%PDF-1.3 1 0 obj << /Type /Catalog /Outlines 2 0 R /Pages 3 0 R >> endobj 2 0 obj << /Type /Outlines /Count 0 >> endobj 3 0 obj << /Type /Pages /Kids [6 0 R ] /Count 1 /Resources << /ProcSet 4 0 R /Font << /F1 8 0 R /F2 9 0 R /F3 10 0 R /F4 11 0 R >> >> /MediaBox [0.000 0.000 612.000 792.000] >> endobj 4 0 obj [/PDF /Text ] endobj 5 0 obj << /Creator (DOMPDF) /CreationDate (D:20240621200455+00'00') /ModDate (D:20240621200455+00'00') /Title (Report 06-2024) >> endobj 6 0 obj << /Type /Page /Parent 3 0 R /Annots [ 12 0 R ] /Contents 7 0 R >> endobj 7 0 obj << /Length 4921 >> stream 0.702 0.800 0.816 rg 34.016 34.016 543.969 723.969 re f 1.000 1.000 1.000 rg 45.266 302.225 521.469 444.509 re f 0.773 0.773 0.773 RG 0.75 w 0 J [ ] 0 d 45.641 302.600 520.719 443.759 re S 0.773 0.773 0.773 rg 61.016 317.975 m 550.984 317.975 l 550.984 318.725 l 61.016 318.725 l f 0.200 0.200 0.200 rg BT 61.016 693.716 Td /F1 14.4 Tf [(HOE VEILIG IS INLIGTING OP JOU TOESTEL?)] TJ ET 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 664.909 Td /F2 9.0 Tf [(Posted on )] TJ ET BT 104.045 664.909 Td /F3 9.0 Tf [(January 01,1970)] TJ ET BT 173.588 664.909 Td /F2 9.0 Tf [( by )] TJ ET BT 188.096 664.909 Td /F3 9.0 Tf [(IT Communications)] TJ ET 0.153 0.153 0.153 rg BT 61.016 637.420 Td /F4 9.0 Tf [(Slimfone is dikwels die beheersentrum waar vergaderings geskeduleer, e-posse gestuur en sosiale aktiwiteite beplan )] TJ ET BT 61.016 626.431 Td /F4 9.0 Tf [(word. Om dié funksie te vervul, vereis dit ons persoonlike inligting.)] TJ ET BT 61.016 606.442 Td /F4 9.0 Tf [(Ons doen en late word dokumenteer en gebêre in e-posse, sosiale netwerke en toepassings. Al hierdie informasie word )] TJ ET BT 61.016 595.453 Td /F4 9.0 Tf [(vervolgens ook soomloos integreer met jou werkrekenaar en tablet. Na die eerste opstelling, is dit, in sommige gevalle, nie )] TJ ET BT 61.016 584.464 Td /F4 9.0 Tf [(eers nodig om `n wagwoord in te tik nie. Wonderlike nuus as jy hopeloos is met wagwoorde onthou. Ook wonderlike nuus )] TJ ET BT 61.016 573.475 Td /F4 9.0 Tf [(as jy `n opportunistiese skelm is wat slimfone steel.)] TJ ET BT 61.016 553.486 Td /F4 9.0 Tf [(Watter inligting sal `n slim misdadiger tot sy beskikking hê as hy vandag jou slimfoon in die hande kry? Bankinligting? `n )] TJ ET BT 61.016 542.497 Td /F4 9.0 Tf [(Kopie van jou ID of paspoort wat erens gestoor is op e-pos? Al jou vakansiefotos op Dropbox?)] TJ ET BT 61.016 522.508 Td /F4 9.0 Tf [(Hier is `n paar wenke om seker te maak hy kry dit nie in die hande nie:)] TJ ET BT 78.360 502.535 Td /F4 9.0 Tf [(1.)] TJ ET BT 91.016 502.519 Td /F1 9.0 Tf [(Aktiveer altyd die wagwoord opsie om jou foon te skerm te sluit)] TJ ET BT 363.590 502.519 Td /F4 9.0 Tf [(. Die meeste fone het verskeie opsies, )] TJ ET BT 91.016 491.530 Td /F4 9.0 Tf [(byvoorbeeld om `n wagwoord in te tik, `n PIN-kode of selfs om in `n spesifieke volgorde `n patroon te vee. Hierdie )] TJ ET BT 91.016 480.541 Td /F4 9.0 Tf [(is jou eerste en belangrikste afskrikmiddel.)] TJ ET BT 78.360 469.568 Td /F4 9.0 Tf [(2.)] TJ ET BT 91.016 469.552 Td /F1 9.0 Tf [(Moenie )] TJ ET BT 124.523 469.552 Td /F3 9.0 Tf [(remember password)] TJ ET BT 212.552 469.552 Td /F1 9.0 Tf [( op jou e-pos of ander toepassings kies nie. )] TJ ET BT 402.110 469.552 Td /F4 9.0 Tf [(Ja, dit is irriterend om elke keer `n )] TJ ET BT 91.016 458.563 Td /F4 9.0 Tf [(wagwoord in te tik, maar wil jy regtig hê iemand anders moet jou e-pos lees?)] TJ ET BT 78.360 447.590 Td /F4 9.0 Tf [(3.)] TJ ET BT 91.016 447.574 Td /F1 9.0 Tf [(Skakel )] TJ ET BT 122.039 447.574 Td /F3 9.0 Tf [(cookies)] TJ ET BT 155.555 447.574 Td /F1 9.0 Tf [( en )] TJ ET BT 171.062 447.574 Td /F3 9.0 Tf [(autofill)] TJ ET BT 200.564 447.574 Td /F1 9.0 Tf [( af. )] TJ ET BT 216.071 447.574 Td /F4 9.0 Tf [(Dit keer dat jou toestel jou gebruikersnaam en wagwoord onthou en invul op )] TJ ET BT 91.016 436.585 Td /F4 9.0 Tf [(webwerwe wat jy gereeld besoek.)] TJ ET BT 78.360 425.612 Td /F4 9.0 Tf [(4.)] TJ ET BT 91.016 425.596 Td /F4 9.0 Tf [(As jy toegang tot sensitiewe inligting moet kry, byvoorbeeld bankinligting, )] TJ ET BT 384.146 425.596 Td /F1 9.0 Tf [(gaan eerder na die webwerf)] TJ ET BT 502.190 425.596 Td /F4 9.0 Tf [( d.m.v. `n )] TJ ET BT 91.016 414.607 Td /F4 9.0 Tf [(webblaaier in plaas van die installeerde toepassing.)] TJ ET BT 78.360 403.634 Td /F4 9.0 Tf [(5.)] TJ ET BT 91.016 403.618 Td /F1 9.0 Tf [(Stel jou foon op dat dit opgespoor kan word as jy dit verloor)] TJ ET BT 348.569 403.618 Td /F4 9.0 Tf [(. \(Lees ons vorige artikel oor die opsporing van )] TJ ET BT 91.016 392.629 Td /F4 9.0 Tf [(verlore of gesteelde toestelle )] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 208.574 392.629 Td /F4 9.0 Tf [(hier)] TJ ET 0.373 0.169 0.255 RG 0.18 w 0 J [ ] 0 d 208.574 391.478 m 223.577 391.478 l S 0.153 0.153 0.153 rg BT 223.577 392.629 Td /F4 9.0 Tf [(.\) `n Toestel kan ook vanaf `n afstand skoongevee word om seker te maak jou )] TJ ET BT 91.016 381.640 Td /F4 9.0 Tf [(inligting word nie misbruik nie, selfs al is jou toestel in die verkeerde hande.)] TJ ET BT 61.016 361.651 Td /F4 9.0 Tf [(Onthou dat jy ook, wanneer jy jou selfoon verkoop of daarvan ontslae raak, seker moet maak dat AL jou data daarvan )] TJ ET BT 61.016 350.662 Td /F4 9.0 Tf [(verwyder is \(bv. e-posse, foonnommers, SMSe, ens.\) of enige inligting wat jou kan verbind tot die foon.)] TJ ET 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 332.173 Td /F2 9.0 Tf [(Posted in:Toepassings,E-pos,Sekuriteit | | With 0 comments)] TJ ET endstream endobj 8 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F1 /BaseFont /Helvetica-Bold /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 9 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F2 /BaseFont /Helvetica-Oblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 10 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F3 /BaseFont /Helvetica-BoldOblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 11 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F4 /BaseFont /Helvetica /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 12 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 13 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 208.5737 391.7962 223.5767 400.9537 ] >> endobj 13 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (http://blogs.sun.ac.za/it/en/2014/12/tracking-your-android-phone/) >> endobj xref 0 14 0000000000 65535 f 0000000008 00000 n 0000000073 00000 n 0000000119 00000 n 0000000305 00000 n 0000000334 00000 n 0000000472 00000 n 0000000554 00000 n 0000005527 00000 n 0000005639 00000 n 0000005754 00000 n 0000005874 00000 n 0000005982 00000 n 0000006110 00000 n trailer << /Size 14 /Root 1 0 R /Info 5 0 R >> startxref 6227 %%EOF Toepassings « Informasietegnologie
Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Toepassings

Goeie nuus vir die super-organiseerders

Vrydag, April 15th, 2016

Verbeel jou daar is een platform waar jy notas, tekeninge en lysies kan maak of skakels plaas – netjies versamel in notaboeke met toegang vir vriende, kollegas of familie. Klink heel handig, né?

onenoteMicrosoft OneNote is sagteware wat ontwerp is om informeel informasie te versamel en ook verskeie persone in staat stel om saam te werk aan een projek. 

Die sagteware kan groot hoeveelhede informasie organiseer op bladsye en seksies binne-in notebooks en lyk soos ʼn ring-leêr waarin jy enigiets kan bêre. Jy kan maar sê dis ʼn digitale notaboek waar jy dit wat jy saamgestel of gekry het op ander toepassings, selfs skermskote en klank- en videogrepe, kan oplaai.

Al hierdie inligting is soekbaar, kan gestoor word in die wolk in OneDrive en is daarom ook beskikbaar op jou ander toestelle.

Maar wat is die verskil tussen OneNote en ʼn woordverwerkingsprogram soos Word? Met OneNote kan jy enige plek op die dokument-ruimte skryf of iets plaas deur daarop te kliek. Jy hoef ook nie te onthou om gereeld te stoor nie. OneNote stoor data soos jy werk. 

OneNote is beskikbaar as deel van Microsoft Office en Windows 10. Dis ook beskikbaar as ʼn gratis, losstaande toepassing vir Windows OS X, Windows RT, Windows Phone, iOS en Android. ʼn Webgebaseerde weergawe van OneNote word ook verskaf as deel van OneDrive of Office Online en stel gebruikers in staat om notas aan te pas deur middel van hul webblaaier.

Die goeie nuus vir US-personeel is dat jy nie die sagteware hoef te koop of installeer nie. Dis waarskynlik reeds op jou werkrekenaar. Kliek op die Windows knoppie heel links in die hoek van jou skerm en tik “OneNote” in die soekveld.

Indien jy OneNote op jou foon wil gebruik, kan jy dit aflaai op Google Play. Jy sal sodoende, van enige plek, toegang tot jou notaboeke hê as jy dit sinchroniseer na OneDrive.

Wil jy leer hoe om OneNote te gebruik? Hier is ʼn OneNote instruksie-video op Youtube. 

[BRONNE: http://www.pcworld.com, http://www.wikipedia.org/]

 

Ontmoet jou digitale rasieleier

Vrydag, April 15th, 2016

goals

Dis maklik om redes uit te dink om nie te oefen, jou studies te voltooi of die motorhuis reg te pak nie. Ons stel graag uit en gebruik tyd as ʼn verskoning om dit wat ons moet en soms ook wil doen, af te skeep.

Google het Calendar Goals ontwikkel om ons persoonlike assistent en rasieleier te wees.

Deur middel van sy masjienleervermoeë bepaal die sagteware waar op jou Google kalender jy tyd kan afknyp om jou doelwitte te bereik. Of dit nou oefening is of net meer tyd om te lees. Dit wys uit waar gapings in jou skedule is wat jou behoeftes sal vervul.

Om Calendar Goals te gebruik, moet jy ʼn Gmail-gebruiker wees en die kalendertoepassing gebruik. Voeg net jou “Goal” by en Google sal vir jou ʼn paar vrae vra om vas te stel wat jy wil doen en watter tye jou die beste sal pas.

Daar is  ʼn paar opsies beskikbaar soos Exercise, Build a Skill en Me Time, maar jy kan jou eie byvoeg. Daarna kan jy dit aan Google oorlaat om tydgleuwe te skeduleer en gereeld daaraan te herinner.

Indien dit gebeur dat ʼn ander afspraak skeduleer word in die voorgestelde tye, sal Google dit aanskuif na ʼn volgende beskikbare tyd. As jy ʼn chroniese uitsteller is, sal jy natuurlik maniere kry om Goals te omseil, maar die sagteware sal probeer om dit vir jou moeilik te maak. 

Hoe om Google Calendar Goals op Android en iOS te gebruik.

Dié nuwe funksie is die week beskikbaar op Android en iPhone, maar nog nie op die webgebaseerde Gmail kalender nie.

Google Calendar | Google Play Store via Google Blog

 

[BRONNE: http://gadgets.ndtv.com, http://techcrunch.com, http://www.idigitaltimes.com]

 

`n Virtuele metgesel vir jou gemoedsrus

Donderdag, Maart 31st, 2016

companion2

Ons kan nie veel doen aan die geweld en misdaad in ons land nie. Maar ons kan wel tegnologie inspan om dit te bestuur.

Een voorbeeld hiervan is `n toepassing wat vyf studente ontwerp het, omdat hulle bekommerd was oor veiligheid op hulle die Universiteit van Michigan-kampus.

Die Companion-toepassing volg jou roete soos jy huistoe beweeg en laat jou  ʼn virtuele metgesel, jou wederhelfte, `n vriend of vriendin of ʼn familielid is, byvoeg op jou roete. Die idee is dat dit jou veiliger en minder onrustig sal laat voel wanneer jy alleen moet stap.

Die toepassing laat jou metgesel jou roete via GPS monitor volg en bied ook die platform om iemand vinnig in kennis te stel in geval van ʼn noodgeval . Behalwe vir GPS sporing, vra die toepassing ook sporadies of jy nog ok is. Indien jy nie vinnig genoeg reageer nie, word jou virtuele metgesel in kennis gestel.

Dieselfde aksie word uitgevoer wanneer die roete ongewoon langer neem, jy begin hardloop of as jou oorfone skielik uitgeruk word. Jy kry 15 sekondes om te reageer voordat die alarm aktiveer word.

Companion het twee alarmknoppies. “I Feel Nervous” kontak jou metgesel en “Call the Police” bel outomaties nooddienste. Een van die grootste voordele van die toepassing is sy vermoeë om aan te dui waar jy is, sodat jy maklik deur middel van GPS koördinate opgespoor kan word.

Om Companion te begin gebruik, tik jou eindbestemming se adres in en kliek op “Start a Trip”. Jy sal gevra word om ʼn persoon by te voeg uit jou kontaklys. Die persoon ontvang ʼn SMS waarmee die toepassing afgelaai kan word of kliek net op ʼn skakel om die roete in werklike tyd op ʼn kaart te volg.

Sodra jy veilig tuis is, sal  ʼn boodskap na jou kontakpersoon gestuur word.

Companion kan gratis afgelaai word vir iOS en Android.

 

[BRONNE: http://gadgets.ndtv.com, http://www.theguardian.com, http://fortune.com]

Periscope: Nuus, soos dit gebeur

Vrydag, Februarie 5th, 2016

Twitter is alombekend as die vinnigste direkte manier om op hoogte te bly van nuus van regoor die wêreld. Maar gestel jy wil nie net lees nie, maar ook sien hoe gebeure ontvou? 

Periscope is ʼn lewendige videostroom toepassing wat ontwikkel is vir iOS en Android deur Kayvon Beykpour en Joe Bernstein.

periscope

“… we became fascinated by the idea of discovering the world through someone else’s eyes. What if you could see through the eyes of a protester in Ukraine? Or watch the sunrise from a hot air balloon in Cappadocia? It may sound crazy, but we wanted to build the closest thing to teleportation. While there are many ways to discover events and places, we realized there is no better way to experience a place right now than through live video. A picture may be worth a thousand words, but live video can take you someplace and show you around.”

Periscope gee aan gewone mense ʼn addisionele platform om nuus mee te rapporteer. Feitlik enigiemand kan nou nuus uitsaai en jy hoef nie meer op televisiestasies te vertrou vir wêreldnuus nie. Natuurlik word Periscope nie net vir nuus gebruik nie.  Net soos met ander sosiale netwerke is die verskeidenheid wyd en kan dit ook grens aan belaglik. 

Scopers (Periscope se noemnaam vir hulle gebruikers) kan enigiets uitsaai wat hulle wil – of dit ʼn uitstappie strand toe is of ʼn kosmaakdemonstrasie. Deel van die kritiek op Periscope is ook dat daar geen sensuur toegepas word nie en kopiereg het vroeg reeds kop uitgesteek as ʼn potensiële probleem. 

Die scope word lewendig uitgesaai en bly beskikbaar vir 24 uur. Uitsendings kan gebêre word sodat jy dit later kan kyk, ʼn voordeel wat Periscope bo Meerkat, sy kompetisie, het. Kykers kan tydens uitsendings kommentaar lewer en boodskappe verskyn op die skerm tydens die uitsending sodat almal dit kan sien. Die scoper kan ook met hartjies gooi word as sy uitsending populêr is. (ja regtig) Lees meer op The Verge.

Beykpour en Bernstein het hulle maatskappy in Februarie 2014 begin en skaars ʼn jaar later, in Januarie 2015 – selfs voordat dit bekendgestel is – het Twitter die toepassing gekoop. Op 12 Januarie vanjaar het Twitter Periscope integreer in sy tydlyn , sodat jy nou direk vanaf Twitter uitsendings kan maak en kyk. 

Verlede week is Periscope se baanbreker-status nog meer verstewig, toe aangekondig is dat dit nou ook versoenbaar is met die GoPro hero 4. Sodra ʼn GoPro gekoppel word aan jou foon, word Periscope outomaties aktiveer en die GoPro se beeldmateriaal word direk na Periscope versend. 

Jy kan die Periscope toepassing aflaai op die Google Play store of rondkyk op hul tv-kanaal, PeriscopeTV.  Kyk ook onder hoe Kayvon Beykpour Periscope aan kletsprogram-aanbieder Stephen Colbert verduidelik hoe dit werk of, as jy ʼn scoper wil word, bestudeer Socialmediaweek se beginnersgids.

[SOURCES: www.wikipedia.org, www.theverge.com]

Lewe in 3D

Vrydag, November 20th, 2015

cardboard“Kom nou, regtig?” sou ʼn geldige eerste reaksie wees op Google se jongste uitvindsel. Grotendeels gemaak uit karton, lyk dit soos iets waarmee jy gespeel het op laerskool.

Google Cardboard beloof nie enigiets revolusionêr nie. Dis ʼn virtuele realiteit kopstuk wat jou in staat stel om 3D beelde en video’s met jou slimfoon te kyk.

Die eenvoud en toeganklikheid van hierdie stukkie karton is egter die groot pluspunt.

Die kopstuk is gemaak van riffelkarton, Velcro en ʼn paar goedkoop, plastiek lense – die belangrikste part aangesien hulle gaan help om die plat beeld op jou foon in 3D om te tower. 

Hoewel Cardboard deur Google ontwikkel is, is daar nie ʼn amptelike vervaardiger of verkoper nie. ʼn Lys van die parte en instruksies is beskikbaar op Google se webwerf. Met ʼn paar basiese items kan jy jou eie VR-kyker saamflans. Voeg jou selfoon by, laai die Google Cardboard toepassing en jy is reg vir 3D-aksie.

Die toepassing deel die selfoon se beeld in twee en pas tonneldistorsie toe op beide beelde sodat daar nie stippelvervorming op die lense voorkom nie. Die uitkoms is ʼn stereoskopiese (“3D”) beeld met ʼn wye veld van sig. 

Meer inligting is beskikbaar op https://developers.google.com/cardboard/

 

[BRONNE: http://www.wired.com; www.wikipedia.org]

 

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.