Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Nuus

(English) Bespoke Research ICT Service Desk launched

Maandag, Mei 3rd, 2021

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

POPIA: Hoe waardevol is jou persoonlike inligting?

Donderdag, April 15th, 2021

Persoonlike inligting het waarde – vir die individu, die navorser, die Universiteit, asook vir die kwaadwillige aanvallers.  Die eerste stap na die volledige beveiliging van persoonlike inligting behels ʼn behoorlike begrip van die waarde van die persoonlike inligting wat vir institusionele prosesse en navorsingsprojekte gebruik word. 

Vir die doel het die Afdeling Inligtingsoorsigbestuur ʼn aanlyn- instrument vir selfassessering van privaatheidsimpak geloods.  Met die instrument kan die gebruiker die waarde van die persoonlike inligting op grond van wetlike definisies bepaal asook hoe die inligting kwaadwillig misbruik kan word.  Die resultate bied verder ook riglyne vir die hantering van risiko’s verbonde aan die gebruik van persoonlike inligting met toegevoegde waarde. Die Afdeling bied gefasiliteerde impakassesserings vir meer komplekse en hoër prioriteit institusionele prosesse en navorsingsprojekte. 

Vir meer inligting besoek www.sun.ac.za/privaatheid of kontak privacy@sun.ac.za.

Lees ook ons vorige artikel, “Maak gereed vir Die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting” hier.

[Artikel verskaf deur Afdeling Inligtingsoorsigbestuur]

 

WiFi-toegang met eduroam

Donderdag, April 8th, 2021

Sedert die begin van die jaar is MatiesWifi nie meer beskikbaar aan personeel en studente vir toegang tot WiFi op kampus nie. In plaas van MatiesWiFi moet gebruik gemaak word van eduroam vir enige WiFi-verbinding. Hierdie verandering is hoofsaaklik gemaak om sekuriteitsredes. Meer inligting. 

Om sekuriteit verder te verbeter, asook om te voldoen aan eduroam se GEANT-riglyne, was dit nodig dat ons `n nuwe sekuriteitsertifikaat implementeer. Hierdie sertifikaat sal lei tot beter werkverrigting en voortaan ook die aantekenproses bespoedig. 

Wanneer jy verbind aan eduroam met `n Windows-toestel (afhangende van die weergawe) sal jy `n kennisgewing kry kry. Dit sal slegs eenmalig gebeur. Kliek op Connect en gaan voort soos gewoon. Soortgelyke boodskappe sal ook verskyn as jy op toestelle werk met Linux of Apple bedryfstelsels.

NB. Neem kennis dat jy jou volle sun e-posadres moet gebruik wanneer jy aanteken op eduroam. 

 

 

 

Interaktiewe kampuskaart wys WiFi in geboue

Donderdag, April 1st, 2021

Bykans ‘n jaar gelede het Fasiliteitsbestuur hulle pasgemaakte, interaktiewe kampuskaart bekendgestel. Dié aanlyn-toepassing is in samewerking met Informasietegnologie en Esri Suid-Afrika ontwikkel en is veral handig vir nuwe studente wat nog nie bekend is met die kampusomgewing nie. Meer oor die funksionaliteit van die kaart.

Een handige funksie wat mettertyd bygevoeg is, is die aanduiding van WiFi-beskikbaarheid in geboue. Om die WiFi-koppelvlak te sien, volg die instruksies onder:

  1. Maak https://campusmap.sun.ac.za/in jou webblaaier oop.
  2. Kies Proceed. 

 

3. Kliek op die layers-ikoon (met rooi gesirkel)

 

4. Kies Campus WiFi Coverage

 

Alhoewel die interaktiewe kaart lewendig is, word dit deurentyd verfyn en opgedateer soos dit gebruik word en nuwe behoeftes bepaal word. 

Vir navrae en voorstelle kontak gerus vir Fasiliteitsbestuur. 

 

SU releases first interactive campus map

(English) SUNLearn support for students

Donderdag, April 1st, 2021

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.