Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

sekuriteit

(English) Scam: Cancellation Of Debit Order (Absa)

Maandag, Oktober 29th, 2012

Wat is “ransomware”?

Vrydag, Oktober 12th, 2012

Die term ransomware  sal enige mens laat kopkrap. Hoe kan sagteware `n rekenaar gyselaar hou? Of raak tegnologie deesdae so slim dat dit alles kan oorneem?

Die beskrywing is egter nie so vergesog  nie. Ransomware is inderwaarheid deel van `n groep kwaadwillige rekenaarsagteware genaamd malware,  wat op onderduimse wyses op jou rekenaar beland en geld of data van jou eis. So `n program kan installeer word deur middel van `n e-pos aanhangsel, `n besmette program of `n kwaadwillige, onveilige webwerf. “Ransomware” staan ook bekend as acryptoviruscryptotrojan of cryptoworm.

Die sagteware ontvoer as’t ware jou data deur dit te enkripteer, beperk toegang tot jou rekenaar en vertoon vervolgens `n boodskap om jou so ver te kry om geld te betaal om weer toegang daartoe te kry. Die enigste manier hoe jy weer jou data en rekenaar kan gebruik, is deur middel van `n enkripsie sleutel wat natuurlik net verskaf kan word teen `n fooi en deur die eienaar van die sagteware wat in die eerste plek jou rekenaar oorgeneem het.

`n Meer onlangse weergawe van die sagteware laat nie vir die gebruiker weet dat dit geinstalleer is op sy rekenaar nie, maar vertrou op jou om inligting oor jou “probleem” te gaan soek op die internet en dan sagteware op geldige internetwebwerwe te koop om dit op te los. Laasgenoemde word natuurlik verkoop deur dieselfde persoon wat die oorspronklike ransomware ook geskryf het.

Ransomware is nie `n nuwe verskynsel nie. In 1996 het sekuriteitsdeskundiges by Columbia Universiteit  en IBM reeds `n verhandeling genaamd “Cryptovirology: Extortion-Based Security Threats and Countermeasures,” geskryf wat die  sagteware duidelik omskryf. Besighede was egter in die verlede die grootste teikens.

In Maart 2006 is ransomware met die naam Crypzip of Zippo gestuur aan `n groep internetgebruikers. Diegene wat die program ontvang het, het ook `n e-pos onvang met `n losprys nota wat $300 eis as hulle hul data ontsluit wil hê.

Gelukkig beskik die meeste antivirus verskaffers se programme oor maniere om die bekende weergawes van randomware te blok. Niks is egter 100% veilig nie. Om te verseker jy beland nie in hierdie netelige situasie nie, rugsteun gereeld jou data, wees versigtig as jy op die internet is en moenie e-pos aanhangsels van onbekende bronne oopmaak nie.

Meer inligting oor die nuutste ransomware wat Skype gebruikers teiken.

SOURCE: Wikipedia, Microsoft en Techtarget.

Wees versigtig vir bedrieglike bank-e-posse

Dinsdag, Februarie 28th, 2012

Informasietegnologie hoor van mense wat nogsteeds slaafs die prosedures volg wat via epos aan hul gestuur word as ‘n sekuriteitswaarskuwing en gevolglik hulle bankinligting via die web aan kriminele verskaf. (sien `n voorbeeld van `n e-pos onder)

Personeel word weereens gewaarsku om onder GEEN omstandighede bankaktiverings via ‘n web-skakel te doen nie. Let op die volgende:

– `n Bank sal nooit `n e-pos stuur met `n versoek om jou konfidensiële inligting in te sleutel nie.
– Let op die e-posadresse waarvandaan die e-pos gestuur is – dit mag die bank se naam bevat, maar dis nie die amptelike adres nie.
– Let op die adres waarheen die betrokke skakel waarop jy moet kliek heen gaan. Jy sal dadelik sien dat dit nie `n ABSA / Nedbank / FNB webwerf is nie.
– Jy sal ook opmerk dat jou naam nerens in die e-pos genoem word nie. Dis `n generiese e-pos wat aan `n groep mense gestuur is om hulle inligting te oes.
– Net omdat jou bank se logo in die e-pos is, beteken nie dis `n amptelike e-pos nie. Dis maklik om die logo van die internet af te trek en bloot in die e-pos te plak.

As daar ongeruimdhede op jou rekening is, sal jou bank jou direk telefonies skakel. Jy sal ook nie `n e-pos van die bank ontvang as daar skielik `n groot bedrag geld in jou rekening betaal is nie. Onthou `n kuberkrimineel weet wat jou aandag sal trek. As jy enigsins twyfel, kontak die bank en vra of dit `n amptelike e-pos is voordat jy enige inligting verskaf.


Begin forwarded message:

From: “NOTIFICATIONS@notify.com”
Subject: ABSA:Security Centre
Date: 28 February 2012 7:32:07 AM SAST
To: Recipients

We noticed illegal activities on your account, due to this, we have temporarily suspended your account. We need you to update your account information for your online banking to be re-activated click below or visit your nearest branch

Re-activate now

Terms Of Use | Banking Regulations | Privacy Policy | Security Centre | Site Map Authorised Financial Services Provider and a registered credit provider (NCRCP7)
a

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.