Sederberge September 1991

Die eerste aand van die Sederberg-toer het aangebreek – of so het almal gedink. Nadat die hele toergroep opgeruk het na die Neelsie, wou die weer nie saamspeel nie en moes almal toe maar slaapplek soek vir die nag.

Saterdagoggend om half agt het almal weer aangemeld. Teen half nege kon die bus betree word en het die toer uiteindelik sy aanvang geneem. Read More

Drakensberge Julie 1991

Donderdagaand, 11 Julie, vertrek veertig BTKaners uit Stellenbosch. Van hier tot by Monk’s Cowl sluit die res van die groep van sestig by ons aan. Die vertrek geskied egter nie sonder voorval nie, want die bus is ‘n uur laat. Toe ons uiteindelik oppad is, het ‘n (ekstra) koue rilling langs die Eerste Toeriste se ruggraat afgegly toe stemme uit die donker hulle aan die gevreesde wraak herinner. Read More

Kalahari Safari Maart 1991

Kalahari Safari het sowaar geklink na ‘n nuwe opwindende breinkind van die BTK. Min het ons geweet wat vir ons voorlê.

Vrydagaand, 22 Maart, het ons uiteindelik die regte bus gekry en was ons oppad na die rooiduinwêreld. Die singende troebadoers, Eddie en Cornell, het almal uit die slaap gehou. Toe daar uiteindelik stilte neerdaal oor die slapende massa, word ons weer gewek om ‘n heerlike ontbyt te nuttig op die gepaste tyd: drie-uur in die oggend. Read More

Weskus Gala 1990

Die “Nuwe Suid-Afrika” het ook sy invloed op die BTK gehad, want Vrydag vertrek ons slegs ‘n halfuur laat van Stellenbosch af na Saldanhabaai. Daar gekom het almal ‘n bietjie verward rondgesit; totdat tannie Miems ‘n bal ontdek het en almal wat nie wou saamspeel, se lewens versondig het.

Ons is vriendelik in die karavaanpark welkom geheet, maar tog ernstig vermaan om nie te lawaai nie. Groot was die ontsteltenis dus toe ons tot in die vroeë oggendure deur Leon Schuster vermaak is. Read More

Bestuursuitstappie na die Pieke

Laat een mistige Woensdagoggend is tien van die bestuurslede die Pieke uit. ‘n Ou tradisie het weer herleef: die nuwe bestuur gaan slaap op Die Pieke! Die swaar rugsakke (gelaai met enigiets van slaapsakke tot aarbeie en sjampanje) het die reeds moeilike tog nog effens bemoeilik, maar die blote gedagte om op Die Pieke te gaan slaap (of om die eerste keer daar te kom), was genoeg aansporing. Read More