Matroosberg 1997

“MEGA PRET! Hoop net dit smelt nie vannag nie”, was Nico se uitdrukking van entoesiasme toe ons net anderkant die Du Toitskloofpas die eerste uitsig op die wit bergpieke kry. Dit was toe ook ’n fantasiese naweek (minitoer met 22 mense) met ’n hartlike ontvangs op die Jordaans se plaas, die heerlikste weer wat jy kan wens en natuurlik die sneeu.

Daar is op kunsmissak-slees afgeski teen elke moontlike helling – eers versigtig en later heel roekeloos. Hans verduidelik hoe ’n mens eers as jy in ’n sproei van ysvlokkies onder aangeland het en terugkyk, sien hoeveel klippe jy nét gemis het. Bloukolle getuig van die klippe wat wel in die pad gekom het. As jy nog nie die bekoring van die Bolandse berge in die winter ken nie – kom volgende keer saam.

Christine Steinmann

Leave a Reply