En dit is minder as wat jy gedink het dit gaan wees!!
Met inskrywings vir die BTK se alombekende gala-toer en see-vakansie wat om die draai is, kondig ons met groot plesier die toerprys vir Gala 2012 aan:
- Lede: R1100
- Nie-Lede: R1200
Die BTK se alombekende gala-toer en see-vakansie is om die draai! Ons stap vanjaar van Bettysbaai na Pearly Beach. Dis ‘n roete wat jy nie wil mis nie. Ons kombineer al die lekker van die Overberg binne een week se avontuur, pret en plesier. Die toer sluit in: ‘n dag in die Kogelberg Biosfeer Reservaat (‘n UNESCO Wêrelderfenisgebied), oornag op Wortelgat en aktiwiteite op die Kleinriviermond en natuurlik die mooiste spierwit strande van die Kaap! Dis die ideale tyd om jou vel die nodige son te gee na ‘n lang jaar as ‘n Matie en seker te maak jou somervakansie begin op die regte noot. Kom maak nuwe vriende, sien ‘n stuk van ons kuslyn wat jy nie aldag sal stap nie en wees reg vir die hoogtepunt van die jaar! Read More
Op die naweek van 25 tot 26 Augustus het ‘n groep van ses BTK’ners na die voltooide BTK Berghut by Crystal Kloof net buite Hermanus gegaan. Die opgewondenheid was groot, want hierdie was die eerste keer wat BTK’ners in die nuwe Berghut sou oornag. Read More
Op Saterdag, 18 Augustus 2012, het die son geskyn en die voete laat juk na ‘n lang week van gure weer en reënbuie. By Jonkershoek se hek het 19 ywerige studente hulself reggemaak vir ‘n heerlike dag in die berg. Die doel was om die hoogste piek in Jonkershoek, Victoriapiek (1591m bo seëspieel) op die kerfstok te kry. Read More