Maart 2013 Rugsaktoer: Hexrivierberge

Dit is uiteindelik weer sulke tyd, tyd om jou stapsak af te stof en jou stapskoene te begin inloop, want tussen 2 en 6 April, rugsaktoer die BTK weer.

Die April gaan ons die asemrowende Hexrivierberge stap. Ons staptog begin in die pragtige Hexriviervallei, van waar ons dan Matroosberg, die WERKLIKE hoogste berg in die Boland, sal klim. Begin solank uitsien na ‘n aand onder die sterre, op die hoogste punt in die Boland! Read More

BTK 85 Jaar Reunie: Maart 2013

28/29 tot 1 April 2013: Wortelgat, Stanford

Spesiale aanbod vir studentelede*

Verblyf in boskamphutte (10 mense per hut) teen R50 pp per nag

Ontbyt – tradisionele BTK muesli pasella (BTK borg)

Middagete-pakkie teen R30 pp per dag (sluit in burger, chips, sappie, energie-stafie en vrug)

*as jy in 2012 nog geBTK het, tel jy as student!

Read More

Die Berghut leef!

“Die brand, wat op Kersdag weens weerlig naby Diepgat ontstaan het, is dieselfde dag in bedwang gebring. Dit het egter weer opgevlam. Saterdagoggend het ’n sterk noordwestewind van sowat 40km/h die brand na Vogelgatkop en Maanskynkop in die rigting van Stanford aangeblaas.” – Die Burger, 30-12-2012

Die Berghut het in die middel van hierdie verskriklike veldbrand gestaan en het dit wonderbaarlik oorleef, met minimale skade slegs aan die waterpyp.

Baie dankie aan almal wat gehelp het met die brandbestryding en al die gebede.