Saterdagoggend, 29 September, vertrek drie-en-dertig BTKaners (sommige met nou slegs die potensiaal om te word) sonder voorsitter en kosma, maar onder die bekwame leiding van Hans en Anine na OORLOGSKLOOF. Langs die pad het Theresa, haar ma, Ann “-everybody’s fan” (‘n oud BTKaner) en Gerrit by ons aangesluit. Aan die eerste toeriste is geen genade betoon nie; die “final countdown” het reeds op die bus begin en benoude oë het rondgesoek na andere in dieselfde verknorsing. Naby Citrusdal het ons onsself met lemoene bewapen en was ons reg vir die oorlog in die kloof. Read More
Jonkershoekmarathon-Roete 1990
VRYDAG:
Vertrektyd halfsewe word toe vertrektyd halfagt en kort daarna word ons by Jonkershoek se hekke afgelaai. “Toe stap nou, julle wil mos stap!” Leon Verster en Antonie van Heerden het ons met gemengde gevoelens verlaat. Hulle akademie het geskree om aandag en hulle was lus vir saamstap, maar dit het ook fyn begin motreën. Ons was ook skaars in Swartboskloof toe is ons nat en teen die tyd wat ons gamebreak gehou het, het Ancil Theron en Desireé Erasmus ons verlaat nadat Desireé geval en haar oogbank oopgesny het. Ons was dus nou 21. En dit het nog steeds gereën. Read More
Richtersveld Julie 1990
Die naam Richtersveld is ‘n goeie woord om hierdie wêreld te beskryf. Wat is dit, waar is dit en hoe lyk dit daar? Van baie van die toerlede was dit dan ook ‘n groot misterie oor hoe hierdie deel van ons land daar uitsien.
Dit was egter met groot entoesiasme en afwagting dat die lang pad na Garies aangepak is. Baie van die toerlede het nog nooit vir Garies gesien nie, maar sy kubus-verlede het hom welbekend gemaak. Read More
Skoonste Kaap April 1990
SATERDAG:
Ons vertrek stiptelik een uur laat vanaf die stoor. Op pad na ons bestemming het daar ook eers ‘n belangrike uitruiling – of is dit ‘n omruiling – plaasgevind. Toe die drie eerste toeris-dames, Anine Steyn, Odille Jacobs en Suzanne Joubert by Muizenberg in die bus klim, sê oom Jurgens Hendriks, ons toervader, net: “Nee wat, dan draf ek maar verder.” “Ek sal julle iewers inloop …. of …. inhardloop!” Vir tannie Helen Hendriks was dit maar ‘n “bedrukte” besigheid, want ons chaperone moes toe haar eie drie woelwaters sowel as die ander sewe-en-dertig in toom hou. Read More
Gouritsmond-Witsand Gala 1989
Novembermaand op Matieland beteken net twee dinge, naamlik her en BTK – dit is mos waarom ons telkens terugkom Matieland toe. Die gala is dus weereens met groot ywer aangepak wat weerspieël is in die miernes van bedrywighede wat daar in die BTK-stoor geheers het.
Vir ‘n wonder het die wa net ‘n kwartier laat vertrek, maar Aninge de Wet het hom nog steeds verpas. Dit was byna donker toe die wa ook die karavaanpark te Riversdal binnery. Die bus was toe reeds daar. Read More
