%PDF-1.3 1 0 obj << /Type /Catalog /Outlines 2 0 R /Pages 3 0 R >> endobj 2 0 obj << /Type /Outlines /Count 0 >> endobj 3 0 obj << /Type /Pages /Kids [6 0 R ] /Count 1 /Resources << /ProcSet 4 0 R /Font << /F1 8 0 R /F2 9 0 R /F3 10 0 R /F4 11 0 R >> >> /MediaBox [0.000 0.000 612.000 792.000] >> endobj 4 0 obj [/PDF /Text ] endobj 5 0 obj << /Creator (DOMPDF) /CreationDate (D:20250714042728+00'00') /ModDate (D:20250714042728+00'00') /Title (Report 07-2025) >> endobj 6 0 obj << /Type /Page /Parent 3 0 R /Annots [ 12 0 R 14 0 R 16 0 R ] /Contents 7 0 R >> endobj 7 0 obj << /Length 3909 >> stream 0.702 0.800 0.816 rg 34.016 34.016 543.969 723.969 re f 1.000 1.000 1.000 rg 45.266 319.181 521.469 427.553 re f 0.773 0.773 0.773 RG 0.75 w 0 J [ ] 0 d 45.641 319.556 520.719 426.803 re S 0.773 0.773 0.773 rg 61.016 334.931 m 550.984 334.931 l 550.984 335.681 l 61.016 335.681 l f 0.200 0.200 0.200 rg BT 61.016 693.716 Td /F1 14.4 Tf [(AANLYN EXCEL OPLEIDING NOU BESKIKBAAR)] TJ ET 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 664.909 Td /F2 9.0 Tf [(Posted on )] TJ ET BT 104.045 664.909 Td /F3 9.0 Tf [(January 01,1970)] TJ ET BT 173.588 664.909 Td /F2 9.0 Tf [( by )] TJ ET BT 188.096 664.909 Td /F3 9.0 Tf [(IT Communications)] TJ ET 0.153 0.153 0.153 rg BT 61.016 637.420 Td /F4 9.0 Tf [(As jy jou Excel-vaardighede wil opskerp het ons net die oplossing vir jou.)] TJ ET BT 61.016 617.431 Td /F4 9.0 Tf [(Jy kan nou ? aanlyn Excel-kursus volg wat al die Microsoft Office Excel 2019 inhoud dek wat jy nodig het om )] TJ ET BT 61.016 606.442 Td /F4 9.0 Tf [(internasionaal gesertifiseer te wees. Dit sal kursusgangers ook help om hulleself te orienteer binne die Office 2019 en 365-)] TJ ET BT 61.016 595.453 Td /F4 9.0 Tf [(omgewing. )] TJ ET BT 61.016 575.464 Td /F4 9.0 Tf [(Die kursus vind plaas oor vier dae en daar is vaste opleidingsperiodes waaruit jy kan kies. )] TJ ET BT 421.160 575.464 Td /F1 9.0 Tf [(Die volgende sessie vind 24 )] TJ ET BT 61.016 564.475 Td /F1 9.0 Tf [(tot 27 Augustus plaas.)] TJ ET BT 61.016 544.486 Td /F4 9.0 Tf [(Die enigste vereistes is dat jy rekenaargeletterd is en oor ? tafel- of skootrekenaar, Office365 en ? internetverbinding )] TJ ET BT 61.016 533.497 Td /F4 9.0 Tf [(beskik. )] TJ ET BT 61.016 513.508 Td /F4 9.0 Tf [(Om in te skryf vir die kursus, kan jy registreer op SUN-e-HR. Navigeer na )] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 355.091 513.508 Td /F4 9.0 Tf [(my.sun.ac.za)] TJ ET 0.373 0.169 0.255 RG 0.18 w 0 J [ ] 0 d 355.091 512.357 m 408.110 512.357 l S 0.153 0.153 0.153 rg BT 408.110 513.508 Td /F4 9.0 Tf [(, kliek op die )] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 460.634 513.508 Td /F4 9.0 Tf [(my.sun.ac.za)] TJ ET 0.18 w 0 J [ ] 0 d 460.634 512.357 m 513.653 512.357 l S 0.153 0.153 0.153 rg BT 513.653 513.508 Td /F4 9.0 Tf [( oortjie )] TJ ET BT 61.016 502.519 Td /F4 9.0 Tf [(en teken aan met jou sun-rekeningdetails. Nadat jy aangeteken het, gaan na )] TJ ET BT 368.195 502.519 Td /F2 9.0 Tf [(Training and development-> Learner Home-)] TJ ET BT 61.016 491.530 Td /F2 9.0 Tf [(>Information Technology)] TJ ET BT 160.313 491.530 Td /F4 9.0 Tf [( en die opsie vir die Excel-kursus sal sigbaar wees.)] TJ ET BT 61.016 471.541 Td /F4 9.0 Tf [(Sodra jy geregistreer is sal StellieTech, die maatskappy verantwoordelik vir die opleiding, jou kontak. Hulle instrukteurs sal )] TJ ET BT 61.016 460.552 Td /F4 9.0 Tf [(saam met jou jou vordering met die opleiding monitor, jou bystaan en sekermaak dat jy op die regte spoor bly met die )] TJ ET BT 61.016 449.563 Td /F4 9.0 Tf [(program.)] TJ ET BT 61.016 429.574 Td /F4 9.0 Tf [(Die opleidingmateriaal wat gedek word, is presies dieselfde materiaal wat gedek word in StellieTech opleidingsentrums. Al )] TJ ET BT 61.016 418.585 Td /F4 9.0 Tf [(hierdie sentrums voldoen aan globale industriestandaarde en internasionaal geakkrediteerde sertifisering.)] TJ ET BT 61.016 398.596 Td /F4 9.0 Tf [(Op die platform sal jy julle pre-toetse vind, opleidingsvideo's, oefen-simulasies, post-toetse en aflaaibare werkboeke. Al )] TJ ET BT 61.016 387.607 Td /F4 9.0 Tf [(die inligting is duidelik uiteengesit op die platform en baie gebruikersvriendelik. )] TJ ET BT 61.016 367.618 Td /F4 9.0 Tf [(Meer gedetailleerde inligting oor die )] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 206.078 367.618 Td /F4 9.0 Tf [(Excel-kursus.)] TJ ET 0.18 w 0 J [ ] 0 d 206.078 366.467 m 260.087 366.467 l S 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 349.129 Td /F2 9.0 Tf [(Posted in:Nuus,Kennisgewings,Opleiding | | With 0 comments)] TJ ET endstream endobj 8 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F1 /BaseFont /Helvetica-Bold /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 9 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F2 /BaseFont /Helvetica-Oblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 10 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F3 /BaseFont /Helvetica-BoldOblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 11 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F4 /BaseFont /Helvetica /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 12 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 13 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 355.0907 512.6752 408.1097 521.8327 ] >> endobj 13 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (http://my.sun.ac.za) >> endobj 14 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 15 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 460.6337 512.6752 513.6527 521.8327 ] >> endobj 15 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (http://my.sun.ac.za) >> endobj 16 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 17 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 206.0777 366.7852 260.0867 375.9427 ] >> endobj 17 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (http://blogs.sun.ac.za/it/files/2020/06/Excel-course.pdf) >> endobj xref 0 18 0000000000 65535 f 0000000008 00000 n 0000000073 00000 n 0000000119 00000 n 0000000305 00000 n 0000000334 00000 n 0000000472 00000 n 0000000568 00000 n 0000004529 00000 n 0000004641 00000 n 0000004756 00000 n 0000004876 00000 n 0000004984 00000 n 0000005112 00000 n 0000005183 00000 n 0000005311 00000 n 0000005382 00000 n 0000005510 00000 n trailer << /Size 18 /Root 1 0 R /Info 5 0 R >> startxref 5618 %%EOF Opleiding « Informasietegnologie
Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Opleiding

(English) Computer Literacy and Digital Literacy – not the same thing

Woensdag, Junie 7th, 2023

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

(English) Information Security Awareness Training

Dinsdag, Oktober 5th, 2021

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

Hoekom is kubersekuriteit belangrik?

Dinsdag, Oktober 5th, 2021

Kubersekuriteit is die vaardigheid en vermoë om netwerke, toestelle en data van onwettige toegang op kriminele gebruik te beskerm en die praktyk om vertroulikheid, integriteit en die beskikbaarheid van inligting te waarborg. 

Kommunikasie, vervoer, handel en geneeskunde is slegs enkele areas wat afhanklik is van rekenaars en die Internet. `n Groot hoeveelheid van jou persoonlike inligting word op jou slimfoon, rekenaar, tablet of elders op iemand anders se stelsels gestoor. Die vermoë en kennis om jou gestoorde inligting te kan beskerm is van kardinale belang nie net vir jou as individu nie, maar ook vir jou organisasie en kollegas.

Het jy geweet dat:

  • Vanaf 2021, vind daar elke 11 sekondes `n losprysware-aanval (ransomware). In 2019 was dit elke 39 sekondes, `n duidelike toename.
  • 43% van kuberaanvalle teiken klein besighede. Hierdie aanvalle het met 400% gestyg sedert die begin van COVID. 

Amerika se Cybersecurity and Infrastructure Security Agency het `n versameling wenkblaaie beskikbaar gestel vir algemene gebruik. Hierdie aflaaibare PDF-dokumente bevat al die inligting wat jy benodig om jouself te beskerm in `n handige, kompakte formaat.

Meer wenke en hulpbronne kan hier verkry word. 

[BRON:  Cybersecurity and Infrastructure Security Agency, United States Government) 

Ekstra vlak van sekuriteit vir rekenaars op kampus

Maandag, Augustus 2nd, 2021

Kubermisdaad is ʼn veld wat voortdurend ontwikkel. Alhoewel die groter meerderheid virusse aanvanklik as poetse geskep is, is dit deesdae noodsaaklik om op hoogte te bly met die verskeie risiko’s op die internet as jy veilig aanlyn wil wees. Hier is ʼn kort opsomming van die basiese gevare: 

Malware, of malicious software, is ʼn oorkoepelende term vir enige kwaadwillige rekenaarprogram. Malware is die mees algemene vorm van aanlyn-bedreiging. 

Ransomware is ʼn nuwe vorm van malware wat gebruikers se toegang tot dokumente of toestelle sluit en dan anoniem ʼn aanlynbetaling eis om toegang te herstel. 

Adware is ʼn vorm van malware wat versteek is op jou toestel en advertensies aan jou vertoon. Sommige adware monitor ook jou aanlyngedrag sodat dit pasgemaakte advertensies vir jou kan wys. 

Spyware is ʼn vorm van malware wat versteek is op jou toestel, jou aktiwiteite monitor en sensitiewe data soos bankinligting en wagwoorde steel. 

Die wêreld van kubermisdaad is soortgelyk aan die van tegnologie. Elke jaar is daar nuwe tendense, deurbrake en hulpmiddele. 

Jy het moontlik opgemerk dat daar onlangs ʼn Malwarebytes Threat Scan ikoon op jou skootrekenaar of tafelrekenaar se skerm verskyn het (Figuur 1). Moenie skrik nie, dis nie ʼn nuwe tipe malware nie! Universiteit Stellenbosch se IT-afdeling het ʼn ekstra vlak van sekuriteit op kampusrekenaars bygevoeg. 

Figuur 1

Malwarebytes Incident Response is vertroude standaard in outomatiese eindpunt remediasie. Ongelukkig, onder huidige omstandighede, beteken dit dat sommige malware kan terugkeer nadat dit verwyder is. Indien dit gebeur sal Malwarebytes jou aanpor om jou rekenaar af en aan te sit, soos aangedui in Figuur 2.

Figuur 2

Dit gebeur omdat die malware moet sinkroniseer met jou webblaaier se profiel. Dit sal weer terug sinkroniseer met jou toestel nadat dit verwyder is. Indien jy daagliks sulke versoeke van Malwarebytes kry om jou rekenaar af te sit, stel ons voor dat jy ʼn versoek aanteken op die ICT Partner Portal sodat ʼn tegnikus jou kan help. 

[ARTIKEL DEUR BRADLEY VAN DER VENTER]

Microsoft Teams werkverrigting wenke

Dinsdag, Julie 6th, 2021

Die meeste US-personeel het waarskynlik al die frustrasie ervaar van gebroke internetverbindings tydens ʼn Teams-vergadering of ander tegniese uitdagings soos swak of gebroke verbindings. Met hierdie kort artikel verskaf ons `n paar wenke om te verseker dat jou volgende Teams-vergadering met die minimum probleme gepaardgaan. Die wenke is verdeel in drie kategorieë:

  1. Goeie praktyke.
  2. Voorbereiding vir ʼn moeitevrye vergadering.
  3. Stappe om te neem indien jy ʼn slegte verbinding het.

Goeie praktyke sluit in:

  1. Skakel jou rekenaar gereeld aan en af – ten minste een keer per dag. Die af- en aanskakel verwyder prosesse op jou rekenaar wat onnodig hulpbronne gebruik. ʼn Goeie gewoonte is om aan die einde van die dag af te skakel en weer vars in die oggend te begin.  
  2. Doen gereeld opdaterings en verseker dat die bedryfstelsel en toepassings op datum is. Dit behoort normaalweg outomaties te gebeur op rekenaars wat US-bates is. 
  3. Loop gereeld jou anti-virus sagteware om te voorkom dat jou rekenaar virusse kry.

Voorbereiding vir ʼn moeitevrye vergadering, veral belangrik as jy die vergadering lei:

  1. Maak alle onnodige toepassings toe. 
  2. Toets of jy wel voldoende Internet-bandwydte beskikbaar het. Jy kan dit doen deur ʼn Internet-bandwydte toets te doen met Speedtest by Ookla.
    Vir slegs klank en die deel van grafika het jy minder as een MB/sekonde nodig.
    Vir die deel van toepassings en die gebruik van jou webkamera, het jy tussen 1 en 2 MB/sekonde nodig.
    Vir video het jy verkieslik 2 MB/sekonde nodig.
  3. Toets of jou PC genoeg hulpbronne het.
    Vir Windows 10 druk Ctrl + Shift + Esc.
    Vir MAC is die ekwivalent die Activity Monitor: Druk Command+Space bar om die Spotlight soekveld op te roep. 
    Tik Activity Monitor in die soekveld.
    Die persentasie CPU-gebruik behoort minder as 50% te wees en die geheue-gebruik onder 60% voordat jy MS Teams gebruik.
  4. Indien MS Teams oop was voor ʼn vergadering, maak dit toe en weer oop te minste 10 minute voor jou vergadering begin. Om dit te doen, regskliek op die Teams-ikoon op die taskbar, kies Quit en maak dit weer oop. 

5. Indien jy jou Internet (bv. tuis) met ander gebruikers deel, maak seker dat hulle weet jy is in ʼn vergadering sodat die Internet-verbinding nie onnodig oorlaai word nie (met bv. video’s, TV kyk of opdaterings) Skakel jou kamera af en gebruik slegs oudio as die spoedtoets of rekenaar se hulpbronne beperkings uitgewys het.

6. Indien jy die vergadering lei of aanbied en jy twyfel oor jou verbinding tuis, doen dit eerder vanaf die kantoor of kampus waar dit minder waarskynlik is dat jy probleme sal hê. Gebruik Ethernet (ʼn kabel direk verbind aan jou internetpunt) eerder as Wi-Fi indien dit beskikbaar is.

7. Hou ʼn tweede toestel met Microsoft Teams byderhand vir ingeval, b.v. ʼn selfoon met LTE-data. Oefen om toestelle te wissel sodat jy gewoond is aan hoe dit werk voordat jy `n vergadering moet lei.

Stappe om te neem indien jy ʼn slegte verbinding het.

  1. Sit die kamera af indien dit aan was.
  2. Sit inkomende video af (laaste item onder die driepunt-spyskaart) 
    Jy sal steeds gedeelde skerms en kommentaar kan sien.

3. Skakel oor na ʼn ander toestel as die laaste alternatief, byvoorbeeld MS Teams op jou selfoon of tablet.

 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.