%PDF-1.3 1 0 obj << /Type /Catalog /Outlines 2 0 R /Pages 3 0 R >> endobj 2 0 obj << /Type /Outlines /Count 0 >> endobj 3 0 obj << /Type /Pages /Kids [6 0 R 12 0 R ] /Count 2 /Resources << /ProcSet 4 0 R /Font << /F1 8 0 R /F2 9 0 R /F3 10 0 R /F4 11 0 R >> >> /MediaBox [0.000 0.000 612.000 792.000] >> endobj 4 0 obj [/PDF /Text ] endobj 5 0 obj << /Creator (DOMPDF) /CreationDate (D:20250713034028+00'00') /ModDate (D:20250713034028+00'00') /Title (Report 07-2025) >> endobj 6 0 obj << /Type /Page /Parent 3 0 R /Contents 7 0 R >> endobj 7 0 obj << /Length 5528 >> stream 0.702 0.800 0.816 rg 34.016 34.016 543.969 723.969 re f 1.000 1.000 1.000 rg 45.266 75.629 521.469 671.105 re f 0.773 0.773 0.773 rg 0.773 0.773 0.773 RG 45.266 746.734 m 566.734 746.734 l 565.984 745.984 l 46.016 745.984 l f 566.734 746.734 m 566.734 75.629 l 565.984 75.629 l 565.984 745.984 l f 45.266 746.734 m 45.266 75.629 l 46.016 75.629 l 46.016 745.984 l f 0.200 0.200 0.200 rg BT 61.016 693.716 Td /F1 14.4 Tf [(WHATSAPP-VERBLINDERY)] TJ ET 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 664.909 Td /F2 9.0 Tf [(Posted on )] TJ ET BT 104.045 664.909 Td /F3 9.0 Tf [(January 01,1970)] TJ ET BT 173.588 664.909 Td /F2 9.0 Tf [( by )] TJ ET BT 188.096 664.909 Td /F3 9.0 Tf [(IT Communications)] TJ ET 0.153 0.153 0.153 rg BT 61.016 637.420 Td /F4 9.0 Tf [(WhatsApp word deur studente en personeel gebruik as belangrike kommunikasiemiddel. Ongelukkig bied dit aan )] TJ ET BT 61.016 626.431 Td /F4 9.0 Tf [(kuberdiewe nog ? platform om hul aktiwiteite op uit te oefen. )] TJ ET BT 61.016 606.442 Td /F4 9.0 Tf [(WhatsApp kuberstreke kom in verskeie formate voor en is dikwels besonder oortuigend.  Maak seker jy bly oplettend en )] TJ ET BT 61.016 595.453 Td /F4 9.0 Tf [(word nie geflous deur iets wat te goed of te problematies om waar te wees lyk nie. Net omdat ? familielid of vriend vir jou )] TJ ET BT 61.016 584.464 Td /F4 9.0 Tf [(iets aanstuur, beteken nie dis veilig nie.)] TJ ET BT 61.016 564.475 Td /F1 9.0 Tf [(Koepon-truuks)] TJ ET BT 61.016 544.486 Td /F4 9.0 Tf [(Jy kry ? boodskap via Whatsapp van \(wat lyk soos\) een van jou vriende en hy beveel ? aanbod waarop hy afgekom het, )] TJ ET BT 61.016 533.497 Td /F4 9.0 Tf [(aan. Gewoonlik is daar ? skakel in die boodskap wat jou na ? ander webwerf neem en waar jy jou persoonlike inligting )] TJ ET BT 61.016 522.508 Td /F4 9.0 Tf [(invul. Moet nooit op ? skakel kliek waaroor jy nie seker is nie en moet definitief nooit persoonlike inligting gee op ? )] TJ ET BT 61.016 511.519 Td /F4 9.0 Tf [(webwerf wat jy nie ken nie. )] TJ ET BT 61.016 491.530 Td /F1 9.0 Tf [(WhatsApp maak toe)] TJ ET BT 61.016 471.541 Td /F4 9.0 Tf [(Daar is heelwat vals boodskappe wat beweer dat Whatsapp gaan toemaak indien genoeg mense nie ? spesifieke )] TJ ET BT 61.016 460.552 Td /F4 9.0 Tf [(boodskap deel nie. Die boodskappe lyk dikwels heel oortuigend en gebruik die regte woorde en frases vir die konteks, )] TJ ET BT 61.016 449.563 Td /F4 9.0 Tf [(asof dit deur ? direkteur van ? maatskappy of iemand amptelik gestuur is. )] TJ ET BT 61.016 429.574 Td /F4 9.0 Tf [(? Amptelike verslag sal egter nie van kliënte verwag om dit heen en weer te stuur nie. Dit sou deur middel van normale )] TJ ET BT 61.016 418.585 Td /F4 9.0 Tf [(nuuskanale verkondig word of as ? kennisgewing in die toepassing self deur die Whatsapp-span.)] TJ ET BT 61.016 398.596 Td /F1 9.0 Tf [(WhatsApp dreig om jou rekening te sluit)] TJ ET BT 61.016 378.607 Td /F4 9.0 Tf [(Hierdie voorbeeld is soortgelyk aan die vorige een. Dit lyk soos ? amptelike boodskap wat beweer dat jou Whatsapp-)] TJ ET BT 61.016 367.618 Td /F4 9.0 Tf [(rekening gesluit gaan word omdat dit nie aktief gebruik word nie. Dit versoek dat jy die boodskap aanstuur om te bewys )] TJ ET BT 61.016 356.629 Td /F4 9.0 Tf [(dat dit wel gebruik word.)] TJ ET BT 61.016 336.640 Td /F1 9.0 Tf [(WhatsApp dwing jou om te betaal)] TJ ET BT 61.016 316.651 Td /F4 9.0 Tf [(Ook soortgelyk aan die vorige kuberdiefstalpoging. Die enigste verskil is dat jy blykbaar vrygeskeld word van betaling )] TJ ET BT 61.016 305.662 Td /F4 9.0 Tf [(indien jy die boodskap aanstuur na ander persone.)] TJ ET BT 61.016 285.673 Td /F1 9.0 Tf [(WhatsApp Gold of WhatsApp Premium)] TJ ET BT 61.016 265.684 Td /F4 9.0 Tf [(Dié boodskap stel voor dat jy ? spesiale weergawe van Whatsapp, gewoonlik genoem Gold of Premium, koop of aflaai. )] TJ ET BT 61.016 254.695 Td /F4 9.0 Tf [(Blykbaar bied hierdie nuwe weergawes opwindende ekstra kenmerke, soos die vermoeë om meer fotos te stuur, nuwe )] TJ ET BT 61.016 243.706 Td /F4 9.0 Tf [(emojis te gebruik of ekstra sekuriteitsopsies. Ongelukkig is hierdie verbeterde weergawes glad nie veilig nie. Wanneer die )] TJ ET BT 61.016 232.717 Td /F4 9.0 Tf [(toepassing aflaai word, word die foon besmet met )] TJ ET BT 261.608 232.717 Td /F2 9.0 Tf [(malware)] TJ ET BT 295.610 232.717 Td /F4 9.0 Tf [(, wat opsigself meer vals boodskappe genereer op jou onkoste.)] TJ ET BT 61.016 212.728 Td /F1 9.0 Tf [(Whatsapp e-posse )] TJ ET BT 61.016 192.739 Td /F4 9.0 Tf [(Gemorspos e-posse is erg genoeg, maar saam met Whatsapp raak dit onbeheerbaar. Daar is ? verskeidenheid )] TJ ET BT 61.016 181.750 Td /F4 9.0 Tf [(kuberdiefstalpogings daar buite wat e-posse uitstuur wat soos Whatsapp-kennisgewings lyk – gewoonlik ? kennisgewing )] TJ ET BT 61.016 170.761 Td /F4 9.0 Tf [(van ? verlore oproep of stempos. Maar wanneer jy daarop kliek, word jy oortuig dat jou inligting, wagwoord, ens. moet )] TJ ET BT 61.016 159.772 Td /F4 9.0 Tf [(verklap.)] TJ ET BT 61.016 139.783 Td /F4 9.0 Tf [(Moet nooit op ? e-pos van ? twyfelagtige sender kliek nie. Whatsapp stuur nie e-posse oor verlore oproepe of stempos )] TJ ET BT 61.016 128.794 Td /F4 9.0 Tf [(nie. )] TJ ET BT 61.016 108.805 Td /F1 9.0 Tf [(Onegte WhatsApp afloer-toepassings)] TJ ET BT 61.016 88.816 Td /F4 9.0 Tf [(Whatsapp gebruik )] TJ ET BT 136.049 88.816 Td /F2 9.0 Tf [(end-to-end )] TJ ET BT 182.075 88.816 Td /F4 9.0 Tf [(enkripsie en gevolglik is dit nie moontlik om iemand anders se boodskappe te lees nie. )] TJ ET endstream endobj 8 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F1 /BaseFont /Helvetica-Bold /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 9 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F2 /BaseFont /Helvetica-Oblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 10 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F3 /BaseFont /Helvetica-BoldOblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 11 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F4 /BaseFont /Helvetica /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 12 0 obj << /Type /Page /Parent 3 0 R /Annots [ 14 0 R ] /Contents 13 0 R >> endobj 13 0 obj << /Length 1999 >> stream 0.153 0.153 0.153 rg 0.773 0.773 0.773 RG 0.702 0.800 0.816 rg 34.016 34.016 543.969 723.969 re f 1.000 1.000 1.000 rg 45.266 556.855 521.469 201.129 re f 0.773 0.773 0.773 rg 45.266 556.855 m 566.734 556.855 l 565.984 557.605 l 46.016 557.605 l f 566.734 757.984 m 566.734 556.855 l 565.984 557.605 l 565.984 757.984 l f 45.266 757.984 m 45.266 556.855 l 46.016 557.605 l 46.016 757.984 l f 61.016 572.605 m 550.984 572.605 l 550.984 573.355 l 61.016 573.355 l f 0.153 0.153 0.153 rg BT 61.016 749.193 Td /F4 9.0 Tf [(Boodskappe kan slegs gelees word deur die fone wat dit stuur en ontvang.)] TJ ET BT 61.016 729.204 Td /F4 9.0 Tf [(Hierdie pogings moedig jou aan om iets af te laai wat nie bestaan of moontlik is nie. Jy betaal eintlik vir )] TJ ET BT 471.695 729.204 Td /F2 9.0 Tf [(malware)] TJ ET BT 505.697 729.204 Td /F4 9.0 Tf [( wat jou )] TJ ET BT 61.016 718.215 Td /F4 9.0 Tf [(eie boodskappe lees wanneer jy dit op jou foon laai.)] TJ ET BT 61.016 698.226 Td /F4 9.0 Tf [(Laastens -)] TJ ET BT 61.016 678.237 Td /F4 9.0 Tf [(Hopelik het jy reeds die verstelling verander wat jou Whatsapp-details \(telefoonnommer, naam, ens.\) met Facebook deel )] TJ ET BT 61.016 667.248 Td /F4 9.0 Tf [(en sal Facebook nie jou Whatsapp-rekening toeganklik maar vir 13 miljoen Facebook-gebruikers nie. )] TJ ET BT 61.016 647.259 Td /F4 9.0 Tf [(Meer inligting oor dié kontroversiële beleidsverandering deur Whatsapp kan op die volgende bladsy gelees word:  )] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 61.016 636.270 Td /F4 9.0 Tf [(http://www.mirror.co.uk/tech/you-can-stop-whatsapp-sharing-8893949)] TJ ET 0.373 0.169 0.255 RG 0.18 w 0 J [ ] 0 d 61.016 635.119 m 339.116 635.119 l S 0.153 0.153 0.153 rg BT 419.458 616.281 Td /F4 9.0 Tf [([ARTICLE DEUR DAVID WILES])] TJ ET 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 597.792 Td /F2 9.0 Tf [(Posted in:Toepassings,Kommunikasie | Tagged:Malware,Kuberstrikroof,Sekuriteit,Gemorspos,Whatsapp | With 0 )] TJ ET BT 61.016 586.803 Td /F2 9.0 Tf [(comments)] TJ ET endstream endobj 14 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 15 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 61.0157 635.4376 339.1157 644.5951 ] >> endobj 15 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (http://www.mirror.co.uk/tech/you-can-stop-whatsapp-sharing-8893949) >> endobj xref 0 16 0000000000 65535 f 0000000008 00000 n 0000000073 00000 n 0000000119 00000 n 0000000312 00000 n 0000000341 00000 n 0000000479 00000 n 0000000542 00000 n 0000006122 00000 n 0000006234 00000 n 0000006349 00000 n 0000006469 00000 n 0000006577 00000 n 0000006661 00000 n 0000008713 00000 n 0000008840 00000 n trailer << /Size 16 /Root 1 0 R /Info 5 0 R >> startxref 8958 %%EOF malware « Informasietegnologie
Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

malware

(English) How do I report phishing?

Dinsdag, Oktober 5th, 2021

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

Malware-waarskuwing

Dinsdag, April 16th, 2019

E-pos met die onderwerpe “Have you received your payment” en “Apply for a loan” word tans aan studente en personeel versend. Moet asb. nie hierdie e-posse oopmaak nie aangesien dit leêrs met malware bevat wat jou toestel sal besmet.

Wanneer jy e-posse met aanhangsels ontvang van onbekende versenders, hou in gedagte dat jy nie die aanhangsels moet oopmaak nie aangesien dit skadelike inhoud kan bevat.

Indien jy vermoed dat jou rekening of toestel gekompromitteer is of jy agterdogtige aktiwiteite oplet:

  1. Verander dadelik jou wagwoord by www.sun.ac.za/password.
  2.  Kontak die IT Dienstoonbank deur ʼn versoek aan te meld of 808 4367 te skakel.
  3. Meer inligting is beskikbaar op ons blog en Twitter.

(English) Learn What It Takes to Refuse the Phishing Bait!

Woensdag, Februarie 1st, 2017

 

Whatsapp-verblindery

Woensdag, November 23rd, 2016

WhatsApp word deur studente en personeel gebruik as belangrike kommunikasiemiddel. Ongelukkig bied dit aan kuberdiewe nog ʼn platform om hul aktiwiteite op uit te oefen. 

WhatsApp kuberstreke kom in verskeie formate voor en is dikwels besonder oortuigend.  Maak seker jy bly oplettend en word nie geflous deur iets wat te goed of te problematies om waar te wees lyk nie. Net omdat ʼn familielid of vriend vir jou iets aanstuur, beteken nie dis veilig nie.

Koepon-truuks

Jy kry ʼn boodskap via Whatsapp van (wat lyk soos) een van jou vriende en hy beveel ʼn aanbod waarop hy afgekom het, aan. Gewoonlik is daar ʼn skakel in die boodskap wat jou na ʼn ander webwerf neem en waar jy jou persoonlike inligting invul. Moet nooit op ʼn skakel kliek waaroor jy nie seker is nie en moet definitief nooit persoonlike inligting gee op ʼn webwerf wat jy nie ken nie. 

WhatsApp maak toe

Daar is heelwat vals boodskappe wat beweer dat Whatsapp gaan toemaak indien genoeg mense nie ʼn spesifieke boodskap deel nie. Die boodskappe lyk dikwels heel oortuigend en gebruik die regte woorde en frases vir die konteks, asof dit deur ʼn direkteur van ʼn maatskappy of iemand amptelik gestuur is. 

ʼn Amptelike verslag sal egter nie van kliënte verwag om dit heen en weer te stuur nie. Dit sou deur middel van normale nuuskanale verkondig word of as ʼn kennisgewing in die toepassing self deur die Whatsapp-span.

WhatsApp dreig om jou rekening te sluit

Hierdie voorbeeld is soortgelyk aan die vorige een. Dit lyk soos ʼn amptelike boodskap wat beweer dat jou Whatsapp-rekening gesluit gaan word omdat dit nie aktief gebruik word nie. Dit versoek dat jy die boodskap aanstuur om te bewys dat dit wel gebruik word.

WhatsApp dwing jou om te betaal

Ook soortgelyk aan die vorige kuberdiefstalpoging. Die enigste verskil is dat jy blykbaar vrygeskeld word van betaling indien jy die boodskap aanstuur na ander persone.

WhatsApp Gold of WhatsApp Premium

Dié boodskap stel voor dat jy ʼn spesiale weergawe van Whatsapp, gewoonlik genoem Gold of Premium, koop of aflaai. Blykbaar bied hierdie nuwe weergawes opwindende ekstra kenmerke, soos die vermoeë om meer fotos te stuur, nuwe emojis te gebruik of ekstra sekuriteitsopsies. Ongelukkig is hierdie verbeterde weergawes glad nie veilig nie. Wanneer die toepassing aflaai word, word die foon besmet met malware, wat opsigself meer vals boodskappe genereer op jou onkoste.

Whatsapp e-posse 

Gemorspos e-posse is erg genoeg, maar saam met Whatsapp raak dit onbeheerbaar. Daar is ʼn verskeidenheid kuberdiefstalpogings daar buite wat e-posse uitstuur wat soos Whatsapp-kennisgewings lyk – gewoonlik ʼn kennisgewing van ʼn verlore oproep of stempos. Maar wanneer jy daarop kliek, word jy oortuig dat jou inligting, wagwoord, ens. moet verklap.

Moet nooit op ʼn e-pos van ʼn twyfelagtige sender kliek nie. Whatsapp stuur nie e-posse oor verlore oproepe of stempos nie. 

Onegte WhatsApp afloer-toepassings

Whatsapp gebruik end-to-end enkripsie en gevolglik is dit nie moontlik om iemand anders se boodskappe te lees nie. Boodskappe kan slegs gelees word deur die fone wat dit stuur en ontvang.

Hierdie pogings moedig jou aan om iets af te laai wat nie bestaan of moontlik is nie. Jy betaal eintlik vir malware wat jou eie boodskappe lees wanneer jy dit op jou foon laai.

Laastens –

Hopelik het jy reeds die verstelling verander wat jou Whatsapp-details (telefoonnommer, naam, ens.) met Facebook deel en sal Facebook nie jou Whatsapp-rekening toeganklik maar vir 13 miljoen Facebook-gebruikers nie. 

Meer inligting oor dié kontroversiële beleidsverandering deur Whatsapp kan op die volgende bladsy gelees word:  http://www.mirror.co.uk/tech/you-can-stop-whatsapp-sharing-8893949

[ARTICLE DEUR DAVID WILES]

Hoe om gemorspos te voorkom

Donderdag, Maart 17th, 2016

Gemorspos is ongewensde massa e-pos. Dis dikwels winsgewend vir die versenders aangesien miljoene e-posse in `n enkele veldtog gestuur kan word teen `n lae koste. As slegs een ontvanger uit 10,000 `n aankoop maak, kan die versender `n wins maak. Ongelukkig is gemorspos meer as net `n irritasie. Dit word ook gebruik om malware te versprei. 

Hier is `n paar wenke om te verhoed dat jou posbus oorloop van ongewensde, twyfelagtige e-posse.

Moet nooit iets koop deur gemorspos nie.
Deur iets te koop, befonds jy toekomstige gemorspos. Jy bevestig daarmee dat jou e-pos geldig is en jou e-posadres word dan bygevoeg op `n lys om te herverkoop aan ander gemorsposversenders. Jy sal derhalwe nog meer ontvang en stel jouself bloot aan moontlike bedrog.

Ken jy die persoon wat dit stuur? Nie? Vee dit uit.
Gemorspos kan malware bevat wat jou rekenaar besmet as jy die e-pos oopmaak.

Moenie die voorskou-opsie in jou e-posprogram gebruik nie.
Versenders van gemorspos kan sien of jy na die boodskap gekyk het, al maak jy dit nie oop nie. Die voorskou-verstelling maak inderwaarheid die e-pos oop en laat weet die versender dat die boodskap ontvang is. Wanneer jy e-pos lees, kyk na die onderwerpreël en probeer daarvolgens bepaal of dit gemorspos is.

Moenie jou e-pos onnodig blootstel nie.
Die grootste faktor wat bepaal hoeveel gemorspos jy kry, is hoeveel jy self jou e-posadres aanlyn blootstel. Hier is `n paar slegte gewoontes wat jou risiko verhoog:
– Jy stuur e-posse na adreslyste wat aanlyn gestoor word.
– Jy gee jou adres vir aanlyndienste waarvan die privaatheidspraktyke twyfelagtig is.
– Jy stel jou adres op sosiale netwerke bloot (Facebook, LinkedIn, ens.)
– Jy gebruik `n adres wat gebaseer is op jou naam, van en maatskappy.
– Jy gebruik een e-posadres vir werk en persoonlike sake. 

Gebruik die bcc-veld as jy vir `n groep mense e-pos stuur.
Die bcc of blind carbon copy veld steek die lys ontvangers weg. As jy al die adresse in die To veld sit, kan almal, ook gemorsposversenders, dit lees, en by hul eie adreslyste voeg.  

Gebruik een of twee sekondêre e-posadresse.
Wanneer jy webgebaseerde registrasievorms of opnames invul en daarna nie weer gepla wil word met inligting nie, gebruik `n ander, sekondêre adres vir die doel.

Kies om nie inligting of aanbiedinge te ontvang nie. 
Wanneer jy vorms op webwerwe invul, kyk vir die boksie wat jou die opsie gee om nie verdere inligting of aanbiedinge te ontvang nie. Verwyder die merkie af as jy nie gepla wil wees nie.

Neem kennis dat al hierdie inligting geneem is van die Sophos Threatsaurus, saamgestel deur Sophos, `n sekuriteit sagte- en hardwaremaatskappy. 

 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.