Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Wenke

Fnuik ransomware: Rugsteun jou data

Woensdag, Julie 5th, 2017

Die vernielsugtige ransom-wurm Petya het laasweek verwoesting regoor die wêreld gesaai en vele kritiese dienste onderbreek. Ongelukkig raak dit toenemend meer moeilik om hierdie tipe aanvalle te vermy, aangesien kuberkriminele slimmer raak en al meer inisiatief aan die dag lê. Hoewel daar maniere is om te voorkom dat jy in die ransomware-slaggat trap, is daar een ding wat jou sonder twyfel sal beskerm. En dis nie te tegnies of te moeilik om te doen nie.

Rugsteun jou data eenmaal ʼn week. Ja, dis ʼn vervelige, sieldodende, administratiewe taak en ons almal haat admin ewe veel – maar deur net dit te doen, verseker jy dat jou data veilig is. Selfs al word jou rekenaar oorgeneem deur ransomware of enige ander malware, het jy ekstra weergawes daarvan beskikbaar elders.

Hier is ʼn paar vinnige wenke om jou te help:

  1. Kies een dag in die week wat jou pas en skeduleer ʼn afspraak in jou dagboek om ʼn weeklikse rugsteun te doen. 
  2. Probeer om nie oor vorige rugsteundokumente te skryf nie.  Maak eerder opeenvolgende kopieë in verskeie vouers op jou eksterne hardeskyf of netwerkspasie met elkeen se datum as beskrywing. Indien enige van die dokumente korrup word, sal daar altyd ʼn vorige weergawe beskikbaar wees. 
  3. Gaan gereeld jou rugsteun-medium na en maak seker dat dit nog in ʼn werkende toestand is en jy toegang tot jou dokumente kan kry. 
  4. Gebruik meer as een rugsteun-medium, byvoorbeeld jou netwerkspasie EN ʼn eksterne hardeskyf. 

Waar moet jy jou data rugsteun?

  1. Elke personeellid het toegang tot sy/haar eie netwerkspasie (gewoonlik die h-skyf) waar jy ʼn vasgestelde hoeveelheid data gratis kan stoor. Jy het 1GB tot jou beskikking om die mees kritiese dokumente te stoor. Die spasie kan ook vermeerder word teen ʼn ekstra koste van R10-00 per 1GB. Jou netwerkspasie is ook beskikbaar via die web by storage.sun.ac.za indien jy nie op kampus is nie.
  2. Departementele netwerkspasie (gewoonlik die g-skyf). Die departementele netwerkspasie kan gebruik word vir leêrs wat deur meer as een persoon gebruik word en 15GB word aan elke departement toegeken. SharePoint kan ook deur groepe gebruik word om dokumente te deel.
  3. OneDrive bied 5TB stoorspasie per personeellid. Hierdie diens is beskikbaar via die Office365 suite. https://portal.office.com/
  4. Indien jy verkies om jou data naby te hou, kry vir jou ʼn eksterne hardeskyf. Moet nooit belangrike data op ʼn flitsskyf stoor nie – die enigste doel daarvan is om data van een toestel na ʼn ander te skuif. Dis nie ʼn betroubare rugsteun-medium nie. Maak ook seker dat jou rugsteun-mediums elders gebêre word of in ʼn kluis (nie in jou kantoor nie). Indien jy US-dokumente op ʼn eksterne hardeskyf stoor, MOET dit met ʼn wagwoord beveilig word of enkripteer word. Hou ook in gedagte dat indien jy die wagwoord verloor, IT nie jou data weer sal kan opspoor nie.
  5. Laastens kan jy ook jou data in die wolk stoor. OneDrive is een voorbeeld van wolkberging, maar GoogleDrive of Dropbox is ander opsies. Wolkberging is slegs vir persoonlike gebruik en nie vir enige akademiese of sensitiewe data nie. Onthou ook dat, indien jy meer as een toestel het, jou data op alle toestelle sinkroniseer moet word en kostes noodwendig betrokke is. 

Vir meer wenke en hoe om Windows se outomatiese rugsteun-funksie te aktiveer, lees gerus op www.backblaze.com.

 

(English) Alternative facts, fake news or lies?

Woensdag, Maart 1st, 2017

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

Sekuriteitswenke vir reis – oorsee en tuis

Woensdag, Maart 1st, 2017

Reis sonder mobiele toestelle is deesdae onwaarskynlik — of jy net om die draai in `n koffiewinkel sit en werk of duisende kilometers weg in `n koffiewinkel met gratis Wi-Fi.

Hierdie toestelle maak dit makliker vir ons om verbind te wees met die internet terwyl ons aan die gang is. Dit stoor egter ook heelwat informasie — insluitende kontakte, fotos, videos, liggings en ander persoonlike en finansiële data — van onsself en ook van ons vriende en familie. Hier is `n paar maniere om jouself en ander te beskerm.

Voordat jy gaan:

  • As dit moontlik is, moenie jou werk of persoonlike toestelle saamneem as jy internasionaal reis nie. Indien jy moet, verwyder of enkripteer vertroulike data.
  • As jy internasionaal  reis, oorweeg dit om eerder tydelike toestelle, soos `n goedkoper skootrekenaar en voorafbetaalde foon, te kry. Maak ook eers seker wat die universiteit se beleid is met betrekking tot die gebruik van toestelle wanneer jy reis.
  • Installeer opspoorsagteware vir jou toestelle  indien dit verlore raak of gesteel word. Maak seker dat dit moontlik is om data uit te vee vanaf `n afstand en dat jy weet hoe om dit te gebruik.
  • Maak seker dat enige toestel met `n bedryfstelsel en sagteware ten volle op datum is met sekuriteitsagteware, byvoorbeeld anti-virus.
  • Maak kopieë van jou reisdokumente en enige kredietkaarte wat jy saamvat. Los die kopieë by iemand wat jy vertrou, ingeval dit verlore raak of gesteel word.
  • Gebruik sterk wagwoorde, kodes en slim-foon raak IDs om jou toestelle te sluit en beskerm. 
  • Moenie sosiale media gebruik om jou reisplanne bekend te maak nie – jy maak jouself `n maklike teiken vir kriminele. Wag totdat jy tuis is voordat jy details oor jou reis deel.

Terwyl jy daar is:

  • Beskerm jouself, jou toestelle en jou identifikasiedokumente (veral jou paspoort) fisies. 
  • Moenie `n OTM gebruik tensy jy geen ander keuse het nie. Gebruik eerder die teller binne die bank. Indien jy `n OTM moet gebruik, doen dit slegs gedurende die dag en vra `n vriend om vir jou uit te kyk. Kyk ook uit vir steeltoestelle en bedek die sleutelbord met jou hand as jy jou PIN intik. 
  • Dis moeilik om fotos van jou avonture nie met vriende en familie te deel nie, maar dis beter om te wag totdat jy terug is voordat jy dit op sosiale media sit. 
  • Moet nooit die beskikbare rekenaars in openbare areas, hotel besigheidsareas of internetkafees gebruik nie – hulle kan reeds gelaai wees met malware en sagteware wat jou sleutelhale opneem. Indien jy `n ander reisigers, kollegas of vriende se toestelle moet gebruik, moenie aanteken by e-pos of enige ander sensitiewe rekeninge nie.
  • Wees versigtig vir openbare Wi-Fi netwerke of Wi-Fi toegangsgebied — hulle is nie veilig genoeg nie. Die moontlikheid bestaan dat enigiemand kan sien wat jy op jou rekenaar of toestel doen terwyl jy verbind is. 
  • Deaktiveer Wi-Fi en Bluetooth wanneer jy dit nie gebruik nie. Sommige winkels en ander plekke soek vir toestelle met dié funksies en speur jou bewegings na as jy naby genoeg is. 
  • Hou altyd jou toestelle by jou as jy reis. Moenie aanneem dat dit noodwendig veilig is in jou hotelkamer of -kluis nie.

Wanneer jy terug is:

  • Verander die wagwoorde wat jy oorsee gebruik het. 
  • Loop `n volledige anti-virus skandering op al jou toestelle.
  • As jy `n kredietkaart gebruik het met jou reis, gaan jou maandelikse state vir tot `n jaar later na vir enige teenstrydighede. 
  • As jy toepassings afgelaai het vir jou reis en dit nie meer nodig het nie, vee dit en die gepaardgaan data af.
  • Nou kan jy uiteindelik jou fotos op sosiale media plaas en jou reis van vooraf geniet.

Lees ook die New York Times se artikel, “Traveling Light in a Time of Digital Thievery”. En het jy nog veiligheidwenke nodig? Kyk na hierdie vier-minuut Travel Channel video, wat verduidelik hoe jy diefstal, Wi-Fi krakers en gevaarlike hotelle kan vermy. .

[BRON: www.educause.edu]

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.