Witsand-Gouritz Gala 1977

“We are the lucky ones, for we have felt the rain.” George Betts.

Toe die baie bekende “Nog ‘n toer is verstreke van die ou BTK’ eers huiwerig en toe weereens in sy volle glorie windlangs Stilbaai se see toe beur, word die volgende reël bevestig: “O, die dae gaan so snel verby.” Dit was bloubasie-dae propvol lewe en reën. Read More

Berghut strafkamp in die berge September 1977

Vrydag:
Dit was dringend noodsaaklik dat almal om vyfuur daar moes wees, want ons sou mos met rugsakke stap vanaf La Motte-bosboustasie tot by die hutterrein. Om ‘n lang storie kort te maak, ons het ongeveer half-ses vertrek; net ‘n paar BT-Kaners in ‘n kombi geprop. Iemand het tereg opgemerk-gevra of dit nou ‘n toer is, of ‘n versameling hutuitstappies. Net die tyd sou die nodige antwoorde verskaf. Read More

Berghutkamp Julie 1977

Vrydag:
Na ‘n week waarin die Stormgod op behoorlike wyse oor die Kaap septer geswaai het, is niemand baie verbaas toe daar van die reeds karige toerlys ook nog ‘n hele paar “afwesig met vraagteken” gemerk moet word nie. Eindelik is almal en alles wat agterop die wa moet kom, darem bo, en kan ons ry. (Dit is seker nie nodig om te sê dat, ten spyte van ons oorspronklik-afgekondigde tyd van twee-uur of drie-uur, ons eindelik twintig voor vyf van Stellenbosch af weg is nie!). Read More

Gamkaskloof April 1977

Vasbeslote om van die Hel-toer ‘n helse sukses te maak, vertrek ons baie vroeg vir BTK-tyd (slegs twintig minute laat) Vrydagmiddag vanaf Stellenbosch. Daar word druk gesels en gesing en die yweriges krap kop om name en gesigte bymakaar te bring. Agter in die bus word boekies enne nekdoekies enne sakwapens enne… te koop aangebied. Read More