Dit was ‘n sonnige oggend toe die BT-Kaners vanaf Stellenbosch vertrek het, om hulle weer te verlustig in die wye natuur, na benoude weke van spanning by die boeke.
Met soveel lewenslus het hulle begin klim, dat dit nie gelyk het of die eksamens hulle aangetas het nie. Later het die son, egter, net warm begin word, en toe ons eindelik die middag bo aanland, was almal seker bly. En wat ‘n gesig vanaf die kruin van Tafelberg! Nie een van die wat daar was, sal seker gou die sonsondergang vergeet nie.
