%PDF-1.3 1 0 obj << /Type /Catalog /Outlines 2 0 R /Pages 3 0 R >> endobj 2 0 obj << /Type /Outlines /Count 0 >> endobj 3 0 obj << /Type /Pages /Kids [6 0 R ] /Count 1 /Resources << /ProcSet 4 0 R /Font << /F1 8 0 R /F2 9 0 R /F3 10 0 R /F4 11 0 R >> >> /MediaBox [0.000 0.000 612.000 792.000] >> endobj 4 0 obj [/PDF /Text ] endobj 5 0 obj << /Creator (DOMPDF) /CreationDate (D:20240630001437+00'00') /ModDate (D:20240630001437+00'00') /Title (Report 06-2024) >> endobj 6 0 obj << /Type /Page /Parent 3 0 R /Annots [ 12 0 R ] /Contents 7 0 R >> endobj 7 0 obj << /Length 4921 >> stream 0.702 0.800 0.816 rg 34.016 34.016 543.969 723.969 re f 1.000 1.000 1.000 rg 45.266 302.225 521.469 444.509 re f 0.773 0.773 0.773 RG 0.75 w 0 J [ ] 0 d 45.641 302.600 520.719 443.759 re S 0.773 0.773 0.773 rg 61.016 317.975 m 550.984 317.975 l 550.984 318.725 l 61.016 318.725 l f 0.200 0.200 0.200 rg BT 61.016 693.716 Td /F1 14.4 Tf [(HOE VEILIG IS INLIGTING OP JOU TOESTEL?)] TJ ET 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 664.909 Td /F2 9.0 Tf [(Posted on )] TJ ET BT 104.045 664.909 Td /F3 9.0 Tf [(January 01,1970)] TJ ET BT 173.588 664.909 Td /F2 9.0 Tf [( by )] TJ ET BT 188.096 664.909 Td /F3 9.0 Tf [(IT Communications)] TJ ET 0.153 0.153 0.153 rg BT 61.016 637.420 Td /F4 9.0 Tf [(Slimfone is dikwels die beheersentrum waar vergaderings geskeduleer, e-posse gestuur en sosiale aktiwiteite beplan )] TJ ET BT 61.016 626.431 Td /F4 9.0 Tf [(word. Om dié funksie te vervul, vereis dit ons persoonlike inligting.)] TJ ET BT 61.016 606.442 Td /F4 9.0 Tf [(Ons doen en late word dokumenteer en gebêre in e-posse, sosiale netwerke en toepassings. Al hierdie informasie word )] TJ ET BT 61.016 595.453 Td /F4 9.0 Tf [(vervolgens ook soomloos integreer met jou werkrekenaar en tablet. Na die eerste opstelling, is dit, in sommige gevalle, nie )] TJ ET BT 61.016 584.464 Td /F4 9.0 Tf [(eers nodig om `n wagwoord in te tik nie. Wonderlike nuus as jy hopeloos is met wagwoorde onthou. Ook wonderlike nuus )] TJ ET BT 61.016 573.475 Td /F4 9.0 Tf [(as jy `n opportunistiese skelm is wat slimfone steel.)] TJ ET BT 61.016 553.486 Td /F4 9.0 Tf [(Watter inligting sal `n slim misdadiger tot sy beskikking hê as hy vandag jou slimfoon in die hande kry? Bankinligting? `n )] TJ ET BT 61.016 542.497 Td /F4 9.0 Tf [(Kopie van jou ID of paspoort wat erens gestoor is op e-pos? Al jou vakansiefotos op Dropbox?)] TJ ET BT 61.016 522.508 Td /F4 9.0 Tf [(Hier is `n paar wenke om seker te maak hy kry dit nie in die hande nie:)] TJ ET BT 78.360 502.535 Td /F4 9.0 Tf [(1.)] TJ ET BT 91.016 502.519 Td /F1 9.0 Tf [(Aktiveer altyd die wagwoord opsie om jou foon te skerm te sluit)] TJ ET BT 363.590 502.519 Td /F4 9.0 Tf [(. Die meeste fone het verskeie opsies, )] TJ ET BT 91.016 491.530 Td /F4 9.0 Tf [(byvoorbeeld om `n wagwoord in te tik, `n PIN-kode of selfs om in `n spesifieke volgorde `n patroon te vee. Hierdie )] TJ ET BT 91.016 480.541 Td /F4 9.0 Tf [(is jou eerste en belangrikste afskrikmiddel.)] TJ ET BT 78.360 469.568 Td /F4 9.0 Tf [(2.)] TJ ET BT 91.016 469.552 Td /F1 9.0 Tf [(Moenie )] TJ ET BT 124.523 469.552 Td /F3 9.0 Tf [(remember password)] TJ ET BT 212.552 469.552 Td /F1 9.0 Tf [( op jou e-pos of ander toepassings kies nie. )] TJ ET BT 402.110 469.552 Td /F4 9.0 Tf [(Ja, dit is irriterend om elke keer `n )] TJ ET BT 91.016 458.563 Td /F4 9.0 Tf [(wagwoord in te tik, maar wil jy regtig hê iemand anders moet jou e-pos lees?)] TJ ET BT 78.360 447.590 Td /F4 9.0 Tf [(3.)] TJ ET BT 91.016 447.574 Td /F1 9.0 Tf [(Skakel )] TJ ET BT 122.039 447.574 Td /F3 9.0 Tf [(cookies)] TJ ET BT 155.555 447.574 Td /F1 9.0 Tf [( en )] TJ ET BT 171.062 447.574 Td /F3 9.0 Tf [(autofill)] TJ ET BT 200.564 447.574 Td /F1 9.0 Tf [( af. )] TJ ET BT 216.071 447.574 Td /F4 9.0 Tf [(Dit keer dat jou toestel jou gebruikersnaam en wagwoord onthou en invul op )] TJ ET BT 91.016 436.585 Td /F4 9.0 Tf [(webwerwe wat jy gereeld besoek.)] TJ ET BT 78.360 425.612 Td /F4 9.0 Tf [(4.)] TJ ET BT 91.016 425.596 Td /F4 9.0 Tf [(As jy toegang tot sensitiewe inligting moet kry, byvoorbeeld bankinligting, )] TJ ET BT 384.146 425.596 Td /F1 9.0 Tf [(gaan eerder na die webwerf)] TJ ET BT 502.190 425.596 Td /F4 9.0 Tf [( d.m.v. `n )] TJ ET BT 91.016 414.607 Td /F4 9.0 Tf [(webblaaier in plaas van die installeerde toepassing.)] TJ ET BT 78.360 403.634 Td /F4 9.0 Tf [(5.)] TJ ET BT 91.016 403.618 Td /F1 9.0 Tf [(Stel jou foon op dat dit opgespoor kan word as jy dit verloor)] TJ ET BT 348.569 403.618 Td /F4 9.0 Tf [(. \(Lees ons vorige artikel oor die opsporing van )] TJ ET BT 91.016 392.629 Td /F4 9.0 Tf [(verlore of gesteelde toestelle )] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 208.574 392.629 Td /F4 9.0 Tf [(hier)] TJ ET 0.373 0.169 0.255 RG 0.18 w 0 J [ ] 0 d 208.574 391.478 m 223.577 391.478 l S 0.153 0.153 0.153 rg BT 223.577 392.629 Td /F4 9.0 Tf [(.\) `n Toestel kan ook vanaf `n afstand skoongevee word om seker te maak jou )] TJ ET BT 91.016 381.640 Td /F4 9.0 Tf [(inligting word nie misbruik nie, selfs al is jou toestel in die verkeerde hande.)] TJ ET BT 61.016 361.651 Td /F4 9.0 Tf [(Onthou dat jy ook, wanneer jy jou selfoon verkoop of daarvan ontslae raak, seker moet maak dat AL jou data daarvan )] TJ ET BT 61.016 350.662 Td /F4 9.0 Tf [(verwyder is \(bv. e-posse, foonnommers, SMSe, ens.\) of enige inligting wat jou kan verbind tot die foon.)] TJ ET 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 332.173 Td /F2 9.0 Tf [(Posted in:Toepassings,E-pos,Sekuriteit | | With 0 comments)] TJ ET endstream endobj 8 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F1 /BaseFont /Helvetica-Bold /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 9 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F2 /BaseFont /Helvetica-Oblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 10 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F3 /BaseFont /Helvetica-BoldOblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 11 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F4 /BaseFont /Helvetica /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 12 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 13 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 208.5737 391.7962 223.5767 400.9537 ] >> endobj 13 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (http://blogs.sun.ac.za/it/en/2014/12/tracking-your-android-phone/) >> endobj xref 0 14 0000000000 65535 f 0000000008 00000 n 0000000073 00000 n 0000000119 00000 n 0000000305 00000 n 0000000334 00000 n 0000000472 00000 n 0000000554 00000 n 0000005527 00000 n 0000005639 00000 n 0000005754 00000 n 0000005874 00000 n 0000005982 00000 n 0000006110 00000 n trailer << /Size 14 /Root 1 0 R /Info 5 0 R >> startxref 6227 %%EOF Toepassings « Informasietegnologie
Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Toepassings

Selfoonbetalings maak die lewe nog makliker

Vrydag, Mei 29th, 2015

Net toe jy gedink het dis veilig om jou kredietkaart by die huis te los. Ons stel bekend – selfoonbetalings.

Snapscan, ontwikkel hier in Stellenbosch, is die mees bekende vorm van selfoonbetaling. Maar buiten SnapScan word PocketPOS, FlickPay en Payment Pebble ook tans in Suid-Afrika gebruik. 

Teen die tyd het ons almal al gehoor van Snapscan. Hoe anders, dit het sy oorsprong hier op Stellenbosch. Maar Snapscan is nie die enigste selfoon betaalmetode nie. Die ander drie bestaande platforms: PocketPOS, SnapScan, FlickPay en Payment Pebble gebruik ook jou selfoon as Mobile POS (point of sale) sodat jy nie kontant of `n kaart by jou hoef te hou nie.

Die veronderstelling is dat niemand ooit sonder `n foon is nie, maar nie altyd `n beursie saamdra nie. Daarom is die “mobile wallet” `n gemaklike alternatief. Jy hoef ook nie meer in rye te staan of te wag vir die kelner om jou raak te sien nie – hy betaal self vanaf jou foon.

Jy mag dink dat hierdie net nog `n verbygaande gril is, maar volgens navorsing is selfoontranssaksies in Afrika groter in Amerika. Maklike en goedkoop toegang tot selfone vir internet eerder as rekenaars is waarskynlik die rede vir hierdie statistieke. In 2012 het Afrikane meer as 57.8 biljoen dollar spandeer net op selfoonbetalings.

Alhoewel QR kodes  (soos die wat SnapScan gebruik) steeds algemeen is, is daar alreeds nuwer tegnologie beskikbaar. Beacon-tegnologie gebruik jou ligging vir verskeie funksies. 

SnapScan het onlangs Snapbeacon, `n eerste in Suid-Afrika, ontwikkel. Tik `n knoppie in die Snapscan-toepassing en `n transaksie word geaktiveer met Bluetooth. As die funksie op jou foon geaktiveer is, sal dit outomaties `n Pay here opsie wys. Jy kan dit ook deaktiveer as jy dit nie wil gebruik nie.

Snapbeacon is slegs versoenbaar met spesifieke fone – iPhone 4S en hoër en die nuutste slimfone met Android 4.3 en hoër. Aan die begin van April was Snapbeacon beskikbaar by 30 SnapScan-handelaars in Kaapstad en 20 in die res van Suid-Afrika.

[BRONNE: www.memeburn.com; www.ventureburn.com]

Whatsapp vir jou rekenaar

Vrydag, Februarie 13th, 2015

whatsappBaie van ons raak paniekbevange as ons buite selfoon of  WiF-ontvangs  is, terwyl ander op hul gelukkigste is in die middel van nerens met geen selfoontoring in sig. As jy in die eerste kategorie val, is jy waarskynlik ook `n geswore WhatsApp-gebruiker. 

Die goeie nuus is dat WhatsApp vanaf einde Januarie nie net op jou foon beskikbaar is nie, maar ook op jou tablet of rekenaar. Whatsapp Web gee aan gebruikers die gerief om gebruikers boodskappe te laat stuur en ontvang deur middel van `n webwerf.

Jou gesprekke sal ook outomaties gesinkroniseer word tussen Whatapp op jou selfoon en die toepassing op jou rekenaar.  Die enigste nadeel is dat dit slegs gebruik kan word met Google Chrome. As jy WhatsApp op jou rekenaar wil gebruik, kan jy die volledige instruksies op Cnet bekom.

Met die gemak en toeganklikheid van WhatsApp kom egter ook `n bietjie risiko. As jy gereeld Whatapp gebruik, kyk ook uit vir hierdie nuutste bedrogpogings.

 `n Nuwe WhatsApp Wangiri veldtog is tans in omloop waar gebruikers genoop word om `n internasionale oproep te maak wat gevolglik tot geweldige hoë kostes ly. 

Wangiri is `n tipe telefoonbedrog waar die skuldige lukrake nommers skakel en die foon neersit na een lui. `n Gemisde oproep wys dan op die ontvanger se foon. Die selfoongebruiker skakel terug omdat hy glo die oproep was vir hom bedoel en inderwaarheid skakel hy ‘n premium (en duur!) nommer.

WhatsApp-gebruikers kry `n boodskap met `n kontak aangeheg wat vra dat die “persoon” teruggebel word. Lees meer oor dié nuutste skema hier.

`n Tweede voorbeeld is `n SMS-veldtog kan WhatsApp-gebruikers R210-00 per maand uit die sak jaag. `n SMS word ontvang met die volgende bewoording word ontvang:

“You have not updated to the latest WhatsApp add-ons. Click here now [URL]. (Free MSG) 31655 optout dial 0110621424”. `n Skakel lei gebruikers na `n skerm met die boodskap “Update your wall 4 WhatsApp”.

Die fynskrif onderaan dui aan dat jy eintlik inskryf vir `n sosiale netwerk genaamd Buddiechat wat jou R7-00 per dag uit die sak gaan jaag. Gebruikers kliek onwetend op die skakel omdat hulle glo dis wettige WhatsApp-kommunikasie of omdat hulle in gedagte is. 

Lees die volledige artikel op mybroadband. 

Wil jy `n boek binne 90 minute lees?

Vrydag, September 26th, 2014

Te veel om te doen, te min tyd! Klink dit bekend? Dis geen wonder ons raak gefrustreerd as ons skielik opgesaal word met `n stapel leesstof waardeur ons moet werk nie.

Te danke aan die geleidelike afname van ons aandagspan te danke aan tegnologie en die toename van e-boeke, word “rapid serial visual presentation technology”, of te wel RSVP, word al meer populêr. Dis nie nuwe tegnologie nie, inteendeel, dis alreeds vir `n dekade in die rondte. (*sien onder vir alternatiewe spoedlesers)

spritzDie nuutste van hierdie toepassings, is Spritz. Die Boston-gebaseerde spesialiseer in teksstroom tegnologie en hoe dit geintegreer kan word in ons daaglikse kommunikasie. Die Samsung Gear S slimhorlosie is selfs vrygestel met Spritz reeds daarop geinstalleer.

Wanneer ons lees, gebruik ons slegs 20% van die tyd om dit wat ons lees te verwerk, beweer Spritz. Die orige 80% word vermors omdat ons oë heen-en-weer moet beweeg en soek na die “Optimale Herkenningspunt”(ORP).

Die ORP is `n spesifieke gedeelte van `n woord wat jou brein moet verwerk om die geskrewe teks te kan vertsaan. Dit voeg dan elke woord saam om `n logiese sin te vorm. Spritz doen hierdie verwerking vir jou deur die OPR in rooi uit te lig en elke keer op dieselfde plek op die skerm te posisioneer. Gevolglik fokus jou oë net op een plek en jy kan vinniger lees.

Met Spritz kan jy jou eie leesspoed kies – van 250 woorde per minuut tot 1000 woorde per minute. Met oefening kan jy jou leesspoed verhoog en sal jy nie net vinniger ees nie, maar ook meer effektief en verstaan wat jy lees.

Ons het Spritz getoets en dit laat jou wel toe om baie vinniger te lees as wat jy normaalweg sou. As jy dokumentasie vir werk of navorsing moet lees, kan Spritz moontlik jou lewe makliker maak. Maar wil jy regtig `n roman binne `n uur en `n half klaarlees? (Heeltemal moontlik volgens Spritz)

Hierdie leesmetode kan wel tot voordeel strek vir persone wat ly aan disleksie, `n kort aandagspan of enige ander leesgebreke.

Spritz is beskikbaar in beide `n toepassing vir jou foon of e-leser, maar kan ook geinstalleer word as `n webblaaier-ekstra. Beide kan gratis afgelaai word by www.spritzinc.com.

*Alternatiewelik kan jy ook Spreeder, Quickreader, Read Quick or Firefox se RSVP -leser, probeer.

[BRONNE: www.cbsnews.com, www.time.com, www.globalnews.com, www.abcnews.com]

So, Tom Hanks het ook nou `n app

Vrydag, Augustus 22nd, 2014

hanxDeesdae is al wat `n bekende is, betrokke by een of ander vorm of  van tegnologie. Die nuutste is Tom Hanks – ja, die einste een van Forest Gump.

Blykbaar het Mnr Hanks `n  sagte plekkie vir tikmasjiene. Dié stelling klink `n bietjie teenstrydig siende dat ons nou net van tegnologie gepraat het, maar Hanks het `n manier gekry om tegnologie en retro-koelheid te trou met mekaar.

Verlede jaar het hy in die New York Times in `n artikel die gewone, ou tikmasjien behoorlik die lof besing – “Everything you type on a typewriter sounds grand, the words forming in mini-explosions of SHOOK SHOOK SHOOK.”

Hanks is natuurlik ook  al sedert 1978 `n ywerige versamelaar. Hierdie passie het gelei tot samewerkingsooreenkoms met Hitcents om die  Hanx Writer, `n toepassing wat die tikmasjien probeer simuleer, te ontwikkel.

Hanx writer maak al die byklanke van `n tikmaskien na – die gekletter van die sleutels en selfs die klokkie aan die einde van `n reël. Jy kan selfs jou foute uit”XXX”, soos in die ou dae.

Die Hanx writer bevat ook meer tegnologies-gevorderde ekstras soos die opsie om jou dokument te e-pos, druk of te deel met ander. Dit kan selfs gebruik word saam met `n “blue-tooth” sleutelbord.

Ongelukkig is Hanks se toepassings slegs beskikbaar vir iPads. Daar is drie weergawes beskikbaar met betaalopsies vir meer verskeidenheid.  Die toepassing is laasweek bekendgestel, maar staan reeds stewig as mees afgelaaide toepassing op Apple iTunes.

Volgens Hanks is dit nie ideaal vir ernstige werk en dokumente nie, maar moet dit gesien word as `n nuutjie vir diegene wat nostalgies voel en sy liefde vir tikmasjiene deel. As jy verkies om nog nader aan die oorspronklike te kom – QWERKY het `n “blue-tooth” sleutelbord ontwikkel wat trek na`n tikmasjien.

[BRONNE: www.time.com, www.theguardian, www.nytimes.com, www.mashable.com]

Nuttige, gratis web apps waarvan almal behoort te weet

Vrydag, Augustus 8th, 2014

As deel van die uitbreiding van die web het die afgelope dekade die opkoms van duisende – indien nie miljoene nie – web apps gesien: in baie gevalle eenvoudige gereedskap wat gebruikers toelaat om spesifieke take via ’n webblad te voltooi, vanaf enige rekenaar wat aan die internet gekoppel is. Dit is egter belangrik om te weet waar om te kyk. En dít is waar hierdie gids jou kan help. Hieronder sal jy ’n lys vind van ’n paar bewese webtoepassings (apps) wat – indien hulle reg gebruik word – jou lewe baie makliker kan maak. Probeer hulle. Gebruik hulle. Deel hulle.

AANTEKENINGE NEEM EN STUDIEHULPMIDDELS

Evernote: ’n Baie gewilde nota-bestuurstelsel, wat jou toelaat om notas van jou tablet, rekenaar, foon en elders in te trek. Die web app laat jou toe om ’n nota-biblioteek te skep, verander, bestuur en te deursoek. www.evernote.com

Mindmap: ’n Stuk gereedskap wat maklik is om te gebruik en jou toelaat om jou eie breinkaarte vinnig en doeltreffend te skep. Wonderlik om kursusnotas, artikels en boeke op te som. www.mindmup.com

Gliffy en LucidChart: Albei wonderlike apps om ’n konsep d.m.v. diagramme te illustreer. Albei sluit baie bruikbare vorms en gereedskap in. Albei het egter ’n paar beperkings op die gratis rekening. Tog is hulle goed as jy net nou en dan diagramme wil skep. www.gliffy.com en www.lucidchart.com

Google Drive Documents: Google se webgebaseerde woordverwerker. Dis perfek vir opsommings, opstelle en dies meer en jy en ander mense kan terselfdertyd in dieselfde dokument tik. Dít maak hierdie eienskap dus perfek vir beplanning in spanverband, agendas en om die notule in ’n vergadering te neem. Google Drive Documents is deel van – ja, jy’t reg geraai – Google Drive, dus is dit nie nodig om ’n nuwe rekening daar te skep nie. drive.google.com

Cram: ’n Liggewig flitskaart hulpmiddel wat jou toelaat om jou eie flitskaarte te skep (met een woord/frase voorop en een agterop) en hulle dan alfabeties of lukraak te hersien. Baie nuttig vir enige inhoud m.b.t. waarmee jy ’n spesifieke sleutelpunt vir ’n spesifieke konsep moet onthou, bv. wanneer jy ’n taal aanleer. www.cram.com

AANBIEDINGS

Prezi: Moeg van skyfievertonings met flitsende teks of te veel kollyste (bullet lists)? Berei jou volgende aanbieding voor met Prezi. Dis ’n wonderlike manier om te illustreer hoe jou idees met mekaar verband hou omdat al jou inhoud op ’n enkele skerm vertoon word, met die ‘gesigspunt’ wat eenvoudig van een area na ’n ander swaai en inzoem. www.prezi.com

Google Drive Presentations: Indien jy ’n meer tradisionele ‘skyfievertoning’ verkies, of as Prezi nie gepas is om jou boodskap te kommunikeer nie, kan jy Google se PowerPoint alternatief gratis gebruik. Hoewel dit nie so vol eienskappe soos PowerPoint is nie, is dit nog steeds ’n goeie manier om aanbiedings te doen as jy nie geld op die voorgenoemde kombinasie wil uitgee nie. drive.google.com

NAVORSING

Google Scholar: Bring die krag van ’n Google soektog na navorsing. Deur jou toe te laat om vinnig en maklik duisende akademiese databasisse te deursoek (insluitend dié wat deur EBSCOHost, JSTOR, ens.) gebruik word, verminder dit die tyd wat jy benodig om artikels vir jou projekte, opstelle en tesisse te soek. ’n Bonus is dat dit jou ook toelaat om belangrike metadata van die artikels in ’n aanhalingsbestuurder (sien Zotero hieronder) direk van die blad met die soekresultate in te voer. Wanneer jy van buite die Universiteit Stellenbosch toegang tot Google Scholar wil verkry, moet jy scholar.google.com.ez.sun.ac.za gebruik om toegang te kry tot die vaktydskrifte waarvoor die Universiteit inteken. Andersins: scholar.google.com

[Spesiale vermelding] Zotero: Hoewel Zotero nie streng gesproke ’n web app is nie (ten spyte daarvan dat dit ook in jou blaaier loop), is dit net té goed en té relevant om nie hier ingesluit te word nie. Meer oor Zotero in `n vorige artikel.

ORGANISERING EN KOMMUNIKASIE

Google Calendar: Die goue standaard van gratis kalender gereedskap. Dit help jou om op hoogte te bly van jou afsprake, geleenthede, sperdatums en algemene beplanning — maar bly tog baie maklik om te gebruik. Dit kan ook op al jou toestelle sinkroniseer sodat jy toegang tot jou kalender het op jou tablet, foon en rekenaar. calendar.google.com

Gmail: Hierdie e-posdiens met immer groeiende stoorruimte en ongelooflike soekfunksionaliteit. Gmail verskil van Microsoft Outlook, Yahoo Mail en ander dienste omdat dit ‘etikette’ in plaas van tradisionele lêers gebruik. Jy kan enige e-pos met een of meer etikette merk en gevolglik volgens daardie etiket soek. Omdat jy ook so ’n groot hoeveelheid ruimte het (15 GB vroeg in 2014), hoef jy nooit e-posse uit te vee en hulle vir ewig te verloor nie. Omdat jy gevolglik toegang het tot al die e-posse wat jy al ooit gestuur of ontvang het, sluit Gmail kragtige soekvermoë in (dink: Google vir jou e-pos) wat dit vir jou moontlik maak om met gemak deur tonne en tonne boodskappe te soek. www.gmail.com

Wunderlist: Taakbestuur vergemaklik – en pragtig. Bly op hoogte van jou daaglikse taaklys, prioriteite, inkopielys en meer. Jy kan ook taaklyste met jou vriende deel – ’n wonderlike stuk gereedskap vir groepprojekte. www.wunderlist.com

LÊERS DEEL

Google Drive:  Installeer Google Drive op jou rekenaar en plaas dan eenvoudig ’n lêer in die toegewese vouer om dit op te laai. Sodra dit opgelaai is, kan jy die lêer met vriende deel. ’n Wenner eienskap van Google Drive is die verskeidenheid webgebaseerde wysigers wat by verstek ingesluit word – twee waarvan ons reeds vroeër na verwys het – wat samewerking so maklik maak. Jy kan ook spesifieke vouers in jou Drive met jou vriende deel, wat goed werk as jy al die lêers vir ’n groepprojek op een plek wil stoor. drive.google.com

Dropbox: Eenvoudig en maklik om lêers te deel. Hoewel dit soortgelyk aan Google Drive funksioneer, sluit dit nie die aanlyn wysigers in wat in laasgenoemde ingebou is nie. Dropbox is egter steeds een van die eenvoudigste maniere om lêers tussen toestelle en mense te deel. Dit is veral nuttig wanneer jy ’n groot dokument per e-pos moet stuur en nie die ontvanger se posbus wil oorlaai nie: laai die lêer eenvoudig op na jou Dropbox en deel dan die skakel in ’n e-pos. www.dropbox.com

[ARTIKEL DEUR JOHANNES JONKER]

 

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.