Uitstappie beskrywings 2010/2011

NAWEEKUITSTAPPIES:

Stellenboschberg / Haelkop – 16-18 Okt 2010

Hierdie lekker roete is sommer geleë in ons eie agterplaas. Ons begin by Paradyskloof en stap dan met ‘n steil paadjie tot op Stellenboschberg waar ons kamp opslaan. As dit nie te dynserig is nie, behoort ons die son agter Tafelberg te sien wegsak. Die volgende dag klim ons Haelkop uit en geniet die uitsigte oor Valsbaai, Stellenbosch en die Kaapse vlakte vanwaar ons met die selfde roete weer tot onder stap. Read More

Duiwelskloof – Jonkershoek

Die tweede naweekuitstappie van die jaar was ‘n onvergeetlike mini-toertjie van drie aanliggende bergreekse rondom Stellenbosch. Die Saterdag oggend het ‘n entoesiastiese groep van 11 die steil tog op in Duiwelskloof aangepak. Van die buitelanders wat saam was het wel benoud verneem dat daar nie trappe aan die bo-kant is nie. Bo is rugsakke eers agergelaat om Drakensteinpiek te bestyg. Daar is ons skielik omsingel deur miswolke en die aand se kampery (nadat ons die kompas moes geraadpleeg het voor ons dit gevind het) het in ‘n koue, nat dog geselige atmosfeer plaasgevind. Veral pogings om in gebrekkige Duits met die uitruilstudente te kommunikeer het vir baie humor gesorg… Read More

Matroosberg 1997

“MEGA PRET! Hoop net dit smelt nie vannag nie”, was Nico se uitdrukking van entoesiasme toe ons net anderkant die Du Toitskloofpas die eerste uitsig op die wit bergpieke kry. Dit was toe ook ’n fantasiese naweek (minitoer met 22 mense) met ’n hartlike ontvangs op die Jordaans se plaas, die heerlikste weer wat jy kan wens en natuurlik die sneeu.

Daar is op kunsmissak-slees afgeski teen elke moontlike helling – eers versigtig en later heel roekeloos. Hans verduidelik hoe ’n mens eers as jy in ’n sproei van ysvlokkies onder aangeland het en terugkyk, sien hoeveel klippe jy nét gemis het. Bloukolle getuig van die klippe wat wel in die pad gekom het. As jy nog nie die bekoring van die Bolandse berge in die winter ken nie – kom volgende keer saam.

Christine Steinmann

Witels 1997

Onthou jy nog daardie
Bloulug, blinkwater, witklip dae van Witels?

Die steil voetpad, die Middelhut
– daar mag ’n mens ’n oomblik sit;
Die helder maan, die sterrenag
die aanbreek van die nuwe dag;
Die wit misgolf oor kloof en kamp
en hoe dit voor ons oë verdamp
om vir ons te laat ’n paradys
om te geniet in die deurreis. Read More