Gamkaskloof April 1977

Vasbeslote om van die Hel-toer ‘n helse sukses te maak, vertrek ons baie vroeg vir BTK-tyd (slegs twintig minute laat) Vrydagmiddag vanaf Stellenbosch. Daar word druk gesels en gesing en die yweriges krap kop om name en gesigte bymakaar te bring. Agter in die bus word boekies enne nekdoekies enne sakwapens enne… te koop aangebied. Read More

Sederberge September 1976

Vrydag:
Vrydagoggend is die wa deur ‘n handjie-vol walaaiers gelaai. Die wa is toe half twee uit Stellenbosch, maar nie sonder voorvalle nie. Hendrik het sy eerste chaotiese merk op die toer gemaak deur doodluiters om kwart oor een met sy bagasie by die wa aangepiekel te kom, met voornemens om die middag nog ‘n paar dingetjies in die dorp te gaan doen, en hom rustig voor te berei vir die bus se vertrek. ‘n Dramatiese kwartier later bevind hy hom op die wa, op pad na Algerië bosboustasie in die Sederberge. Read More

Koue Bokkeveld-Visgat April 1976

Vrydag:
Opgewonde en lus vir die week wat voorlê, vertrek die bus vol BT-Kaners laat Vrydagmiddag van Stellenbosch. Gedagtig aan die wyse woorde van die liedjie:

“Wat kwel jy jou vriend oor ‘n syfer of twee?
Kom sing saam oor lente en lewe.
Die proffies het wysheid, ons laat hul daarmee
want ons het die lente, die lewe …” Read More

De Mond-Infanta Gala 1975

Halfpad teen Sir Lowry’s-pas staan ‘n vragmotor met seile oor sy bak getrek om die inhoud teen die reën te beskerm. Net toe daar ‘n groot sleepwa-affêre van voor af kom met ‘n seilskip daarop, loer een van die inhoud uit en merk droog op: “Gits, as die mense darem al met bote begin rondry, voel ek nie meer te veilig op die wa nie!” Read More