%PDF-1.3 1 0 obj << /Type /Catalog /Outlines 2 0 R /Pages 3 0 R >> endobj 2 0 obj << /Type /Outlines /Count 0 >> endobj 3 0 obj << /Type /Pages /Kids [6 0 R 12 0 R ] /Count 2 /Resources << /ProcSet 4 0 R /Font << /F1 8 0 R /F2 9 0 R /F3 10 0 R /F4 11 0 R >> >> /MediaBox [0.000 0.000 612.000 792.000] >> endobj 4 0 obj [/PDF /Text ] endobj 5 0 obj << /Creator (DOMPDF) /CreationDate (D:20250714022427+00'00') /ModDate (D:20250714022427+00'00') /Title (Report 07-2025) >> endobj 6 0 obj << /Type /Page /Parent 3 0 R /Contents 7 0 R >> endobj 7 0 obj << /Length 5528 >> stream 0.702 0.800 0.816 rg 34.016 34.016 543.969 723.969 re f 1.000 1.000 1.000 rg 45.266 75.629 521.469 671.105 re f 0.773 0.773 0.773 rg 0.773 0.773 0.773 RG 45.266 746.734 m 566.734 746.734 l 565.984 745.984 l 46.016 745.984 l f 566.734 746.734 m 566.734 75.629 l 565.984 75.629 l 565.984 745.984 l f 45.266 746.734 m 45.266 75.629 l 46.016 75.629 l 46.016 745.984 l f 0.200 0.200 0.200 rg BT 61.016 693.716 Td /F1 14.4 Tf [(WHATSAPP-VERBLINDERY)] TJ ET 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 664.909 Td /F2 9.0 Tf [(Posted on )] TJ ET BT 104.045 664.909 Td /F3 9.0 Tf [(January 01,1970)] TJ ET BT 173.588 664.909 Td /F2 9.0 Tf [( by )] TJ ET BT 188.096 664.909 Td /F3 9.0 Tf [(IT Communications)] TJ ET 0.153 0.153 0.153 rg BT 61.016 637.420 Td /F4 9.0 Tf [(WhatsApp word deurstudente en personeel gebruik as belangrike kommunikasiemiddel. Ongelukkig bied dit aan )] TJ ET BT 61.016 626.431 Td /F4 9.0 Tf [(kuberdiewe nog ? platform om hul aktiwiteite op uit te oefen.)] TJ ET BT 61.016 606.442 Td /F4 9.0 Tf [(WhatsApp kuberstreke kom in verskeie formate voor en is dikwels besonder oortuigend. Maak seker jy bly oplettend en )] TJ ET BT 61.016 595.453 Td /F4 9.0 Tf [(word nie geflous deur iets wat te goed of te problematies om waar te wees lyk nie. Net omdat ? familielid of vriend vir jou )] TJ ET BT 61.016 584.464 Td /F4 9.0 Tf [(iets aanstuur, beteken nie dis veilig nie.)] TJ ET BT 61.016 564.475 Td /F1 9.0 Tf [(Koepon-truuks)] TJ ET BT 61.016 544.486 Td /F4 9.0 Tf [(Jy kry ? boodskap via Whatsapp van \(wat lyk soos\) een van jou vriende en hy beveel ? aanbod waarop hy afgekom het, )] TJ ET BT 61.016 533.497 Td /F4 9.0 Tf [(aan. Gewoonlik is daar ? skakel in die boodskap wat jou na ? ander webwerf neem en waar jy jou persoonlike inligting )] TJ ET BT 61.016 522.508 Td /F4 9.0 Tf [(invul. Moet nooit op ? skakel kliek waaroor jy nie seker is nie en moet definitief nooit persoonlike inligting gee op ? )] TJ ET BT 61.016 511.519 Td /F4 9.0 Tf [(webwerf wat jy nie ken nie.)] TJ ET BT 61.016 491.530 Td /F1 9.0 Tf [(WhatsApp maak toe)] TJ ET BT 61.016 471.541 Td /F4 9.0 Tf [(Daar is heelwat vals boodskappe wat beweer dat Whatsapp gaan toemaak indien genoeg mense nie ? spesifieke )] TJ ET BT 61.016 460.552 Td /F4 9.0 Tf [(boodskap deel nie. Die boodskappe lyk dikwels heel oortuigend en gebruik die regte woorde en frases vir die konteks, )] TJ ET BT 61.016 449.563 Td /F4 9.0 Tf [(asof dit deur ? direkteur van ? maatskappy of iemand amptelik gestuur is.)] TJ ET BT 61.016 429.574 Td /F4 9.0 Tf [(? Amptelike verslag sal egter nie van klinte verwag om dit heen en weer te stuur nie. Dit sou deur middel van normale )] TJ ET BT 61.016 418.585 Td /F4 9.0 Tf [(nuuskanale verkondig word of as ? kennisgewing in die toepassing self deur die Whatsapp-span.)] TJ ET BT 61.016 398.596 Td /F1 9.0 Tf [(WhatsApp dreig om jou rekening te sluit)] TJ ET BT 61.016 378.607 Td /F4 9.0 Tf [(Hierdie voorbeeld is soortgelyk aan die vorige een. Dit lyk soos ? amptelike boodskap wat beweer dat jouWhatsapp-)] TJ ET BT 61.016 367.618 Td /F4 9.0 Tf [(rekening gesluit gaan word omdat dit nie aktief gebruik word nie. Dit versoek dat jy die boodskap aanstuur om te bewys )] TJ ET BT 61.016 356.629 Td /F4 9.0 Tf [(dat dit wel gebruik word.)] TJ ET BT 61.016 336.640 Td /F1 9.0 Tf [(WhatsApp dwing jou om te betaal)] TJ ET BT 61.016 316.651 Td /F4 9.0 Tf [(Ook soortgelyk aan die vorige kuberdiefstalpoging. Die enigste verskil is dat jy blykbaar vrygeskeld word van betaling )] TJ ET BT 61.016 305.662 Td /F4 9.0 Tf [(indien jy die boodskap aanstuur na ander persone.)] TJ ET BT 61.016 285.673 Td /F1 9.0 Tf [(WhatsApp Gold of WhatsApp Premium)] TJ ET BT 61.016 265.684 Td /F4 9.0 Tf [(Di boodskap stel voor dat jy? spesiale weergawe van Whatsapp, gewoonlik genoem Gold of Premium, koop of aflaai. )] TJ ET BT 61.016 254.695 Td /F4 9.0 Tf [(Blykbaar bied hierdie nuwe weergawes opwindende ekstra kenmerke, soos die vermoe om meer fotos te stuur, nuwe )] TJ ET BT 61.016 243.706 Td /F4 9.0 Tf [(emojis te gebruik of ekstra sekuriteitsopsies. Ongelukkig is hierdie verbeterde weergawes glad nie veilig nie. Wanneer die )] TJ ET BT 61.016 232.717 Td /F4 9.0 Tf [(toepassing aflaai word, word die foon besmet met )] TJ ET BT 261.608 232.717 Td /F2 9.0 Tf [(malware)] TJ ET BT 295.610 232.717 Td /F4 9.0 Tf [(, wat opsigself meer vals boodskappe genereer op jou onkoste.)] TJ ET BT 61.016 212.728 Td /F1 9.0 Tf [(Whatsapp e-posse)] TJ ET BT 61.016 192.739 Td /F4 9.0 Tf [(Gemorspos e-posse is erg genoeg, maar saam met Whatsapp raak dit onbeheerbaar. Daar is ? verskeidenheid )] TJ ET BT 61.016 181.750 Td /F4 9.0 Tf [(kuberdiefstalpogings daar buite wat e-posse uitstuur wat soos Whatsapp-kennisgewings lyk gewoonlik ? kennisgewing )] TJ ET BT 61.016 170.761 Td /F4 9.0 Tf [(van ? verlore oproep of stempos. Maar wanneer jy daarop kliek, word jy oortuig dat jou inligting, wagwoord, ens. moet )] TJ ET BT 61.016 159.772 Td /F4 9.0 Tf [(verklap.)] TJ ET BT 61.016 139.783 Td /F4 9.0 Tf [(Moet nooit op ? e-pos van ? twyfelagtige sender kliek nie. Whatsapp stuur nie e-posse oor verlore oproepe of stempos )] TJ ET BT 61.016 128.794 Td /F4 9.0 Tf [(nie.)] TJ ET BT 61.016 108.805 Td /F1 9.0 Tf [(Onegte WhatsApp afloer-toepassings)] TJ ET BT 61.016 88.816 Td /F4 9.0 Tf [(Whatsapp gebruik )] TJ ET BT 136.049 88.816 Td /F2 9.0 Tf [(end-to-end)] TJ ET BT 182.075 88.816 Td /F4 9.0 Tf [(enkripsie en gevolglik is dit nie moontlik om iemand andersse boodskappe te lees nie. )] TJ ET endstream endobj 8 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F1 /BaseFont /Helvetica-Bold /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 9 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F2 /BaseFont /Helvetica-Oblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 10 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F3 /BaseFont /Helvetica-BoldOblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 11 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F4 /BaseFont /Helvetica /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 12 0 obj << /Type /Page /Parent 3 0 R /Annots [ 14 0 R ] /Contents 13 0 R >> endobj 13 0 obj << /Length 1999 >> stream 0.153 0.153 0.153 rg 0.773 0.773 0.773 RG 0.702 0.800 0.816 rg 34.016 34.016 543.969 723.969 re f 1.000 1.000 1.000 rg 45.266 556.855 521.469 201.129 re f 0.773 0.773 0.773 rg 45.266 556.855 m 566.734 556.855 l 565.984 557.605 l 46.016 557.605 l f 566.734 757.984 m 566.734 556.855 l 565.984 557.605 l 565.984 757.984 l f 45.266 757.984 m 45.266 556.855 l 46.016 557.605 l 46.016 757.984 l f 61.016 572.605 m 550.984 572.605 l 550.984 573.355 l 61.016 573.355 l f 0.153 0.153 0.153 rg BT 61.016 749.193 Td /F4 9.0 Tf [(Boodskappe kan slegs gelees word deur die fone wat dit stuur en ontvang.)] TJ ET BT 61.016 729.204 Td /F4 9.0 Tf [(Hierdie pogings moedig jouaan om iets af te laai wat nie bestaan of moontlik is nie. Jy betaal eintlik vir )] TJ ET BT 471.695 729.204 Td /F2 9.0 Tf [(malware)] TJ ET BT 505.697 729.204 Td /F4 9.0 Tf [( wat jou )] TJ ET BT 61.016 718.215 Td /F4 9.0 Tf [(eie boodskappe lees wanneer jy dit op jou foon laai.)] TJ ET BT 61.016 698.226 Td /F4 9.0 Tf [(Laastens -)] TJ ET BT 61.016 678.237 Td /F4 9.0 Tf [(Hopelik het jy reeds die verstelling verander wat jou Whatsapp-details \(telefoonnommer, naam, ens.\) met Facebook deel )] TJ ET BT 61.016 667.248 Td /F4 9.0 Tf [(en sal Facebook nie jou Whatsapp-rekening toeganklik maar vir 13 miljoen Facebook-gebruikers nie.)] TJ ET BT 61.016 647.259 Td /F4 9.0 Tf [(Meer inligting oor di kontroversile beleidsverandering deur Whatsapp kan op die volgende bladsy gelees word: )] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 61.016 636.270 Td /F4 9.0 Tf [(http://www.mirror.co.uk/tech/you-can-stop-whatsapp-sharing-8893949)] TJ ET 0.373 0.169 0.255 RG 0.18 w 0 J [ ] 0 d 61.016 635.119 m 339.116 635.119 l S 0.153 0.153 0.153 rg BT 419.458 616.281 Td /F4 9.0 Tf [([ARTICLE DEUR DAVID WILES])] TJ ET 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 597.792 Td /F2 9.0 Tf [(Posted in:Toepassings,Kommunikasie | Tagged:Malware,Kuberstrikroof,Sekuriteit,Gemorspos,Whatsapp | With 0 )] TJ ET BT 61.016 586.803 Td /F2 9.0 Tf [(comments)] TJ ET endstream endobj 14 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 15 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 61.0157 635.4376 339.1157 644.5951 ] >> endobj 15 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (http://www.mirror.co.uk/tech/you-can-stop-whatsapp-sharing-8893949) >> endobj xref 0 16 0000000000 65535 f 0000000008 00000 n 0000000073 00000 n 0000000119 00000 n 0000000312 00000 n 0000000341 00000 n 0000000479 00000 n 0000000542 00000 n 0000006122 00000 n 0000006234 00000 n 0000006349 00000 n 0000006469 00000 n 0000006577 00000 n 0000006661 00000 n 0000008713 00000 n 0000008840 00000 n trailer << /Size 16 /Root 1 0 R /Info 5 0 R >> startxref 8958 %%EOF malware « Informasietegnologie
Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

malware

Belastingseisoen = kubermisdaad

Vrydag, Julie 24th, 2015

Net iemand met `n ongewone voorliefde vir pyn en ongemak sien uit na `n uitstappie na die tandarts. Dieselfde geld vir belasting.

Kuberkriminele buit ons SARS-vrese uit en misbruik belastingseisoen om e-posgebruikers uit te vang.  

Elke jaar rondom Julie maak e-posse (soos die een heel onder) hul opwagting in US-personeel se posbusse. Op die oog af lyk dit soos `n SARS e-pos wat jou in kennis stel dat Jan Taks geld aan jou wil betaal. Om dit te kry, moet jy net op `n skakel te kliek.

Natuurlik is dit `n slenter. Moet nooit hierop reageer, op die skakel kliek, na die webwerf gaan, of die aangehegte dokument oopmaak nie. Jy sal bloot jou bankrekening in gevaar stel. 

  1. SARS het reeds jou bankbesonderhede en dit word veilig gestoor in enkripteerde formaat. Hulle het nie nodig om te vra dat jy dit weer bevestig nie. 
  2. SARS sal jou SMS of `n geregistreerde brief per pos stuur om jou in kennis te stel van belastinguitbetalings. Hulle sal jou nie met onsekure e-pos kontak nie.
  3. SARS het jou inligting en sal jou persoonlik aanspreek –  nie as “Dear Taxpayer” of met `n vae “Good Day” nie.
  4. Daar bestaan nie `n EFiling@sars.gov.za adres nie.
  5. Die aangehegte leêr is gewoonlik `n html (webblad) leêr en sal jou verbind aan `n bediener wat deur kriminele beheer word.  Hierdie bediener laai `n Trojan-virus wat sagteware en malware installeer op jou rekenaar en verskeie onreëlmatighede met jou data wil uitvoer. `n Alternatiewe metode herlei jou na `n aantekenblad waar jy jou bankrekeningdetails, PIN-kode, ens. invul.
  6. Behalwe as jy jou universiteit e-posadres as die hoofkontakadres op die SARS-stelsel ingevul het, sal jy nooit kommunikasie van SARS op jou sun e-pos kry nie.

Bogenoemde phishing-poging sal kuberkrakers toelaat om aan te teken en beheer te kry  oor jou bankrekening via die internet. Hulle kan hulself as begunstigdes byvoeg, geld oorplaas na hul rekeninge en daarna bewyse van die transaksies verwyder.

Dit bly moeilik om hierdie e-posse te blok aangesien adresse, details en metodes op `n daaglikse basis verander word. Die enigste oplossing is om dit dadelik in die gemorspos (junk mail) vouer te gooi, die domein waarvandaan dit gestuur word te swartlys, en die e-pos onmiddellik uit te vee.

Hoekom word hierdie e-posse steeds gestuur? Omdat dit suksesvol is. In 2012 is meer as R14 miljoen rand van Suid-Afrikaners gesteel alleenlik met phishing pogings.

Lees ook meer hieroor op mybroadband se webwerf. 

VOORBEELD VAN E-POS: 

From: SARS eFiling [mailto:eFiling@sars.gov.za]
Sent: Saturday, 27 June 2015 10:14
Subject: Your account has been credited with R3,167.14
efiling

Your account has been credited with R3,167.14

Please click below to accept and verify payment.

Accept Payment

During this process, there will be verifications. If you don’t receive codes on time, come back to finish verification when received

SARS eFiling

[ARTIKEL DEUR DAVID WILES]

Is daar “malware” op my rekenaar?

Vrydag, September 26th, 2014

As jou rekenaar skielik snaaks begin optree, is dit moontlik dat dit simptome van `n loerprogram of ander ongewensde sagteware kan wees.

Wikpedia definieer “malware” as volg:

“Malware”, die verkorting van “malicious software”, is enige sagteware wat gebruik word om die werking van `n rekenaar te belemmer, sensitiewe informasie probeer insamel of om toegang tot privaatrekenaars te kry. Dit kan die vorm aanneem van uitvoerbare kode, skripte, aktiewe inhoud of ander sagteware, aanneem. “Malware” is `n algemene term om te verwys na `n verskeie vorme van sleggesinde of indringende sagteware.  [www.wikipedia.org]

Hier is `n paar simptome waarvoor jy kan uitkyk:

  • Ek sien gereeld opwip-advertensies.
    Sommige ongewensde sagteware sal jou toegooi met opwip-advertensies wat niks te doen het met die spesifieke webwerf wat jy besoek nie. Hierdie advertensies is dikwels vir volwasse of twyfelagtige webwerwe.
    Indien jy dadelik opwip-advertensies sien as jy jou rekenaar aansit of wanneer jy nie op die internet is nie, het jy waarskynlik `n loerprogram of ander ongewensde sagteware op jou rekenaar.
  • My verstellings het verander en ek kan dit nie terugverander nie.
    Sommige ongewensde sagteware kan jou blaaier tuisblad of jou soekblad se verstellings verander. Selfs al verander jy dit terug, sal dit elke keer as jy jou rekenaar aansit, weer teruggaan na die verkeerde verstellings.
  • My webblaaier bevat ekstra komponente wat ek nie afgelaai het nie.
    Loerprogramme en ander ongewensde sagteware kan nutsbalke wat jy nie nodig het of wil hê nie, installeer in jou webblaaier. Selfs al verwyder jy dit, sal dit weer verskyn as jy jou rekenaar af- en weer aansit.
  • My rekenaar is traag.
    Loerware is nie ontwerp om effektief te wees nie. Die hulpmiddele wat hulle gebruik om jou aktiwiteite te volg en advertensies op jou rekenaar te laat loop, kan jou rekenar stadig maak en foute in hul sagteware kan veroorsaak dat jou rekenaar uitbom. As jy `n skielike toename in die hoeveelheid kere wat `n sekere program vries of ophou werk, of as jou rekenaar stadiger is as gewoonlik, is dit moontlik dat jy loerware of ander ongewensde sagteware op jou rekenaar het.

As jy vermoed dat jou rekenaar besmet is met “malware”, kontak die IT diensttoonbank by x4367 of meld `n fout aan op die HEAT FOUTRAPPORTERINGSTELSEL

[BRON: http://www.microsoft.com/security/pc-security/malware-symptoms.aspx]

Die trojane, bots & zombies val in

Vrydag, Augustus 30th, 2013
Een van die algemeenste navrae wat ons by gebruikers kry, is – “Hoe kry gemorsposversenders my e-posadres?!”. By `n vorige geleentheid het ons gekyk na Repelsteeltjie-aanvalle en die keer kyk ons na `n tweede metode, die gebruik van Trojaanse perde, robotte en zombies. Dit klink nou wel soos iets uit `n fliek, maar ten spyte van hul belaglike name, hou al drie `n gevaar in vir jou as e-posgebruiker.

Kom ons gebruik `n bekende voorbeeld. Jy stuur gereeld e-posse aan jou ma wat onlangs `n rekenaar gekry het. Sy gebruik Outlook of Thunderbird en het dosyne e-posse van jou in haar posbus. Sy’t jou selfs bygevoeg as `n kontak in haar adresboek. Sy kry ook gereeld e-pos van `n verlangse familielid – neef Johan van Australië. Jy en Johan het nie regtig kontak nie, maar jy weet definitief wie hy is.

Verlede jaar, net voor Kersfees, het Johan ‘n baie oulike Kersfees skermskut (“screensaver”) afgelaai wat `n feestelike boom en flikkerende kersies wys as hy weg is van sy rekenaar. Wat Johan egter nie geweet het nie, is dat, terwyl die kersies vrolik geflikker het, die skermskut op die agtergrond besig was met ander aktiwiteite. Die sagteware wat Johan installeer het, het stelselmatig deur sy e-posse, adresboek, webblaaier se kasgeheue en ander leêrs gesoek en elke e-pos adres wat dit kon opspoor, gebêre op `n lys.

Die program het daarna die saamgestelde lys na `n bediener in Rusland versend waar `n kuberkrimineel dit kombineer het met soortgelyke lyste om `n super-lys saam te stel wat oor en oor verkoop kan word. Asof dit nie genoeg was nie, het die program ook boodskappe aan al Johan se kontakte gestuur. Sonder dat Johan bewus was, het sy rekenaar honderde e-posse geskep deur middel van die ge-oeste adresse, saam met die inhoud van die Russiese bediener en dit uitgestuur via Johan se adres en internetkonneksie. Een hiervan het jou ma se e-posadres as versender en joune as ontvanger gebruik.

Ewe skielik kry jy nou e-pos van jou ma oor nagemaakte horlosies en verskeie ander gemorspos. Natuurlik het sy het niks daarmee te doen nie en jy sal waarskynlik nooit uitvind dat Johan se rekenaar eintlik die skuldige party is nie.

Dit was `n kykie in die nare onderwêreld van die Internet waar “botmasters” (die ou in Rusland) “botnets” (besmette rekenaars wat almal aan dieselfde rekenaar rapporteer) beheer of afstandbeheerde zombies (Johan se rekenaar) wat blootgestel is d.m.v. trojaanse perde (die skermskut) of soortgelyke “malware”.

En daar hou dit nie op nie. Die “botmaster” huur gewoonlik net die “botnet” uit aan wie ookal die meeste betaal. Die ewe verdagte fabriek in China wat nog meer nagemaakte Rolex-horlosies wil verkoop kan dit, onder andere, huur om hul e-posse te versprei. Daarna verkoop hy die lys ten duurste aan ander suspisieuse besighede, jou adres ingesluit. 

Met ander woorde, as jou adres opgetel word deur `n “botnet” is die deure wawyd oop. Ongelukkig is daar nie baie wat jy kan doen om dit te voorkom nie, maar jy kan op die volgende let:

  • Moet nooit e-pos aanhangsels oopmaak waarvoor jy nie gevra het nie – selfs al is dit van iemand wat jy ken. As jy wel nuuskierig is, vra vir die persoon of hulle dit gestuur het.  
  • Moet nooit iets aflaai as jy nie self kan verifieer dat dit veilig is nie. Lees eers op daaroor op forums, blogs, webwerwe of vind uit by kenners.
  • Moenie val vir sekuriteitswaarskuwings of video-opdaterings om daai oulike katprentjie te sien nie. As jy dink jy het `n Flash-speler nodig, laai dit af van die webwerf self.
  • Deel hierdie inligting met jou vriende en familie. 
  • Om veilig te speel kan jy meer as een e-posadres gebruik. Kry `n privaat adres vir jou naaste vriende, `n tweede een vir kennisse en gebruik jou sun-adres net vir jou kollegas, nie vir privaat aangeleenthede nie. GMail het byvoorbeeld `n baie goeie gemorsposfilter en dis maklik om ontslae te raak van ongewenste e-posse. 

[BRON: BustSpammers.com & David Wiles]

 

Nuwe e-pos “malware” veroorsaak verwarring op kampus

Dinsdag, Januarie 15th, 2013

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

(English) New malware warning

Dinsdag, Desember 4th, 2012

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.