Kringe in ‘n Bos

1 April: Kringe met ‘n Bus

Quotes van die dag
Piet le Roux: Dis nie ‘n goeie pad nie, maar die bus sal hom kan ry.
Johannes Swart: Een van die groepies is sonder vleis! Watter groepie het nie vleis nie?…
Frances (Van der Merwe), jy het nie ons vleis nie, nê?
Antone Badenhorst: Ek het gedink hekel is soos jodeling. Read More

Twee Riviere September 2004

Vrydag 3 September: Eendag in 1969

Op die Neelsieparkeerterrein roep jy uitasem halt en laat sak die skommelende, eiewys rugsak op die teerblad terwyl jy rondkyk vir ’n bekende gesig of dertig. Dis terwyl jy die ding probeer balanseer tussen die obskure versameling plastiekverpakte objekte, wat jy nog “een of ander tyd” daarin gaan stop, dat jy bewus raak van ’n eienaardige gewaarwording. Dan tref dit jou, sodra jy die hoop kratte vol wit, geperforeerde en nie-wit, nie-geperforeerde items sien: die bus is nog nie hier nie. Wél. Voorbodes kom seker nie duideliker as dít nie. Read More

Overberg Roeitoer April 2004

Vrydag, 2 April

Hierdie storie begin, soos vele van sy voorgangers, by die Neelsie parkeerterrein. Sommige van die bestuurslede is al reeds besig om die kratte in die bus te laai toe toeriste een vir een hul verskyning maak. Oud toeriste is gretig om die verlore kuiertjies in te haal terwyl eerste toeriste skugterig geselsies maak met die wat hul reeds ken. Kort voor lank is alle bagasie ook gepak en ‘n bus vol afwagtende studente is oppad, weg van die kwartaal se bedrywighede, oppad na die Overberg Roeitoer 2003. Read More

Glentana-Gouritsmond Gala 2003

Saterdag, 22 November

Quotes of the day:
“Net lelike meisies dra spieëls saam.” – Minkie de Wet
Elbie Rossouw: “Retha, ek het vir ons die beste slaapplek gekry!”
Retha Heymann: “Wonderlik. Is dit in manskamp?”
“Ek gaan baie vuil kerk toe.” – Gretha van Niekerk Read More

Doringrivier September 2003

So is die lewe, so is die lot en so was die Doringrivier ‘n prettige pot.
Op 5 September het meenge toeris
Hulself berei vir ‘n tyd sonder rus.
5-uur Vrydagmiddag was
die tyd vir meet en pas
Soos gewoonlik by die Neelsie-parkeerterrein
Het die bymekaarkommers se stemme refrein
Van opwinding en kennismaak
En van eerste toeriste onbewus van die…! Read More