Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Nuus

Hoekom is kubersekuriteit belangrik?

Dinsdag, Oktober 5th, 2021

Kubersekuriteit is die vaardigheid en vermoë om netwerke, toestelle en data van onwettige toegang op kriminele gebruik te beskerm en die praktyk om vertroulikheid, integriteit en die beskikbaarheid van inligting te waarborg. 

Kommunikasie, vervoer, handel en geneeskunde is slegs enkele areas wat afhanklik is van rekenaars en die Internet. `n Groot hoeveelheid van jou persoonlike inligting word op jou slimfoon, rekenaar, tablet of elders op iemand anders se stelsels gestoor. Die vermoë en kennis om jou gestoorde inligting te kan beskerm is van kardinale belang nie net vir jou as individu nie, maar ook vir jou organisasie en kollegas.

Het jy geweet dat:

  • Vanaf 2021, vind daar elke 11 sekondes `n losprysware-aanval (ransomware). In 2019 was dit elke 39 sekondes, `n duidelike toename.
  • 43% van kuberaanvalle teiken klein besighede. Hierdie aanvalle het met 400% gestyg sedert die begin van COVID. 

Amerika se Cybersecurity and Infrastructure Security Agency het `n versameling wenkblaaie beskikbaar gestel vir algemene gebruik. Hierdie aflaaibare PDF-dokumente bevat al die inligting wat jy benodig om jouself te beskerm in `n handige, kompakte formaat.

Meer wenke en hulpbronne kan hier verkry word. 

[BRON:  Cybersecurity and Infrastructure Security Agency, United States Government

(English) Cybersecurity Awareness Month: Creating strong passwords

Dinsdag, Oktober 5th, 2021

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

eduroam beskikbaar by Tygerberg

Dinsdag, Oktober 5th, 2021

TENET en die Wes-Kaapse Regering, in samewerking met Liquid Intelligent Technologies, het onlangs `n eduroam- proeflopie in vier Wes-Kaapse provinsiale hospitale implementeer:

  • Khayelitsha-hospitaal
  • Tygerberg-hospitaal
  • Groote Schuur-hospitaal 
  • Mowbray-hospitaal

Die uitbreiding en voortsetting van hierdie program by hospitale word grootliks bepaal deur die Departement van Gesondheid se gewilligheid om die waarde van die program in te sien. Ongelukkig blyk dit dat die aanvraag by bogenoemde vier hospitale laer is as wat ons verwag het, wat kan beteken dat daar `n risiko is dat die proeflopie nie verleng gaan word nie. 

Daarom wil ons graag personeel, en veral studente wat uitgeplaas is na een van die vier hospitale waar die proeflopieg beskikbaar is, aanmoedig om van die eduroam-diens gebruik te maak.

Ongelukkig is eduroam-dekking (nog) nie wydverspreid nie en is daar slegs enkele toegangspunte vir die netwerk in elke hospitaal. eduroam is tans beskikbaar naby die hoofingange van elk van die hospitale, sowel as in die nabyheid van personeelareas. Dit is veral beskikbaar in die omgewing van Liquid se eie Wi-Fi kentekens (sien voorbeeld regs)

Sodra studente (of personeel) aangeteken is sal Internettoegang sonder die gewone publieke Wi-Fi beperking (cap) in dié areas beskikbaar wees.

Meer oor eduroam se gebruik is op ons dienskatalogus beskikbaar.

 

 

Is dit regtig nodig om te vergader?

Maandag, Oktober 4th, 2021

Gegewe die huidige werk-van-die-huis situasie is ons meer geneig om ons werksure te spandeer in `n teams-vergadering of op `n Zoom-oproep. Diegene wat van die huis af werk sal moontlik `n skerp toename opgemerk in die hoeveelheid virtuele vergaderings waarheen hulle uitgenooi word sedert grendeltyd afgeskop het verlede jaar.

Die meeste van ons spring van een vergadering na die ander of probeer vergaderings skeduleer wat almal se reeds vol skedules pas. Hierdie optrede mag `n korttermyn oorreaksie wees weens die gebrek aan ander kommunikasievorme en sosiale kontak, maar dit kan produktiwiteit en effektiwitit beinvloed.

`n Produktiewe vergadering is een waar dit kennis gedeel moet word en die bespreekte onderwerpe gemeenskaplike samewerking benodig – waar mense terselfdertyd aanlyn moet wees, verkieslik op dieselfde plek. Dit is ook nuttig as konflik hanteer moet word of beter verhoudings gebou moet word. 

As `n vergadering egter geen duidelike uitset toon, die onderwerpe irrelevant is, die uitkoms bepaal kon word sonder `n vergadering of jy slegs teenwoordig is om te luister en nie insette  te gee nie, kan jy dit oorweeg om die uitnodiging van die hand te wys. Oor die algemeen is 40% van vergaderings nie werklik nodig nie.

Indien jy by verstek bloot uitnodigings na vergaderings aanvaar, veral dié sonder `n agenda, bevestig jy dat dit waaroor die ander persoon wil praat `n beter benutting is van jou tyd as jou eie werk.

Om vergaderinguitnodigings van die hand te wys kan `n uitdaging wees, veral met reeds geskeduleerde vergaderings. Dit kan egter die geleentheid bied om `n gesprek te begin met jou span oor watter onderwerpe nodig is om te bespreek en watter minder belangrik is. Onder is `n grafiese voorstelling wat jou en jou kollegas kan help om te besluit of `n vergadering nodig is. 

Gebruik hierdie geleentheid om jou vergaderings to verbeter, tyd te spaar en `n verbeterde, produktiewe werksongewing te skep. 

BRON: https://www.wrike.com/blog/meeting-infographic-decision-tree/

[ARTIKEL DEUR MANDY WANZA]

 

 

 

 

 

 

 

Nuwe houers vir e-afval by IT

Maandag, Oktober 4th, 2021

 As deel van die “Going Green”-projek sal Fasiliteitsbestuur e-afval houers op uitgesoekte plekke op kampus uitplaas. Ons moedig personeel en studente aan om hierdie houers te gebruik vir enige e-afval wat nie US-bates is nie.

Twee van hierdie geel houers (sien voorbeeld regs) sal ook voortaan by IT wees. Een houer word geplaas by die IT HUB-ingang en die tweede sal geplaas word by die diensingang (die deur aan jou regterkant as jy voor IT staan) van die IT-hoofgebou in Hammanshandstraat. Beide houers sal binne die gebou geplaas word by die ingang. 

WAT IS E-AFVAL?

Elektroniese afval (e-afval) is die term wat gebruik word om verouderde of weggooi-toerusting wat met elektrisiteit werk, te beskryf. Dit sluit rekenaars, enige elektroniese toerusting, batterye, ens. in wat uit die weggeruim is deur die oorspronklike eienaars. Meer oor e-afval.

Houers sal onderhou word deur Wasteplan en die universiteit se Wasteplan terreinopsigter sal bepaal wanneer die houers leeggemaak moet word.

Vir enige navrae oor die e-afval projek, stuur gerus `n e-pos aan fmhelpdesk@sun.ac.za.

 

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.