Kleinmond Gala 1959

21 – 30 November 1959

Half-drie se kant Saterdagmiddag bondel ‘n opgewonde klomp met eksamen-verby gesigte en skoon kakieklere in die busse in, en weg na oom Erwee se plaas – so betyds dat selfs Truida amper laat gekom het! En – al het die mans dit nie besef nie – was dit goed dat ons nie te laat op Monteith gekom het nie. Hulle het toe tyd gehad om stewige, diep sleës te bou, want die Magtige Konings met ‘n profetiese blik en die beleid “Prevention is better than cure”, het sommer die eerste aand met geweld probeer om ‘n algemene soort hartkwaal wat reeds in sommige gevalle ongeneeslik posgevat het, te voorkom.

Read More

Boland Oktober 1959

25 September – 03 Oktober 1959

Anders as gewoonlik het die toer hierdie keer nie begin met die gedreun van vertrekkende motore en die gegalm van liedjies uit volgepropte busse nie, maar met ‘n klomp BT-Kaners wat streep-streep op die welbekende pad na Jonkershoek aangestap het. Na die eerste paar treë kon fanatieke versamelaars dan ook hul eerste stempel by Coetzenburg-poskantoor kry! Read More

Gamkaskloof-Kango Grotte Mei 1959

Dit was die Swartberge wat die BTK-gees vir ‘n besonderse, genotvolle en suksesvolle Apriltoer uitgenooi het en die inskrywingsgetal, wat aan die honderd-en-sestig geraak het, het getuig dat daardie gees so wakker is as wat kan wees. Die vreugde het hoog geloop, maar die toer kon eers volkome werklikheid word toe die bagasie-vragmotor skuins voor twaalfuur op Vrydag, 24 April die welbekende BTK-pakkamertjie verlaat op die eerste skof tot in Kogmanskloof.

Read More