wat weer beland in ’n ander groepie se pot). Daarna probeer ons uitvind hoe om beertjiepudding te maak sonder melk. 

Items:

SW, Wian, Jakobus en Drian open met se Amanda – Faith would’ve made you a Dagbreker’s date, met blommetjies in die hand om vir Ela en Lize huisdans toe te vra.

Olly soek vir Cari ’n nuwe kop, en wel, dit maak nie saak wát sy praat nie, “as long as she speaks a little bit less”. Daar is goeie opsies van Altus, Melissa en Lenka, wat ’n goeie kop het om die skape van Calvinia uit te kyk. 

Maddie, albei Alicia’s, Cozette en Marlize doen ’n pragtige sangitem van die Briels se Salome. Voor hulle nog begin, sê SW: “ek love ’n vrou in ’n kappie”. Wian wonder of die inspirasie gekom het van die dag se soeke na salami?

Wian en Naudé is Sarel en Frikkie. Ongelukkig was Hansie en Grietjie se broodkummels toe heeltemal te klein, maar Frikkie het toe sy plig aan die koningin nagekom.

Maddie, Martine, Marietjie, Lumari en Denise is op hulle perde. Die Jills in die middel word sommer vervaag na “this one said”.

SW en sy liefieee bly oor in Alicia Malan se gastehuis êrens tussen Kaapstad en Johannesburg, êrens op ’n baie koue plek waar die water gevries is in die pype. Liefie verloor amper haar duur klip van manlief op die grond.

Jian en Anna-Mart is Gatiep en Meraai met tee te koep. Gelukkig luister Gatiep met sy aambeie mooi na Dokter Hall se instruksies en wil nie te veel sit nie.

Martin en Jano het 5 bobbejane op hulle telefoonlyn, maar eintlik 4 (Daniel was net backstage). Oom willie (martin) is vol hoop om sy dogter aan Jano se seuns af te smeer, maar nee, sy seuns het al mooier niggies gesien.

SW besluit pappie gaan nie saam nie, met Muller, Ela en Marlize. Stefan as Stefani het sommer nou ’n houtbeen ook asof houtvloere nie genoeg is nie.

BTK meisies word deur die eerste toeriste gedoen wat verklap oor hare in kos om tande te vlos.

En lighthouse se pirates weet nie eintlik wat om te doen nie – SW, Drian, Wian, Jakobus, Lumari.

Martin wonder hoekom sy naam baksteen is.

In ons laaste item soek Christof en Jano die president. Wian, op pad om te gaan water kry, wag ook vir hierdie president, en die spotlight op hom maak hom deel van die item. 

Hekels:

Vir jou sal ek hom ekstra skoon lek – Maddie

Vir ons oogballe plesier kan gee – Naudé

Maak nie saak nie, vandag is vrou mos man – Naudé

Ek stol sonder klonte – Maddie

I hope u can taste the blood and sweat of 5 men – Christof

I wonder what a sugarbird would taste like if I lick it – Mark

If he taste himself, he will know how a sugardaddy taste like – Wian 

Ek’s ’n spesialis in menslike organe gaarmaak – Altus Lourens

Dis ’n vroeë aand se slaap na die Magaliesbergse aandlied met die klank van die rivier in die agtergrond. 

Dag 4 – Die Waterval

Die stokers maak ons wakker met sonvanger op ’n bewolkte dag. Cari is die gelukkige wenner wat haar groepie se caramel pudding van die vorige aand moet drink – “ah, dis eintlik lekker!”

Wian word met lekker soetheid gestraf want hy’t ’n padda op oom Erik gegooi, alhoewel sy verdediging is dat dit vir LT gemik was. Die oggend is dit al weer Matthys en ’n frisbee – die keer is dit die oggend in die rivier in. Olly is ons verjaarsdagmaatjie, wat die vorige aand saggies en geheimsinnig vir Cari gevra het Huisdans toe. 

Dit is ’n kort dag van net so 3 kilo’s so ons trek eers 10-uur weg, want dis mós ’n gala. 

Arme Jacobus as slot wag maar geduldig vir almal wat langs die pad bosse blomme pluk. Met game break kom ons aan die bokant van ’n waterval waar jy moet oorleun om dit te kan sien. Altus Tygerberg is die een om te sê bly weg van die rant af, en dan 5 min later lê hy op die rant om vir ’n paar mense ’n hartaanval te gee. 

Foto’s word geneem en iets wat lyk soos die uitkykkring 2.0, sing Sonvanger. Ons begin weer klim en klouter – en toe is dit afwaarts. Daar is ’n groot sanggroep agter en êrens in die middel weerklink Somewhere over the rainbow, en Sarie Marais oor die vallei. Middagbroodjies is by die waterval – ons kan nie glo ons was daar bo, besig om af te kyk nie. Weer word daar geswem voor kos, maar almal gaan in met ’n snak na asem van die erge koue water. Al hoe meer mense kom bygeswem vir die foto onder die waterval self, en ons skree “Mot, mot, mot!” vir Drian wat laaste daar oorbly. As jy uitklim vra die wat nog huiwer: “Hoe koud is dit?” Matthys op die kitaar bied agtergrondmusiek met ‘How great is our God’ terwyl ons eet en warm word in die son. Brood word weggegee, want honger mense gee nie om hoe droog BTK brood op die derde dag is nie. 

Ons stap ’n kort stukkie tot die kampterrein se groen grasperk verligting bied. Die goeie nuus word gebreek dat die meisies huisies het met warm water, en toe “op daai noot, skiet is oop!” Wyd en syd word daar oor die gras gehardloop met LT wat amper vir Lara by Marnus intercept.

Die res van die middag is rustig. Cozette bied tee vir die ouens aan aangesien ons ketels het, en Jakobus se kitaar trek soos altyd ’n sirkel meisies nader. Lê en boeklees word verruil vir kaart games, middagslapies, Spot it! en sang. 

’n Bakkie ry die kampterrein in en koelerbokse wat uitgelaai word kan net ’n goeie ding beteken. Met ’n biertjie in die hand, ’n groot braaivleisvuur en ’n lieflike aand word ons bederf op ons laaste aand van die toer. Knoffelbrode, STUKKE steaks en aartappelslaai was nog nooit so lekker nie! Die arme boom naby die vuur word stokkies om marshmallows te braai, en as jy nie daai moeite wil doen nie, vra jy sommer vir Jian om dit op die rooster te sit – en selfs hoe jy jou marshmallow soek. 

Items: 

Met Hans en mans laat Stefan vir LT ’n rug rollover doen, soos wat ek nog nie gesien het mense mekaar back nie. LT lek ’n plakkie, want hy’s mos gladdebek. 

By die Ooskombuis is LT as Stoute Wouter Kabouter nogals hardhandig van opgewondenheid as hulle druk of handskud. Jian as Meneer eenvoudige Koos is ‘picky’ en eet nie wildsvleis nie, maar gelukkig is dit koedoe-oogbal. Die drolkewerlewer word bietjie misgekorrel, en val 2 keer in Meneer eenvoudige Koos se oog. Die slee gee vir hom ’n droë snack en dan soek hy sommer iets om dit mee af te sluk ook. 

Alicia, Marlize, ek, en Maddie kry klere by Mr Price.

Stefan en Maya verduidelik hoe die huwelik werk. Maya kry nie haar Bialetti nie, maar wel tekkies gepas vir damesskiet.

Pieter, Wayde, Christoff, Drian en Wian is Troepe. Troep Crous is permanent hoog en besef eers 5 min later sy ma is dood. Ek het 2 dinge van die item geleer: mens kan nie op aandag staan in die nag nie, en Taco Tuesday is baie gevaarlik vir jou toiletdrein.

In Nooi soek ’n booi soek ons ouens met te veel bottels sonroom en hemde wat iets wys soos “warm” of “well done”. Lize soek Basjan soetwyn en ’n ou wat voel beenhare op bobene is okay. 

SW en Drian se vliegtuig ervaar baie turbulensie. En Laurika en Naudé is die Wong-paartjie.

Stefan vertel ’n storie van ’n lekker garage pie. En in Pikkewyne word Martin deur Stefan geblou yskas. Die kampterrein het ook ’n stoel minder aan die einde. 

Naude is ’n wolf en René is Rooikappie in die 3 varkies.

Jian en LT doen Vriendinne. Hulle is baie ontsteld oor die jonger meisies wat nou inkom in BTK en gebraaide marshmallows kry, en daar is ’n oorhandiging van DIE wifey aan Jian. 

Pieter en Drian doen Mnr Fourie – Drian is besig om stemme te hoor, en lê op die vloer in sy karakter, alhoewel die gesprek telefonies is. 

Muller, James en Jakes gaan kanoes word deur Naudé, Olly, Matthys en Corné. 

Pieter is natuurlik Klippies.

Jano en Lumari doen Jannie (x 20 kinders) met kinders wat na zef konserte toe wil gaan, en soos Martin droë takke eet vir toebroodjies.

In Kaptein met Pieter, LT, SW, Stefan en Naudé is Jakobus ’n onbekende, geheime karakter – die koringkriekkruisligament.

Hekels:

Jy is nie die enigste een op my agenda nie – Tania

Ek drink ook water soos ’n gemsbok – Naudé

Jy is die rosyntjie in die kongingin se mond – Naudé

Dis net ek en al die ouens, o genade – Anna-Mart

Dis so verskriklik om in ’n verhouding te wees, asseblief moet dit nie doen nie, ouens – SW

As my boude nie aan my vas was nie sou ek dit ook verloor het – Drian

I am also physically good – Laurika

Ek sou nou wat wou gee om by LT te wees – Corné

Of Juané hou baie van voor stap, of sy hou van LT se kuite – Corné

Ek wens ek was ’n seun sodat ek ook dit kan doen – Laurika

Soek dit bruin van buite en sag van binne net soos haar man – Rachel

Cari vra wat Matthys bedoel met ‘Carli’ vir die tweede keer.

Ek sal jou snollies eet – Laurika

Jy moet jou biere liefhê – Stefan

Maddie en haar manne – Wian

Dag 5 – (sug) Die bus

Ons word wakker gesing deur o.a. ‘Jesus loves me, yes I know’ en Stapsoldaatjie deur die stokers. Ontbyt is salig en rustig, want ons het die hele dag met meisies wat nie eers hoef tent af te slaan nie, geen stap beplan, en obviously gaan ons bus glad nie vassit nie. 

Maya voel haar cool BTK-pap is sketsworthy met vanilla essence en kaneel, en daar word verkondig dat LT só ’n nederige voorsitter is dat hy op sy laaste dag almal se blikke sal was (dit het vanselfsprekend nie gebeur nie). Klaar gepak en reg vir die pad huis toe, word SW as nuwe voorsitter die fluitjie oorhandig, en LT vertel hoe spesiaal dit is dat Oom Erik sy laaste stap saam met hom gedoen het, en met dankbaarheid vir die BTK. En LT is ons verjaarsdagmaatjie!

Toe is dit lang trane met ’n groep wat maan toe gaan. Daniel en Altus Lourens groet met 1 toer, Leana en Wallies met 4, Maddie en oom Erik 5, Altus Cilliers met 7, die uwe sketsskrywer met 8, Alicia Bekker en Michaela met 10, en LT met 12.

Die BTK het ’n impak op elkeen van hierdie mense gemaak, maak nie saak of dit een of 12 toere is nie. Soos LT gesê het, mag die organisasie ons aanspoor om heiliger lewens te lei tot eer van die Here. Tussen lang drukkies en trane wat nog afevee word, kom Jacobus ingehardloop met die nuus “die bus sit vas!” en die Botha-broers is op hul pos soos altyd. 

Sakke op en ons stap ’n baie kort entjie totdat frisbee weer gegooi word en Muller se Weg!-tydskrif van die oom in die kampterrein deurgeblaai word. Ons stap weer met bietjie blommetjie bash (en nie bundu bash nie) tot by die bus in die verte. Dit sorg vir foto’s en blomme pluk langs die pad.

En toe is dit aksie. Een trekker is nie genoeg nie. Okay, toemaar, daar’s 30 mans, en man is man, maar toe nou nie so erg man nie. Nog ’n trekker met ’n boerseun kom aan, en die bus word uiteindelik uit die modder getrek. 

Dis gentleman’s race, en Jian hardloop deur die wit eindstreep (van toiletpapier). Uiteindelik op die bus, word punte senuagtig gekyk, en Olly word toegejuig vir sy goeie Data Analytics punte. Die musiek en sang in die bus gaan van Zach Bryan tot Suiderkruis tot Tonight, we are young!

In Malmesbury vat LT die terrash, met Daniel net-net na hom. Ons verjaarsdagmaatjie moet roomys kry plus die volle verjaarsdagliedjie, selfs die meisies se deel ook. Hier word gesigte al reeds gegroet, plus 4 Tygerbergers wat langs die pad totsiens sê. Veilig terug in Stellenbosch gaan ‘Nog ’n toer is verstreke’ heel goed na die oefensessie in die bus. 

En soos die liedjie gaan: Vaarwel toermaters vaarwel, ons tyd is verby. Lewe lank, lewe lank BTK!

Wolkberge

Wolkberge skets

Deur Inge Botes 

Proloog: 

Ek loop verby ‘n gesprek op een van die laaste dae van die toer waar die een vir die ander sê: “Die Here moet ons voorberei om Sy liefde te ontvang. As ons op een slag die volle begrip van Sy liefde vir ons moes kry, sal ons ontplof.” 

Wolkberge 2024, die tweede toer in die Stellenbosch-studente se Julie-vakansie, was in baie maniere die graaf, wat ruimte binne elke stapper gegrou het, om hierdie voller begrip te mag ontvang. Paulus sê vir die Efesiërs dat dit bloot nie genoeg is vir ons honger siele om teologiese kennis van Liefde te hê nie. Dit is iets wat ervaar moet word. En wat is ervaring? Dit is baie soos ‘n staptoer. 

Ervaring moet jy met jou eie longe inasem, met jou eie tong proe, met jou eie oë aanskou en op jou eie kopkussing herkou. Jy raak bekend met die gladde en growwe teksture van ervaring soos die aarde onder jou eie kaal voete. Ervaring loop in jou bloedstroom rond en dit kamp in die kamers van jou hart. Geen boek of preek of les maak homself tuis in jou binnemens soos wat Ervaring doen nie. 

DAG 1: aan die voet van Iron Crown

Ek en Ouma ry op Sondag, 14 Julie 2024, om 05:29, by Lynnwood Laerskool se parkeerterrein in, net om twee ander siele, naamlik Meneer die Busdrywer en Meneer van der Walt te sien. Om 05:50 rol Meneer die Voorsitter met sy trawante daar in. Fashionably late natuurlik. Interessant hoe die man wat soggens in intervalle van 10 minute “Sak aai tente!” gil, 20 minute en etlike sekondes, vir sy eie toer, in sy eie dorp, laat is. 

Die gegons van ou vriende wat mekaar groet en nuwes wat mekaar ontmoet bons vanaf die  Laerskoolgronde in die bus in en spring weer af by die eerste stop êrens tussen Pretoria en Polokwane, waar meeste stappers hulle laaste luukse oomblikke van warm publieke toiletsitplekke en flou vulstasiekoffie geniet. Ná plus minus vyf ure se rit, klim ons af in Haenertsburg se parkie, waar ‘n gefragmenteerde, uit-asem weergawe van De Machtige Koning in kronkelrye van pette en elmboë ontstaan het. Die ordentlikheidspraatjies en huil-soos-jy-lag (dalk meer lag-soos-jy-huil) grappies het die baan gebreek vir die eerste van vele asemrowende skietsessies, aangebied deur dié Mej. Maymarie van den Heever en Mnr. Jacq Strydom. Maar watter verduideliking van skiet sou ooit die BTKaners óf die Bokke-aanhangers kon voorberei vir die duik van die jaar, slegs ‘n paar dae later in die Wonderwoud. Ek wonder of een van die twee besef het hoe voorspellend Jacq se dag 1 nerf-af-been-wond vir die toer was. Die kokke en middagbroodjies het verseker dat die stappers, in Stephanus se woorde, met ‘n “Europe girl summer lunch” van vienna en tzatziki rolletjies gevul word. Die eerste “Sakke op!” het kort daarna gevolg en ons het ons kramplose bene en veelvoudige sorge vir tyd en wyl in die beskawing agtergelaat. 

Dié dag het ons net 7 km gestap, maar teen die eerste gamebreak het my tong al op die vloer gehang en ek het met groot verligting my rugsak vol maalvleis, konfyt en Bovril losgekliek. Oom Theo, Meneer die Voorsitter se pa, het die swakkes (soos die sketsskrywer) kom verfris met sakkies springmielies. 

‘n Kraal vol bruin beeste het ons verwelkom by ons eerste aand se slaapplek en dit was nie lank na die tente op is, dat LT skiet oopmaak en Martin, nes Jacq, ‘n stukkie Limpopo-grond koop nie. Die vars plaaslug moes gou plekmaak vir die kenmerkende Benzene-aromas wat met ‘n BTK-toer gepaardgaan. Voordat mens kon sê “nacho libre” het ons al seconds geskep. Die kokke, waarvan 3 uit die 4 first timers was, kon uiteindelik gaan stort by die geheime pyp in die plaaspad, om die senuwees wat met Masterchef gepaard gaan, te gaan afspoel. Dit het egter die senuwees versterk aangesien Marietjie 1.0, ten volle geklee en met ‘n giggel, die minder gekleede kokke waarsku dat die ouens van die westekant af op pad is, en dat ‘n trekker op daardie selfde plaaspad van die oostekant af, op pad is. Sonder om te blik of te bloos het die kokke in styl en sonder skaamte teruggekeer na hul stofpad-seil-kombuise. Beertjie-poeding het, saam met baie ondervraagbare hekels, reeds op aand een sy verskyning gemaak. 

Items: 

  • Ballade van ‘n sterwende bok
  • Christina, weet jy wat ek met hierdie lippe kan doen?
  • Mayms was besonders Hans en LT moes sy Mans probeer staan. 
  • Alicia en Guido wil by die onbilike verkoopsdame, Marietjie 1.0, koppe koop. Topklas-koppe sluit in: Franco, Suzanne, Margit en die onbekostigbare Peet-rizz. Min het hy geweet dat dit nog net die begin van sy item-loopbaan sou wees. 
  • Guido kry nie genoeg van die verhoog nie en maak sy verskyning as ‘n late bloomer in Juffrou Anna-mart se graad 2 klas. LT vermaak die gehoor met stories oor bloed en bierbottels. 
  • Die eerstetoeris-manne beeld vir die gehoor met hyging uit hoe om ‘n veldtie te vang. Martin erken dat hy nie kan asemhaal nie. 
  • Blou yskas sluit in ‘n topless Tinkie, gefrustreerde kaptein Jano, Inge B a.k.a. Brooklyn van Brakpan, met haar groot hont Gucci a.k.a. Marietjie 2.0, Mayms as Candice en Anna-mart as die ou vrou getroud met die Blou-yskas-behepte ou-man, Guido. 
  • Marialle vestig haarself as eerstetoeris-sameroeper met haar Klein Tambotieboom item
  • Die De Jager broer en suster-paar sluit items af met die “As die gordyn val” treffer van Bobby en Karlien. Die gehoor het mal gegaan. Sekuriteit was amper geroep en handtekeninge was na die tyd gevra. 

Hekels: 

  • Peet-rizz word gevra hoekom die BTK vir hom soos Koer in die regte lewe is. 
  • Petrus trap in ‘n slaggat met sy verduideliking en word gevra waarna “aangename duiwe” op die toer verwys. Hy verklaar dit verwys na die spesie van Mars. 
  • Maar wat het Petrus bedoel toe hy sê die spesie van Mars? 
  • Hy het klaarblyklik bedoel Venus, soos in VROUMENSE! Nee, skuus, vroumens. 
  • Wat het Petrus bedoel met vroumens (enkelvoud)? 
  • Hy sê dis ‘n baie goeie vraag. 
  • Alicia word uitgehaal oor sy vir Jacq vra of hy nou gaan unzip. Sy verduidelik sy het na sy broek verwys. 
  • Alicia word gevra wat sy bedoel het toe sy na Jacq se broek verwys. Uiteindelik was dit net sy riverpants wat onder die knie kan losrits. 
  • Suzanne word gevra wat haar bedoelings was met “Ag shame, Guido is net ‘n late bloomer” 

Na Petrus se uitmergelende hekelsessie, sê hy vir sy slee dates: “Eendag as ek op my stoep sit sal ek darem kan sê ek het al als probeer.” Watookal dit beteken. 

 

DAG 2: Bo-op Iron Crown, die hoogste piek in Limpopo 

Die son verrys met helder glans soos die stokers geloof in ons almal insing. “I’m a Believer” van Shrek, eggo nou nog in die Wolkberge rond. Marietjie kwadraat is Guido se sleutels en Alicia herstel nou nog van haar verjaarsdag se high! Lank voor kort kom ons by ons eerste gamebreak vir die dag aan, en die Kaapenaars drink soos pasgebore babas die Limpopo-landskap in. Hier en daar is swartgebrande fynbos om aan huis te herinner in die Noorde. Verder tel die uitkykkringe net meer momentum op soos die kosbare uurtjies tot die soetheid verby gaan. Tjips-en-roomkaas-panini’s maak die magies vol in ‘n woud wat uit ‘n sprokiesverhaal uit kom. Die mosvloer is bedek met gebleikte dennenaalde en boomstamme wat soos Goliatte neergewerp lê word die rusbanke en klimrame van die kinderlike BTKaners. Ons stap ver en ons stap steil, ons swoeg en sweet, tot ons kom by die hoogste piek in Limpopo, Iron Crown. Dié is nog deel van die Drakensberge. Die bloedrooi BTK-vlag word saam met 40 bloedrooi wange gelig om hierdie merkwaardige oomblik vas te vang. Al singend wandel die BTKinders by die berg af. Stuk-stuk ry Oom Theo water met sy bakkie aan, net sodat die dames gehidreerd genoeg is vir die intense skietsessie wat sou voorlê by die volgende gamebreak. Beatri hol vir Jano weg en in haar probeerslag om hom te step, step sy haarself en skuur op die grondpad. Sy staan toe op en hardloop verder, want ‘n BTK meisie gee nie so maklik op nie, en die ouens, hulle like it. Naas Beatri, steel Maym-konyn weer die show. Pa-konyn, Oom Johan en Ma-konyn, Tannie Rose, kyk met verwondering na hulle dogter wat met hasespoed van haar jagters af weghol. Guido is die aanvanklike jagter, maar word met jare se oefening en taktiek van sy game af gegooi soos LT intercept. Beide is lojaal teenoor hulle groep, egte Namibiese Veg Pikkewyne. Eintlik behoort al drie van den Heevers aan die Noorweegse Natstert Staffies, maar die sketsskrywer het in haar onbevooroordeelde diskresie, tot die doeleinde van sensasie, besluit om haar as ‘n konyn eerder as ‘n staffy te klassifiseer, want eintlik wou almal ‘n Kanadese Brul Konyn wees, en ek is amper heeltemal seker ek het gehoor hoe Maymarie, terwyl sy hardloop “Rawr” skree. Plus, Maym-konyn klink soveel beter as Maym-Staffy. 

Die laaste stukkie stap van daardie dag in die los ysterryke sand skop soveel stof op dat ek begin wonder of dit, dit is waar die Wolkberge sy naam vandaan kry. Almal se stapskoene was ‘n skakering van rooi nader aan die vlag wat vroeër gelig was. Net voor die eerste paar blase té ongemaklik geraak het om aan te gaan, het ons by die Wolkberg Natuurreservaat kampterrein (met toilette en storte!) aangekom. Die goudgeel National Geographic raam het ons aandag gevestig op die eintlike rede vir bergreeksnaam en die kokke het die storte gedibs voor daar weer ongemaklike ontmoetings van oos, wes, noord of suid af kom. Elke eerstetoeris het hulself emosioneel gaan voorberei vir die wraak en seker ‘n bietjie geoefen aan hul rolle ook. Bacon Pesto Pasta was op die spyskaart vir die aand en ek is seker dat diegene wat die bestanddele moes dra nie eers regtig ‘n verskil in sakgewig kon voel die volgende dag nie, want meeste het behoorlike seconds geskep.  Die tuna-draers het gewonder of hulle dag van ligter laste ooit sou kom. Na aandete is die ereplekke op die sleeseile ingeneem en die Groot Trek het begin. Suzanne, verlig met kopflitse, MC die aand om as Monsior Lumier die Chandelier en skets die chaotiese beeld van lewe as ‘n eerstetoeris. Philip, die drie-been-skaap, en Inge Venter, die papwiel-waentjie, gly op Margitt die Margarine, soveel so dat Marli die Geyser bars. Franco die Windbuks is so getrigger deur die hele affêre dat hy sommer vir Alvin the Chipmunk (a.k.a. Stephanus wat een of ander irriterende liedjie in hoë noot sing), skiet. Peet-rizz, beter bekend as Jan Braai, Jan Braai vir Erfenis, begin vir die lekkerte baklei met (Lara-) Joey Tribbiani, wat regtig net wil weet hoe dit met Jan gaan, nee rerig Jan, how you doin? Monsior Lumier verdoof kopflits na kopflits soos konflik vir konflik die toneel oorneem. Asof dit alles nie chaoties genoeg is nie, beweeg al die karakters in konstante sirkels, insluitend Olivia die pienk bromponie, wat elke 5 minute “ek het ‘n toeter, ‘n toeter op my waterskoeter” vir die groep inlei. Die bromponie se eienaar Christina, Barbie op Steroids, asook Marialle Unda the Sea, en Martin, die ikoniese, huppelende gouelokkies bring elkeen ‘n unieke bydrae tot die katastrofie van die wraak. Op die ou einde besef Jan Braai wat elke Suid-Afrikaner behoort te besef: ons moet almal mekaar help om die groot trek van die lewe te oorleef, want eintlik wil ons almal net BRAAI. Dit was groot vermaak, maar alle grappies moes vinnig op ‘n stokkie kom. Die voorbereide liedjies is gesing, party meer as een keer om vir gevaalde probeerslae te kompenseer. Die vreugdevuur het vir die ou toeriste troos en ruimte vir geselligheid verskaf, terwyl die hitte vir die eerstetoerise al hoe meer benoude sweetdruppels laat tap het. Darem kon hulle klere, wat nat en vuil kan word, gaan aantrek. Die lank gewag was vir eers verby: 0 dae, 0 ure, 0 minute en etlike sekondes tot die soetheid van die wraak het aangebreek. 

Kort voor lank het “Welkom by die BTK!” die Limpopo-lug gevul, die groepieleiers het watergevegte by die blikwasserkraan gehou: die stokkie van vroeër het gebreek en die grappies gaan aan. Teen die einde van die aand het die hele lot toeriste om die vreugdevuur vergader om hul Maker te ontmoet en te loof in die gees van samesyn en goddelike pret. Hier op ons Matielandvelde was deur die groep geoefen en Oscar het ons bederf met ‘n Noorweegse solo.  

Na die soetheid en gesing, was die res van die items afgestel en hekels is vroeër oopgemaak.

Hekels: 

  • Jada hou daarvan om ini mix te wees (trail mix?)
  • Mayms gee klaarblyklik nie om oor ander mense nie
  • Izél staan vas dat sy nie na LT se bene kyk nie
  • Mayms vra vir haar sleedates: soet, sout of stout? 
  • Anna-mart wil weet of sy haar pap op Martin se vuur mag warm maak. 
  • Blykbaar is LT oor 4 jaar bles
  • Nadia word gehekel oor sy wat iets mompel oor ‘n onpersoonlike gogga, maar inteendeel, amper soen sy ‘n gogga. 
  • Nadia word deur Guido gevra wat sy bedoel het toe sy vir hom sê, “O jammer, ek dog dis Oscar.” 
  • Guido wil by Jacq weet wat hy bedoel het toe hy vir hom vra of hulle asseblief saam kan stort, maar hy was vining uitgehaal oor hy uit manskamp uit gehekel het. 

DAG 3: Watervalle en verdwaal in die Wonderwoud

Die grys deinserigheid van die vorige dag het plek gemaak vir ‘n vlymskerp silhouette van die Wolkberge teen ‘n lemoenoranje en aarbeipienk agtergrond. Terwyl die uitsig vanuit die oopgeritsde tente in dameskamp waardeer word, vlieg Oscar se drone bo die tydelike wonings rond om die eerste gesigte van die dames op dag drie te virewig. “Sak aai tente!” maak weer sy rondtes om die kamp en die gehoorsames kry kans om ‘n sokkerwedstryd te speel voor dit tyd is vir “Sakke op!”. Jan Braai word aangewys as slot en besluit dat Inge kwadraat die ding sal doen as sleutels. Dalk het hy inspirasie by Die Piesangskille gekry. Net toe ek begin wonder of LT gejok het op oor die waterpoele op die slides, hoor ek ‘n gebaljaar wat na my toe boemerang. Ek het die poele gehoor voordat ek hulle gesien het. Na ‘n geklim en geklouter by die rotse af, trek ek ‘n Frangipani-tak weg om die juweel van ‘n waterval te openbaar. ‘n Warm gevoel vul my hart soos die bergwater my lyf verfris. Ek het ‘n beter prentjie van die hemel na hierdie swem. Soos kinders kon ons uit ons nate bars van die lag, gil van die pret, mekaar natspat en bommies in die poele maak. Reënboog-skyfies vang nou en dan jou oog reg en in ‘n splitsekonde, tussen die gebaljaar, onthou jou gees van jou Pappa God se verbond van vrede. 

Na ‘n tydjie se gebak in die son, het ons weer die pad aangedurf. Die landskap het stelselmatig van amber en sementgrys en pik verkleur na lowergroen en goud en saffier. 

Oom Johan en Maymarie het soos stout kinders by elke volgende poel langs die pad geswem en Slot Petrus se moermeter so effens in die rooi in geref, want Meneer die Voorsitter het van voor af gedreig dat ons middagbroodjies sou mis as ons te ver agter is. Maar wat is kos nou eintlik op ‘n staptoer? het Oom Johan heel waarskynlik by homself gedink. Hy het ‘n leuse herhaal wat al hoe meer toeriste verlei het om ook te swem en speel, insluitend die Slot se twee sleutels. “As jy nie by ‘n plek geswem het nie, was jy nie daar nie.” Rivieroorkruisings was aan die orde van die dag en teen middagete (wat ons gelukkig gemaak het), was die nat stapskoene en sokkies uitgestal op die klippe, nes die aasvoëlmis uitgestal op die kranse rondom ons. As, so wit soos sneeu, het die paaie vorentoe versier en hier en daar het ‘n tak nog gegloei van brandhitte. Aanstap, aanstap tot ‘n uiteindelike breuk in die middel van die stappaadjie, dit moes beteken het ons is naby die kamp! Toe nou nie. Intussen het Guido ons vermaak met sy grappie oor ‘n 10-ton-budgie en Petrus het gepraat oor ‘n padda op die wal. Meer daaroor later. Verder het ons verdwaal. Slot Petrus het erken dat die roete waarop ons onsself bevind, soos ‘n stroperswandelpad lyk: dooie varingblare wat soos ‘n ouma se toonnaels omkrul, snotgroen mosbaarde wat jou uit die boom uit kielie, doringtakke wat soos torings rank en bierbewyse van vorige kampers. Om die res van die verdwaling verder te verduidelik, haal ek graag Elton John aan: “Goodbye Yellow Brick Road.” Vir enige voornemende voorsitters wat hierdie skets lees: volg die geel pyle. Verder het ek besef dis nie net die antieke skoonheid van Suid-Afrikaanse landskappe wat ongerep is nie, maar ook die menslike natuur in tye van nood en gevaar. As sketsskrywer het ek heelwat verantwoordelik gevoel om ietwat meer oplettend as gewoonlik te wees, en ek het elke oomblik daarvan geniet. Daar was duidelike uiterstes in hoe die BTKaners die skemer stres van verdwaal in die Wonderwoud hanteer het. Party oorleef op humor: hulle word absolute hansworse wat mekaar duik en stamp en spot in die middel van die pad (ahem *Marietjie en Maymarie). Ander word soos Dauntless in die Divergent rolprent, hulle hardloop alleen en sonder radio’s by kranse op, sonder enige ware idee waarnatoe hulle op pad is, om die beste roete vir die groep te vind. Dan kry ‘n mens die Mnr. en Mej. Verantwoordelikheid, hulle sug vir die ywer van Dauntless en probeer die Narre se geduikery te tem. Die terugsitters is ‘n unieke spesie stressers, hulle is nou die wat veronderstel is om Mnr. en Mej. Verantwoordelikheid te wees, iets soos ‘n Voorsitter of bestuurslid, maar in plaas van voorvat, vat hulle agtertoe en gee met grasie verantwoordelikheid oor aan iemand anders. Iemand anders soos ‘n eerste-toeris slot met geen benul van die uitleg van die woud nie, iemand soos Petrus wat met gelukwensing van sy toerleier oor die radio hoor: “Geluk Petrus, jy’s nou Voorsitter! Draai om, stap voor en lei die groep.” Kyk, tussen Petrus se Bovril-ryke uitkykkring en hierdie woorde wat die radiotjie vir hom bulder, weet ek nie wat was die groter inlywing as BTK-lid nie. Verder is die stres-eters diegene wat hulle sleelekkers sommer met eerste teken van gevaar uithaal en nie terughou nie. Die stress-sangers, aan die ander kant, ruk hulle sangbundels uit en begin harmoniseer. Mens sou dink so ‘n uiteenlopende groep gespanne toeriste vryf mekaar lelik op, maar in die wyse woorde van Jan Braai, Jan Braai vir erfenis: ons moet almal mekaar help om die groot trek van die lewe te oorleef, want eintlik wil ons almal net BRAAI. Wie sou kon dink hoe vinnig hierdie woorde getoets sou word? Laastens kry mens jou Voorsitter-resensente. Dis nou die wat ‘n wilde kombinasie van Hanswors en Terugsitter verteenwoordig. Ek het gehoor hoe een resensent sê dat ons twee dinge daardie dag geleer het: volg die geel pyle, en volg LT se gut. Toe ons by die kampplek arriveer, het meeste nog rondgekyk om te sien waar dit is. Daar word gesmul aan alles-wat-lekker-is en kondensmelk tee met tennis-beskuitjies. Na Magaliesburg se Aandlied was dit vasgemaak dat slee aan die dames behoort, weens ‘n beperking aan tentspasie. Dit was effens beknop, om die minste te sê. Maar “kla” vind mens nie in ‘n BTKaner se woordeskat nie, en ek was meer verfris met die gemoedere van die groep daardie aand as deur die dag se waterpoele. Mens kan nie ‘n prys op samesyn sit nie.

Items: 

  • Martin die surfer ry branders, word gebyt deur ‘n haai en verdrink amper. Hy spoel vlak uit op die strand. ‘n Dokter Petrus en Mechanic Jano stap verby hom op die strand. Dokter doen CPR en probeer hom red, maar die praktiese mechanic brein lig uit dat as die dokter nie die surfer se agterent uit die water uit haal nie, gaan hy nog die see leeg pomp daardie aand. 
  • “Liefie ek kry koud”. Kan jy glo Jacq is so onbereidwillig om sy verloofde Anna-mart se ma uit Benoni uit te bel?

DAG 4: the Horns en die hange van Serala

Op dag 4 sing die Knysna-loeries en stokers ons so saam-saam wakker met Ai My Lam. Na vroegoggend geselsies rondom BTK-pap en koffie, nooi Oom Johan ons uit om die dag met eerbied te begin. Eerbied vir God ons Skepper. Skepper van die Wonderwoudvloer en Serala Piek. Skepper van die Knysna-loerie en ook die asem in die longe jou mede-pelgrim. Skepper van hemel en aarde. Geruisloos het ons begin stap deur die lowergroenigheid. “Kan julle hoor? Kan julle hoor hoe bulder God se stem in die stilte?” 

Toe ons aptyt vir stilte versadig is, het ons groep by die steiltes afgesing, “soos ‘n wildsbok smag na water, smag my siel na U, O Heer…” Oom Johan se luidsame uitroep van oorwinning het die dag se opbouende gesprekke, giggel en speel ingewy. Dit was ook ons lofoffer.

Die eerste gamebreak van die dag het aangebreek en Maymarie maak skiet oop. Dis dameskiet. Na so vyf minute kom ek sonder suspisies terug van dameskamp afgedrentel en vra vir Jacq of hy al twee keer geskiet is. Hy huiwer, mompel ‘n nee en begin hol. Ek is kort op sy hakke, maar hy hekkie-spring heel strategies oor twee gevalle boomstompe en ek verloor spoed. Gelukkig vir my het Maymarie al eergister begin opwarm. Haar pupille vernou. Haar bo-bene bult. Sy skuif tasse en mense uit die pad en dan begin sy. Haar tydsberekening: soos Cheslin Kolbe se charge down op Ramos die Fransman se conversion in die 2023 Rugby Wêreldbeker. Haar toewyding: so intens soos ‘n Brit oor wêreldwye kolonisasie in die vroeg 1900s. Haar vlak van vaardigheid: 6 jaar se BTK, 13 toere, 65 skietsessies. Alles vir daardie oomblik. En dit was perfek. Meer as perfek. Met haar skouer as haar leidsman, lammie sy Jacq se dy soos nooit tevore. Hy is verbaas. Geskok. Verontwaardig. Met min balans ploeg hy grond toe soos Mayms se momentum hom oorweldig. Die skare gaan mal. Dae later, in ‘n persoonlike onderhoud met Guido Bieseman, word daar gestel dat Mayms se tackle baie was soos die Springbok, Damian Willemse s’n, wat vir Caleb Clark, van die All Blacks, geduik het. Bieseman is van mening dat die enigste verskil tussen Maymarie se tackle en hierdie geskiedkundige tackle, is die feit dat Mayms s’n beter was.

As daar vuvuzelas was, was hulle geblaas. Toe my spoed uiteindelik bykom, seil ek by die prooi en roofdier in en vra of Jacq met my sal slee. Ek het gevoel soos Bongi Mbonambi wat met speler-van-die-wedstryd wegstap in daardie selfde wedstryd waar Kolbe die charge down van die jaar vermag het. Daardie aand is Jacq die gelukkige man met 3 slee dates: Marietjie 2.0, Mayms & Inge. 

Oom Johan vertel ons oor die Outeniqua Geelhout Kalander (Latifolius podocarpus, dankie Stephanus) en breëblaar clivias, ook bekend as die bosveldlelies. 

Na gamebreak klim ons al hoër en die pad raak steiler. Guido sê dit maak hom die helling. Onbetroubare toue vasgeknoop aan aalwyne help ons om The Horns te piek, waar groepfoto’s, paartjie-foto’s, alleenfoto’s, familie foto’s en Republiek-foto’s geneem word. Hoe kan mens hierdie dag se uitsigte beskryf? Tone sê die woudpatrone wat spontaan uit die droë berghange groei lyk soos ‘n makromodel van wilde mos in die krake van ‘n sypaadjie. Ons stap stuk-stuk by The Horns af en toe op by ‘n volgende, en toe weer af, net om by ‘n kloof uit te kom waar twee kranse kop-teen-kop in die hemel uitgebytel staan. ‘n Klein stroom van die anderkantste krans loop af om ‘n waterval van meters en meters in die vallei in te vleg. Die berge omvou ons. Hier het ons geëet. Hier het ons gerus. 

Na middagete verplaas ons 100m noordwaarts net om te vind dat dié anderkantste krans ons sou huisves vir die aand. Party yweriges gaan verken die krans op ons voorstoep verder na kamp opgeslaan is. 

Soos die son weg sak en dit skemer word, stroom die noodles en gerookte hoenderpakkies na die stokerstasies toe. Die dames versier hulself in bont rokkies en die manne vou dasse vir die aand se spoggeleentheid. “Mooiste meisie, jy’s deel van my lewe!” word uit volle bors deur die ou toeris dames gesing tydens hul foto-sessie, eers vir hulself, dan uitnodigend vir die eerste-toeris dames en uiteindelik vir the one and only: tannie Rose. Die kosbaarheid van die oomblikke tussen die vrouens het gecrescendo nes die gesang. Die manne kom by. Groepfoto’s, alleenfoto’s, filmfoto’s. “Bellisimo,” sê Oscar. Na aandete het ons reggemaak vir slee. Party kopflitse skyn so sterk en helder dat die akteurs soos reuse op die teenoorgestelde kranse silhouette. Frikkie en Sarel moet weer ‘n olifant wurg vir die koningin, maar ‘n geveinsde eggo is nie eers nodig nie, die berge om ons verseker dit self. 

Items: 

  • Mej. Perfek bied Nooi soek ‘n Booi aan. Die dames agter die slaapsakgordyne oortref hulself, weereens. Maar meeste van almal is skame Rita (Rachel), wat hoop dat haar ideale man se knieë vir haar lam raak. Interessant genoeg het Bieseman vele ACL beserings al gehad en het heeldag met ‘n verbinde knie rondloop. 
  • Hospitaal, waar arme Jacq net nooit by die dokter uitkom nie. Mayms dra vyf lae klere wat sy stuk vir stuk uittrek oor haar termostaat fout het. Jacq eindig op om sy riverpants af te rits. 
  • Gatiep en Meraai, wat intussen name verander na Jannie en Meraai. 
  • Die Slabbert sussies vermaak ons met Marietjie wat vir Ouma Dorothy vertel hoe sy skande op haar slee date se huis bring. 
  • Jy sal nie ‘n Kanoe uit Peet-rizzedent maak nie. 
  • Mrs Anna-mart Wong verduidelik vir Mnr LT Wong dat sy ‘n wit baba verdien omdat sy hom heeltyd wit rys over.

 

Hekels: 

  • Wat het Guido bedoel toe hy sê, meneer jy het ‘n piesang in jou oor. 
  • Man is man, vrou is vrou. 
  • Wat het Jada bedoel toe sy vra hoe ‘n mens gaan van Oom tot Lover? 
  • Wat het Anna-mart bedoel toe sy sê, jy’t nie ‘n keuse nie, jy moet oefen. 

 

DAG 5: waar die teerpad begin en die stofpad eindig…

“Jy met jou mandolientjie, ek met my bandolientjie, sing ons die Ou Kraalliedjie saam. Sing ons van waterstrome, slange en olienhoutbome, sing ons die Ou Kraalliedjie saaaaaaam.” 

Dis dag 5, en die stokers is soos altyd, op hul stukke. “Palings julle water is reg.” “Vegpikkewyne julle water is ook reg.” “Brulkonyne julle water is reg.” “Palings julle water is NOG STEEDS reg.” Hierdie warm woorde vul die koue oggendlug soos die dagbreek nader kom. Party avontuurlustiges gaan klim, sonder ontbyt, weer die voorstoep-krans uit, waar die sitrus-son die Noorde verlig. Die panorama van die Wolkberge word geniet saam met ‘n slukkie van Wallies se Robertson rooi wyn, 5 voor 7 die oggend. Terug by die kamp is dit hare vleg en tente wat sak. Marietjie 2.0 en Inge se tent is na 4 dae se probeerslae uiteindelik nie die laaste wat sak nie en hulle is desperaat dat LT dit weet. Die hele kamp ook. 

Voor jy kan sê “pap wiel” is ons al aan die stap, om die hang van die Serala-berg. Onder andere, is Jada een van Jano se sleutels, maar sy geniet so die gesprekke om haar dat sy vergeet van haar posbeskrywing en Jano noem dat hy ‘n sleutelhouer nodig het om haar in toom te hou. Die eerste gamebreak ontstaan uit handige manne wat Oom Theo se bakkiebande ruil, waterbottels wat gevul word en die dames wat omtrent terug na die kampplek toe moet stap vir dameskamp. Die dag se stap is aanvanklik gelykloop met die hoogtes van die Wolkberg-reeks. Later loop ons weer afdraend in ‘n dennewoud, waar die dongas dreig om ongebalanseerde toeriste in te sluk. Uit persoonlike ervaring, help dit nogals om ‘n 20 kg rugsak te dra, want dit breek mens se val. Die landskappe wat ons betree het deur die loop van hierdie toer was so uiteenlopend en besonders soos al die diverse edelgesteentes wat mens uit die aarde kan ontgin. Martin se woorde, lui egter nog steeds in my ore: “Die mense is die eintlike skatkis.”

Teen middagete is die Diepsee Palings en Brul Konyne in ‘n koalisie en kyk neer op die Veg Pikkewyne en Natstert Staffies op die laer deel van die dennewoud. Die tuna-draers gee ‘n sug van verligting, want hulle beurt van ligter dra het uiteindelik gearriveer. Die middagbroodjies, sing egter ‘n ander lied, want die hitte en druk van die afgelope vyf dae laat die blikkies ontplof op enigiemand wat dit oopmaak. Izél lyk of sy op pad is om te huil soos die tuna haar arm, knie en maermerrie versier. Na sy soos ‘n ware BTK-meisie daardie presiese tuna op haar groepie se provitas laai, nooi sy haar naastes uit: “Ruik my lyfie!”. Dit is ook by hierdie middagete waar Jano, in sy probeerslag om ‘n hekel, te onthou, dit perongeluk vir sy pa stuur. Die gesprek tussen hulle twee loop as volg: “Jy’t so mooi gebuk, ek kon myself nie help nie.” (Pa): “is dit vir my bedoel?” “Nee pappa” “aan wie se boud raak jy op die kamp…” Nietemin, moes Jano homself verskoon om ‘n belangrike oproep af te handel. Middagete word afgesluit met peanut-pottie-provitas. 

LT besluit op die mees onbilike oomblik, dit is, terwyl almal skoene aantrek en ná StapNou! om skiet oop te maak. Daar was gehol, daar was gesidestep, daar was gejuig, daar was geval. Knieë lam, het ons die laaste kilo’s van die toer aangedurf. Op kilo 13 het die bakkie meeste se sakke afgelaai. Almal behalwe LT, Franco, Jano en Philip. Onthou om hulle ‘n klop op die skouer te gee na die lees van hierdie skets. Nguni koeie kruis ons pad en Oom Johan neem sy laaste swem in ‘n prentjiemooi stroompie. Sy eie dogter en Beatri probeer kyk wie gaan eerste verdrink, terwyl Goldilocks dreig om die dames op die brug met sy luscious lokke nat te spat. Hierna stap ons ‘n laaste bietjie opdraend en op kilo 19 en etlike meters, kom ridders op wit perde aangery tot 35 toeriste se redding. En met ridders op wit perde bedoel ek, toerouers in wit 4×4 motors. In die kattebak, in die kar, agter op die bakkie en sommer bo-op die fietsrak, kry elkeen ‘n gaatjie. Afrikaanse treffers van die afgelope millenium word gepomp, soveel so dat toe die stofpad eindig en die teerpad begin, word die motors gestop. Oom Johan en Tannie Rose open die dansvloer met ‘n emergency sokkie. Die musiek was te goed om nie te dans nie. Terug op die onkonvensionele sitplekke op die wit perde, gaan die gesang aan. Die bakkie-ryers gaan in spontane lofsang in, die sitrus-son soen ons goeienag en die avokadopeerboorde sing saam. Plaaswerkers langs die pad groet ons met breë wit glimlae en ruim waaie. Vanaf die teerpad, kon ons The Horns en Serala Piek uitgeëts in die verte sien pronk. Dit was ‘n trotse oomblik. 

Soos ons op die De Jagers se plaas arriveer, spring Rachel van die bakkie af en sleep ‘n hele boom uit die pad uit vir die karre om deur te beweeg. 

Uiteindelik kom ons by ons slaapplek vir die aand aan, waar die gekkknak en gekkknetter van die vuur ons solank vir die aand se KKKaptein voorberei het. Die bestuur het gedurende die toer baie hard probeer om almal te oorreed dat ons die laaste aand tuna-slaai sou eet, maar waar daar ‘n rokie is, is daar ‘n vuur en met Jan Braai vir Erfenis in die groep was die tjoppie-rumors vinnig in die lig gebring as die reine waarheid. Black labels, Coke, vrugtesap, vleis, vleis en nog vleis word met groot gejuig verwelkom. Met die bediening van aandete, neem Oom Johan die geleentheid om vir die Kaapenaars te verduidelik dat daar ook pap en SHEBA is, nie pap en smoor nie, asseblief tog. Kristina, halfpad deur haar pap en wors, sê met dieselfde gesigsuitdrukking as tuna Izél van vroeër: “Hierdie is emosioneel lekker!” Bieseman, alewig aan die woord, lig uit dat as dit kom by ‘n girl wat eet en sy sê sy soek nog, mhmmmmmm hy like it. Die woorde is nog nie eers koud op sy lippe nie, of die aangename duif Kristina noem dat sy wil begin huil van hoe lekker die sosaties is. Jan Braai laat val die enigste pakkie wors wat hy oopgemaak het daardie aand en Oscar, die oplettende Noorweër wat hy is, stel vas dat Jan nie moet braai nie. Maymarie vertel dat die eerste BTKaner wat ‘n hele toer in haar Crocs gedoen het, Jané Coetzee is, Drakensberge 2019. Oscar, die oplettende Noorweër wat hy is, getuig dat Oom Johan die hele toer in Crocs gedoen het. Dié lewenslustige toerpa noem toe dat as sy dit kan doen, kan hy ook!

Items: 

  • LT & Petrus vermaak ons met Stoute Wouter Kabouter se Spesiale etes vir die dag
  • Oom Johan vra dat die liggies afgesit word, want professionele akteurs bring hulle eie lig. Daar staan hy met sy eie kopflits onder sy ken wat sy gesig verlig en lei ons in A.G. Visser se somber gedig in: Die padda sit op die wal, en dis al. 
  • Hierna kom Peetrizz en in ‘n mengsel van Joburg-boet Engels en Kaaps-Afrikaanse dialek, deel hy sy grappie, heel toevallig A.G. Visser: The padda sits on the wall, and that’s all. 
  • Mayms maak die beste van een van haar laaste items as Jana wat BAIE graag walvistiet ice kleam wil hê. Al wat roomysman ongelukkig kan aanbied is two suckers on a stick. Dankie, en jammer, Franco en Philip.
  • Anna-Mart en Marietjie 2.0 doen karate: yester-die and to-die. 
  • Boer Flippie van Poffington (Jacq) wys vir Mayms (*ahem, ek bedoel Minkie) hoe die pomp nie wil pomp op sy tafelkoejawel plaas nie. Hierdie twee het sommer spontaan in die gehoor in gebel, en Marialle is gevloer deur sy ongelooflike pick-up line: is jou pa ‘n chilli, want jy klink hot?
  • Oscar sing “Jy kon nie bly nie (Pretoria)” met ‘n Noord Transvaal gholf hemp aan. 
  • Anna-Mart, Alicia, Mayms, Jada en Marialle word alweer deur die Indiane gejaag. 
  • Beatri & Mayms vertel in vlot Nederlands die storie van Racheltjie de Beer, maar met ‘n BTK-draai. In die geval is dit Racheltjie de Jager wat vir haar broertjie warm hou deur ‘n massiewe boom uit die pad uit te trek en dit te brand. 
  • Die Kellogs item word opgevoer deur paartjie Mayms & Petrus saam met paartjie LT & Christine. Petrus blerts die punchline uit halfpad deur die item, deur vir sy vroutjie oor die foon te vra of haar legkaart ‘n prentjie van Kellogs Cornflakes is. Petrus & LT kan egter nie huis toe kom na verlang van hul liefies nie, want LT code op Java en Petrus code op Slang. Intussen word LT deur Guido geblou-yskas. Guido het dae voor hierdie duik gespog met sy skraaplose iPhone wat hy vir 5 jaar sonder kissie of skermbeskermer rondgedra het. Na blou yskas is die 5 jaar rekord nie meer. 
  • Mayms doen haar laaste item saam met die Norge: pikkewyn punchline. 
  • LT & Guido doen Vriendinne… maar Guido se stem is te weg om hoog te gaan en in plaas van ure se geklets en gekerm, besluit Lodewykie dat Guidine nie meer haar vriendin is nie, “baai!”. 
  • Kkkaptein se hoogtepunte sluit in dat Kkkajuit kkknaap nooit Kkkraaines se regte naam kon onthou nie. Ondermeer was dit ook Kkkraaikkkyker en kkkykertjtjtjie. 

Hekels: 

  • Jano het gesê dat daar nog nooit so baie meisies aan sy hand gevat het nie. 
  • Jada stel vas dat sy nie ‘n passion prinses is nie, sy kom met ‘n agenda. 
  • Carla word gevra wat sy bedoel het toe sy sê dat ‘n mens nie kaal kan tee drink nie.
  • Mayms erken dat haar hand soos LT se been ruik. 
  • Natuurlik word Izél gevra wat sy bedoel het toe sy sê kom ruik my lyfie. 
  • Jano verklaar dat Indiërs nie terroriste kan wees nie.
  • Inge B wou deur die loop van die dag oor die manlike ego vertel word. 

DAG 6: bittersoet groet

Dis ‘n bittersoet gevoel wat ‘n mens se hart vul op die laaste dag van ‘n toer. Maymarie het dit die beste gesê: “Hoekom doen ons dit aan onsself julle, hoekom geniet ons dinge so baie dat dit seer is.” Die oggend het ons lekker rustig gevat. Ontbyt het ons langs die vlammetjies van die vorige aand se vuur deurgebring. Oorskiet vleis was geëet en party gelukkige dames het koffie in die bed gekry. Sonder haas is die tente afgeslaan. Dit was beter so, want vir baie was dit ‘n laaste keer se tente-sak saam met die BTK. Maan toe gaan was nie maklik nie. Legendes was gegroet. Ek glo die BTK is een van die Here se klein soutpotjies op Stellenbosch kampus. Dit bring geur aan soveel mense se lewens en dit is al vir generasies aaneen gepreserveer. En dit preserveer ook self die jongmens in die Boland se waardering vir samesyn sonder sein, primitief leef en voor die Skepper beef. Daardie oggend kon ek die sout van my trane op my lippe proe. Totsiens Suzanne, Guido, Sabrina, Izél, Oscar en Nadia. Totsiens Maymarie. Totsiens Marietjie. Mag die Here julle uitgang seën nes julle ingang. 

Oom Theo het ons toegespreek. ‘n Staptoer is soos ‘n mikromodel van die lewe. Nie alles is maklik of lekker nie, soms stap jy alleen, soms met mense van wie jy nie hou nie, soms met jou bestes. Maar nes die lewe is daar ‘n begin en ‘n einde, en dit wat tussen in is, is dit wat tel. Droom groot. As jou drome jou nie bang maak nie, is dit nie groot genoeg nie. Ek was diep geraak deur hierdie woorde wat ek al soveel keer gehoor het, maar nooit ontvang het nie. 

Ons het vir 2 kilo’s bus toe gestap en by ‘n wit en oranje geboutjie gestop. Namibiese Veg pikkewyne, Kanadese Brul konyne, Noorweegse Natstert staffies en Suid-Atlantiese Diepsee Palings kry elkeen ‘n beurt om op die trappies voor die gebou foto’s te neem. Net soos op skool. 

Elkeen het ‘n bottel koue water gekry en is met lomp treë, die bus in. Die Afrikaanse treffers maak weer hul rondtes en dis behoorlik noot-vir-noot vir die eerste uur van die rit. By ‘n laanie winkelsentrum se Spur êrens tussen Pretoria en Polokwane het ons geterrash. Die roeiers was: Franco Kruger, Petrus Dreyer, Martin Swart en Philip Olivier. Franco het met mening begin maar Martin het met houding eerste klaargemaak met ‘n minuut en ‘n half… oor die rekord tyd. Soos altyd was ons uitgekyk deur ons mede-uiteters in die restaurant. Dalk meer akkuraat is uitgeruik. Vinnig is ons weer op die pad en by ons laaste tolhek staan polisie reg om voertuie af te trek. Ratser as ‘n dame wat gevra word of sy al geskiet is, duik die hele bus in hulle sitplekke in, MET GORDELS AAN. Ek het in daardie oomblik besef daar is ‘n ding soos veiligheidsgordels op ‘n bus. 

Tien voor 6 die aand ry ons op ‘n Pretoria-pad parallel met die snelweg en die Kaapenaars neem die liggies van die stad af. Teen 6 uur staan ons geparkeer voor Lynnwood Laerskool se hoofhek. Nog ‘n toer is verstreke van die ou BTK, O die dae gaan so snel verby! 

Naskrif: 

‘n Gedig deur Maymarie van den Heever, gelees op 19 Julie 2024. Die dag wat sy maan toe was.

Aan ons God

Aan ons God en ons Heer, gee ons die eer

Voete, bene, longe, kos en klere

Tekort het ons nie, maar tog gee U meer

Aan U kinders, U bruid, al die kere

 

Met die beskrywing van die BTK

wat om te sê, waar om te begin

Meeste van julle weet, alklaar

Wat ek bedoel, waaroor ons harte sing

 

‘n gesing van uitspattige genade

Deur goue gesprekke waarde van ‘n ton

Die Waarheid gesaai deur sade

U Woord, U natuur, ons water bron

 

Gelag, gegroei, geskiet, gehuil

Hoe kan ‘n mens dankie sê vir dit?

Vir elke termyn se rus en skuil

Maar werklik, is dit opreg moontlik

 

Broers, sussies, ouers, vriende

Met hul het ons gestap deur geskenke

Voorsitters, bestuur, tent maats en meer

Met hul geploeg en deur foute geleer

 

Om vas te vang wat die Here hier doen

Wat Hy bied, wat Hy gee in elke seisoen

Is moeilik, maar nou is ons dankbaar

Tot die dag van volheid uiteindelik openbaar

 

Indien ons af wandel in verwoesting

Mag U die BTK keer

Seen ons deur U beskerming

En aan ons God en ons Heer, 

gee ons al die BTK eer

Die Hel 2024

Die Hel

Skets deur Tanya Smit

Dag 1: Hel toe

Om 11:00 Dinsdagoggend is meeste toeriste alreeds op hete kole om die reis na Gamkaskloof aan te pak. Die bus was egter nie in sig nie, en sommiges mag dalk gevrees het dat dit die wegraping is. Gelukkig het LT se spoedige boodskap almal te rus gestel dat die bus in Merriman Avenue wag. Talyah het net-net betyds daar aangekom na haar laaste toets, die bus is gelaai en ons is sterk op pad om die kloof te gaan verken.

Oom Francois het ons vermaak met sy eerlikheids-speletjie waar daar openbaar is hoeveel Checkers trollies in sy destydse koshuis seksie is. Soos die toeriste mekaar bietjie begin leer ken het, het ons vinnig besef daar twee Jano’s op die toer is wat albei ingenieurswese swot. Vinnig-vinnig het die een Jano homself onderskei as Janou, en outomaties was die ander een as Ja-later gedoop.

Na ‘n vinnig stop by Worcester se vulstasie, is almal se honger gestil en sit ons die reis voort.

Net voor sononder arriveer ons by die gasteplaas waar daar kamp opgeslaan word vir die aand.

Dit was ‘n groot bederf om ‘n saaltjie te hê met kombuis, braai en sokkie geriewe. Needless to say, nadat almal aan heerlike nacho’s gesmul het was daar gedans, geskiet en geslee. Die eerste toeriste mans het vermaak verskaf toe hulle vir ons wys hoe om ‘n veltjie te vang en arme Matthys het die koue water aangedurf om Klippies te karakteriseer. Jeandre was gehekel oor sy dad jokes waarvan Martine blykbaar nooit sal weet nie.

Dag 2: Langpadmense

So begin die amptelike staptoer. Die stokers het almal 06:30 wakker gesing. ‘n Lang dag se stap het voorgelê. LT wou so vinnig as moontlik die kos uitdeel, kamp opslaan en tradisies afhandel sodat ons in die pad kon val. Dit was vreemd dat daar ‘n oormaat van sakkies BTK-pap was, maar nietemin het die bus ons gevat tot by die Seweweekspoort afdraai waar ons begin stap het. Vir ‘n hele ent het ons verby plase gestap en deur die Karomino hek. Met die eerste game break het Ruben gou sy plek geboek om laaste uitgekyk te word nadat hy aspris na die kring toe loop en vra: “Wat maak julle hier?” Tone moes al vroeg aan die werk spring toe Talyah in ‘n bos geval het en die wond dadelik blou geword het met twee gaatjies. Daar was eers vermoed dat dit ‘n slang is, maar toe sy geen verdere simptome wys nie is die gevolgtrekking gemaak dat dit waarskynlik dorings was.

Komkommer en mayo middagbroodjies is gemaak by Die Leer en daar is plegtig belowe dat net 2km oor is as ons onder kom. Trevor kan getuig dat wit, road running, Nike tekkies gekombineer met ‘n swaar rugsak, ‘n leë dag rugsakkie en los klippe, enige man se knieë kan lam maak. Na ‘n effense scramble het almal onder gekom en dit is waar 2 in 5 kilometer verander het. Alhoewel sommiges eers na donker by die kampterrein aangekom het, was daar ‘n vrolike atmosfeer omdat daar toilette, storte en donkies was. Dit was ook gerusstellend om te weet dit is die laaste keer wat ons kamp hoef op te slaan omdat ons hier gevestig sal wees tot ons weer uit stap die laaste dag. ‘n Bietjie genade is aan die eerste toeriste gegun toe die wraak met ‘n aand uitgestel is. Ironies genoeg moes ons vuur maak in Die Hel om warm te bly.

Meneer die voorsitter het aangekondig dat daar die volgende oggend laat geslaap kan word en dat ons nie baie ver sal stap nie, om op te maak vir die eerste dag se miscalculations.

 

Dag 3: Rus(tige) dag

Nog nooit het ek gehoor dat ouens die deuntjie van: My oom se motor is ‘n ou masjien, kan vergeet met die derde vers nie, maar dit is wat gebeur het op hierdie vars, koel oggend. Behalwe vir die feit dat niemand gejaag was om klaar te maak nie, was Tone se spreekkamer omtrent uitgeboek om blase te dokter. Janou en Ja-Later het besef dat hulle te lank is vir hul tent en het heel nag met hulle voete by die opening uit geslaap. Op hierdie stadium was gemaklik slaap nog belangriker is as hitte.

Die dag se stap was rivier langs en ‘n paar boesmantekeninge is besigtig. Ons was amper ‘n radio kwyt nadat LT dit in die rivier laat val het, maar gelukkig het Naude die radio uitgeduik. SW en Naude het sommer toe die geleentheid aangegryp om in die rivier te swem terwyl die res soos dassies in die son middagete geniet het.

‘n Volle 5km later is ons terug by die kamp en reg om te lam in die son. Terwyl die eerste toeriste hard aan die beplan en oefen was vir het die res kaart gespeel of in die swembadjie swem. Party het effens stry gekry oor dutchess/cambia/kaas of wat ook al jou gesin dit noem en watter reëls regverdig is.

Die kokke het aan die werk gespring om chicken-ala-king te maak vir aandete en liewe oom Francois het die hele dag lank die donkie gestook sodat almal warm water kon hê. Die wraakkonsert was ‘n treffer. Sneeuwitjie is angstig opsoek na haar stem terwyl die karoo surfer almal net laat chill. Op die einde het die genie tot Sneeuwitjie se redding gekom en die groep het afgesluit met die malgaliesburgse aandlied.

Bertus was definitief die vinnigste mier in die geskiedenis om die olifant uit te klim.

Jy het nog nooit ‘n kind so lus gesien vir roomys soos Stefan nie. Kyanti het ook nuwe lirieke geskryf vir ABBA se Mamma Mia, om ‘n spesiale huldeblyk te bring aan LT se miscalculations van die tweede dag. Josh was gehekel omdat hy vir Rosa gesê het sy lyk soos ‘n pretty drowned rat. Sy verduideliking was dat hy presies bedoel het wat hy gesê het. Muller het amper die voorreg gehad om in dameskamp te slaap nadat sy tent voete gekry het, maar sommiges was vinnig op hul perdjies om hom daar uit te kry.

 

Dag 4: Brûe bou

Ontbytsake is gehou deur Anna-Mart wat ‘n volledige verslag gegee het oor hoe haar foon gesteel is en die wild goose chase waarop sy en haar pa was om die foon weer op te spoor. Kuilsrivier polisie is toe eintlik nie so sleg nie en almal is geskok oor hoe BAIE dinge voor 22:30 kan gebeur.

Josh en Rosa het vroeg die oggend die groep verlaat op pad terug na die leer toe.

Die dag se stap was meer aan tyd gekoppel as afstand, maar dit was ‘n uit en terug roete.

Die ingenieurs het dit hul missie gemaak om ‘n brug by elke rivierkruising te bou. Ja-later het dit egter op homself geneem om vir Stefan oor te abba. Damesskiet is oopgemaak tydens game break en Beatrix het duur betaal vir haar sleedate nadat sy ‘n stukkie grond gekoop het. Net voor ons gestop het vir middagete was daar ‘n ordentlike, diep en sterk vloeiende rivier. Die koue water moes maar trotseer word en selfs arme Lucy is heup hoogte deur die rivier met haar lang stapbroek.

Terug by die kamp het ons 10km agter die rug en almal is dadelik storte toe. ‘n Perd van ‘n hond het daar opgedaag, asof hy aankondig dat die eienaar op pad is. Terwyl die ou toeriste besig is om foto’s te neem hoor ons hoe ‘n groot masjien deur die rivier ry met hout vir die vuur. Dit was toe die eienaar wat coke, fanta, wors, brood en tamatie sous daar kom aflewer het. Ons was geseën met worsbroodjies vir voorgereg, alles wat lekker is vir hoofgereg en marie beskuitjies met karamel vir nagereg.

Die items het vroeg begin met die hoop om nog genoeg slaap in te kry voor die volgende dag se lang uit stap. Oscar se hangmat was gebruik om te ontstap van ‘n kanu makery. Tydens BTK meisies het Christeen bevestig dat alhoewel die meisies stort in die trane van die ou bo jou op die leer, hou die manne nogsteeds van ons. Ons het amper slaaptyd gemis omdat Marietjie nie kon raai wat begin met ‘n ‘T’ nie. Troepe het ons bekommerd gehad omdat hulle alles kon vorm behalwe ‘n normale deur en SW sal nooit weer kla oor ‘n dakwaaier of aircon nie.

Anna-Mart was die lopende hekel van die dag. Ons hoor ook hoekom haar ma gesê het sy mag nie sommer net enige iemand soen nie.

 

Dag 5: Genade

Dit was 04:45 toe die eerste wekker afgegaan het en die stokers is dadelik aan die gang. Daar moet baie dinge gebeur voor 07:00 wanneer die eerste groep aangery word na die onderkant van die leer toe.

Mareli en Jeandre is maan toe gestuur en daarna is die res van die kampterrein opgeruim. Terwyl die tweede en derde groep by die kamp gewag het vir die voertuie om terug te kom, het ons by die laaste kole gestaan en lofliedere gesing in die oggend son.

Dit was ‘n bumpy ride op die agterkant van die cruiser, Mareli was amper vertrap en Marietjie se been het gelyk of sy oorlog toe was. Die derde groep (die fikse ouens) het nie geduld gehad om te wag vir die voertuie nie en het besluit om sommer te draf na die leer toe. Binne ‘n uur het die tweede groep die eerste groep bo gevang het en kort op hul hakke was die fikse manne. Daar was wel ‘n effense ongelukkigheid toe almal bo kom en besef dat van die waterdraers hul papsakke leeg gemaak het op pad op. Dit was ‘n aangename verassing om die bus ‘n volle 6km vroeër as wat oorspronklik verwag is, te sien.

Op pad na Worcestor vir terrash was daar interessante geselskap gebou oor verhoudings en vuurwapens. ‘n Paar goeie A2 uitslae het ook vreugde en verligting verskaf. Brenden was beloon met ‘n tweede burger nadat hy die eetkompetisie gewen het en Ja-nou was net-net tweede. LT het nie nodig gehad om deel te neem nie omdat hy alklaar die afwesige Ruben se burger ge-claim het. Muller was diep ongelukkig toe hy hoor nie net LT nie, maar Anna-Mart en Kyanti ook ‘n tweede burger gescore.

Wildekus 2024

Wildekus – April 2024

Skets deur Martine Odendal

Bus se Dag 1: 30 ure

Of wel, van een sonsak in Stellenbosch na die volgende sonsak na die volgende sonsak: alles op ’n bus. So meer iets soos: Dag 1 en 2 van die Bus- en Toerklub.

Die opgewondenheid word aangevoel in die Neelsie se parkeerarea – so erg dat Oskar sommer al voor die toer gesorg het vir ’n lost and found in die middel van die kring.

Eers is die bus baie warm en toe baie koud, maar daar word heel lekker geslaap die aand… tot ’n harde slag wat almal wakker het half 6 die oggend. Die ouens word uitgeroep, en Pieter B is net hartseer oor sy skoon hemp wat nou nie meer skoon is nie (dis wat hy vir ons op die bus sê). Die nuus word gebreek dat die bus en waentjie elk ’n pap wiel het, en ons moet wag. Dit word 7-uur die oggend in die Oos-Kaap en 60 studente staan langs die N2 met mense wat vriendelik hoot en ’n harde geboor aan die bus – tot Jian besluit hy gaan die boor bietjie uittoets. Dankbaar en verlig is ons weer op pad en sien uit na sprake van ’n amazing padstal. Nanaga roosterkoeke en koffie was inderdaad so goed soos Matthys gesê het, oftewel KFC vir LT.

Daar word “heads up” gespeel, geswot deur die mediese studente, en “if you know the words to this song, sing along” gespeel, hmm ook deur die mediese studente. Dit word wéér aand, en kort-kort word Maps uitgepluk om te kyk hoe ver dit nog is. Maar dit voel asof jy nou kyk en dit sê 4 ure, en as jy weer kyk, se dit nog steeeeeds 4 ure! Tannie Christel hou darem ons hoop aan die lewe met foto’s wat deurkom op die group.

Elke keer as die bus indraai by ’n petrolstasie, spring almal verlig op… tot die realiteit tref dat jy in die Transkei is en ons weer moet ry, want daar is net nie badkamers nie. Ons stop by ’n volgende een en leer dat KFC’s in die Oos-Kaap die beste bate is van elke dorpie. In KFC word daar geselsies aangeknoop met ’n familie wat verjaarsdag hou, en ewe skielik is Annie famous en in ’n fotosessie ingetrek. Die ouens kry die real deal ervaring af in die pad…Ons kom so half 1 Dinsdagoggend daar aan by ’n bedompige kampterrein, wat sorg dat baie warm klere in die bus agterbly. Die meisies slaap al diep terwyl die ouens ’n busstoot-sessie half 2 die oggend het, met arme Marchand wat op en af hol met ’n drom sand. Nee maar lekker.

Dag 2: 2 April – ‘to slee or not to slee’

Die meisies wil nog kwaad raak vir die oom wat so hard praat die oggend en almal wakker maak, maar LisieP lag so lekker vir hom; jy kan nie. Die oggend vang mesies ’n swem, word daar nog leftover hotdogs geëet vir ontbyt, en gedagdroom om net een dag by die mooi kampterrein te chill sonder stap. Maar ons is weer in die bus en Attie sing vir ons ’n stukkie opera voor, en êrens draai die sang uit by “ek spring soos popcoornn”.

Ons begin in die gholflandgoed met die 18 km vir die dag. Op die hangbrug moet daar eers gespring word om almal bang te maak, en Jo-an en mede-ingenieurs bekyk baie noukeurig die bordjie van hoe die brug nou gebou is.

Middagete is skoene uittrek, deur ’n rivier, en dan met ’n sandbank in die middel wat ideaal lyk vir spikeball en frisbee. Maar dis weer deur die rivier, en FOMO is rof, so Attie dra vir LisieP oor en PF vir Nellie. Met die terugkom “probeer” Jo-an vir Amy en Nellie oordra, maar oops, daar word hulle per ongeluk nat. Franna kan nie anders as om dramaties sy hoed neer te gooi nie, met ’n “ek is ook hier!”. Petri sien die perfekte geleentheid om vir LisieP in die water te duik, ek dink nie eers dit was ’n blou yskas nie.

Ons slaan gou tent op met wind wat druk en wolke wat nie soos goeie nuus lyk nie. Die eerste skiet van die toer word oopgemaak, en daar word gehardloop. Alhoewel, verniet, want toe daar nachos gemaak word begin die reën drup. Mnr. die voorsitter is moeg en slee word afgestel. Petri wil weet of hy dieselfde slee-date môre-aand kan kry? (Lekker, Mayms). Sommer vroeg sluit ons af met die Magaliesbergse aandlied, en party is dankbaar vir vroeg gaan slaap.

Die reën klaar wel op, en ’n sanggroepie begin vorm om die kitaar. Daar word lofliedere gesing en ons het die groot voorreg om saam die Here se naam te prys. Stuk vir stuk gaan slaap almal, met die klank van die see hier by jou.

Dag 3: Waar’s die beloofde waterval?

Die oggend kry Bernard die kans om voorsitter se fluitjie te blaas vir “laat sak daai tente”. Daarna word Marchand en tannie Christel gepos met so ’n hoë gilletjie gee daarby! Dis ook dié dag wat Cari ’n identiteitsverandering ondergaan na Carli toe. En waarop daar die oggend ’n wifey foto geneem is (Nellie sê maar net, hy mag maar). Ons stap seelangs, bo-oor ’n sandduin waar ons nog ’n stapgroep kry, en game break word gehou met ’n pragtige uitsig. Daar is ’n spaza shop naby en die geleentheid word aangegryp om Coke en koekies te koop. Later steek ons ’n rivier met kanoe’s oor, waar Petri en Thom hulself handig maak. Pieter B het sommer ’n dryfhout-tak wat hom baie majestic op en af in die rivier laat float. Party vat die kans om te swem terwyl Jo-An verduidelik hoe hy so dik geword het, sy fiets kort 4 brieke.

Middagete was by ’n grasserige gebied waar die spikeball-nette weereens opgeslaan is, Zanlie en LT middagslapies vat, en eerste toeriste hard aan die oefen is. Lizé het wel met skiet gesorg dat daai kringetjie uitmekaar spat toe sy Marnus uit die pad hol, en arme Muller agterna ook laat val. Aangekom by die kamp, stap ons nóg om ’n waterval te gaan soek. Party ouens draf vooruit om wel ’n insane uitsig te kry vanaf die kranse, maar geen waterval. Toe ons wel by hom kom, was dit nog steeds nie waar ons wou wees nie, en Stefan en Bernard-hulle besluit “Las dit.”Tog was dit die moeite werd, en daar word gecheer soos wat Ragel en vele ander by die krans afspring. Die aand is ons eerste slee, en wraakkonsert skop ons sommer goed af.  Jasper wil nie meer ’n vrou hê nie – “ik zoek net kaas” en Oom Thomas skiet sommer ’n smurf. Dis so fancy met scene changes deur ’n KWV 3 jaar plakaat, en o ja, dankie Armand: “Die kerk brand af”.

Die ry klante by die dokter se spreekkamer raak net meer en meer voordat PF gehelp kan word. Attie het bobbejaanmaniere, Jacobus ’n twerk-hoes, Pieter S het klapjouselfsindroom, Jian is hiperaktief en doen pushups en jumping jacks, en Maya sorg met ’n splitsiekte dat PF sy jaarlike strek inkry.En met Koppe het Janneman wel ’n mooi kuif, maar is dit hoekom hy die duurste op die rak is? Die gehoor probeer vir Sibbie wys sy’t ’n grasstertjie agter haar. LisieP speel vir ons die mooiste liedjie van iemand in die tronk.

Jo-An, Amy, Stefan, Cara, en Attie is op PF se vliegtuig. Die blou yskas het amper nie eers saamgekom nie, maar dankie aan René wat ingetree het. Jian as Candice het nuwe reëls van geen hemde op die vliegtuig nie, en die hondjie besluit sommer self hy gaan nou uit by die venster. In Kanu word Jacobus se bakkie gebruik as een of ander stempel deur Jo-an om sy slagoffers te merk. Bernard ontdek die lig van die Engelse mense (aka iemand se koplig) en Petri vat ’n escape route heel na regs, maar val hom diep in die bos in.

Nag, dames.

Dag 4: Skaapvang

Ons word die volgende geseën met die mooiste sonsopkoms. Die sketsskrywer is ons régte verjaarsdagmaatjie, en toe word daar weer gestap. Game break kry ons die eerste bietjie blou lug en sonskyn na ’n lang ruk, en Annie en Jacobus is weereens aan die spikeball speel. Net daarna is dit tyd vir ons groot rivieroorsteek, maar amper 20 van ons besef hulle survival bags het besluit dit gaan skeur. Almal kom stuk vir stuk aan die ander kant, en na ons gestop het vir skoene aantrek, is dit die pragtige Transkei met ’n vuurtoring, grasvelde, studente wat nie beeste gewoond is nie, en toe ’n baie cute babatjie. En toe, natuurlik, MOET skaap vang. Na ’n gesamentlike gehardloop en gecheer het die sirkeltaktiek gewerk en Jo-an doen vir ons ’n jeugskou-demonstrasie. Middagete is warm en die groep se poging misluk om vir op-tyd-LT weg te stap voordat hy terugkom van manskamp af (Franna se idee). Thom kry die fluitjie en keppie in die hande en besluit “Stap oor ’n uur”.

By die kampplek aangekom sit ons en wag, tot Marlize damesskiet oopmaak. Bosse krap almal soos wat daar gehardloop word en Charlotte het seker nou nog battle scars om te wys van haar duik vir PF. Die middag is salig, met ’n rowwe seestroom, so ’n groepie staan in die rivier-lagoon waar Stefan se hare gevleg word. Natalie besluit sy wil nóú haar hare was, en ewe skielik begin almal sommer sjampoe onder mekaar uit te deel vir hierdie plan. Verder hou PF & Franna en Annie en Jacobus dinge aan die gang by spikeball.

Voor sonsaktyd neem ons foto’s, en toe word daar aan hoender spaghetti gesmul. Muller moet met poeding Jian se been moet lek, want hy wil mos bo-oor hom eet, “as jy mors gaan jy moet lek”.

Met items bevind Jeandré en Petri bevind hulself in Prieska. Christeen huiwer nie om kommentaar te lewer op LT se vrae oor wat hy met sy hande kan doen nie. LisieP wys hoe ver haar liedjiekennis strek en dat sy regtig ’n liedjie kan sing met enige woord in.Op Nooi soek ’n booi, word iemand gesoek wat jy nie seker is of hy siek is en of hy van Noorweë af kom nie. En Barbara van die Vrystaat soek haar Ken – battlescars kan hy maar hê.

Hekels: Wat het LT bedoel toe hy sê dit gaan oor die grootte van die broek, en PF met “een keer ’n maand is nie gay nie”? LisieP vra Maymarie wat sy bedoel het met “ek was nie keen vir LT nie”. Die aand kan ons die eerste keer ordentlik sterre sien, en gaan slaap onder die mooi naghemel na nog ’n geseënde dag.

Dag 5 – 30 km

Die mooi, belowende oop nag het definitief nie ons laat dink daar gaan 2-uur die oggend ’n vieslike rukwind opsteek nie. Kopliggies en lae stemme dwaal deur die kamp soos wat tentverstellings gemaak word. En nie lank daarna nie, is opstaantyd. 5-uur. Nie 6, nie 7 nie, 5-uur die oggend. Dis nog piknagdonker. Joh Charlotte, nie elkeen kan sê hulle het op hulle verjaarsdag 5-uur opgestaan en 30 km gestap in wind en reën langs die Wildekus nie. Met sakke op die rug, reg om te begin stap, is daar eers ’n singsessie van onder andere Fight Song.  Op die pad is Petri weer in sy rol as voorsitter wanneer Attie, ons gewonde soldaat, ons verlaat. Waar ons stop vir bottels volmaak by ’n huis se buitekraan, besluit Stefani en Corné hulle moet eers aan die perd vat. Die pad is al langs die see, en Jacobus kom verby almal met die hoopvolle nuus dat die waterval naby is. Daaroor hoef ek niks te skryf nie – daar is letterlik nie woorde daarvoor nie, behalwe dat Oskar dit actually oorweeg het om te gaan swem in daai rowwe see. Provitas word oor en weer uitgedeel totdat rain covers en reënbaadjies vinnig uitgepluk word. Gelukkig stop ons gou weer by toeriste spot nr. 2, Cathedral Rock. Na die groepfoto doen Naudé ’n backflip net daar, en almal ooeee en aaaah omtrent as Janneman en Cira foto’s neem. Toe begin die stap nou eers, maar darem vermaak Naude, Marlize en Cari ons van agter af met liedjies.

Dis op en af, en wind, en reën, maar so mooi soos net Suid-Afrika kan, of wag, was ons eintlik in Ierland? Na Ierland moet ons weer wag in ’n bos vir die missing middle wat die pad verloor het. Na die strand stop ons vir goeie nuus dat ons gaan breuk en heeltemal klaar stap. Die breuk sluit in dat Annie en Jian moet sweets vang, met Jian wat omval soos wat hy mik. En Janke se sak is so swaar sy tip sommer per ongeluk om! Ons kom by ons laaste rivier voor die kampterrein en op dié punt word daar sommer net so met skoene deurgestap. Terwyl die groep wag dat almal saam kan klaarmaak, is dit die perfekte tyd vir Pieter S om te shoey, en niemand anders as ons ondervoorsitter is volgende nie. Sibbie kry die eer van Franna se skoen, en mmm, dis so lekker, sommer 2 slukkies. ’n Stywe bult later kom ons by die lafenis van ’n kampterrein aan. Die dag kon duidelik nie te moeilik wees nie, want Jacobus, Alicia, Marlize en Amy-Lee hardloop nog ’n ent sodat die Garmins verseker 30 km wys, en onder andere Nellie en PF sorg vir entertaining touchies op die gras. Daar word hard gejuig soos wat Attie weer by ons aansluit.

Na ’n warm stort word die groepies word ingedruk onder die lapa vir alleswatlekkeris.

Items word oopgemaak deur Sibbie & Amy as ninja’s. Cari as baby Jill het ’n baie moeë, lomp perd in die item saam met Martine, Maya, Charlotte en Alicia. Jo-An, Corné, Franna, PF en Marchand doen Troepe, met Jian as Fiefie die hond wat toe sommer troep Aandag geword het. Ons vriendinne het verbasend baie kennis oor gel & acrylic naels, en vir hare stel Bernard lemoensap en Pantene voor. Met ’n nuwe treinspoor-item sorg Arenda vir ’n bietjie dark humor en dat Avbob in besigheid bly. Arme Frikkie (Bertus) se emosionele welstand word omtrent afgebreek deur Sarel (Naudé), wat sommer op ’n kampstoel gaan sit. Willem (Petri) maak ook sy verskyning, maar Sarel jaag hom ook gou-gou weg om baas te speel daar. En al wat ek van Kaptein onthou, is Jacobus die vriendelike kok met ’n baie opgemaakkte “kkkreef is reg!”

Dag 6 & 7 – ’n aansienlik vinniger busrit

Deur die nag kom die reën, en van die meisies leer ken die kombinasie van reën + tent + helling af. Met ontbyt druk almal weer in onder die lapa, en karamel-blikkies word oor en weer gestuur as die nuwe toevoeging tot BTK-pap. Daar word hande geklap vir Dokter Marnus en sy laaste blikwas. Ons maansending was ’n baie emosionele een, met meer as 10 mense wat die BTK groet. Petri as vorige voorsitter met 14 toere, en Sibbie as ons ondervoorsitter met 10, Charlotte met 8 toere, maar ook Jasper en Marchand met 1 kan getuig van hoe baie hierdie klub vir mense beteken. Na die kwessie van al jou nat goed in ’n swart sak gooi en onder indruk vir by-die-huis-se-probleem, groet ons oom Thomas & Tannie Christel met dankbaarheid vir die fantastiese toerouers wat hulle was. Soos wat daar gewag word vir bussies om ons stuk-stuk op te tel, haal Altus sy frisbee uit en Jacobus lok sangbundels nader met die kitaar. Kyk, ek sê nou bussies, maar dit was very much ’n taxi. Almal maak gelukkig die gladde pad veilig uit danksy Pieter B en Jian wat ons koördineer om te spring onder hope sakke op jou skoot! En die taxi drywer wat die musiek sagter sit soos wat hy konsentreer, dan moet jy weet.

By die Engen wag die groot bus vir ons, en of dit nou ’n droë, rou hoenderburger is, ons sal hom koop! Daar word gedans soos net Suid-Afrikaners kan voor die winkel, en wat is die kanse ons sien vir Fransman Hugo by hierdie random Engen in Lusikisiki? Daar word redelik geslaap en rugby gekyk op pad terug, en die volgende oggend neem Terrash die vorm van ontbyt aan in Worcester. LT verloor amper sy kosbare fluitjie by Spur, en vrae word gevra oor halaal wees by net sekere tafels. Marchand is die vinnigste roeier en wen met 2 min 52 sek. Die bus is weer op pad vir die laaste stuk huis toe, maar wag, waar’s Alicia?!

PF maak vir ons die karaoke-vloer oop met “Stop, wag bly nog ’n bietjie”. Bernard ken Taylor Swift amper té goed, ’n Nederlandse “ik is een noodgeval” en selfs die Namibiese volkslied bied Sondagoggend-vermaak. Marnus se Kaptein sorg dat selfs die hare losgemaak moet word.

Aangekom op ’n windverwaaide Stellenbosch, sing party vir die eerste keer en ander vir die laaste “Nog ’n toer is verstreke van die ou BTK”. Lewe lank, lewe lank BTK!

 

GALA 2023

GALA 2023

Arniston – Gansbaai

(oftewel Uilkraalsmond; ons het net met ’n bus deur Gansbaai gery!)

Skets deur Martine Odendal

Dag 1: Gebreekte bus en so

Met genoeg tyd om nog die oggend te pak, sleelekkers te koop, ’n laaste Neelsie-ontbyt in te werk, en vir die voorsitter om sy fluitjie te vergeet, is daar ’n ordentlike vakansiegevoel in die Neelsie parkeerarea. Omtrent 100 BTKners trek saam rondom die twee groot busse en bestudeer onderlangs hulle Gala-rolle op die uitgedeelde papiere. Na die kringetjie en gebed trek die busse weg uit Stellenbosch, en die eerste stop is om nog twee stappers op te tel by Peregrine. Die tweede stop was bietjie onverwags in die middel van nêrens en met niemand om op te tel nie. In die voorste, volste, nie-aircon-bus het party net gehoor dis omdat die busdrywer warm kry, ai, as dit nou maar net so was, né. Die nuus is toe gebreek dat dit die bús is wat warm kry, só warm dat hy nie meer verder gaan ry nie. Na LT se “bus-hopping” het een bus solank Caledon toe gery om solank vir arme Geooffrey langs die pad te kry en sodat klomp studente basies die Fresh Stop oorneem. Die werkende bus het toe teruggery en die ander verlorenes langs die pad opgetel sodat húlle die Fresh Stop ’n tweede keer kan oorneem. Middagbroodjies word solank op die gras gemaak en die geriewe van badkamers, gekoopte koffie en snacks word waardeer. Die groep van die aircon-bus het in tussentyd gelam by Waenhuiskrans se kampterrein en middagete daar gemaak terwyl daar gewag was vir die eerste bus om aan te sluit. Met almal toe bymekaar het Matthys en Renee gedemonstreer hoe skiet werk, en stof is opgeskop soos wat hoede by mekaar gegryp word. Party het met sonsondergang gaan ‘dip’ in die warm see, en die geel volmaan het soos ’n gloeilamp bo ons gehang vir die res van die aand. Vir aandete moes die stokers daar veeeer gaan snoek braai, en die kokke het besluit húlle gaan die stokerspakkies aantrek. Na die heerlike snoek, patats en knoffelbrood, het almal reggemaak vir die eerste slee van die toer. Die eerste toeriste lag so effe vreemd vir LT se diep gedig as sterwende bok. Mario en Luigi het ook te verskyn gekom op die rivier, en De Wet en Petri was in ’n bar in Prieska. Met PF, Inge, Ruvé, Franna, Attie, Jacobus en ’n hond soos Wian op ’n vliegtuig, kan jy net die chaos indink. Die ouens se aand sluit wel nie af na die Magaliesburgse aandlied nie, want teen 2-uur die oggend is daar ’n security guard in volle uniform en sy geweer wat vir hulle staan en kyk. Waenhuiskrans is seker maar nie gewoond nie.

 

Dag 2: Waenhuiskrans

Almal was heel verlig toe daar so onder mekaar uitgevind word dat dag 2 wel nie die 22 km gaan wees waarvoor almal gevrees het nie.

Na die stokers se “opstaaaan, dis ’n heeeerlike dag!” begin die eerste stapdag op Waenhuiskrans. Sommige mense het toe al teruggekom van hulle vroeë swemsessie af, en teen oppaktyd breek ’n onverwagse reënbui uit. Herculine is ons verjaarsdagmaatjie, en reën of te not, sy moet gepos word.

Ons begin die stap na Waenhuiskrans se bekende grot toe, en staan daar omtrent in ’n ry om een vir een in te gaan. Binne neem ons ’n groepfoto en is weer op pad uit om die res van die dag se stap af te lê. Ons loop seelangs terug teen die strand en aan die gesels. Met game break is die weer nog nie té lekker dat mense al swem nie, maar wie het dit nodig as jy Rosa se kuns kan bewonder en soos ’n koor “oeeh en aaaahh”?

Middagbroodjies was op Arniston se hoofstrand – en hier word geswem. Baie eerste toeriste word bewus gemaak van die uitkykkring, en stap dan terug met ’n afkyk grond toe, ’n senuweeagtige laggie, of met ’n kyk van ongeloof – waarin het ek nou net myself bevind?

In die bus het die stappie sy tol geëis en meeste mense vat ’n middagslapie totdat daar by Struisbaai se kampterrein ingedraai word. Met ’n STUK wind is die tente opgeslaan en meisies wat in dié tyd rustig probeer lê en slaap op hul sakke is so 3 keer weggejaag deur hooftentopslaner PF. Met die wind wat effens beter raak en die son wat agter die wolke kop uitsteek, was dit tyd vir die BTK om te wys hoe fiks ons nou eintlik is met 2 afsonderlike drafgroepe – I mean die BTK Tinder moet darem aktief gehou word. Die res het gaan draairoomys soek in Struisbaai en party het winkels toe gestap. By die kamp is daar gelam en sokker, kaartspeletjies, Spikeball en frisbee gespeel, en ’n paar brawe swemmers het die see aangedurf. Aandete was heerlike nachos, en vermaak verskaf deur Wesley wat op Attie se skiet-poging intercept. Om aaitems te begin het Petri en Drian het gesorg dat ons plat lê van die lag aangesien Frikkie akrobatiese pote gehad het wat nie mooi kant toe kon strek nie. Drian het meer gelyk asof hy gaan duik eerder as wurg met sy manier van ’n olifant opklim. Dankie tog vir die slee wat namens Frikkie kon eggo want Frikkie het maar gesukkel om sy samewerking daar ook te gee. In die dokter se spreekkamer het Wian ’n kopseer, Attie ’n hoesaanval met ietsie soos ’n twerk daarby, Jeandre ’n ruk en pluk en stamp-van-die-stoel-af aanval, en PF het ’n hoendersiekte. Wian het omtrent geskop, skrop, en twerk-hoes van siekwees. LT het vir Stefan, oftewel Stefani, gehad om te sê Pappie gaan nêrens nie, Pappie bly net hier. Na ’n goeie aand se lag, kom die “nag, dames” van oom Francois.

Dag 3: Die eintlike stap van Gala

Dit het bietjie bewolk begin, en toe trek dit oop op Struisbaai. Dit was ’n lang stapdag wat voorlê so na Weet-Bix en oggendbroodjies was dit vinnig tente afslaan en bus pak voor ons Agulhas toe ry, en natuurlik eers vroegoggend-swem vir sommiges. Daar is begin stap by die ligtoring, met mense wat hier en daar opbring “ek dink ek was al hier, soos in die laerskool?” Ons kom by die Suidelikste punt van Afrika waar dit natuurlik weer tyd is vir ’n fotosessie. PF vrywillig homself om te kyk of jy wel ’n ou is indien daar onsekerheid is of jy in die ouens se foto hoort. Vinnig word die fluitjie weer geblaas vir Stapnou!, want die hele roete lê nog eintlik voor. Kort-kort in die stap sit iemand sonroom aan of haal ’n waterbottel uit soos die somerson begin bak. Op die klipstrand sit die kaalvoet stappers maar moeilik voete neer, tot Game-break langs die strand gehou word. ’n Sokkerbal word benut tussen die ouens, en twee uitkykkringe werk vlot soos wat eerste toeriste probeer inbeur en weer uitgespoeg word. Franna kry ’n lucky shot waar selfs Faf se eers lewende en toe dooie vis handig gepas gekom het. Na die lekker luiword het ons verder aangestap verby die moooiste klein strande, waarby Jacobus sommer gou duik in die een baai. Party kies die roete teen die rotse om ’n paar skulpies op te tel, soos opgewonde Maya en Carmen wat teen die einde van die toer steeds hul skulpe kon wys. Middagete-tyd langs die see breek aan, en party stap eina-eina die klipstrand af na ’n lekker rowwe see met baie sand en malende klippe. Op ander stappe in die bos kry jy krapmerke op jou bene as battlescar-bewyse – op gala kry jy bloukolle op jou bene van die klippe wat teen jou vasslaan in die see. Stuk vir stuk daag die wat geswem het op langs die middagbroodjiesirkel, want ja, hongerte is beslis teen die tyd ’n faktor. Met gevulde mae en luilekker gelê in die son, word stap oor 7 minute aangekondig (altyd sulke vreemde hoeveelhede, nooit ’n 10 minute nie!). Met almal reg om te begin stap, word skiet oopgemaak en sand word opgeskop soos wat daar af in die jeep track gehardloop word – die klippe word so ver moontlik vermy. En dan die klassieke verskynsels na skiet: Roné is nog op soek na ’n plakkie wat gevlieg het, en almal kyk en cheer soos wat Tanya en Wesley net ewe skielik begin hardloop.

Die stap begin en ons draai weg van die see af binneland toe met ’n sanderige jeep track waar 100 rye BTK-spore gelos word. Die sandveld is mooi, maar die somerson is warm. Beskawing word uiteindelik opgelet en ons stap weer tussen die huise deur totdat die twee groot busse gewaar word. Almal maak waterbottels vol by die badkamer, en toe word die busse weer volgemaak vir die pad Uilkraalsmond toe. Op die aircon, nie-stukkende bus was daar redelik geslaap en gerus na die dag se stap. Op die nie-aircon, reggemaakte bus, was die sangbundels uitgepluk en ’n Afrikaans classics sing-off is gehou tussen onder andere LT en PF aan die een kant van die bus teenoor Franna, Mareli, Mila en almal wat agter gesit het! Attie was so bietjie van ’n draadsitter tussen die twee kante 🙂

Aangekom op Uilkraalsmond, word tente opgeslaan om die minste wind moontlik te vang, en eerste toeriste kom bymekaar, want vanaand is die aand. Ou toeriste is vermaak deur Barbie en Kenough op tv in die konsert, met advertensiebreuke wat omtrent iets van alles wys. LT mis die beste lyn en ou toeriste frons, maar die res word verwelkom en is net dankbaar hulle het dit oorleef. In verdere aaitems word Frederick sonder klere gelos as Mr Price, en Stefan word onverwags hárd ge-blou yskas deur Franna. Nag, dames.

Dag 4: BTK-Sondag

Oftewel, die Spikeball-dag. Dit is weer tyd vir die jaarlike gala Open en na ’n laat en rustige oggend kan spanne gemaak word vir die toernooi. Die stof staan soos Spikeball gespeel word met toeskouers onder die bome ingepak op die heerlike somersdag. Die semi’s breek aan waar LT & Jacobus vir PF & Faf wen; Franna & Frederick wen vir Stefan &Attie. So die finaal is die Diepsleekonings vs Spykerbal. Dit was eers gelykop met 1 set elk, totdat die Diepsleekonings die laaste set 11-9 wen, en LT se lewenslange droom waar word.

Na die spikeball word alles-in-een-dis-dis geëet vir middagete, en “nee, Marlize sal nie nou skiet oopmaak nie, want daar is mos nog goed wat die middag moet gebeur” hahaha. Dames hardloop wyd en syd, want die ouens is nou nie juis volop nie.

Die Voorsitter praat al heeldag van BTK “verrigtinge” en tradisies wat die middag gaan plaasvind, maar niemand het gedink dit gaan pushups insluit om by ’n poeding uit te kom nie. Die instrukteur het ook nie dit saam gedoen nie, en dit was meer oefening as strek om plek te maak in die maag. O en dankie aan Retief wat die klaende meisies gou-gou stilgemaak het met ’n one-handed pushup. Lizé staan baie trots heel voor in die poedingry, met De Wet wat net staan en glimlag langsaan toe die tafel omgevat word agtertoe. Na poeding is die mae vol en ’n paar maak ogies toe onder die skaduwee; die res is af see toe. En die Spikeball word weer saamgedra, glad nie asof ’n hele toernooi die oggend plaasgevind het nie. Almal wat netjies uitgevat is word stuk-stuk afgeneem voor sonsondergang. Want net mooi as Oskar reg is om die groepfoto te neem, kom nog iemand aangedrentel in BTK-tyd.

Die aand het Oom Francois vir ons ’n stukkie uit die Bybel gelees, waarna Graham met kitaar worship gelei het. Die saamsing onder die sterre en die voorreg om die Here se naam saam te prys was spesiaal om net weer te besef hoe geseënd ons is. Met aaitems is Frikkie en Sarel sommer by die see om ’n walvis te kry vir die kolonie. Troepe is lank en interessant, waar Jacobus in sy slaapsak gaan wegkruip en Wian sommer inkom as ’n prop. ’n Nuwe aaitem van ’n groepie swemmers en hulle gekoördineerde tonepunt-bewegings beindruk almal. Nog ’n dag is verstreke.

Dag 5: Uilkraalsmond – Pearly Beach

Op ons laaste stapdag loop ons al langs die see tot in Pearly Beach. Party se tekkies word sommer al in Uilkraals uitgetrek toe ons begin met ’n lagoon wat deurgestap moet word. Dis ’n mooi stap langs die strand, en ons middagbroodjie in ’n winderige Pearly Beach. Die wat broodjies gemaak het neem die lifeguards se hokkie oor en vir die van julle wat nie weet nie, die brood is met skulpe of met die hand gesmeer, maar heerlik soos altyd, dankie Middagbroodjies! En toe is skiet ook nog oopgemaak toe al die middagbroodjie girls in ’n kringetjie sit op ’n baie onideale hardloopplek, dankie LT.

Met die wind swem niemand swem eers nie. Behalwe Cat wat tydens skiet besluit hardloop is nie genoeg nie – sy is lus vir duik. Dit moet die ouderdom wees – sy’t daardie dag 20 geword in goeie BTK-styl.

Ons het gou weer by kamp aangekom, en toe is alles windverwaaid. Ouens help tente weer opslaan en res lam net onder ’n boom uit die son en wind uit. Die moegheid het gehang oor die kampterrein en meeste het koers gesoek na ’n boom toe, met matras of slaapsak in die hand, reg vir ’n middagslapie na 5 dae. Voorsitter het roomys aangebring, en met die dat meeste geslaap het kon ’n paar gelukkiges sommer 2 kry. Franna se kontakte het gesorg vir 3 toevallige biere vir 3 toevallige ouens toe hulle gaan vleis optel by ’n tannie se huis. Die BTK het gesorg dat Uilkraals se coffee shop ’n behoorlike boost gekry het, want ten alle tye was daar ’n groep wat ordentlike koffie wou hê, koek wou eet of net daar sit by die ander, want FOMO is nogal ’n ding.

Teen laatmiddag het die wind bietjie gaan lê en ’n intense volleyball game was aan die gang – Taylor, Franna, Marietjie, Jacobus en Attie was soos last man standing en basies almal wat opkom se kompetisie.

Die aand eet ons flippen lekker pasta en slaai – Roné was op haar stukke en het met krag daai pak maalvleis in ’n pot gekry.

Dit was kosbaar om te sien hoe die BTk oor jare gemis en gekoester word, met Fred en Martin wat by ons aansluit tydens die sokkie. Almal het fone uitgepluk om die insanely mooi sonsondergang af te neem wanneer ’n blaaskans nodig is, en dan sokkie jy maar weer aan! Toe die son sak en niemand meer kan sien waar om te dans nie, trek Faf sy kar nader – en die setup is soos Catwalk, net buite.

In slee is Fred en LT Vriendinne wat ontsteld is oor daar nie ’n Plato is nie en “blykbaar is die BTK nou net Burnt” want soos Fred sê “I mean Vriendin, ek was mos heeltyd op die toer”. Die vriendin gaan omtrent aan oor die voorsitter, “as hy daai fluitjie so swaai en blaas”, en die sekuriteit wat verbyry kyk snaaks na dié twee in hulle wifeys. Booi soek ’n nooi word aangebied deur Drian, met ’n hele paar baie spesifieke kandidate wat Burnt klere moet wys en eers by ’n ander universiteit moes swot. Drian en Wian doen rondte 3 van Sarel & Frikkie, en gaan nog groter as die walvis die vorige aand – en natuurlik, wie is dan so groot soos die Voorsitter – “wurg hom, Frikkie, wurg hom!”Nog ’n oud-BTKner, Marguerite, het by ons aangesluit en die tradisionele BTK konkoksie vir die brawe siele laat proe. Mmm, niks so lekker as om Pieter se groottoon voor jou te sien as jy die blinddoek afhaal nie. En natuurlik word daar ge-kkkaptein om die aand mee af te sluit.

Dag 6 – Kostent-skuiling

Die oggend is nat en die reën hou aan drup. Deur die nag het die reën gesorg dat party meisies bietjie nader aan mekaar skuif en ander maar bus toe hol. Die stokers sing dié wat nog snoesig in tente lê vir oulaas wakker met ‘Country Roads’. En oggendprosedure: hardloop kostent toe. Op ’n slag was daar 45 mense in die arme kostent wat uit die reën staan om op die laaste oggend saam ontbyt te eet. Ons wag en wag en wag vir die reën om op te hou, en begin toe eventually tasse laai en tente afslaan, alhoewel alles klaar nat is. Die met hulle eie karre begin stuk vir stuk ry en gegroet, almal nou op hulle eie paaie vir vakansie.

’n Kring word vir oulaas gemaak, en Thalia, Wesley, Henco, Kerryn, Anais en Arenda wat maan toe gaan, deel hulle kosbaarste tye saam met die BTK. Henco sê van ál sy toere was gala beslis sy lekkerste!

Ons stop by Hermanus se mall vir terrash, en na bietjie stoele bymekaarmaak en almal insettle was die roeiers nie juis baie lus om te roei nie. Henco en Frederick het sommer slow-mo afgeskop  – wou hulle miskien hê ons moet hulle dop hou soos die aaitem?

So die ouens was biejie shocking, maar Anwar was nog steeds die wenner en reg vir sy tweede burger. Stuk vir stuk het die kos en koeldranke aangekom, soos selfs die oom in die pad geskree het “Ek’t nog nie koeldrank gekry nie!”

Na die wag vir tipiese studente wat eers McDonald’s roomys gaan koop of Christmas shopping in Checkers en Food Lovers doen, vertrek die twee busse uit Hermanus op pad Stellenbosch toe, waar almal koebaai sê voor die lang somervakansie wat voorlê. Die vakansie is wel op ’n baie goeie noot afgeskop. Nog ’n toer is verstreke van die ou BTK!