Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

sunlearn

(English) SUNLearn support for students

Donderdag, April 1st, 2021

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

Toegang tot SUNLearn en ander stelsels

Maandag, Desember 3rd, 2018

Gedurende die afgelope naweek het enkele stelsels gefaal. IT-personeel is Saterdag uitgeroep om na die probleme om te sien. Die ernstigste probleme het die volgende ingesluit:

• Geen toegang na SUNLearn (weens aantekenprobleme), opgelos
• Geen toegang na die eksamenlokaal-toepassing op my.sun.ac.za, opgelos
• Sun-e-HR aantekenprobleme, opgelos

Die stelselsaantekenfoute het ook Saterdagoggend ʼn impak gehad op ander stelsels. Hierdie foute het hoofsaaklik toegang van buite die Universiteitskampus beïnvloed.

Die probleem met toegang tot SUNLearn was ʼn ernstige bekommernis vir studente wat besig was om voor te berei vir eksamens en kon eers teen Sondagmiddag opgelos word. Hoewel die probleem nou opgelos is, is ʼn tydelike oplossing vir die probleem met die eksamenlokaaltoepassing gevind — ʼn lys met die eksamenlokale is op SUNLearn as kennisgewing geplaas.

IT vra om verskoning vir die ongerief wat veroorsaak is deur die stelsels wat gefaal het. Vir enige navrae kontak asb. die IT Dienstoonbank by 021 808 4367 of meld ʼn versoek aan op die ICT Partner Portal.

SUNLearn mobiele toepassing nou beskikbaar

Woensdag, April 26th, 2017

Informasietegnologie het sopas `n nuwe SUNLearn mobiele toepassing ontwikkel en dit kan nou afgelaai word. Die toepassing is beskikbaar vir Android-, sowel as iOS-toestelle. Jy kan dit ook aflaai deur die QR-kode aan die regterkant te skandeer met jou foon.  

SUNLearn is Universiteit Stellenbosch se kragtige, oopbron platform vir gemengde leer en onderrig.  Die stelsel is maklik om te leer en kan deur beide personeel en studente gebruik word. `n Volledige gebruikersgids is ook beskikbaar. 

Die SUNLearn mobiele toepassing kan gebruik word om:

– die inhoud van jou kursusse na te gaan, selfs wanneer jy nie aanlyn is nie, 
– intydse kennisgewings van boodskappe of gebeure te ontvang,
– vinnig ander persone in jou kursusgroep op te spoor en te kontak,
– grafika, oudio, video en ander leêrs op te laai vanaf jou mobiele toestel,
– jou kursuspunte te sien, ens.

Volledige funksies kan hier gesien word.

Studente wat die stelsel vir die eerste keer gebruik, sal by die Student training skakel verskeie hulpbronne, videos en selfhelpgidse vind. Onthou dat die SUNLearn mobiele toepassing jou nie enige data gaan kos as jy op kampus d.m.v. Maties WiFi of die netwerk daarop aanteken nie. Jy het dus ook nie nodig om Inetkey oop te maak nie. 

Die SUNLearn ondersteuningspan kan bereik word by learn@sun.ac.za of 021-808 2222.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.