Rockhopper

Op Saterdag 11 Febuarie het ‘n groepie van 20 brawe BTK’ners besluit om die reënweer aan te durf en in die Bainskloofberge te gaan stap. Na twee agtereenvolgende hittegolwe wat die Kaap so direk uit die oordeelsdag getref het, was koue weer die laaste van ons bekommernisse. Geluk sou dit egter hê dat dit juis die dag van die uitstappie van álle dae moes reën! Na ‘n demokratiese stemming voor die Neelsie se ingang is daar tog besluit om aan te gaan met die uitstappie. Read More

2012 is hier

2012 gaan ‘n opwindende jaar wees vir die BTK. Die Berghut word uiteindelik gebou; daar word klomp nuwe uitstappies beplan wat nog nooit van te vore gedoen is nie; ons spog met ‘n splinternuwe webtuiste; groot dinge gaan met die rotsklim gebeur en nog vele meer.

Gewone ledegeld is R100 en rotsklim lidmaatskap kos R200.

Daar kan vanaf Maandag, 6 Februarie, daagliks tussen 13:00 en 14:00 by die BTK kantoor op die vierde vloer van die Neelsie ingeskryf word.

BAAAIE DANKIE!!

My liewe BTK vriende!
Good morning to UUU
Good morning to UUU
We’re ALL in our places with bright shining faces
Good morning to UUU!!

Nog ‘n BTK gala is weereens verby en behoort reeds aan die verlede, maar is weereens BAIE helder en duidelik in my geheue gevestig en sal dus nog vir ‘n geruime tyd deel van my herinneringspakket bly.

Soos gewoonlik het die kontak met die natuur sowel as die intense kontak met sulke wonderlike en unieke jeugdiges my siel aangeraak en dan word dit mos deel van ons menswees. Die intense natuurbelewenis het beslis OOK ‘n BAIE sterk invloed op die kontak met ons mede BTKaners en DIT maak ook daarvan ‘n baie DIEPER en INTENSER lewenservaring. Al die BAIE grappies met ‘n lekkerlag daarby sowel as die singery, “dansery” en “massage garage”is ALLES maar net ‘n MIDDEL tot ‘n DOEL waarvan ons die vrugte eers in die verre toekoms sal SIEN en hopelik sal kan PLUK!

Read More

Nuut opgegradeerde webtuiste

Vir die wat gereeld na die BTK se aanlyn tuiste kom sal hierdie skielike verandering dalk ‘n bietjie skok meebring, maar neem gerus ‘n tydjie om rond te blaai en te kyk wat alles verander het.

Daar is nog baie werk om gedoen te word en ons gaan ons bes doen om die webtuiste in sy volle glorie te hê wanneer die Universiteit weer begin.  Ons sal enige kommentaar, krities en goed, baie waardeer.

Hier is ‘n paar nuwe funksies van die nuwe blad:

Die Berghut het water!

Uiteindelik is die watertenk bo op die berg. Van links na regs: Reinhardt Venter, Andre Leuvennink, MD Greyling, Charl Ellis, Isak Bosman, Daniël Schoonwinkel, Jacobus Stander en Hugo Minnaar (Johannes Leuvennink het die foto geneem)

Op Saterdag 25/11/2011 het ‘n groep van 8 BTK’ners en ‘n Oud-BTK’ner die water na die terrein van die Berghut op die plaas Belle Vue naby Hermanus aangelê. Dit is die eerste werk wat op die terrein gedoen is en die terrein is nou gereed vir die bouers wat in Januarie gaan begin.

Die vreugde was groot toe die kraan oopgedraai was en daar water uitkom.

Die groep van 9 het hulle baie goed van hul taak gekwyt en die werk sommer vinnig afgehandel, sodat daar nog tyd was om middagete by die waterval te geniet, waar die koue bergwater aangedurf is.

Die BTK sien uit na nog baie genotvolle uitstappies na die berghut en bedank die groep wat deel was van hierdie geskiedkundige oomblik vir die BTK.

–Isak Bosman

Klik hier vir nog foto’s van die uitstappie.