Vrydag, 16 Junie
Dis ‘n grys dag met Victoriastraat se laaste verdroogde blare net ‘n herinnering aan ‘n amper-eksotiese warm herfs van baie mense en baie kleure. Nou’s die Kampus leeg, dolleeg soos ‘n konsertsaal na ‘n vertoning; maar onder in Neelsie by die stoor hang ‘n paar rooi nekdoekies rond – dis Berghut vir ons! Read More
Sederberge Maart 1978
Veldskoenvoorneme
met my ou vasbyt Woeperdallers
oubaas se lekker loslyfkallers
sal ek dié wêreld se girtsgruis
nog so knarsspat stap
deur Eselbank se harde sand
tot ver in die land by Heuningvlei se kerk
sal dié ou paar taaiers
nog fluks vir oubaas werk.
-Deon-
Wupperthal, Eselbank, Heuningvlei – wat ‘n wêreld, wat ‘n wêreld! Sandveld en hardepad is hy, treurignat kan hy word en skitterblink kan hy wees. Propvol Seders en wa-bome. Wat ‘n wêreld om van te leef. Read More
Witsand-Gouritz Gala 1977
“We are the lucky ones, for we have felt the rain.” George Betts.
Toe die baie bekende “Nog ‘n toer is verstreke van die ou BTK’ eers huiwerig en toe weereens in sy volle glorie windlangs Stilbaai se see toe beur, word die volgende reël bevestig: “O, die dae gaan so snel verby.” Dit was bloubasie-dae propvol lewe en reën. Read More
Berghut strafkamp in die berge September 1977
Vrydag:
Dit was dringend noodsaaklik dat almal om vyfuur daar moes wees, want ons sou mos met rugsakke stap vanaf La Motte-bosboustasie tot by die hutterrein. Om ‘n lang storie kort te maak, ons het ongeveer half-ses vertrek; net ‘n paar BT-Kaners in ‘n kombi geprop. Iemand het tereg opgemerk-gevra of dit nou ‘n toer is, of ‘n versameling hutuitstappies. Net die tyd sou die nodige antwoorde verskaf. Read More
Berghutkamp Julie 1977
Vrydag:
Na ‘n week waarin die Stormgod op behoorlike wyse oor die Kaap septer geswaai het, is niemand baie verbaas toe daar van die reeds karige toerlys ook nog ‘n hele paar “afwesig met vraagteken” gemerk moet word nie. Eindelik is almal en alles wat agterop die wa moet kom, darem bo, en kan ons ry. (Dit is seker nie nodig om te sê dat, ten spyte van ons oorspronklik-afgekondigde tyd van twee-uur of drie-uur, ons eindelik twintig voor vyf van Stellenbosch af weg is nie!). Read More
