Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.
E-pos
(English) Latest phishing mail sent to SU staff
Dinsdag, Oktober 29th, 2013Sit `n bietjie krag in jou Powerpoint en Outlook
Vrydag, Oktober 18th, 2013Volgende week se Powerpoint en Outlook-opleiding is spesiaal vir Tygerberg-gebruikers.
As jy `n biejie woema in jou aanbiedings wil sit of wil uitvind hoe om jou Outlook vir meer as net e-posse stuur, te gebruik, sluit by ons aan by Gerga op Tygerberg die 22ste en 23ste Oktober.
Intermediêre Outlook 2010: 22 Oktober
Customizing Message Options, Organizing and Locating Messages, Setting Calendar Options, Tracking Activities Using the Journal, Managing Tasks, Sharing Folder Information, Customizing the Outlook Environment
Intermediêre Powerpoint 2010: 23 Oktober
Getting Started with PowerPoint, Creating a Basic Presentation, Formatting Text on Slides, Adding Graphical Objects to a Presentation, Modifying Graphical Objects in Presentations, Working with Tables, Working with Charts, Preparing to Deliver a Presentation.
Om in te skryf volg die volgende prosedure. Geen inskrywings kan ongelukkig deur die IT Dienstoonbank namens personeel gedoen word nie.
Is jy oorsee en het ons nodig?
Vrydag, Oktober 18th, 2013`n Paar jaar gelede kon jy ons net bel of e-pos stuur, toe kon jy ons blog lees en tweets volg.
Nou kan jy selfs op ons nommer druk as jy oorsee is en sukkel met `n rekenaarverwante probleem.
Spaar jouself die buitensporige internasionale oproepkostes en kom kuier vir ons op Skype deur te soek na helpinfo@sun.ac.za of die gebruikersnaamitstellenuni.
SARS e-pos mag gebruikers bedrieg
Dinsdag, Oktober 15th, 2013Vir die gelukkiges onder ons, is dit weer tyd vir SARS se belastingopgawes. Ongelukkig weet die kriminele elemente dit ook en telkens die tyd van die jaar, ontvang gebruikers e-posse wat klaarblyklik deur SARS gestuur word en `n belasting terugbetaling belowe. Al wat jy moet doen is om op `n skakel te kliek, aan te teken, jou bankrekeningdetails en wagwoord te gee en jy kry jou geld!
Natuurlik is dit `n klassieke geval van “phishing”. Moenie eers reageer, na die webwerf gaan of die aangehegte leêr oopmaak nie, aangesien dit jou banksekuriteit sal blootstel. Hier is `n voor-die-hand-liggende redes hoekom jy dit as `n swendelary moet herken:
1. SARS het jou bankdetails op rekord en dit word op `n sekure bediener en in geënkodeerde formaat gestoor. Hulle het nie nodig om jou weer te vra om jou bankdetails te bevestig of te verskaf nie.
2. SARS sal jou altyd SMS of aan jou `n geregistreerde brief deur middel van pos stuur om jou in kennis te stel van enige betalings. Hulle sal jou nie kontak d.m.v. `n onsekure medium soos e-pos nie. Buitendien het hulle ook genoeg inligting om jou persoonlik aan te spreek en nie met `n vae “Dear Taxpayer” nie.
3. Daar bestaan nie `n returnfund@sars.co.za adres nie.
4. Die aangehegde leêr is gewoonlik `n html (webblad) leêr wat lei na `n vervalste webwerf op `n onwettige bediener erens oorsee.
5. Die bedrag is altyd in die omgewing van R9 250.75
6. SARS sal jou nie op jou universiteitsadres kontak tensy jy dit gegee het as jou primêre adres nie.
Indien jy wel na die webwerf gaan, moenie jou bankrekening-details, kredietkaart-details of wagwoord invoer nie – dit sal aan skelms die kans gee om op jou bankrekening aan te teken deur die internet en beheer te neem oor jou bankrekening. Hulle kan dan hulself as begunstigdes byvoeg, al jou geld in hul rekeninge oorplaas en die bewyse wat hulle impliseer uitvee.
Hierdie tipe e-posse sal nooit ophou nie en dis bykans onmoontlik om dit te blok, omdat die kriminele hulle adresse, details en metodes op `n daaglikse basis aanpas. Die beste verweer is om hierdie e-posse in die junk mail leêr te sit, die domain waarvan dit gestuur word op die swartlys te sit en die e-pos dadelik uit te vee.
Hoekom hou hierdie kuberskelms aan om hulle e-posse te stuur? Want mense val telkens daarvoor. In 2012 was Suid-Afrika die 5de hoogste land wat “phising” betref, net na Indië, Kanada, Amerika en Brittanje en `n beraamde R14 miljoen is verlede jaar van Suid-Afrikaners gesteel.
[ARTICLE BY DAVID WILES]
Verward oor besoekersaktivering?
Vrydag, Oktober 4th, 2013Twee weke gelede het ons `n nuwe gedesentraliseerde proses vir die aktivering van toegang van besoekers aan die US-kampus aangekondig. (lees die artikel hier) Daar bestaan egter nog `n mate van verwarring oor die prosedures en hoe dit werk.
Om die proses eenvoudiger uit een te sit, het ons `n diagram saamgestel wat presies verduidelik hoe die stappe werk. Al dié inligting is ook in teks formaat op ons wiki beskikbaar.