18 Maart 1933
Die eerste uitstappie van die BTK hierdie jaar!
Baie was in hierdie woorde opgesluit. Vir die nuweling het dit nuwe ondervinding beteken, vir die veteraan het dit kans gegee om nuwe kennisse te maak en ou kennisse te vernuut.
18 Maart 1933
Die eerste uitstappie van die BTK hierdie jaar!
Baie was in hierdie woorde opgesluit. Vir die nuweling het dit nuwe ondervinding beteken, vir die veteraan het dit kans gegee om nuwe kennisse te maak en ou kennisse te vernuut.
Steenbras – Koeëlbaai – Uitstappie 12 Maart 1932
Oefeningsuitstappie van die BTK
Oor die sewentig mense het die Saterdagoggend voor die Uitspan hul verskyning gemaak. Die meeste van hulle – onbekend maar nogtans nie onbemind nie – sou vir die eerste keer met die BTK kennis maak. En hulle sou nie teleurgesteld wees nie.
Knysna! Dis die towerwoord wat weer ‘n aantal entoesiaste besiel het om vir die September-vakansie hulle lot met die BTK in te werp. En op almal het dit dieselfde uitwerking gehad: al bars dit ook, maar ander jaar gaan ons weer saam!
Nog nooit het so ‘n lekker klomp gaan toer nie, was die algemene opinie van die vyf-en-dertig toer-entoesiaste toe hulle die Donderdagmiddag van die stasie vertrek. En ek dink ons was reg. Natuurlik staan dit nog altyd vir enigeen, wat meen dat hy persoonlik nie as ‘n gawe kêrel beskou kan word nie, vry om met ons te verskil.
Dis nou al ‘n heeltemal gewone iets om aan die begin van elke weekvakansie so ‘n vyftig-, sestigtal BTKaners op Stellenbosch stasie in die trein te sien klim. Maar hierdie keer moes menige buitestaner sekerlik sy kop geskud het vir die klomp, want daardie Donderdag nog, en al dae tevore, het dit gereën en gespat soos dit net in Matieland moontlik is. Nietemin is ons weg, en kom die namiddag op Wellington aan.