Charlie se wa is rooi en wit geverf met ‘n splinternuwe blou seil. Dis ‘n gala-wa so uit die land. ‘n Hele reeks ander voordele kan ook nog toegevoeg word: op die wa kan dit donker word, benoud word, gehopie word, geslee word: ge-BTK word. ‘n Winderige kampplek wag vir ‘n moeë klompie BT-Kaners. En toe almal begin om hulle snoesig te maak, stuit dit die wind voor die bors. Hy gee sy misnoeë te kenne deur ‘n paar boompies rond te gooi. Tobie, die kragman, red Neels van ‘n gewisse ondergang deur ‘n drieman groot boom vir ‘n hele paar sekondes lank in die lug te hou tot Neels darem ‘n kansie het om uit te kruip. Read More
Verkorte Obiqua April 1979
Slegs vyf-en-dertig Maties kon daarin slaag om hulself los te skeur van die akademie en die studieverlof gedeeltelik te omskep in ‘n verkorte Obiqua-toertjie. En wanneer BT-Kaners weke se energie en uitsien na die toer in slegs vier dae moet inprop, gebeur snaakse dinge … Read More
Struisbaai-Infanta Gala 1978
“Though we travel the world over to find the beautiful, we must carry it with us, or we find it not!”
Dinsdag is uitslae-dag met net genoeg tyd oor vir rugsakpak (om vinnig weg te kom van die huis af!): inpadk, uitpak, regpak, oorpak – lekkerrr! Onder by die stoor staan ‘n reënboog rugsakke so ‘n toebroodjiestaan, wag net vir oplaai; en môre se uitsien kan jy voel in die vreemdheid van ‘n eerste toeris; en Gustav se terg; en Hy’s mielie-mense wat kaartspeel tot láát. Read More
Berghut-Inwyding September 1978
….verwesenlik van ons grootste BTK-droom.
1978 sal voortaan in die BTK-geskiedenis bekend wees as die goue jaar; die jaar waarin die vereniging van pure vreugde uit sy nate wou bars; die jaar van sjampanje en diamante; die jaar van groot “herlewing” wat weer menige oud-BT-Kaner tot ons geledere toegevoeg het. Dit was ‘n jaar met groot uitdagings, vele onvergeetlike ondervindings, nuwe en hernude vriendskappe; en helaas ook met groot hartseer… Read More
Visrivier Canyon Julie 1978
‘n Ou “adorable” groepie BT-Kaners was dit wat dié Sondagmiddag voor die HF vertrek het. Adriaan, die urk, loop lê toe siek aan griep en stuur slegs sy suster saam, asook ‘n sampel van sy beker wat hy sou saamvat op die toer. Vir die res van die toer was daar ‘n gat in (uit) die geselskap – Adriaan. Read More
