%PDF-1.3 1 0 obj << /Type /Catalog /Outlines 2 0 R /Pages 3 0 R >> endobj 2 0 obj << /Type /Outlines /Count 0 >> endobj 3 0 obj << /Type /Pages /Kids [6 0 R ] /Count 1 /Resources << /ProcSet 4 0 R /Font << /F1 8 0 R /F2 9 0 R /F3 10 0 R /F4 11 0 R >> >> /MediaBox [0.000 0.000 612.000 792.000] >> endobj 4 0 obj [/PDF /Text ] endobj 5 0 obj << /Creator (DOMPDF) /CreationDate (D:20240627002531+00'00') /ModDate (D:20240627002531+00'00') /Title (Report 06-2024) >> endobj 6 0 obj << /Type /Page /Parent 3 0 R /Annots [ 12 0 R ] /Contents 7 0 R >> endobj 7 0 obj << /Length 4921 >> stream 0.702 0.800 0.816 rg 34.016 34.016 543.969 723.969 re f 1.000 1.000 1.000 rg 45.266 302.225 521.469 444.509 re f 0.773 0.773 0.773 RG 0.75 w 0 J [ ] 0 d 45.641 302.600 520.719 443.759 re S 0.773 0.773 0.773 rg 61.016 317.975 m 550.984 317.975 l 550.984 318.725 l 61.016 318.725 l f 0.200 0.200 0.200 rg BT 61.016 693.716 Td /F1 14.4 Tf [(HOE VEILIG IS INLIGTING OP JOU TOESTEL?)] TJ ET 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 664.909 Td /F2 9.0 Tf [(Posted on )] TJ ET BT 104.045 664.909 Td /F3 9.0 Tf [(January 01,1970)] TJ ET BT 173.588 664.909 Td /F2 9.0 Tf [( by )] TJ ET BT 188.096 664.909 Td /F3 9.0 Tf [(IT Communications)] TJ ET 0.153 0.153 0.153 rg BT 61.016 637.420 Td /F4 9.0 Tf [(Slimfone is dikwels die beheersentrum waar vergaderings geskeduleer, e-posse gestuur en sosiale aktiwiteite beplan )] TJ ET BT 61.016 626.431 Td /F4 9.0 Tf [(word. Om di funksie te vervul, vereis dit ons persoonlike inligting.)] TJ ET BT 61.016 606.442 Td /F4 9.0 Tf [(Ons doen en late word dokumenteer en gebre in e-posse, sosiale netwerke en toepassings. Al hierdie informasie word )] TJ ET BT 61.016 595.453 Td /F4 9.0 Tf [(vervolgens ook soomloos integreer met jou werkrekenaar en tablet. Na die eerste opstelling, is dit, in sommige gevalle, nie )] TJ ET BT 61.016 584.464 Td /F4 9.0 Tf [(eers nodig om `n wagwoord in te tik nie. Wonderlike nuus as jy hopeloos is met wagwoorde onthou. Ook wonderlike nuus )] TJ ET BT 61.016 573.475 Td /F4 9.0 Tf [(as jy `n opportunistiese skelm is wat slimfone steel.)] TJ ET BT 61.016 553.486 Td /F4 9.0 Tf [(Watter inligting sal `n slim misdadiger tot sy beskikking h as hy vandag jou slimfoon in die hande kry? Bankinligting? `n )] TJ ET BT 61.016 542.497 Td /F4 9.0 Tf [(Kopie van jou ID of paspoort wat erens gestoor is op e-pos? Al jou vakansiefotos op Dropbox?)] TJ ET BT 61.016 522.508 Td /F4 9.0 Tf [(Hier is `n paar wenke om seker te maak hy kry dit nie in die hande nie:)] TJ ET BT 78.360 502.535 Td /F4 9.0 Tf [(1.)] TJ ET BT 91.016 502.519 Td /F1 9.0 Tf [(Aktiveer altyd die wagwoord opsie om jou foon te skerm te sluit)] TJ ET BT 363.590 502.519 Td /F4 9.0 Tf [(. Die meeste fone het verskeie opsies, )] TJ ET BT 91.016 491.530 Td /F4 9.0 Tf [(byvoorbeeld om `n wagwoord in te tik, `n PIN-kode of selfs om in `n spesifieke volgorde `n patroon te vee. Hierdie )] TJ ET BT 91.016 480.541 Td /F4 9.0 Tf [(is jou eerste en belangrikste afskrikmiddel.)] TJ ET BT 78.360 469.568 Td /F4 9.0 Tf [(2.)] TJ ET BT 91.016 469.552 Td /F1 9.0 Tf [(Moenie )] TJ ET BT 124.523 469.552 Td /F3 9.0 Tf [(remember password)] TJ ET BT 212.552 469.552 Td /F1 9.0 Tf [(op jou e-pos of ander toepassings kies nie. )] TJ ET BT 402.110 469.552 Td /F4 9.0 Tf [(Ja, dit is irriterend om elke keer `n )] TJ ET BT 91.016 458.563 Td /F4 9.0 Tf [(wagwoord in te tik, maar wil jy regtig h iemand anders moet jou e-pos lees?)] TJ ET BT 78.360 447.590 Td /F4 9.0 Tf [(3.)] TJ ET BT 91.016 447.574 Td /F1 9.0 Tf [(Skakel)] TJ ET BT 122.039 447.574 Td /F3 9.0 Tf [(cookies)] TJ ET BT 155.555 447.574 Td /F1 9.0 Tf [( en)] TJ ET BT 171.062 447.574 Td /F3 9.0 Tf [(autofill)] TJ ET BT 200.564 447.574 Td /F1 9.0 Tf [( af. )] TJ ET BT 216.071 447.574 Td /F4 9.0 Tf [(Dit keer dat jou toestel jou gebruikersnaam en wagwoord onthou en invul op )] TJ ET BT 91.016 436.585 Td /F4 9.0 Tf [(webwerwe wat jy gereeld besoek.)] TJ ET BT 78.360 425.612 Td /F4 9.0 Tf [(4.)] TJ ET BT 91.016 425.596 Td /F4 9.0 Tf [(As jy toegang tot sensitiewe inligting moet kry, byvoorbeeld bankinligting, )] TJ ET BT 384.146 425.596 Td /F1 9.0 Tf [(gaan eerder na die webwerf)] TJ ET BT 502.190 425.596 Td /F4 9.0 Tf [( d.m.v. `n )] TJ ET BT 91.016 414.607 Td /F4 9.0 Tf [(webblaaier in plaas van die installeerde toepassing.)] TJ ET BT 78.360 403.634 Td /F4 9.0 Tf [(5.)] TJ ET BT 91.016 403.618 Td /F1 9.0 Tf [(Stel jou foon op dat dit opgespoor kan word as jy dit verloor)] TJ ET BT 348.569 403.618 Td /F4 9.0 Tf [(. \(Lees ons vorige artikel oor die opsporing van )] TJ ET BT 91.016 392.629 Td /F4 9.0 Tf [(verlore of gesteelde toestelle)] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 208.574 392.629 Td /F4 9.0 Tf [(hier)] TJ ET 0.373 0.169 0.255 RG 0.18 w 0 J [ ] 0 d 208.574 391.478 m 223.577 391.478 l S 0.153 0.153 0.153 rg BT 223.577 392.629 Td /F4 9.0 Tf [(.\) `n Toestel kan ook vanaf `n afstand skoongevee word om seker te maak jou )] TJ ET BT 91.016 381.640 Td /F4 9.0 Tf [(inligting word nie misbruik nie, selfs al is jou toestel in die verkeerde hande.)] TJ ET BT 61.016 361.651 Td /F4 9.0 Tf [(Onthou dat jy ook, wanneer jy jou selfoon verkoop of daarvan ontslae raak, seker moet maak dat AL jou data daarvan )] TJ ET BT 61.016 350.662 Td /F4 9.0 Tf [(verwyder is \(bv. e-posse, foonnommers, SMSe, ens.\) of enige inligting wat jou kan verbind tot die foon.)] TJ ET 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 332.173 Td /F2 9.0 Tf [(Posted in:Toepassings,E-pos,Sekuriteit | | With 0 comments)] TJ ET endstream endobj 8 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F1 /BaseFont /Helvetica-Bold /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 9 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F2 /BaseFont /Helvetica-Oblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 10 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F3 /BaseFont /Helvetica-BoldOblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 11 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F4 /BaseFont /Helvetica /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 12 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 13 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 208.5737 391.7962 223.5767 400.9537 ] >> endobj 13 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (http://blogs.sun.ac.za/it/en/2014/12/tracking-your-android-phone/) >> endobj xref 0 14 0000000000 65535 f 0000000008 00000 n 0000000073 00000 n 0000000119 00000 n 0000000305 00000 n 0000000334 00000 n 0000000472 00000 n 0000000554 00000 n 0000005527 00000 n 0000005639 00000 n 0000005754 00000 n 0000005874 00000 n 0000005982 00000 n 0000006110 00000 n trailer << /Size 14 /Root 1 0 R /Info 5 0 R >> startxref 6227 %%EOF Toepassings « Informasietegnologie
Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Toepassings

`n Toepassing vir slaapkouse

Vrydag, November 6th, 2015

turboalarm2Ek is nie `n oggendmens nie. Brein- en spierfunksie skop eers nege-uur in. Met die hulp van sterk koffie natuurlik. Maar daar is `n toepassing om te help.

Jy kan jou in dink hoe groot my liefde vir wekkers is. Dit maak nie saak watter toon, liedjie of byklank uit die natuur, of dit nou krysende meeue, watervalle, branders of wind chimes is, niks kan my pynloos die nuwe dag inlei nie.

Turbo Alarm, blykbaar ʼn populêre en effektiewe toepassing, beloof om die jou standaard selfoon alarm se vermoëns te oortref. 

Eerstens is dit gratis en bevat dit geen advertensies wat op jou reeds teer nerwe te werk nie. Dit beloof ook om super aanpasbaar met opsies en konfigurasies te wees. 

Ja, dit het al die standaard opsies: volume wat aanpas hoe langer jy neem om te reageer, verskillende alarm tone, ens. Maar dit kan jou ook elke oggend wakker maak met ʼn nuwe liedjie. Dink net, jy hoef nie meer vir 200+ oggende van die jaar wakker te skrik met Bohemian Rhapsody nie, maar jy kan elke oggend met `n ander Queen-treffer wakkerword.

Vir my is die bepalende faktor egter die snooze, mute en disable funksies. En dis hier waar Turbo Alarm aanloklik begin lyk. Die toepassing gee vir jou meer opsies as die meeste ander wekker-toepassins. Jy kan byvoorbeeld jou alarm stel sodat dit net reageer as jy die lig aanskakel – ʼn besondere handige opsie in ons Wes-Kaap wintermaande. Makliker maniere om jou rus en vrede te verleng, is deur die foon te skud, verskeie patrone daarop te teken of ʼn kombinasie van nommers of kolle te druk op jou foonskerm.

Addisionele funksies sluit in:

★ Kies ʼn lêer met liedjies of jou speellys as jou alarmtoon en jy sal elke oggend met ʼn ander liedjie wakkergemaak word. 
★ Wanneer jy jou alarm instel, sal dit ook die weervoorspelling wys vir die tyd wanneer die alarm sal afgaan. 
★ Mini-speletjie om die alarm tydelik te stop.  
★ Sekuriteitsalarm wat lui as jy nogsteeds by die huis is.
★ Wil jy eerder geleidelik wakkerword? Kies dan die geleidelike volume en die tydperk wanneer dit op sy maksimum moet wees.  
★ Kies die manier waarop die toestel vibreer: rustig, normaal, vinnig of geen. 
★ Jy kan kies op watter wyse jy die alarm wil stilmaak: deur die kamerlig aan te skakel, die toestel te skud, ʼn vierkant of driehoek op die skerm te tik, ʼn dwarsbalk te sleep, lank of kort te druk of ʼn klein of groot knoppie te druk.
★ Simuleer die sonskyn in jou kamer met jou gunsteling kleur. 
★ Verminderende sluimer-intervalle. 
Widget met ʼn lys van aktiewe alarms.
★ Beperk die kere wat jy mag sluimer. 
Anti-sleepyhead modus om seker te maak jy word wakker op daai dae wanneer jy ekstra moeg is.
★ Aanpasbare agtergrond

DIE UITSLAG

Indien aanpasbaarheid vir jou belangrik is, sal Turbo Alarm jou oggendroetine ietwat meer prettig maak. Dit voel egter of die verskeidenheid funksionaliteit ook tot die toepassing se nadeel kan strek. Is dit alles werklik nodig is om die eenvoudige taak, om jou uit die bed uit te kry in die oggend, te verrig?

Turbo Alarm is gratis beskikbaar op Android

 

 

Peeple – `n toepassing vir almal?

Vrydag, Oktober 9th, 2015

peepleDis 6:08 in die oggend. Sekondes gelede het jy heerlik geslaap; onbewus van die res van die wêreld se bedrywighede. Jou selfoon het ander planne. `n Boodskap. 

Iemand het vir jou een ster gegee op `n aanlyn-toepassing. Jou persoonlike en romantiese vermoëns is beoordeel en dit lyk nie goed nie.

`n Toneel uit `n wetenskapfiksie fliek? Nee. Teen die einde van volgende week sal dié scenario `n realiteit wees wanneer Nicole McCullough en Julia Cordray hulle kontroversiële toepassing, Peeple, op die wêreld loslaat.

`n Wolk van ongunstigheid hang bo Peeple sedert die bekendstelling vroeg in Oktober. 

Aanvanklik sou negatiewe kommentaar verskyn, waarna jy, as beoordeelde,  in kennis gestel word. Jy kry 48 uur om jou beoordeler te oortuig dat hy/sy verkeerd is of jouself te verdedig op Peeple. Negatiewe kommentaar word nie verwyder nie en in kort: jy het nie veel sê nie. 

Na oorweldigende kritiek in die media  – spesifiek oor die gunstige platform wat Peeple skep vir teistering en afknouery – het die toepassing se benadering vinnig verander. ‘n Prominente artikel in die Washington Post het gelei daartoe dat Peeple se webwerf, Facebook-bladsy en Twitterrekening spoedig verwyder is.

Dit word nou eerder bemark as `n toepassing wat gemik is op positiewe terugvoer – `n “positive revolution”, soos die webwerf tans aandui. 

Cordray skryf op LinkedIn dat geen persoon gelys sal word sonder hul toestemming nie. Die 48-uur wagperiode om negatiewe kommentaar te verwyder is nie meer van toepassing nie. Indien jy nie `n kommentaar goedkeur nie, sal dit nie geplaas word nie.   

Of Peeple sy prosedures en aanslag verander of nie, die werklike effek van `n toepassing wat soveel inbreuk maak op menseregte, sal eers gevoel word as dit in werking is.

Dat daar geweldig baie opposisie teen Peeple is, is duidelik. `n Petisie om die toepassing te verban het vroeër die week meer as 7000 handtekeninge versamel. Twee parodieë is reeds geskep: “Sheeple,” en “Meet Peeple”. Selfs die uitgesproke satirikus John Oliver  het, op sy eiesoortige manier, kommentaar gelewer.

Peeple in die media: http://www.theguardian.com | http://www.latimes.com | http://www.forbes.com | http://arstechnica.com | http://www.mybroadband.co.za


Vertel jou storie met Sway

Dinsdag, September 22nd, 2015

Is jy moeg vir voorspelbare PowerPoint-aanbiedings wat steeds in vergaderings insypel? Veral dié met klank en grafiese effekte. Red jou kantoor van verveling en oortuig jou kollegas om Microsoft Sway te gebruik. 

Office Sway is `n program vir die saamstel van aanbiedings en deel van die Microsoft Office familie. Microsoft bemark dit as `n toepassing om digitaal stories mee te vertel. Op `n basiese vlak is dit sagteware wat gebruik kan word vir die skep van aanbiedings, verslae, nuusbriewe, ens. 

Buiten statiese inhoud, laat Sway jou toe om interaktiewe inhoud soos videos en tabelle te inkorporeer. Jy hoef nie bekommerd te wees oor jou formaterings- of ontwerpvaardighede nie – Sway doen dit vir jou. Gebruikers kan inhoud byvoeg vanaf hul eie toestel of  internetbronne soos Bing, OneDrive, YouTube en Facebook. Dit gee ook voorstelle vir relevante twiets, grafika en videos wat jy dalk by jou aanbieding sou sou kon byvoeg.

Sway is beskikbaar as `n aflaaibare toepassing vir Windows 10, iPhone en iPad of as deel van die Office aanlyn pakket. Hou in gedagte dat Windows 10 nog nie op kampusrekenaars gebruik word nie, maar dat jy dit wel op jou tuisrekenaar kan installeer.

 [BRONNE: www.wikpedia.org, www.gizmag.com]

Jy sê Tomato, ek sê Zomato

Vrydag, September 4th, 2015

Eet jy net om aan die lewe te bly of is eet jou lewe? Wat ookal die geval, net om te besluit waar om te eet, kan vinnig ontaard in `n onnodige 20-minute gesprek. Gelukkig is daar Zomato.

Zomato is nie die veraf, eksotiese nefie van die eenvoudige tamatie nie. Dis ʼn toepassing wat jou besluite sommer baie makliker gaan maak. Oor die afgelope naweek het ons Zomato gebruik en beproef en hier is ons opinie.

Zomato-2

Zomato kom oorspronklik van Indië en is in 2008 gestig. Die web en mobiele toestel toepassing kan beskryf word as ʼn globale restaurant soek-en-ontdek hulpmiddel, of soos Gearburn dit so beskrywend stel, “Facebook vir kos”. Zomato is inderdaad meer as net ʼn soekenjin, dis ʼn sosiale netwerk vir kosliefhebbers.

Tot op datum is daar reeds 1.4 miljoen restaurante in 22 lande gelys op die databasis en word dit 90 miljoen keer per maand besoek.

Die toepassing gebruik jou foon se GPS om jou ligging te bepaal en restaurante in jou nabye omgewing voor te stel. Maar, jy kan ook volgens verskeie ander kriteria soek, byvoorbeeld die tipe kos (Indies, Chinees of Marokkaans, ens.) of tipe maaltyd (middagete, aandete, wegneemetes, ens.)

Jy sal ook spyskaarte, fotos, resensies en graderings vir restaurante te siene kan kry. Die belangrikste is egter dat die toepassing die ligging aandui op Google maps, sowel as kontakinligting. Die foontoepassing het ʼn addisionele funksie ingebou waarmee jy direk uit die toepassing die restaurant kan skakel om te bespreek.

Die gemiddelde prys per ete word ook ingesluit – baie handig as jy nie hou van onwelkome verrassings nie. Hou in gedagte dat Zomato enigiets van Steers tot Overture insluit – van wegneemete-plekke tot eksklusiewe restaurante. Daar is iets vir almal, watookal jou begroting of smaak.

Zomato ontwikkel ook meer funksionaliteit en sal binnekort aanlyn besprekings en betalings by hul toepassing insluit. ʼn Projek saam met Uber was ook al ter sprake.

As jy ʼn kompeterende streep het, kan jy probeer om ʼn ekspert in jou buurt te word deur ten minste 10 restaurante te resenseer en 50 fotos op te laai. Daar is verskeie vlakke wat bepaal word deur die hoeveelheid punte wat jy insamel. Jy kan ʼn foodie, big foodie, super foodie en connoisseur word as jy ʼn toegewyde Zomato-gebruiker is.

zomatoDIE GEVOLGTREKKING

Ons het Zomato oor ʼn naweek beproef om ons uiteet-ekskursies te beplan en dit het baie goed gewerk. Inligting was deurlopend akkuraat en die kaarte het handig te pas gekom toe ons ʼn nuwe restaurant in Bellville wou uitprobeer.

Selfs gradering en resensies is maklik om te doen en die reeds bestaande resensies gee vir jou ʼn goeie idee van wat om te verwag. Ek is nie ʼn toepassing-fanatikus nie, maar Zomato is eenvoudig, tog effektief, dus beveel ek dit aan.

Laai Zomato vir Android af 
Laai Zomato vir iOS af 
Laai Zomato vir Windows af 

Toepassings vir jou vakansie

Vrydag, Junie 26th, 2015

 

Of jy dié wintervakansie die koue ontduik en erens warmer gaan skuil en of jy moet uithou tot Desember, om `n vakansie te beplan is nie vir sissies nie.

Met `n toepassing en webwerf vir alles onder die son, is dit nie verbasend dat daar ook verskeie is om jou trippie Addo toe sonder enige insidente te laat verloop nie.

 1. Tourism Radio’s City Guides 

Hierdie toepassing is beskikbaar internasionaal en plaaslik en kan dus gebruik word as jy oorsee ook reis. Die gidse sluit inligting in vir meer as 1500 besienswaardighede, onder andere oor geskiedenis, kultuur, geografie, aktiwiteite en dek 24 internasionale stede.

Sodra jy naby een van hierdie besienswaardighede kom, sal oudio outomaties begin speel en teks sal gewys word. Dit maak gebruik van GPS om hierdie inligting aan jou te bied, maar een van die grootste voordele daarvan is dat jy nie aanlyn hoef te wees en gevolglik data hoef te gebruik nie. Installeer die toepassing bloot en dateer dit op net voordat jy op reis gaan.

 Die Tourism Radio’s City Guides toepassing is gratis beskikbaar op Android en iOS.

 2. Africa: Live  

As jy hou van wilde diere afloer met jou verkyker, is die Africa: Live app die ideale belegging vir jou slimfoon.

Hierdie lewendige dierekyk kaart wys vir jou watter wilde diere op enige gegewe oomblik in jou nabye omgewing is. Dit gee jou ook die geleentheid om jou waarnemings te deel met ander safari-gangers.
Addisioneel tot die standaard-toepassing kan jy ook gedetaileerde kaarte bykoop van die meeste van die groot parke in Suid-Afrika. Ideaal vir jou volgende ekskursie Kruger wildtuin toe.
 
Jy kan Africa: Live hier aflaai vir jou Apple of Android toestel.

3. Road Tripper

Droom jy daarvan om `n groot ontdekker te wees en nuwe plekke te sien? Met Road Tripper kan jy na hartelus roetes regoor Suid-Afrika beplan en ook kyk waar ander padreisigers hulle bevind. Reisigers kan hulle ondervindinge met mekaar deel en wenke uitruil. Dit dui natuurlik ook jou roete aan soos jy reis.

Dis ontwikkel deur Europcar SA as `n Facebook-toepassing en jy kan ook op hulle Facebook-bladsy meer inligting daaroor kry.

4. Petrol@ZA en FillApp

As jy die hele land wil deurkruis het jy ongelukkig petrol nodig en met meer as 3000 vulstasies gelys op Petrol@ZA se hulp sal jy ten minste nie in die middel van nerens gaan staan nie. 

Dié baie eenvoudige toepassing dui aan waar die naaste vulstasie is, gee die afstand tot daar en presiese ligging – handige inligting in afgeleë, minder bekende areas. 

Laai dit gratis af op die iTunes of Android winkels.

FillApp hou jou op hoogte van die gereelde verandering in petrolpryse sodat jy `n paar sente kan spaar as jy ingooi. Ook gratis beskikbaar vir Apple en Android.

5. South African Airways

Jy verkies dalk eerder om te vlieg as om ure in `n kar te spandeer. Dis minder plesierig om reëlings vir vlugte te tref en by te hou by veranderende skedules. Die  SAA-toepassing laat jou toe om jou besprekings na te gaan en selfs tred te hou met jou ingeboekte bagasie.

Ander lekker ekstras sluit in: vroeë inboek-fasiliteite, vluginligting, geldkoerse, weerinligting en spesiale vlugtariewe.

Laai dit gratis af by die iTunes, Android of Blackberry winkels.

6. Mango

Mango lugredery se toepassing het sedert sy begin in 2012 reeds 30 000 navrae hanteer. Bespreek en soek jou vlugte daarmee en kry ook enige kennisgewings oor vlugveranderings daarmee. 

Die toepassing is gratis en beskikbaar by die Android en Blackberry winkels.

Laat weet ons watter interessante reistoepassings jy al op afgekom het.

 [BRONNE: www.travelground.com, www.htxt.co.za, www.news24.com, www.southafrica.net]

 

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.